Verslag van die Afval en Herstel van Reformatoriese kerke Seminaar

 

deur oudl. Francois van Deventer (GK Bet-el)
 
Dit is ‘n pragtige sonskyn Saterdagoggend. Vir die meeste mense in Suid-Afrika is dit ‘n luilekker ontspanningsdag… Vir 40 gelowiges van 12 Reformatoriese kerke van Pretoria, Wes Rand, Oos Rand en selfs so ver as Pietersburg was dit ‘n geleentheid om te besin oor die Afval en Herstel van Reformatoriese kerke.
Hierdie besinnings-geleentheid is deur GK Bet-El gereël in die lig dat die GKSA Sinode onlangs besluit het om die verhouding tussen die NG Kerk, NH Kerk en die GKSA tot ” ‘n hegter kerkregtelik-verantwoorde eenheid te voer.” Daar is gesê dat “aanvaar [word] dat hierdie oortuiging sal uitloop op gestruktureerde samewerking wat kan lei tot gestaltes van eenheid wat bepaalde organisatoriese konsekwensies mag hê” en dan word uitgespel dat dit beteken dat Gereformeerde Kerke en NG Kerk(e) onderling kan attesteer, nagmaal bedien kan word, kinders onderling ten doop kan bring, kanselruile en gesamentlike eredienste gehou kan word (sien hier.)Hierdie eenheidspogings tussen die GKSA, NGK en NHK is problematies aangesien daar gewese predikante en lidmate van die NGK en NHK is wat sê daar is “nie vir hulle ruimte om Bybelgetrou en belydenisgebonde te leef en te werk en sodoende die gelofte van belydenisaflegging gestand te doen” binne hierdie kerkverbande nie.

Hierdie besinningsgeleentheid is gereël waar:

* Ds Barend Hefer vertel het hoekom die Gereformeerde Protestantse Kerk Brakpan uit die NG Kerk getree het.

* Waarom Ds Fried Ferreira na 25 jaar as predikant uit die NG Kerk getree het.

* Waarom Joseph Oosthuizen weg is by die NH Kerk en nie kans gesien het om sy teologiese studies aan ‘n liberale instelling te doen nie.

* Ds Cobus Rossouw het die Openbaringbrief uitgelê in sy lesing.

Die algemene indruk wat oorgekom het, is dat die Skrifbeskouing in die NG Kerk/NH Kerk problematies is en dat dit in die praktyk onhoudbaar geword het. Ds Fried het uitgewys dat hy nie meer met sy gewete kon saamleef om teen dit wat die Bybel leer in te gaan nie. Dit sluit in die vrou in die amp van ouderling asook die kindernagmaal. Ds Barend het daarom gewys dat daar nie sprake van Reformasie kan wees binne die NG Kerk solank as wat die Skrifbeskouing foutief is nie. Daar is ook gesê dat die deformasie sedert hul vertrek van kwaad na erger versleg het. Daar is onder andere verwys na homoseksuele huwelike in die NG Kerk.

Ds Rossouw het die Bybelse beginsels pragtig uitgelê rondom die kerk se verhouding met ander kerke en het ook die beginsels rondom kerkeenheid aangeraak. Daar word ook beplan om later vanjaar tydens Sola Scriptura 2015 op 24 September te fokus op:

– Wat die kerk is?

– Wat kerkeenheid is?,

– Wat Kerkverband is?

Hier en hier is die lesings en ander relevante materiaal te luister en te lees:

Foto Spreker Titel
Ds Rossouw Ds Cobus Rossouw Die pad van Herstel : Openbaring
Ds Barend Hefer Ds Barend Hefer Hoekom Geref Protestantse Kerk Brakpan uit die NG Kerk getree het
Ds Ferreira Ds Ferreira Hoekom ek na 25 jaar uit die NG Kerk getree het
Joseph Oosthuizen Joseph Oosthuizen Hoekom ek die NH Kerk verlaat het

Ander dokumente

Foto Spreker Titel
Artikel Dr Koos Adendorff Die NG Kerk se verval 1978 tot 2003
Artikel Ferdie Mulder Ferdie Mulder se kommentaar oor Skrif- en Belydenisgetrouheid in teologiese opleiding
Artikel NGK Sinode NG Kerk Algemene Sinode Herinterpretasie van die 12 Artikels
Artikel NGK Kerkbode Ds Elmarie Dercksen (NG Gemeente Blouberg) doop Erna en Liezl van der Westhuizen se baba
Artikel GKSA Sinode GKSA-besluit-16_3_Binnelands_Rapport_2_Verhoudinge_NGK_en_NHKA
 

One thought on “Verslag van die Afval en Herstel van Reformatoriese kerke Seminaar

Add yours

  1. Hallo Slabbert

    Ek het nou oor etenstyd na Ds. Ferreira se praatjie geluister en dit is verbasend hoe my ervaring by die Bult (en ou Noord) so baie met syne ooreenstem. Die emosies waarmee die stryd gepaardgaan is dieselfde. En dan ook die saak van humanisme en postmodernisme! ‘n Week of twee gelede is by die Bult die aanddiens vervang met ‘n “Bult Inkyk” waar iemand van buite gekry is om te praat oor dwelms op die Bult. Maar vooraf “was daar darem aanbidding en lofprysing” (asof ons dit nie tydens die erediens doen nie). Ek was nie daar nie maar het die program in die nuusbladjie gesien. Die prediking van die Woord van God moes plek maak vir iets anders!!!

    Groete

    Johan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: