Boekbekendstelling: Christus alléén in Psalm 110

CHRISTUS ALLEEN IN PSALM 110

ps 110 ahb

Christus alléén die Verklaarder van sy Woord deur sy Woord

deur dr. AH Bogaards

[Nota: ek wil hierdie boek sterk aanbeveel vir elke gelowige, dit raak wesentlike sake aangaande Skrifbeskouing, Skrifgesag, gereformeerde skrifverklaring beginsels, verhouding OT en NT, hoe ons Skrif met Skrif vergelyk, en dan ook die probleme met die NAV (1983-vertaling), die nuwe komende direkte vertaling, ens.  Koop gerus die boek en versprei dit verder onder mede-gelowiges.]

Hier is meer inligting oor die boek:

Voorwoord
Ek het myself dikwels afgevra: hoekom is ek al so lank met hierdie Psalm besig? Hoekom bly hierdie Psalm my so vashou? Die antwoord is: omdat Christus my met hierdie Psalm vashou.

Hy het my oorweldig, Hy het vir my te sterk geword. Ek is in die greep van Psalm 110, in die greep van Christus.

Dit is soos wat Jeremia (20:7,9) sê: “HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; … En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos ‘n brandende vuur, opgesluit in my gebeente.”

In die verklaring van Psalm 110 gaan dit vir my oor liefde vir ons Here Jesus Christus en sy Woord. Dit is my innige bede: laat u Naam geheilig word in ‘n suiwer uitleg van u Woord; laat u Naam geheilig word in die buig onder die gesag van u Woord, in die gehoorsaam luister na Ú uitleg, na die Verklaring wat U Self in en deur u Woord gee.

Om regtig reg te kan doen aan hierdie Psalm en aan elke Skrifgedeelte, moet ’n mens gaan sit aan die voete van Jesus in sy Klaskamer van die Woord. Alles wat nodig is om sy Woord te kan verklaar – dit is te vinde in hierdie Biblioteek, in die 66 Boeke van ons hoogste Profeet en Leraar. Dit is uiteindelik die enigste biblioteek, wat in Skrifuitleg gebruik mag word.

Kommentare en ander boeke moet net die Woord aan die woord bring. Hierdie studie wil meer as net ’n verklaring van Psalm 110 wees: ek wil gelowiges ook help in die groot beginsel van Skrifuitleg: die Bybel is sy eie Verklaarder. Dit beteken ons moet Skrif met Skrif gaan vergelyk. Of om dit nog anders te sê: ek wil u leer hoe ons na Christus alleen luister in ons verklaring van die Bybel.

In die loop van die ondersoek het ek diep onder die indruk gekom van die heerlike rykdom wat in Psalm 110 tot ons kom. Strome van troos kom ons daarin tegemoet. Aan die anderkant is dit ook ’n baie ernstige Psalm, want ons hoor van Christus se wederkoms om te oordeel.

Ek laat sien dat hierdie Psalm nét oor Christus gaan en nie oor ’n aardse koning soos byvoorbeeld Salomo nie. Daarom is die titel: Christus alléén in Psalm 110.

Ek toon aan dat dit die leer van die Bybel is. Daarvan word ons oortuig as ons Skrif met Skrif vergelyk. Dit is wat Christus Self ons leer deur sy Woord. Hy is die Verklaarder van sy eie Woord. Daarom is die sub-titel: Chrístus alléén die Verklaarder van sy Woord deur sy Woord.

Ek het op ’n stadium ’n artikel geskryf met die titel: Maar Jesus sê my Here. Teen alle ander verklarings en vertalings van Psalm 110:2 (die HERE het tot my Here gesê), sê Christus in die Psalm self, in die Ou Testament en in die Nuwe Testament dat hierdie Psalm nié oor ander here – Salomo of watter koning of heer ook al -, gaan nie, maar oor die Here Jesus Christus alleen.
Dit sê Hý en nie ’n mens nie. Dit gaan oor buig onder die gesag van sy Woord.
Ten slotte wil ek dit met groot blydskap noem dat daar meer geleerdes is, wat my standpunt oor Psalm 110 deel.

Daar sal naamlik ook binnekort die skitterende studie van dr VE d’Assonville verskyn. Dit handel oor Calvyn se uitleg van Psalm 110:1.1 Ek wil dit baie sterk
aanbeveel (Dr. VE d’Assonville is verbonde aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Vrystaat. Die volledige titel van die artikel is: “The perpetuity of Christ’s reign …”. Calvin’s interpretation of Psalm 110:1.)

Inhoudsopgawe
Voorwoord 7
Bedankings 8

Hoofstuk 1 
Die Psalms: geskryf deur Christus en oor Christus vir die Kerk van alle eeue 9

Hoofstuk 2 
Van nature is die mens totaal onbekwaam en onwillig om die Woord reg te verklaar en om onder die gesag daarvan te buig 10
2.1 Van nature onbekwaam tot Skrifuitleg 10
2.2 Tensy ons wedergebore word 10

Hoofstuk 3 
In die klaskamer van Christus en sy Gees 13
3.1 Na die Skrywer Self en na sy Leerskool toe: na Christus toe 13
Lukas 24:25-27 en 44-47 13
3.2 Christus en sy Gees en Woord 14
Handelinge 7 15
2 Petrus 1:20-21 15

Hoofstuk 4 
Psalm 110 is ’n direkte Messiaanse Psalm 16
4.1 Direk en indirek Messiaanse Psalms 16
4.2 Ook met Psalm 110 moet ons na die Skrywer Self en na sy Leerskool toe gaan 16
4.2.1 Wat die Here Jesus Self in Psalm 110 en nog ander Skrifgedeeltes sê 17
4.2.2 Wat die Here Jesus Self sê oor Dawid se seuns se sogenaamde priesterskap 18
4.2.3 Wat die Here Jesus Self in Matteus 22:41-46 oor Psalm 110 sê (vgl. ook Mark.12:35-37 en Luk.20:41-44) 19
4.2.4 Wat die Here Jesus Self in Handelinge 2:32-36 sê 21
4.2.5 Wat die Here Jesus Self in Hebreërs oor hoëpriesterskap volgens die orde van Melgisedek sê 22
4.2.6 Wat die Here Jesus Self in Hebreërs 1 sê oor Psalm110:1 en die Godheid van Christus 23
4.3 Luister na en buig onder die gesag van die Skrif 24
4.4 “My Here” met ‘n hoofletter is die kanonieke, gesagvolle verklaring en vertaling 24
4.5 Die héle boek van die Psalms verkondig Christus 24
4.6 Die Direkte Vertaling en die kleinletter-hoofletter-argument 25

Hoofstuk 5
Psalm 110 in sy eenheid en samehang met ander Psalms 26
5.1 Die Boek van die Psalms vorm ’n wonderlike samehang en eenheid 26
5.2 Psalm 110 in sy eenheid en samehang met Psalm 2 26
5.3 Psalm 110 in sy eenheid en samehang met Psalm 109 26

Hoofstuk 6 
Soos die eerste lesers of hoorders dit verstaan of soos die Skrywer dit bedoel? 28
6.1 Soos die eerste lesers dit verstaan het 28
6.2 Soos die Skrywer dit bedoel 28
6.3 Een beginsel tot die enigste verhef 28
6.4 Die gevaar van die loslating van die Skrif-met-Skrif- verklaringsbeginsel 29
6.5 Ps.110:1 en met name die woorde my Here as ‘n goeie voorbeeld 29
6.6 Die eerste-hoorder-verklaring neem boonop nie die direkte tekstuele konteks in ag nie 30
6.7 Die eerste-hoorder-verklaring neem ook nie met die eerste-hoorder-beginsel in aanmerking dat die Gees van Christus bedoel het om meer as net die eerste hoorders verstaanbaar aan te spreek nie. 30
6.8 Ons het in die Skrif die geïnspireerde antwoord hoe die latere hoorders – die ons van 1 Petrus 1:12 – Psalm 110 verstaan het en hoe ons dit vandag moet verstaan 31

Hoofstuk 7 
Verklaring van Psalm 110 32
7.1 Die Skrywer Self moet dit verklaar 32
7.2 Psalm 110: ’n kort samevatting van die hele Evangelie 32
7.3 Vers vir vers, woord vir woord 33
I. Die Koning en sy hemelvaart om te regeer (vv. 1-2) 33
II. Die Koning en priestervolk – Pinkster (v 3) 38
III. Die Koning en sy Hoëpriesterskap volgens die orde van Melgisedek – Pase (v 4) 45
IV. Die Koning en sy wederkoms om te oordeel (vv. 5-7) 48

Bylaag A 52
Die sogenaamde Direkte Vertaling 52
1. ’n Nuwe Afrikaanse vertaling 52
2. Die bewering dat Christus in hierdie beplande vertaling uit die Ou Testament weg vertaal gaan word 52
Kleinletters 52
Beroep op die Nederlandse Statenvertaling 53
Die 1637-uitgawe van die Statenvertaling en Psalm 110:1 53
Die ontstaan van ‘n gewoonte 54
3. Beoordeling van die vertalers se beroep op die Statenvertaling 55
4. Die Nuwe Testament se “verstaan” van die Ou Testament? 55
5. Twee uitgawes van die Direkte Vertaling: die eer van God en die heil van ons naaste 57

Bylaag B 58
Die Direkte Vertaling se vertaling van Maleagi 3:1 58
1. Inleidend 58
2. Maleagi 3:1 58
2.1 ’n Doelbewuste keuse 58
2.2 Vergelyking van die 1953- en Direkte Vertaling 59
2.3 Beoordeling van die Direkte Vertaling van Maleagi 3:1 59
2.4 Maleagi en die Statenvertaling van 1637 61
3. Gevolgtrekking 62

Bylaag C 63
’n Paar meer wetenskaplike opmerkings by die verklaring van Psalm 110 63
1. Gebruike van Adon/Adoni/Adonay vir God of Christus in verskillende tekste 63
1.1 God of Christus aangespreek as Adon (enkl., sonder suffiks) 63
1.2 Die Engel van die HERE aangespreek as Adoni (my Heer) 63
2. Die Masorete en Adoni/Adonay 63
3. Die Septuagint en ho kurios mou 64
4. Die Nuwe Testament en ho kurios mou 65
5. Gesenius oor Adonai 66

Bylaag D 67
Die ongelowige Jode en Psalm 110:1 67
1. Die Jode in die NT (Psalm 110:1 en Mt 22:41-46) 67
2. Joodse geskrifte na Christus 67

Bylaag E 68
Johannes die Doper se lang wysvinger: die Ou Testament 68
Enkele geraadpleegde bronne 72

Uittreksels

Hoofstuk 3
In die klaskamer van Christus en sy Gees
3.1 Na die Skrywer Self en na sy Leerskool toe: na Christus toe
Wie ‘n boek wil verstaan, moet na die skrywer self toe gaan. Hy sal immers die beste weet wat hy in sy geskrif bedoel.
Dit geld ook van die Bybel. Wie die Psalms wil begryp, wie wil weet watter plek die Psalms inneem óók in die Kerk van die Nuwe Testament, moet na die Nuwe Testament toe gaan. Daar laat ons hoogste Profeet en Leraar self, Jesus Christus onse Here, Hy wat die Skrywer van die Psalmboek is, ons die Psalms sien in hulle diepste betekenis en waarde.

‘n Mens moet in die skool van die beste Leermeester, Jesus Christus, en sy apostels les ontvang in Skrifuitleg, sê Kohlbrugge. Hulle het die sleutel tot die verstaan van die Ou Testament gegee. Met hierdie sleutel kan ons die deur tot die geheimenisse van die Skrifte van die Ou Verbond open. In die klaskamer van die Nuwe Testament leer ons die Ou Testament ken as die gesagvolle Woord van God, wat Christus aan ons verkondig.

Lukas 24:25-27 en 44-47
Menslike onvermoë en onwil om die Skrif te verstaan en te glo – dit sien ons in die geskiedenis van ons Here Jesus se verskyning na sy opstanding aan die Emmausgangers en die dissipels.

Ons sien egter ook Wie die Skrifte vir ons oopmaak, naamlik Christus.
In verse 25 tot 27 sê Jesus vir die Emmausgangers: “o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.” In vers 44-47 sê Jesus verder: “Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.”

Drie punte moet by vers 25 tot 27 en 44 tot 47 aangestip word:
Eerstens is dit uit die geskiedenis van die Emmausgangers duidelik: Hulle was blind vir iets in die Ou Testament. In lyn met die Joodse opvatting van daardie tyd wou hulle niks weet van ‘n lydende Messias nie. Hulle wou dit nie in die Skrifte (die Ou Testament) sien dat die Christus eers moes ly en daarna in sy heerlikheid ingaan nie (Luk 24:26). Hulle het net oog gehad vir die een lyn in die Skrifte van die Ou Verbond: die lyn van verheerliking van die Christus.

Hulle wou nie álles glo wat die profete geopenbaar het nie. By daardie álles is ook ingesluit die lyn van lyding. Dit is ook nie vreemd dat hulle dit nie wou glo nie: So ‘n evangelie van ‘n Christus wat moes ly vir ons sondes – dit is nie na die mens nie (Gal 1:11).

Tweedens dui Christus die oorsaak van hulle blindheid aan: hulle onverstandigheid (v 26), hulle verstand wat gesluit was vir die volle boodskap van die Skrifte (Luk 24:45). Hierdie onverstandigheid of dwaasheid het niks met gewone domheid te make nie, maar slaan in die Bybel altyd op ‘n sondige weiering om in te sien en te glo wat so duidelik in die Skrifte staan.

Ondanks die duidelikheid van die Ou Testament en die feit dat Jesus self hulle verskeie kere daarop gewys het hoe die Ou Testament van Hom profeteer (sien o.a. Luk 22:37), het hulle steeds nie geglo nie. Daarom beskryf Jesus hulle geestesgesteldheid as ‘n traagheid van hart om te glo alles wat die profete gespreek het (Luk 24:25) – ongeloof.

Derdens sien ons Wié die blindheid wegneem: Christus doen dit. Hy neem dit weg deur vir hulle uit te lê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het (Luk 24:27) en deur hulle verstand te open om die Skrifte te verstaan (Luk 24:45). Hy open die Skrifte en Hy open hulle verstand en dán verstaan hulle.

Hierdie dinge moet ons ook onthou as ons ons besig hou met die Bybel. Net biddend, met die hulp van ons hoogste Profeet en Leraar, Jesus Christus, en sy Heilige Gees kan ons verstaan én glo wat daar geskrywe staan.

Hoofstuk 4
4.2.1 Wat die Here Jesus Self in Psalm 110 en nog ander Skrifgedeeltes sê
In sy kommentaar op Psalm 110 skryf Calvyn: ons vind die sekerheid dat hierdie Psalm op Christus alleen slaan eerstens in die woorde van Jesus self (Mt.22:41-46).

Dan maak Calvyn hierdie belangrike opmerking: ook die Psalm self roep dit luid uit dat daar geen ander verklaring moontlik is nie. Daarmee bedoel Calvyn: ook as ’n mens net die Psalm alleen goed lees, kan jy by geen ander
verklaring uitkom as dat met my Here Christus bedoel word en dat Psalm 110 net op Hom slaan (Ook hier wil ek herinner aan die artikel van dr VE d’Assonville oor Calvyn se interpretasie van Psalm 110:1, omdat dit so ‘n deeglike en diepgaande artikel is)

Dit het alles met goeie taalkunde te make: om ‘n woord binne sy verband te verklaar. Dit geld ook van die my Here van vers 1. Die res van die Psalm, die konteks, moet lig werp op hierdie woorde. Die Skrif moet die Skrif verklaar en dan sien ons: In Psalm 110 sê Jesus Christus deur sy Gees bepaalde dinge van my Here, wat dit onmoontlik maak om my Here op ‘n mens te laat
slaan.

Bestel by: attie@enigstetroos.org
Prys: R60 plus posgeld

__________________

Sien ook hierdie verder bronne oor die Psalms:

Psalmstudies

Messiaanse Psalms

Die Psalmboek

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: