KERKBLAD ARTIKELS OOR DIE NG KERK SINODE SE PRO-HOMOSEKSUELE BESLUIT

KERKBLAD ARTIKELS OOR DIE NG KERK SINODE

SE PRO-HOMOSEKSUELE BESLUIT

kerkblad nov 2015

In die November 2015 uitgawe van die GKSA se maandblad, Die Kerkblad, is daar reaksie op die NGK se tragiese besluit aangaande homoseksualisme (kan iemand vir my verduidelik waarom daar nou deesdae van ‘dieselfdegeslag verhoudings’ gepraat word, en nie meer homoseksuele verhoudings nie?).

Hier is drie relevante artikels aanlyn beskikbaar (ek plaas ‘n paar aanhalings hier):

NG Sinode se besluite raak verhouding met die GKSA direk, prof CFC Coetzee

“Tot sover ds. Aucamp. In die voorgenome gesprek (met die NGK – slc) sal myns insiens onder andere die volgende sake indringend deurgepraat moet word: Skrifbeskouing en Skrifgebruik; die binding aan ons gemeenskaplike belydenis; sondebegrip; kerklike tug; opvattings oor die huwelik; huidige reëlings in verband met kanselruil. Die uitkoms van hierdie gesprek sal bepaal of ’n sinvolle verhouding tussen die twee kerkgemeenskappe nog moontlik is.”

“Dit is dus ons oortuiging dat die beoefening van homoseksualisme, soos die volhardende oortreding van enige van die gebooie van God, ’n tugwaardige sonde is. Die Algemene Sinode van die NG Kerk het klaarblyklik anders geoordeel.”

Die veranderende tydsgees, prof. GJC Jordaan

“Tye verander”, is gewoonlik die verskoning vir ’n nuwe koers wat ingeslaan word, veral wanneer mense skepties oor die verandering is. “Tye verander, en niemand kan dit keer nie. Verandering is onafwendbaar.” Hierdie slagspreuk is al dikwels as “argument” gebruik om kerklike besluite te probeer “deurdruk”, in besonder besluite wat nie die toets van die Bybel kan deurstaan nie. Hierdie slagspreuk is weer onlangs uitgehaal toe die nuus van die NG Kerk se gay-besluit Suid-Afrika getref het. Ons moet die besluit aanvaar, want tye verander nou maar eenmaal.”

“Tydsgees kom en gaan. En daarmee saam kom en gaan verandering. In die jongste tyd is dit weer geïllustreer. Anders as gister, bepaal vandag se tydsgees dat gay-wees reg is en dat enige vorm van weerstand teen gay-wees verkeerd is. Gister was die huwelik as instelling reg; vandag se tydsgees maak die huwelik as oudmodies af. Die tydsgees is in wese veranderlik.

Tydsgees kan mense se besluite verander, maar daarmee word niks aan die waarheid verander nie. Die waarheid is immers nie veranderlik nie en word nie deur iets veranderliks bepaal nie. Daarom kan tydsgees nooit die norm wees van wat reg en wat verkeerd is nie.” 

“Gegee dat die Bybel onveranderlik is, is daar ook die standpunt wat propageer dat die Bybel nie so duidelik verstaanbaar is nie. Sulke uitsprake staan lynreg teenoor die deursigtigheid van die Skrif, waarvan die Bybel self die beste getuie is. God het sy Woord tog gegee om te openbaar, nie om te verberg Natuurlik is daar plekke in die Bybel wat nie met die eerste oogopslag helder en duidelik is nie, maar in die lig van die baie duidelike dele van die Bybel word selfs die minder duidelike dele vir elke leser helder verstaanbaar. So, byvoorbeeld, kan daar geen onduidelikheid daaroor wees dat die Bybel homoseksuele optrede as verkeerd afwys nie.”

Is lewenskwessies ‘middelmatige sake’ ?, ds. Cassie Aucamp

“Nêrens vind ons by Paulus so ’n teenstrydigheid tussen “leer” en “lewe” nie. Inteendeel, in feitlik elke brief van Paulus gaan die verkondiging van die kernwaarhede van die leer van Jesus Christus outomaties oor in die oproep tot ’n nuwe lewenswandel in Christus.

Is dit ook nie ironies nie dat juis die aanslae teen die leer, soos teen die maagdelike geboorte en werklike opstanding van Christus, sigself bedien van dieselfde tipe argumente en Skrifgebruik as waarmee die uitsprake van die Skrif oor seksualiteit in die huidige debat hanteer word?”

“Dit is my oortuiging dat die klassifisering van sake oor die lewenswandel as “middelmatige sake” ons nie verder bring in die debat oor homoseksuele verhoudings nie. Leer en lewe is onlosmaaklik aan mekaar verbind en verg albei gehoorsaamheid aan die wil van God, ook ten opsigte van seksualiteit en die huwelik.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: