DIE HERE IS ALTYD BY ONS
WEES DAAROM STERK EN VOL MOED
Skriflesing: Deut.34 tot Jos.1:19; Hebr.4:8-11; 13:1-9
Preekteks: Jos.1:1-9
Preekdatum: 3 Januarie 2016
Preeknotas:
Geliefdes in ons Here Jesus Christus,
Wees sterk en vol moed in die jaar 2016
Wees sterk en vol moed midde die goeie stryd wat voorlê in die jaar 2016.
Wees sterk en vol moed omdat die Here onse God,
die God van Abraham, Isak en Jakob,
die Vader van ons Here Jesus Christus,
met ons sal wees en ons nie sal begewe nie.
Hy was met ons in die jaar 2015,
en sal Hy ook met ons wees in die jaar 2016.
En daarom kan ons, moet ons volhard in ’n lewe van dankbaarheid
volgens sy Woord deur die krag van die Heilige Gees.
Geliefde gemeente van Jesus Christus,
WEES STERK EN VOL MOED in die jaar 2016!
Dit leer ons dan vanoggend deur die prediking uit Joshua 1:
Die Here is altyd by ons,
wees daarom sterk en vol moed
vir die jaar 2016
Ons let op 3 sake:
- Waarom ons die oproep en bemoediging ‘wees sterk en vol moed’ nodig het
- Die rede waarom kan ons sterk en vol moed wees
- Hoe leef ons as mense wat sterk en vol moed is
1 Waarom ons die oproep en bemoediging ‘wees sterk en vol moed’ nodig het
Die oproep aan Joshua om sterk en vol moed te wees,
kom 4 keer na hom, verse 6,7,9,18.
As ons Deut 31 byvoeg, waar Joshua geroep word om Moses
op te volg om die volk in die beloofde land Kanaan in te lei,
dan hoor ons daar die oproep en bemoediging ook 3 maal daar, in v.6,7,23.
Joshua, die dapper krygsman van Israel, ’n godsvresende man,
hy wat alleen saam met Joshua, dus 2 spioene teen die ander tien,
die volk opgeroep het om die land Kanaan in te neem (sien Num.13 en 14),
ja, hy het bemoediging nodig om sterk te wees en vol moed vir die taak
wat op hom wag.
Want, die taak was baie groot en uitdagend.
Hy moet nou vir Moses opvolg,
daardie groot kneg van die Here,
waarvan ons gelees het in Deut.34:10-12.
Moses wat gesterf het en nie self die beloofde land kon ingaan nie.
Baie groot skoene wat Joshua moes volstaan,
gewis ’n geweldige groot taak en verantwoordelikheid,
en daarom die bemoedigende woorde, x4 keer vir Joshua.
Maar ons sien ook verder in ons teks,
waarom Joshua en ons bemoediging nodig het,
ons lees dit daar in vers 9, in die woorde “wees nie bevrees of verskrik nie”
Ja, weens die sondeval, weens ons eie sonde, twyfel in die Here,
die afdwaal van sy gebooie, is ons as mense,
ook gelowige mense geneig om bang, beangs te raak, om verskrik te raak!
Joshua wat dalk bevrees en het verskrik geraak vir die groot taak ophande.
En ons sien dit ook regdeur die Skrif,
dink aan Moses wat beangs geraak het oor wat hy moet sê teenoor Farao,
Elia wat gevlug het omdat hy Agab en Isebel se oordeel gevrees het,
Petrus wat ons Here Jesus verloën het daar by die kole vuur.
Daarom ons belydenis: in v/a 114 – dat selfs die ‘allerheiligstes’ se gehoorsaamheid is nog gering’ en,
v/a 127 ‘ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik stande kan bly nie’
Onthou u dit ?
Joshua het hierdie bemoediging en oproep so nodig,
besef ek en u hoe swak ons in onsself is,
en hoe nodig ons hierdie woorde het vir die jaar 2016 ?
Paulus se waarskuwende woorde in 1 Kor.10:12 en sy belydenis in 2 Kor.12:9,10 moet ons ook laat smag na hierdie bemoedigende woorde !
Maar waarin is ons krag en moed en sterk wees, as dit nie in onsself is nie ?
Dit sien ons in ons tweede punt:
2 Die rede waarom ons sterk en vol moed kan wees
Die rede waarom Joshua sterk en vol moed kan wees,
die rede waarom ons sterk en vol moed kan wees,
hoor ons daar in verse 5,6,9:
soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee.
want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Dit is omdat die Here by Joshua sal wees, hom nooit sal verlaat nie,
dat hy sterk en vol moed kan wees vir die taak wat voorlê!
Hierdie belofte van die Here, die Immanuel belofte, van God met ons,
die belofte van Ek is julle en jul kinders se God as ‘n ewige verbond, Gen.17:7,
het in die besonder tot openbaring gekom vir Joshua en sy geslag,
in die feit dat die Here die beloofde land, die fisiese Kanaan, nou aan hul gee en gaan gee, dit wat ons lees daar in verse 3,4,6.
Dit is wat die Here vir Moses gewys en gesê het, waarvan ons gelees het in Deut.34:4, “Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee” Gee, maar neem in!
Hierdie belofte, gegrond in die belofte van Gen.12,15, ens aan die aartsvaders, 400-500 jaar terug, gaan nou in vervulling, want God bly getrou aan sy beloftes.
Hy is sterk en almagtig, Hy sal doen wat Hy beloof, ongeag al die ontrou.
En daarom kan Joshua en sy geslag getrou wees in hul roeping en taak.
Sterk en vol moed wees in die Here!
Maar geliefdes, ons moet ook raaksien:
Die intog en oorname van Kanaan was nie die primêre doel opsigself nie, soos die res van die Skrif ons leer, veral die boek Hebreërs.
Hierdie gebeure, Moses wat die volk lei uit Egipte, Joshua wat die volk inlei in Kanaan, is alles heenwysings na die groter en belangriker ewige werklikheid:
Ons Here Jesus Christus, sien weer Josua 4:8-11!
Die volmaakte Joshua wat ons uit Egipte, die slawehuis van sonde uitgelei het,
en deur sy doop en opstanding en hemelvaart lei na die ewige Kanaan.
Onthou Josua se naam is die Hebreëus vir Jesus, wat die Grieks is,
en albei beteken: die Here verlos !
Nie dalk nie, Hy sal verlos, elkeen van sy kinders !
Ja, die Here bly getrou aan sy beloftes van redding, wat Hy reeds profeteer en begin het daar in die tuin van Eden, Gen.3:15, dat uit die saad, kleinletter, van Abraham se nageslag, wat hul moes vestig in die beloofde land,
dié Saad, hoofletter gebore sal word.
Jesus is die groter Een as Moses wat gekom het,
Jesus is die volmaakte Josua wat gekom het, om die ewige rus te bring,
sodat ons, sy kerk, sy kinders vandag en vir die jaar 2016 en ons hele lewe,
bemoediging en opgeroep kan word om sterk te wees en goeie moed te hou deur die geloof in Christus, in die woorde wat ons gelees het daar in Hebr.13,
want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? (v.5,6)
Onthou Jesus se belofte ook voordat Hy opgevaar het na die hemel,
“En kyk, Ek is met julle tot die voleinding van die wêreld” (Matt.28:20)
Daarom ook die trooswoorde vir ons in Hebr.13:8,
“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid”
Hou daaraan vas geliefde kind van God,
omdat die Here met ons is in en deur Jesus Christus,
kan en moet ons nou sterk en vol moed wees,
ook vir die moeilike take en uitdagings en worstelings wat voorlê vir u elkeen afsonderlik, in ons gesinne en ons gemeentes vir die jaar 2016.
Maar hoe weet ons hoe om vanuit die Here se beloftes te lewe ?
Hoe om in 2016 sterk en vol moed te wees ?
Dit sien ons in die derde en laaste saak:
3 Waar leer ons hoe om sterk en vol moed te wees, te lewe
Die Here bevestig dat Hy vir Joshua geroep en bevestig het in sy taak
om die volk die beloofde land in te lei.
Die Here roep Joshua om sterk en vol moed te wees,
want Hy is met Hom, en sal Hom nooit begewe nie.
Die Here bly getrou aan sy beloftes.
Maar hoe moet Joshua nou wandel konkreet in sy taak en roeping ?
Dit lees ons daar in vers 7 en 8, (lees)
Josua word opgeroep, soos Moses,
om nougeset te handel volgens die hele wet van Moses
Die norm en standaard vir sy lewe en optrede,
hoe hy die volk lei is God se Woord, nie wat Joshua of die volk wil nie.
Josua word vermaan om nie regs of links daarvan af te wyk nie,
sodat Hy met goeie gevolg kan handel, dat dit met hom en die volk goed kan gaan, verse 7 en 8.
Nee, geen doen die wet om gered te word nie, maar:
Ek het julle gered uit die sonde, uit Egipte, lewe nou in dankbaarheid
en ontvang seën en voorspoed uit genade!
Die oproep is ’n oproep vir almal, dalk ook met indirekte verwysing
dat die grootste profeet nie bo God se wet is nie,
want selfs Moses is getug en gestraf omdat hy nie nougeset
gewandel het volgens God se wet nie, toe Hy die rots geslaan het,
in plaas net gepraat het.
Daarin sien ons die Here straf en tug nog sy kinders tydelik, maar dank God, die volmaakte Moses en Josua het die ewige straf gedra in ons plek!
En die wet geld nog in die NT vandag, vir die jaar 2016,
Jesus het die wet van God kom vervul, ja die seremoniele wette is afgeskaf,
maar sy Tien Gebooie geld nog vir vandag, Matt.5:17-19
(sien HK, So.34-44)
Ook ons moet elkeen afsonderlik, gesamentlik as gesinne en gemeente,
Josh.1:8, God se wet, en nou ook sy hele Woord bepeins elke dag,
om nougeset daarvolgens te handel, te lewe,
soos ons ook gesing het daarvan in Ps.1
En, as in 2016 die aanslae van die oorblyfsels van die eie sonde kom,
as die aanslae van die wêreld en sy verleidinge kom,
as die aanslae van die Satan kom, dan het ons die troos:
die Kaptein van ons verlossing, Jesus Christus
het klaar die sonde, die wêreld en die Satan oorwin.
Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie,
maar Hy lei ons en sal ons veilig lei na die ewige Kanaan !
Want Jesus is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde, Hebr.13:8.
Daarom kan ons goeie moed hou, daarom kan ons staande bly,
daarom kan ons sterk wees in Christus deur sy Woord en Gees.
Om ook met goeie gevolg in 2016 te handel.
Om dit heel konkreet te stel, u te bemoedig:
Mans en vrouens in die huwelike, wees sterk en vol moed om te volhard in liefde en trou, onthou die woorde van Hebr.13:4 !
Vaders, wees sterk en vol moed om aan te hou om u vrouens en kinders lief te hê en te dien. Dit begin alles met my u eie verhouding met Christus, goeie getroue huisgodsdiens. Verbind u opnuut aan die woorde van Josh.24:15 (lees)
Moeders, wees sterk en vol moed om aan te hou onderdanig te wees aan jul mans in die Here, die kinderseën met blydskap te ontvang, en in sy vrese op te voed.
Kinders, eer jou vader en moeder in die Here, en soek wysheid en kennis in Woord. Vlug weg van die begeerlikhede van die jonkheid en soek die dinge daarbo saam medegelowiges wat die Here uit ’n rein hart aanroep.
Gemeente, almal in die amp van gelowige, dien die Here en mekaar, soos Moses en Joshua diensknegte van die Here en die volk was, so ook ons na mekaar, onthou die woorde van Hebr.13:1,2 – diakens in die besonder!
Aan myself en die ouderlinge, wees baie sterk en vol moed, volhard in huisbesoeke, moontlike tuggevalle, die BA sinode wat volgende week sit. Dink aan die woorde van Hebr.13:7,9 oor VIDA [In 1935 skryf Totius nog in ‘n artikel waarin juis tekste soos o.a. 1 Kor.11 en 14 asook 1 Tim.2 vermeld word dat: “Ons glo nie dat enige Gereformeerde vrou teen die duidelike uitsprake van die Woord van God in verset wil kom nie. Selfs deur die feministiese praktyke van ons dae sal sy haar nie uit haar koers laat dryf nie.” (Versamelde Werke, deel 3, 1977: 197; kursief bygevoeg).] !
Daarom gemeente, daarom elke kind van die Here:
Wees sterk en vol moed, in ons Here Jesus Christus !
Amen.
Leave a Reply