Vadersdag, Moedersdag of die Here se dag ?
Dit is ‘n mooi gedagte om sekere dae te gebruik om spesiaal vir vaders en moeders dankie te sê vir al hul liefde en opofferings vir ons.
Ons gesinne en families moet vir ons kosbaar wees.
Ek dink dit is wel ‘n probleem dat die Vader se dag, die rusdag in die week wat vir die Here afgesonder word, daarvoor gebruik word. Dit is die dag wat ons Hom moet gaan dank en aanbid vir sy liefde en opoffering vir ons deur sy Seun, Jesus Christus.
Hoekom nie op enige ander dag van die week ‘moedersdag en vadersdag’ hou nie ?
Is dit dalk omdat die Here se dag nie meer so belangrik is vir ons nie ? Dit het ons lekker inkopiedag geword, die ‘wat vir ons lekker is’ dag, ons ‘wegbreek’ dag ? Ons ander dae is te ‘besig’ vir mekaar, die ’tille moet geslaan word’ en Saterdag is sport(s)dag, so al wat oorbly in ons besige skedules …. is die Here se dag om moeder en vadersdag te hou, daardie dag wat ‘ons niks het om te doen’ nie ?
Ek wonder hoeveel moeders en vaders bly weg van die Vader se huis om dan moedersdag en vadersdag te vier ?
Is dit die wil van die Here ?
Ware moederskap en ware vaderskap is ook om getrou op te trek na die huis van die Here, veral dan op ‘moeders- en vadersdag’.
Verder, ons moet nie net een dag ‘n jaar ons vaders en moeders waardeer nie, maar elke dag van ons lewens.
En ons kan ons vaders en moeders eers waarlik waardeer, as ons ons Hemelse Vader en sy Seun deur die krag van die Heilige Gees aanbid en eer, ons hele lewe lank, maar ook in die besonder op die rusdag (sien die Heidelbergse Kategismus, Sondag 38, “Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom …”)
Die grootste guns wat ons vaders en moeders ons kinders kan bewys, is om ons Vader in die hemel lief te hê, met ‘n passie. Dan volg die liefde vir pa en ma en kinders vanselfsprekend.
Wat ons van Sondag tot Sondag doen, ons lewe lank, wie ons aanbid en eer veral op sy rusdag, Wie sentraal staan op die eerste dag van die week, bepaal die res van ons week en ons lewens, veral ons gesinslewens.
‘n Wonderlike getuienis is dit in die gemeente as ‘n vader en moeder getrou van rusdag tot rusdag optrek met vreugde na die huis van die Here, saam hul kinders en kleinkinders om ons hemelse’Vadersdag’ te hou:
1 Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3 Jerusalem wat gebou is soos ‘n stad wat goed saamgevoeg is,
4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE — ‘n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die HERE te loof.
5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
Psalm 122
‘n Paar artikels en bronne oor die belangrikheid van die rusdag:
DIE BELANGRIKHEID VAN DIE WEEKLIKSE RUSDAG
EN EREDIENSBYWONING
Die onderhouding van die rusdag
Samevattend kan oor die onderhouding van die rusdag deur die Nuwe-Testamentiese gelowiges die volgende gesê word:
1 Die gelowiges moet dit onderhou om op die dag besonderlik daaraan te dink dat God hulle deur Christus verlos het van die sonde wat onrus in hulle lewens bring, en hulle deur sy Gees nuwe mense gemaak wat innerlik rus en vrede het omdat hulle met Hom versoen is (Rom_5:1).
2 Hulle moet dit onderhou uit dankbaarheid dat Hy hulle deur Christus verlos het (vgl. Deu_5:15; Op 11:8 [Rev_11:8]) uit die mag van die sonde, wat die mens se lewe so onrustig maak, en weer ware rus in hulle lewens gebring het.
3 Hulle moet dit onderhou om ook as Nuwe-Testamentiese gelowiges hulle te verheug en te verbly in die Here (Jes 58:13,14 [Isa_58:13-14]; Fil 4:4 [Phi_4:4]) omdat Hy deur Christus ware rus in hulle lewens gebring het.
4 Hulle moet dit onderhou om versterking van hulle geloof te soek in die eredienste, in Skrifstudie, ensovoorts omdat Christus daarin as die ware Rusbringer aan die kind van God voorgehou word. (Vgl. Mat_11:28; Fil 1:9,10 [Phi_1:9-10]; 1Pe_2:2; Heb_5:12-14 – Heb_6:1-3.)
5 Hulle moet dit onderhou om te toon dat hulle nie (afgodies) slawe van hulle werk is nie, maar baas of heer oor hulle werk. (Vgl. Gen_1:28; 1Pe_2:19.)
6 Hulle moet dit onderhou omdat dit ’n teken is van die verbond tussen God en sy volk (Exo_31:12-18; Eseg 20:12-20 [Eze_20:12-20]).
7 Hulle moet dit onderhou om deur matige, liggaamlike rus weer versterk te word. (Vgl. Heb_4:9-10; Mar_6:31.)
8 Om dit alles te kan doen, moet die gelowiges hulle beroepsarbeid en ander verpligtinge waaraan van Maandag tot Saterdag uitvoering gegee kan word, op Sondae nalaat.
DIE BYWONING VAN EREDIENSTE
Die eredienste moet gereeld bygewoon word en wel om die volgende redes:
1.1 Dit is die Woord van die ewige en heilige God wat daar verkondig word. Matt 4:4:”Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan“.
1.2 Die Heilige Gees gebruik die Woord wat verkondig word as middel om die wedergeboorte in die mens te bewerk en die mens tot geloof te bring (1Pe_1:23), maar ook om die bestaande geloof te versterk en te laat groei (1Pe_2:2).
1.3 Deur die verkondiging van die Woord word die koninkryk van die hemel oop- en toegesluit. Dit gebeur as aan die gelowige verkondig word dat sy sondes om Christus ontwil vergewe is en dat hy derhalwe ‘n erfgenaam van die ewige lewe is. Dit gebeur verder as aan die ongelowige verkondig word dat die toorn van God op hom rus en die ewige oordeel op hom wag (HK vr. en antw. 84).
1.4 God spreek tot die indiwiduele mens deur die amptelike verkondiging van die Woord aan die gemeente. Openbaring 3:6, 13 [Rev_3:6; Rev_3:13]: “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”. Daarom kan die indiwiduele lidmate nie los van die gemeente met sy gereelde samekomste lewe nie. In Handelinge 2:47 [Act_2:47] word ook verklaar: “En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is“. In Openbaring 1 – 3 lees ons ook dat Christus met die gemeentes spreek deur middel van die predikant of voorganger (engel).
1.5 Ons moet uit dankbaarheid vir God se genade in Christus aan ons die eredienste gereeld bywoon. By die Ou-Testamentiese gelowiges was daar reeds ‘n vurige verlange om in die huis van die Here te kan wees (Psa_23:6; Psa_27:4; Psa_84:2 [Psa_84:3 Nuwe Vert.], Psa_84:11). Hoeveel te meer geld dit nie vir ons wat leef in die nuwe en ryker bedeling van die Nuwe Testament om uit dankbaarheid die Here te soek en te dien in sy huis nie!
1.6 Hoe meer ons die eredienste bywoon, des te beter sal ons ook die Woord van God verstaan en groei in geloof en liefde tot God. Dan sal dit nie nodig wees dat ons soos kinders in die geloof met die Woord van God in die vorm van melk gevoed moet word nie, maar sal ons soos volwassenes in die geloof met die Woord van God in die vorm van vaste spyse gevoed word. Vergelyk Heb_5:13-14 en Heb_6:1 : “Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God”.
1.7 Christus het, “… soos Hy gewoond was. . .”, op die Sabbatdag na die sinagoge gegaan (Luk_4:16). Ons moet Hom hierin navolg. Dit moet by ons ook ‘n vaste gewoonte wees om gereeld die eredienste by te woon. Vergelyk ook Heb_5:14 (aangehaal by 1.6) die woorde “deur die gewoonte geoefen”.
1.8 Die volgende uitsprake in die Bybel toon duidelik dat God self ons beveel en van ons eis om die verkondiging van sy Woord in die eredienste gereeld by te woon:
1.8.1 Johannes 8:47 [Joh_8:47]:
“Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie”. Wie nie ware kinders van God is nie, stel nie belang om na sy woorde te luister nie. As dit andersom gestel word, kom dit daarop neer dat wie nie na die woorde van God wil luister nie daardeur aandui dat hulle nie ware kinders van die Here is nie.
1.8.2 Romeine 10:14, 17 [Rom_10:14; Rom_10:17]:
“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? . . . Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God”. Hier moet ons let op die nou verband tussen die geloof en die hoor van die Woord van God.
1.8.3 1 Korintiërs 1:21 [1Co_1:21]:
“Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red”
1.8.4 Hebreërs 10:25 [Heb_10:25]:
“en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie . . .”. Hier het ons ‘n uitdruklike bevel vir die bywoning van eredienste, aangesien die “onderlinge byeenkoms ” hier betrekking het op die eredienste. Hier word ook gewys op ‘n slegte gewoonte om die eredienste nie by te woon nie.
1.8.5 1 Petrus2:2 [1Pe_2:2]:
“en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei”. Dit beteken dat die gelowige so sterk na die Woord van God moet verlang soos kindertjies na moedersmelk. Die melk van die Woord laat hulle immers groei in die geloof.
Bron: prof. Paul de Bruyn se Tien Gebooie en Die Gesonde Leer.
‘N DOSYN REDES OM WEL KERK TOE TE GAAN
Ds. Lammert H. Stavast
AAN DIE LESER
DAAR IS SEKER BAlE REDES HOEKOM MENSE NIE KERK TOE GAAN NIE!
- DIE DOMINEE PREEK VERVELIG OF DIE KERKGANGERS IS SKYNHEILIG
- EK HET GEEN TYD NIE EN EK HET GEEN LUS NIE
- EK IS VROEER GEDWING OM KERK TOE TE GAAN EN DAAROM WIL EK VANDAG NIE MEER GAAN NIE
- EK GAAN NET WANNEER EK SO VOEL EN DIS NOU NIE JUIS BAlE KERE NIE
- EK MOES EINTLIK GAAN EN EK WIL EINTLIK OOK, MAAR JY WEET HOE DIT IS
- SONDAE IS FEITLIK DIE ENIGSTE DAG WAAROP MENS KAN RUS OF KAN DOEN WAARVOOR JY REGTIG LUS HET
U KAN HIERDIE LYS SEKER NOG VERDUBBEL, NIE WAAR NIE?
EK WEET NIE WAT U AAN GOD VOORHOU AS U PERSOONLIKE REDE OM NIE (MEER) KERK TOE TE GAAN NIE, MAAR WIL U NIE ASSEBLIEF LUISTER NA TWAALF REDES HOEKOM U WEL KERK TOE MOET GAAN NIE?
EN HIERDIE KEER IS DIT NIE MENSLIKE REDES OM WEG TE BLY NIE, MAAR TWAALF GODDELIKE REDES OM WEL GEREELD SY HUIS TE BESOEK.
DIS TOG ‘N BILLIKE VERSOEK, OF HOE?
GOD LUISTER NOU AL LANKAL NA U: HY VRA U NOU MOOI OM NOG NET EEN KEER NA HOM TE LUISTER!
DIT KAN NOU NOG: MORE MAG DIT DALK TE LAAT WEES, VIR EWIG TE LAAT!
HIER VOLG GOD SE DOSYN REDES; DINK ERNSTIG DAAROOR NA, ASB !
U VRA WAAROM MOET EK GEREELD KERK TOE GAAN?
GOD SE TWAALF ANTWOORDE
- OMDAT DIT UITDRUKLIK IN DIE WOORD VAN GOD GEBIED WORD
Hebr. 10:25, “En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.”
- OMDAT CHRISTUS EN DIE APOSTELS ONS DIE VOORBEELD GEGEE HET
Lukas 4:16 “Toe kom Hy in Nasaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagoge en staan op om te leer.”
Hand 3:1 “En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van gebed, die negende uur.”
Hand. 20:7 “En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.”
Joh. 20:19 “En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!”
HIERDLE LAASTE TWEE TEKSTE DUI DUS OOK OP AANDDIENSTE
- OMDAT DAAR GROOT SEEN VERBONDE IS AAN DIE ONDERHOUDING VAN DIE RUSDAG
Jes. 56:1,2 “So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou: wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.”
Jes. 58:13,14 “As jy jou voet terughou op die sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hoog hou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.”
- OMDAT DAAR ‘N VLOEK KOM OOR HULLE WAT DIE RUSDAG VERWAARLOOS
Esg.20:15,16 “So het Ek dan my hand opgehef vir hulle in die woestyn dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning – ‘n sieraad is dit van al die lande – omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my Sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aangeloop.”
- OMDAT DAAR BY DIE WARE GELOWIGES ALTYD ‘N HARTLIKE BEGEERTE BESTAAN OM IN DIE VOORHOWE VAN DIE HERE TE VERKEER
Psalm 26:8 “HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonpiek van u heerlikheid.”
Psalm 23:6 “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae”.
Psalm 27:4 “Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.”
Psalm 84:3 “My siel verlang, ja smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.”
Psalm 122:1 “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan.”
- OMDAT DIE GEWILLIGHEID OM NA DIE WOORD VAN GOD TE LUISTER ‘N BEWYS IS VAN WARE GELOOF EN DIE ONWILLIGHEID DAARTOE ‘N BEWYS VAN HARDE ONGELOOF
Joh. 8:47 “Die wat uit God is luister na die woord van God. Daarom luister julle nie, orndat julle nie uit God is nie.”
- OMDAT DIE SALIGHEID VERBONDE IS AAN DIE LUISTER NA GOD SE WOORD
Lukas 11:28 “En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.”
2 Tim. 3:15 “En dat jy van kleins af die Heiige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.”
Open. 1:3 “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”
- OMDAT DIE GELOOF GEWERK EN VERSTERK WORD DEUR DIE PREDIKING VAN DIE WOORD
Rom. 10:14-17 “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?
“En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goele verkondig ! Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo? Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God.”
1 Kor. 1:21 “Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag ons deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red.”
1 Petrus 2:2 “En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.”
- OMDAT OUERS BY ELKE MOONTLIKE GELEENTHEID HULLE KINDERS MOET ONDERRIG IN DIE WARE LEER
Deut. 6:6, 7 “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”
Psalm 48: 10,13-15 “0 God, ons dink aan u goedertierenheid binne in u tempel … Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings; let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd: Hy sal ons lei tot die dood toe.”
- OMDAT IN DIE EREDIENSTE DIE GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGES DIE STERKSTE NA VORE KOM, O.A. IN DIE LIEFDEGAWE VIR DIE ARMES
Deut. 12:5,6 “Maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom. En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle geiofte – en julle vrywillige offers en die eersgeborene van julle beeste en van julle kleinvee.”
Hand. 4:34 “Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.”
1 Kor. 16:2 “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle opsysit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insameling nie eers plaasvind as ek kom nie.”
- OMDAT KERKGANG DIE GELEENTHEID BlED TOT OPENBARE BELYDENIS VAN CHRISTUS, WAARSONDER NIEMAND SALIG KAN WORD NIE
Matt. 10:32 “Elkeen dan, wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.”
1 Tim. 6:12-14 “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee en van Jesus Christus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het, dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus.”
- OMDAT ELKE BELYDENDE LIDMAAT HOM/HAAR MET ‘N EED VOOR GOD EN DIE GEMEENTE VERBIND HET OM YWERIG DIE DIENS VAN DIE WOORD EN DIE SAKRAMENTE TE SOEK. GOD EIS DAT ONS ONS EDE SAL HOU
Psalm 24:3,4 “Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.” Psalm 50: 14 “Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.” Psalm 116: 14,18,19 “My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk, in die voorhowe van die huis van die HERE, binne in jou, o Jerusalem! Halleluja!”
Levitikus 19:12 “En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.”
Sagaria 8:16,17 “Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen die waarheid en ‘n regspraak van vrede in julle poorte! En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.”
NOU HET U GOD SE REDES VIR TROUE KERKBESOEK GEHOOR ! Daar was, so moet u tog erken, geen enkele mensewoord by nie. Hier was nie eers die dominee of die ouderling aan die woord nie. NET GOD SELF WAT MET U GEPRAAT HET ! Het u die moed om teenoor GOD SE WOORD u eie mensewoord te plaas ?
DIT IS ELKE SONDAG WEER KERKDAG!
GOD HET U KERK TOE GEROEP !
WAT GAAN U DOEN ?
Sien ook die volgende artikels oor die rusdag: https://proregno.com/category/rusdag/
Dankie,
Groete
Baie dankie. Ja, en praat nou met mense hieroor dan sê hulle jy’s oud/formalisties/eng/verkramp/dopper. Hoe sê die jeug?:- “Get with it!” Ons mense gaan ten gronde agv onkunde en baie predikante/pastore is aandadig daaraan. Lekker dag vir julle. Roelf
http://www.firstthings.com/blogs/firstthoughts/2015/07/the-calvary-option