Maar Here, ek is te besig ….

MAAR HERE, EK IS TE BESIG …. 

HThe Christian in Complete Armour   -     By: William Gurnall oe maklik maak ons verskonings ?

Maar Here, ek is net te besig om:

  • u Woord te lees (Ps.1:2; Hand.17:11)
  • persoonlik te bid en U te aanbid (Rom.12:1,2; 1 Kor.10:31)
  • om saam my gesin huisgodsdiens te hou (Deut.6:4-9; Ef.6:1-4)
  • om van Sondag tot Sondag u huis op te soek om U te aanbid, U Woord aan te hoor, die sakramente te gebruik en gemeenskap van die heiliges te be-oefen (Ps.122; Luk.4:14-21; Hebr.10:25)

En dit is gewoonlik ‘goeie’ verskonings wat ons gebruik:

  • maar Here … ek is so besig om ‘goeie dinge’ te doen in die gemeenskap, daarom het ek nie tyd om u persoonlik te aanbid deur gebed, Psalmsang en die Woord te lees nie.
  • maar Here … die ‘kids’ het soveel ‘goeie programme’ by die kerk en skool, daarom het ons nie genoeg tyd om nog saam as gesin ook huisgodsdiens te hou nie.
  • maar Here … my kinders en kleinkinders kom kuier Sondag, daarom kan ek nie kerk toe gaan nie, U gaan my mos nie mis nie ?
  • maar Here … dit is ‘my‘ enigste afdag, daarom kan ek nie saam ander gelowiges gaan aanbid nie, ek moet ‘ontspan’ en na myself kyk.
  • maar Here … dit is die ‘enigste’ dag wat ek inkopies kan gaan doen en in die ‘mall’ kan gaan ‘chill’ [Ma – Vry is werk, werk, werk … en Saterdag is sport …]
  • maar Here … ons kan nie in die aand nog ‘n erediens bywoon nie, want dit bots met die ‘blockbuster’ fliek wat ek net nie kan mis nie …. want dit is waaroor almal Maandag by die werk gaan gesels … nie oor gister se preke of oor Christus nie …
  • en Here … as die predikant nog langer as 10 minute preek …..

Elkeen van ons kan seker by hierdie lys nog baie ‘goeie verskonings’ byvoeg hoekom ons dink ons het nie tyd vir ons Here Jesus Christus en Sy Woord nie, waarom ons as gesinne nie by ons gemeentes se eredienste gereeld kan uitkom nie ?

En ons word baiemaal mislei om te dink dit is onsself wat hierdie ‘wyse besluite’ neem in ons besige lewens, of dat dit bloot ‘n ‘praktiese probleem’ is, dat daar nie genoeg tyd is nie (weet ons beter as ons Skepper en goeie Vader hoeveel tyd ons werklik nodig het? As Hy bepaal het dat 6dae werk en een dag rus is genoeg, weet ons van beter?).

Miskien is daar meer agter ons baiemaal goedbedoelde besluite as wat ons dink, miskien word ons mislei om te dink daar is nie genoeg tyd vir die Here en sy Koninkryk nie, en vergeet ons dat my tyd ook in diens van God moet staan soos Hy openbaar in sy Woord deur sy Gees ?

“Soek allereers die Koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matteus 6:33)

Ons kan baie mooipraatjies maak oor ons is lief vir die Here en sy Woord, maar as ons geloofsdade van dankbaarheid vir ons groot verlossing in Christus alleen – bv. in Bybellees, gebed, huisgodsdiens, getroue erediensbywoning, bydraes, ens. – dit nie openbaar of wys nie, dan soek ons dalk ons eie koninkryke en verwag die Here moet dit seën ?

Dan vra Jesus ons:

“En wat noem julle My: Here, Here! (Koning, Koning! of Meester, Meester!) en doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46; lees gerus verse 47-49 ook!)

En Jakobus sê dan vir ons:

“En word daders van die woord en nie net hoorders van die woord nie. Maar wil jy weet o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is” (Jak.1:22; 2:20)

Mag ons lewens wys dat ons in Christus geplant is (Joh.15:1-5), en daarom dankbaarheidswerke sal toon wat by die geloof en bekering pas, “want dit is onmoontlik dat ‘n mens wat deur ‘n ware geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie (Matt.7:18; Joh.15:5)” [HK Sondag 24, v/a 64] .

Lees gerus saam met my die kort oordenking hier onder, geneem uit William Gurnall se klassieke boek: The Christian in Complete Armour.

Ek plaas met erkenning die verwerkte weergawe soos dit verskyn het onder die volgende titel: Daily Readings from The Christian in Complete Armour (March 29), wat ek ook sal aanbeveel om te lees omdat die oorspronklike uitgawe se Engels, veral vir die Afrikaanse leser, moeilik gaan wees:

SATAN’S INTERFERENCE 

Let those who will, mock and scorn your faith. What is heaven worth if you cannot bear a little shame?

When Pharaoh observed the Israelites’ thoughts turning back to God, he knew it was a dangerous sign. He supposed he could hinder their spiritual deliverance by increasing their physical bondage, so he intensified their workload.

Satan does the same with his slaves, keeping them too busy to think of heaven or hell. He never leaves them, always working to intercept any thoughts of grace, mercy, peace, or repentance sent by the Holy Spirit.

Satan interferes with God’s messengers. When God sent Moses to deliver Israel, Satan sent Jannes and Jambres to resist him (Exodus 7: 11; cf. 2 Timothy 3: 8).

When Paul preached truth to the deputy, Elymas countered with lies (Acts 13: 8).

Satan has spies on every corner, watching the activities of the saints.

When God sends His children on an errand of mercy to a sinner, these spies race to beat them and block their way.

Sinner, be especially wary of carnal friends and relatives when you decide to follow Christ. Resolve that if your own children grab you by the ankles and try to hold you back from Him, you will drive them away.

And if your father and mother throw themselves in front of you, you will step over their backs if you must, to get to Christ.

Let those who will, mock and scorn your faith. What is heaven worth if you cannot bear a little shame? If they spit on your face, Christ will wipe it off. They may laugh at you now, but not later. The final outcome has already been declared, and you have sided with the victor.

Satan distracts sinners with delays. He does not fear fleeting thoughts of repentance. I doubt there are many in hell who did not at one time or another give some thought to repenting, but Satan was always able to carry them away on some more urgent business.

Sinner, if you ever hope to escape, run for your life— away from Satan, away from your lusts, away from your present joys if they are the handiwork of Satan.

The devil says, “Tomorrow.”

God says “Today.”

Whom will you obey?

59 En Hy sê aan ‘n ander een: Volg MyMaar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

61 En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. – Lukas 9

12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.

14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;

15 omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. – Hebreërs 3

___________________________

Sien ook hierdie artikel,

Vadersdag, Moedersdag of die Here se dag?

wat die volgende twee artikels bevat:

‘n Dosyn redes om wel kerk toe te gaan, ds. Lammert Stavast

Die belangrikheid van die weeklikse rusdag en erediensbywoning, prof. Paul de Bruyn

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: