KERK IN UNIVERSELE SIN
deur prof. WJ Snyman
(Sien die inleiding [nommer 1] en die res van die reeks hier.)
[Nota: indien daar iemand is wat die Duitse aanhalings vir my kan vertaal in Afrikaans, sal ek dit baie waardeer. Kontak my by proregno@gmail.com. Dankie]
So kom die woord kerk 16 keer voor, buite die geskrifte van Paulus slegs drie keer,[1] en by Paulus buite die gevangeskapsbriewe (Efésiërs, Kolossense) slegs twee keer.[2][3] In hierdie sin word die Kerk by Paulus veral beskryf as Liggaam van Christus en as Gebou van God.
Die Kerk is die Liggaam van Christus (Ef. 1:22, 23; Kol. 1:18, 24). Om aan die Kerk en aan Christus te behoort, is nie twee aparte sake nie.[4] Die Kerk en die Liggaam van Christus is een en dieselfde.[5] In liggaam sit ook weer verskillende gedagtes opgeslote.
Die eerste is rekapitulasie, samevatting onder een Hoof (Ef. 1:10), nl. van gelowiges uit die Jode en heidene tot een liggaam (Ef. 2:16, 3:4-6).
Die Kerk is dus ‘n samevatting van die menslike geslag tot ‘n nuwe geslag teenoor Jodedom en Heidendom (1 Kor. 10:32).[6] So is die Kerk ekumenies. Ekumenies wil sê: “Wêreldwyd in Christus een”. Nie gemeentes nie, maar die menslike geslag omvattend.
Die tweede gedagte in liggaam is die van ‘n groeiende organisme. Die Hoof is ook die Begin.[7] Hoof van die gemeente moet dan ook verstaan word in organiese sin, sodat die gemeente Sy liggaam is wat uit Hom groei.[8] Die Kerk is dus geen assosiasie van persone wat buite die Kerk tot geloof kom en hulle verenig nie.
Dis ‘n organisme met die geheel voor die dele. So gaan die algemene ekklêsia aan die partikuliere vooraf.[9] “Die Gläubigen im Sinne der Urkirche schufen nicht die Kirche durch Zusammentreten als gleichberechtigen Menschen, sondern ‘fanden sie vor’, ‘traten in sie ein’. Nicht die Individuen sind die Konstituante der Kirche; vielmehr ist die Kirche jedem eine Vorangegebenheit, eine tranzendentale supra-naturale Gemeinschaft, für die Menschen als Einzelne von allen Anfang eine ‘vorhandene’ stiftunggeistlich (himmlische) Art”.[10]
Vgl. ook die gedagte van inenting by Paulus (Rom. 11:19, 23) en die Doopsformulier waar sprake is van inlywing. “Begin” in Kol. 1:18 is egter nie ‘n geestelike beginsel nie. Dit word nader beskryf as Christus “die Eersteling uit die dode”. Kerk is dus ‘n groeiende organisme met ‘n historiese aanvang. Dit rus op die feite van Dood en Opstanding.[11] Daar sit waarheid in as Kattenbusch sê: die kerk is Christus op aarde “als sarx fortlebend”, ‘n “Geistgrosse” in liggaamlike vorm.[12]
Beter: Die voortsetting op aarde van wat met die vleeswording van Christus begin is. Die Kerk is op aarde deur Christus geplant en bestem om te bly (Matt. 16:18b). ‘n Derde gedagte opgeslote in liggaam is die van plêroma (Ef. 1 :23), nl. dit wat (deur Christus) vervul word.[13] Die volheid Gods woon in Christus liggaamlik (Kol. 2:9) en so deur Christus in die gemeente deur die kennis van die kennis-te-bowegaande liefde (Ef. 3:19).
Hoe is dit moontlik?
Dit is nie gegee aan die individuele gelowige nie. Dit is die taak van die Kerk van alle eeue (Ef. 3:21).[14] Vir die verkryging van die kennis het die een gelowige die ander nodig; slegs in samehang en samewerking met alle ander gelowiges, ook uit vroeëre eeue, is dit moontlik om die kennis te bekom, meer en meer,[15] so is die Kerk ekumenies. Nie net “wêreldwyd”, alle nasies nie, maar ook “deur die eeue heen” alle geslagte omvattend.
Die Kerk is ‘n groeiende organisme, wat hom histories verwesenlik. Die voorstelling is organies-histories.[16] Ook nog op ‘n ander wyse word die volheid van Christus in verband gebring met die ekklêsia. Christus stort sy volheid nie alleen oor in die gelowiges as sodanig nie, maar in hulle in al hulle lewensbetrekkings. Dit word uitgewerk in die laaste gedeelte van die brief, die praktiese vermanings (Ef. 4-6). Die noodsaaklikheid waarom die Kerk moet optree op aarde lê hierin dat die organiese lewe van die menslike geslag moet wedergebore word.[17]
Ook die lewensvorme het Jesus nie kom ontbind nie, maar kom vervul. “Es bietet auch das Wort für Sonderart der Mitbeteiligung an Familie (Haus) und Staat (Obrigkeit), für Beëinflüssung, eigenartige Umgestaltung, der naturhaft allgemeinen Lebensformen, die Gott in Christo nicht verwirft, sondern erneuern will und kann”.[18]
Ekumenies wil dan sê: Die ganse mensheid in volkere en geslagte, maar ook heel die menslike lewe omvattend. Die Kerk staan in organiese samehang met die lewe. Dit is die volk van God op aarde “mit Aufgaben, Kraften, ja auch Betätigungen in der Welt, d.h. ausserhalb ihrer Versammlungen… die neue Gesamtform der Menschheit.”[19] Die Kerk is egter nie net organisme nie maar ook organisasie. Dit is die vierde gedagte wat met liggaam verbind word (Ef. 5:22-33).[20]
Met liggaam word hier verbind die gedagte van die huwelik. Die Kerk is die Bruid van Christus. Die huwelik bring reeds op institutêre terrein. Die verbinding met die Liggaam van Christus vind plaas deur die Doop (Ef. 5:26).[21] Hier sluit Paulus aan by Johannes die Doper, die Vriend van die Bruidegom,[22] wat deur die Doop die gemeente vergader vir Christus, en deur die Doop Christus verbind met die gemeente. Die Nuwe-Testamentiese Kerk begin met die Doop.
Deur die Doop moet die gelowiges afgesonder word uit al die nasies.[23] “Daarom moet de doop met die oecumenische kerk in rapport gebracht: ze lijft niet in een particuliere kerk in … De particuliere kerk bedient wel den doop, maar als representerende de oecumenische kerk”.[24] Dit is een liggaam… een Here … een Doop (Ef. 4:4, 5). Die ekumeniese Kerk is dus ook georganiseerd.
Dit is georganiseerd in die Doop. Organisasie word egter nie alleen in verband gebring met die liggaam nie, dit sit ook in “liggaam” opgeslote (1 Kor. 12:27, 28). As die kerk hier vereenselwig word met die Liggaam van Christus gaan dit nie om ‘n groeiende organisme nie, maar teen die gelykheidsbeginsel.[25] Daar is in die Kerk ‘n heilige rangorde.[26] Hoof-liggaam wil hier sê: Volksverband onder ‘n Heerser.[27]
Die eerste plek in die Kerk word ingeneem deur die Apostels, die manne wat reëlreg deur Christus geroep is om sy getuies te wees, en wie se amp van grondleggende betekenis is vir die Kerk van alle tye.[28]
So bring die gedagte van Liggaam vanself op die van Gebou. Hier staan organisasie voorop. Die Apostels is nie net die grondleggers van die kerk om dan te verdwyn nie, hulle is self die fondament van die kerk (Ef. 2:20).[29] Hulle getuienis waarop die hele Kerk rus is egter ‘n getuienis van die Here Christus, en so rus die gemeente in werklikheid op Hom.[30]
Die belangrike hier is dat Christus, die Apostels nie net stigters (grondleggers) van die Kerk is nie, só dat hulle daar self bo en buite staan nie. Hulle vorm self ‘n deel van die Kerk. Die ekklêsia is dus ‘n eenheidsgebou, rustend op Christus en die Apostels. Gebou, fondament, hoeksteen sê organisasie. So word die gelowiges uit alle volke tot ‘n hegte, sierlike eenheid in Christus versamel, so word die wêreldkerk ‘n werklikheid[31] nl. as eenheidsinstituut. “De geheele Kerk rust op den arbeid der hier eerstgenoemde drie groepen van ambten”.[32]
Daar is maar één Kerk, die Apostoliese, die enigste amp regstreeks deur Christus ingestel.[33] “De Apostelen… droegen een ambt, dat tot heel de kerk, ja tot de gansche wêreld zich uitstrekte”.[34] “De instelling van het apostolaat is vooral een krachtig bewijs voor het institutair karakter, dat Christus aan Zijne Kerk op aarde gaf”.[35] Die ekumeniese kerk is dus ‘n Instituut, sentraal gegee in die Apostolaat, en afgegrens na buite deur die Doop.
Matt. 16:18, een van die mees besproke plekke in die N.T., lewer na die voorgaande weinig moeilikheid. Leerlinge word hier belyers, volgelinge tot aanbidders,[36] m.a.w. dit is die aanvang van die N.T. Kerk. Jesus lê self die grondslag. Die Apostels[37] is die fondament, die gelowiges die stene.[38] Die besondere hier is die mag van die Kerk. Die saligheid word daarmee verbind. Die formele, waar dit veral vir ons op neerkom is dat die Apostoliese Woord bindend gemaak word.
Die Apostoliese Woord is vasgelê in die Heilige Skrif. “De Apostelen in hunne geschriften geperpetueerd zijn de blijvende getuigen van Christus. Zoo blijft dus tot het einde toe de kerk een Apostolische, gebonden aan het getuiegenis der Apostelen, die nu nog evengoed getuigenis afleggen dan ze eenmaal mondeling deden”.
“Toen het God behaagde eenen meer luisterrijken vorm Zijner Kerk daar te stellen, zoo heeft Hij gewild dat Zijn Woord te boek gesteld en door geschrift als verzegeld worden zou”.7[39][40][41][42][43]
“Zij ons dan dit tot een vasten regel: dat men geen ander Woord van God moet hebben of in de Kerk moet plaats geven, dan hetgeen vooreerst in de Wet en Profeten, en daarna in de Schriften der Apostelen is begrepen”.[44] Die Ekumeniese Kerk is georganiseerd, en wel in die een ekumeniese evangelie wat verkondig word aan die ganse mensdom,[45] en in die Doop van die wat glo.[46]
Hieruit volg dat die onderskeiding sigbare en onsigbare Kerk nie saamval met die van lokale en universele Kerk nie, want die universele Kerk het ook ‘n sigbare kant, nl. as organisme. Die onderskeiding sigbare en onsigbare Kerk val ook nie saam met instituut en organisme nie, want die Universele Kerk is ook geïnstitueer in die Apostoliese amp, waaraan die Kerk van alle eeue gebonde is. Dit bring by die vraag na die verband tussen die universele en lokale Kerk.
[1] Matt. 16:18; Hand. 9:31; Hebr. 12:23.
[2] 1 Kor.10:32
[3] 1 Kor. 12:28.
[4] Vgl. Bavinck, a.w., p. 356.
[5] In Grieks uitgedruk met die lidwoord by die predikaat.
[6] “Sie waren sich ein Geschlecht für sich das triton genos neben Juden und ethnê, den beiden bisherigen Menschengattungen”. F. Kattenbusch: Der Quellort der Kirchenidee, Festgabe für Adolf van Harnack, Tübingen 1921, p. 146.
[7] “Archê”. Kol. 1:18.
[8] Dr. S. Greydanus: De Brief van den Apostel Paulus aan de Epheziërs, opnieuw uit den Grondtekst vertaald en verklaard. J. H. Kok, Kampen, 1925, p. 44.
[9] H. Bavinck, a.w., p. 301.
[10] F. Kattenbusch: Die Selbstauffassung und Gestalt der Urkirche. Zu O. Lintons Schrift. Studien und Kritiken, 1933 (1), p. 105.
[11] Vgl. die Doop as inlywing in die gemeenskap met die dood en wederopstanding van Christus (Doopsformulier).
[12] F. Kattenbusch: Der Quellort der Kirchenidee, p. 157.
[13] Dr. J. A. C. van Leeuwen: Paulus Zendbrieven aan Efeze, Colosse, Filemon en Thessalonika —
- A. van Bottenburg, Amsterdam 1926, p. 46, en nie “aanvulling”, soos Kattenbusch: “Konkrete wechselseitige Ergänzung”, a.w., p. 157.
[14] “The whole of the saints may know as a whole, what must forever transcend the knowledge of the isolated individual.”
[15] Vgl. dr. S. Greydanus, a.w., p. 77. So kom Paulus uit by die Kerk i.p.v. by die mistiek.
[16] J. A. C. van Leeuwen, a.w., p. 87.
[17] A. Kuyper, a.w., p. 48.
[18] Kattenbusch: Die Selbstauffassung und Gestalt der Urkirche, p. 116.
[19] Kattenbusch: Der Spruck über Petrus und die Kirche bei Matthäus, Theol. Studien und Kritiken, 1922 (1/2), pp. 115, 116.
[20] In hierdie hoofstuk kom die woord Kerk ses keer voor, altyd in universele sin.
[21] Die waterbad deur die Woord, vgl. Greydanus, a.w., p. 122.
[22] Joh. 3:29.
[23] Matt. 28:19.
[24] Kuyper, a.w., p. 133.
[25] Juis in Korinthe, waar die neiging bestaan om gesag te verwerp, vgl. F. Godet: Kommentaar op Paulus eersten Brief aan de Corinthiërs, J. H. Kok, Kampen, 1904, p. 496.
[26] In die eerste plek — ten tweede — ten derde beteken nie volgorde nie maar rangorde, vgl. Godet, a.w., p. 597.
[27] Kattenbusch: Die Selbstauffassung und Gestalt der Urkirche, p. 108.
[28] Dr. F. W. Grosheide: Paulus eersten Brief aan de Kerk te Korinthe opnieuw uit den Grondtekst vertaald en verklaard, J. H. Kok, Kampen, 1922, p. 157.
[29] “Die fondament van die Apostels” wil sê: die fondament wat deur die Apostels en profete gevorm word, wat hulle self is. Greydanus, a.w., t.p. Vgl. P. A. E. Sillevis Smit: De Organisatie van de Christelijke Kerk in den Apostolischen Tijd, Rotterdam, 1910, p. 132: “niet… een door de Apostelen en profeten gelegden grond…, maar henzelf, als vormende het fundament”.
[30] Die hoeksteen. Ef. 2:20.
[31] Dr. H. L. N. Joubert: Die Roeping, Sending en Sendingbewussyn van die Nuwe-Testamentiese Apostel, Amsterdam, 1939, p. 180.
[32] Greydanus, a.w., p. 89.
[33] Vgl. H. Bavinck, a.w., p. 365.
[34] A.w., p. 394.
[35] A.w., p. 359.
[36] Dr. H. N. Ridderbos: Het Evangelie van Mattheüs opnieuw uit den Grondtekst vertaald en verklaard II, J. H. Kok, Kampen, 1946, p. 9.
[37] Petrus tree hier op in naam van die ander.
[38] 1 Petr.2:5
[39] 1 Petr. 2:5.
[40] “Sleutels van die koninkryk van die hemele.”
[41] “Apostel” beteken nie “sendeling” nie, maar gesant, 2 Kor. 5 :20, “plaasbekleder”. So het
Calvyn dit reeds gesien “hen stellende tot zijn plaats bekleders”, a.w., p. 55. Tans word dit weer sterk benadruk, vgl. Gerhard Kittel: Theol. Wörterbuch zum Neuen Testament I, Stuttgart, 1933, p. 414.
[42] Kuyper, a.w., p. 100.
[43] Calvyn, a.w., p. 173.
[44] Calvyn, a.w., p. 176.
[45] Kol. 1:23.
[46] Mark. 16:16.
________________________________
Bron: Nuwe en Ou Dinge, prof. WJ Snyman
Die reeks is hier beskikbaar: Die Kerk – prof. WJ Snyman
Leave a Reply