REFORMASIE 500: 3 – 5 November 2017

UITNODIGING DEUR FRANCOIS VAN DEVENTER

Geagte broeders en susters,

Ek wil u uitnooi om komende naweek se Reformasiefeesvierings by te woon 25km oos van Pretoria. Dit gaan u niks kos nie. BRING NET U EIE STOEL en iets om te eet of geld saam vir kos. Dit gaan die vorm aanneem van ‘n Orkes en kooruitvoering, Lesings, Werkswinkels, Psalmsang, Films, Boektafel, Saamkuier en nog meer. Meer by www.reformasie500.wordpress.com
Ons sal graag wil weet min of meer hoeveel mense kom, dus registreer asb op die webblad of stuur net ‘n epos na info@kragdag.co.za
P R O G R A M:
VRYDAG 3 NOVEMBER
17:45 Luther se 95 Stellings en Lewenslange bekering – Eugene Viljoen
18:45 Wat is die Bybelse Evangelie ? Verloor deur Rome, herontdek deur die Reformasie – Slabbert le Cornu

20:00 Film: God’s Outlaw: Tyndale

22:00 Afsluiting

SATERDAG 4 NOVEMBER
08:00 Opening
09:00 Reformasie & Deformasie in die Onderwys – Morne Diedericks
10:00 Psalmsang
10:10 Reformasie & Interpretasie van Vaderlandse geskiedenis – Hannes Breytenbach
11:10 Tee / Koffie
11:30 Semper Reformanda – Altyd Reformerend – Schalk Strauss
12:30 Psalmsang
12:40 Onderwys as Reformatoriese hulpmiddel – Willem van Schalkwyk
13:40 Middagete
16:00 Reformasie van die Reformator – Tenoor, Orkes en koor uitvoering – Chris Mostert, Boshoff-susters
18:45 Geneefse Psalms Skyfievertoning
20:00 Film : Luther
22:00 Afsluiting
SONDAG 5 NOVEMBER
09:30 Erediens – Prof Roelof Mare
10:30 Psalmsang
11:00 Afsluiting
12:00 Gemeenskaplike ete : Elkeen bring kos saam en ons kuier en eet saam
EUGENE VILJOEN het die grade BA en BTh verwerf. Hy is direkteur van inligtingsdienste en bestuurder van die Timothy Projek by die Reformatoriese Studiesentrum. Deur die jare het Eugene dikwels klasgegee by verskillende opleiding instellings. Hy was dosent in Nuwe Testament, Kerkgeskiedenis, Teologiegeskiedenis, Simboliek, Kerkreg, Homilitiek en sy twee spesialisasies, Dogmatiek en Etiek. Hy is lid van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot. Hy is gelukkig getroud met Emyn en hulle het vier kinders.
SLABBERT LE CORNU is gelukkig getroud met Dorothea en hulle is gesëen met 8 kinders. Hy het die grade BTh (Tale), BTh (Hons) en MDiv in Teologie, en ‘n HOD in Onderwysstudies ontvang. Hy was ‘n onderwyser gewees voordat hy teologie gaan studeer het en geroep is as predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville.  Hy is ook die redakteur van die webwerf www.proregno.com
HANNES BREYTENBACH het die grade BA, BTh, MTh, DTh en MA in Hoër Onderwysstudies verwerf. Hy is predikant in die Vrye Gereformeerde Kerke vanaf 1997. Hy was gemeente-predikant, sendeling en betrokke met opleiding van predikante en Akademiese Dekaan van Mukhanyo Theological College. Tans is hy predikant van die Vrye Gereformeerde Kerk Pretoria met opdrag Toerusting van Ampsdraers en Opleiding van Predikante. Hy is getroud met Marietjie en hulle het vier kinders.
BAREND HEFER is predikant van die Gereformeerde Protestantse Kerk Brakpan. Hy verwerf sy BA en BTh grade aan die Afrikaanse Protestantse Akademie te Pretoria. Hy studeer verder in Grieks en verwerf sy BA Hon., MA en Ph.D. grade aan die Noord-Wes University te Potchefstroom. Hy is gelukkig getroud met Estelle Hefer. Hulle het twee seuns: Hendrik en Petrus.
MORNE DIEDERICKS het die grade BTh Tale, BTh (Hons), MTh en PhD (Filosofie van Opvoedkunde) verwerf. Hy is die Akademiese Operationele bestuurder by Aros en is gelukkig getroud met Magda. Hulle het twee kinders.
SCHALK STRAUSS het sy Meestersgraad verwerf aan die NWU en is tans besig met doktorale studies aan die Vrije Universiteit van Amsterdam. Hy is bevestig as predikant in 2004 en dien in die gemeentes Namakwaland, Londen (VK), Hoëveld-Ermelo, Bloemfontein en Grootfontein. Hy is die redakteur van die maandblad, Die Boodskapper. Hy is gelukkig getroud met Doreen en hulle het twee kinders.
WILLEM VAN SCHALKWYK het die grade BA en BTh verwerf en is bevestig as predikant in 1995. Hy is tans predikant van AP Kerk Heilbron, maar ook die voorsitter van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) en dien op die Kerkregkommissie en die Kuratorium van die AP Kerke. Hy is gelukkig getroud met Martha en het drie kinders.
ORKES, KOOR EN TENOOR
Die Kunste Fabriek Orkes, ‘n ad hoc koor en die tenoor Chris Mostert, smee kragte om op 4 November ‘n Oratorium ter viering van die 500ste jaar van Reformasie aan te bied by Diamantvallei. Ons volg Luther se geestelike stryd, en die oorwinnig wat hy deur God se genade ontvang het. Chris Mostert is Elektriese Ingeneur wat sy sang debuut gemaak het as Nemorino in L’Elisir D’Amore en daarna ander opera rolle soos Alfred in Die Fledermaus, Tamino in Die Zauberflote, Don Ramiro in La Cenerentola, Triquet in Eugene Onegin, Flavio in Norma, Bastien in Bastien und Bastienne en Caspar in “Amahl and the night visitors” te sing. Hy het onlangs die rol van Nemorino in Kroasie vertolk.
Chris word gereeld uitgenooi om werke van Bach, Mozart, Handel, Charpentier en Monteverdi in en Suid-Afrika en buurlande voor te dra. Chris het aan drie konsertreekse in Switserland, St. Gallen aan die Konzert und Theater St Gallen, deelgeneem. Sy opleiding was by Prof. Werner Nel en tans is hy student van Emma Renzi. Chris woon in Pretoria en is deel van die Sempre Opera Ensemble.

One thought on “REFORMASIE 500: 3 – 5 November 2017

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: