“KLIPHARDE JA VIR ABORSIES (lees: moord) IN IERLAND”

As iemand nog getwyfel het in die totale verdorwenheid en verlorenheid van die mensdom, getuig hierdie Beeld koerant opskrif en inhoud vandag, van die ‘klipharde harte’ van ons tye, die wettiging van aborsie-moord in nog ‘n westerse land, Ierland.
‘n Vrou wat gesterf het in Ierland in 2012, deur ‘n ‘septiese miskraam’, word tereg betreur, maar, terselftertyd, word daar gejuig, feesgevier, dat ander medemense nou ‘wettig’, maar boosaardig en barbaars, vermoor kan word.
Hoe boos kan ons mensdom wees, is daar iemand wat meer magteloos is, as ‘n baba, ‘n skepsel van God, in die baarmoeder? Mens lees van die droefheid volgens die wêreld in die artikel, maar nie ‘n goddelike droefheid nie, wat moet hartseer wees en treur oor die lewe wat verloor is buite én binne die baarmoeder?

En dalk die mees tragiese en angswekkendste?
Ons as mensdom, volke en lande, wat dink hierdie moordadige duiwelse demoniese besluite is ‘demokratiese liberale vooruitgang’, en dat ‘ons’ mensdom dink dit is besluite wat ‘ons’ soewerein deur mensekrag, bewerkstellig, dat ons gode op aarde is wat hierdie dinge verander het, wat dink ons het die ‘lewe en die dood’, in ons bose bebloede skuldige hande.
Maar ons vergeet so maklik, dat ons tye en ons mensdom oorgee word aan onsself, om nou moord ‘lewe en vryheid en vooruitgang’ te noem, en nie meer bose duisternis, werk van die Satan, nie, die mensemoordenaar van die begin af, wat gekom het om te moor en te steel en te verwoes (Joh. 8: 44; 10:10).
Ja, die mees angswekkende is dat die Here die mens al meer oorgee aan die verdorwenheid en verhardheid van die sondige harte, mense wat weier om verlossing by Christus alleen te soek, buite hulleself, en in sy weë te wandel in dankbaarheid?
12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie. 13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. (Ps. 81:12-13 A53)
22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer — 25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte … (Rom. 1:22-26 A53)

Sien ook die verhardheid en boosheid van hart soos beskryf in die volgende artikels, en gesien kan word in die foto’s:
Pro-Death Ugliness and Irrationality On Full Display
Mag die Here ons genadig wees, ag Here, mees my, wees ons, genadig, want ons verdien al U regverdige oordele oor ons eie land wat al hierdie aborsie-moorde lankal ‘gewettig’ het.
Hy alleen, kan deur sy Gees en Woord, ons klipharde harte verwyder, en weer vir ons harte van vlees gee, wat Hom eer en dien, en ons naaste, al ons naaste, waarlik lief hê volgens sy Woord.
26 En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. 27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. (Esg. 36:26-27 A53)

Bekeer ons Here, dat ons ons kan bekeer ! (Klaagl. 5:20-22).
___________________________
Sien die volgende artikels teen aborsie-moord: Aborsie
Lifesite News se artikels oor die aborsie besluit in Ierland:
Ireland’s old order has been swept away for a new order that kills children
Pro Regno artikels oor aborsie: Aborsie-moord
dit is moord op het leven God wil dit niet
Dat daar gestem word om moord te wettig illustreer die afgod wat van demo(ne)krasie gemaak word. Ben Franklin het dit vergelyk met twee wolwe en ‘n lam wat stem oor aandete. (Hy het bygevoeg dat vryheid ‘n welbewapende lam is wat teen die verkiesingsuitslag protesteer.) Helaas is ‘n baba in die baarmoeder nou regoor die ganse Europa sonder enige menslike beskerming, behalwe vir Pole, Malta en Noord-Ierland.
Ek sien Sinn Fein vra ook dat Noord Ierland aborsie wettig,
https://www.irishmirror.ie/news/irish-news/sinn-fein-calls-vote-united-12608459