‘n Paar opmerkings oor die sodomie debat en gesprekke
Daar is heeltyd, maar veral die laaste tyd weer ‘n stortvloed van artikels in die media wat die pro-sodomie agenda bevorder. Dit word letterlik en figuurlik in ons keelgatte afgedwing. Die doel is nie net dat hierdie agenda geakkomodeer moet word as nog ‘n lewenstyl (eintlik doodstyl) langs ander lewensstyle nie, nee, almal moet basies gedwing word om dit goed te keur, te aanvaar, goed te praat, te verkondig, te bevorder, vir ons en ons kinders voor te hou as iets goeds, kontra wat die hele Bybel teen dit leer (Gen. 1:27; 2:18-25; Gen. 19; Ex. 20:14; Lev. 20:13; Rom. 1:25-32; 1 Kor. 6:9-11; 1 Tim. 19-11, ens.)
Ek het reeds baie geskryf hieroor, en kan die lesers (die wat werklik lees en wil ondersoek doen) weereens verwys na al die bronne, waarin ek beide in liefde vermaan en ook die evangelie van Christus verkondig aan mense vasgevang in die sonde van homoseksualisme (soos wat dit geld vir enige ander sonde, sien veral die artikel, ‘Hulp vir die homoseksuele sondaar’):
Ek gaan dit dus nie weer alles in hierdie artikel herhaal nie, lees asb, die bronne by hierdie skakel om my standpunt te bestudeer en te evalueer.
Hier wil ek wel net ‘n algemene opmerking of twee maak oor die gay debat, en hoe dit al meer verloop in ons tye.
Wat ek raaksien, is hoe die gay veldtog al hoe meer veld wen, nie net in die samelewing nie, maar ook in die kerk. Dit wissel van algemene goedkeuring en aanvaarding, tot, en dit is wat mens bekommer, tot mense wat die sonde al meer akkomodeer, sonder om dit noodwendig goed te praat.
As ‘n artikel deesdae oor die onderwerp verskyn, wat die sonde van homoseksualisme uitwys en aanspreek, of ‘n artikel wat wys op die verdere verval van kerke wat die sonde van homoseksualisme goedkeur of akkomodeer, dan is die reaksie al meer, wat mens selfs van gelowiges hoor wat mens dit nie verwag nie:
“wie is jy om te oordeel?”
“ons is niemand sondeloos nie”
“ons is moeg vir die onderwerp”
“jy is te wetties”
“ons het meer liefde nodig, moenie so veroordelend wees nie”
“maar ons laat geskeides ook toe, hoekom ook nie sodomiete nie”
“ja, MAAR wat van ander sondes…”, ens.
Ons gemiddelde lidmaat, lyk my, kan en wil nie meer onderskei nie, en sommiges is dalk net kwaadwillig om dalk hul eie sondes te wil goedpraat en/of te akkomodeer ?
Ons moet leer om te sê:
1. ja, dit is erg dat iets wat God duidelik as sonde verklaar (sodomie), so blatant deur valse profete en valse kerke goedgepraat word, ons moet dit aanhou aanspreek in ‘n gees van liefde en krag.
2. En ja, terwyl ons dit aanspreek, moet ons ook ons eie sondes en ander sondes aanspreek.
Dit is dus ‘n saak van albei dinge doen, ons eie sondes lewenslank bely, aanspreek, teen stry, en in die lig van die huidige groot debat, die sonde van sodomie ook aanspreek, dit is wat 1 Joh.1:8-2:5 ons leer, nie waar nie ?
Ek sien dieselfde patroon ontwikkel as met die VIDA debat (vroue in die besondere ampte), die geval was.
Kinders van die Here, wat goed bedoelend, maar onkundig sê: ons is gatvol vir die debat, kom ons praat oor ander dinge. En wat gebeur dan in die praktyk ? Ja, VIDA gaan voort en het die meerderheid van ons kerke al oorwin, want sekeres het moeg geword om die goeie stryd te stry.
Dit is wat al meer gebeur met die sodomie debat. Die volharding van die onheiliges beskaam die ruggraatlose gebrek aan volharding by die heiliges.
En die ergste van alles, baie (of is dit al min?) sal natuurlik nogsteeds meen sodomie is verkeerd, maar in die praktyk word dit al meer geakkomodeer, en word hulle wat teen die sodomie agenda heeltyd waarsku, afgemaak as die probleem, die onrusstokers, die ‘beroerders van Israel’.
Kyk hoe het beide die wêreldse en sosiale media al die woordeskat gekaap, en die kerkmense het geval daarvoor.
As iemand, soos die kerk deur al die eeue, teen sodomie is, is sy standpunt ‘kontroversieël, homofobies en liefdeloos’, iemand wat ten gunste daarvoor is, is natuurlik ‘vooruitstrewend, liefdevol en ‘n held’.
Sien ook die onlangse Facebook inskrywings van baptiste broers, Somerset Morkel en Jaco de Beer, wat verwys het na die artikel in die media:
“NG kerk hou erediens, bring en braai vir gays”
As mens baie van die reaksies lees, dan klink dit asof hierdie twee broers die probleem is, maar die gay profete word lyk my rustig geakkomodeer, hulle wat weier om die Evangelie van Christus, van die bekering van sonde, alle sonde, aan verlore gay mense te verkondig ?
Die wese van die debat, is nie of iemand van ons ‘sondeloos’, dus sonder sonde is nie, ons weet almal van ons, ek en elkeen wat in liefde waarsku teen alle sonde, moet daagliks ons eie sonde bely en daarteen stry (1 Joh.1).
Maar asb, mede-gelowiges, sien mooi waaroor hierdie hele gay debat eintlik gaan.
Natuurlik moet ons in liefde alle mense met die evangelie bereik, in ons optrede soos begenadigdes self optree teen alle mense en alle gelowe om ons, ook ons gay bure.
Maar dit is nie die wese van die stryd nie.
Die wese van die stryd is, dat daar baie valse profete en valse kerke is, wat duisternis (sonde) nou lig probeer noem, en dit raak die wese van die Evangelie van Christus.
“Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.” – Jes. 5:20, 21.
Want, as homoseksualisme nie sonde is soos ander sondes nie, het Christus nie daarvoor gesterf nie, en is daar geen hoop vir sondaars wat worstel met die sonde van sodomie nie. Net soos daar dan geen hoop is vir my en elke ander ‘heteroseksueel’ wat teen ons sondes moet stry elke dag nie.
Om gays uit te nooi vir kerk, kuier en gesprek opsigself is nie die probleem nie, maar om hul uit te nooi om hul sonde te vier en goed te praat, is boos en euwel, en nie ware liefde nie, dit is nie om jou naaste lief te hê en God bo alles te eer nie. Dit is haat en liefdeloosheid teenoor ‘n mede-sondaar wat oppad is hel toe.
Ag, mag die Here ons almal genadig wees, om vas te hou aan die Evangelie van Jesus Christus, as enigste hoop vir alle mense, wat in alle soorte van sondes vasgevang is. Ons mag nie die Goeie Nuus van Jesus Christus verruil vir die Bose Nuus van die valse gay agenda nie.
Ek herhaal weer asb, gaan lees die artikels hierbo (sien skakel) waar ek al die Skrifgronde gee vir my standpunt. Ek eindig wel weer met een gedeelte, wat tot ons almal spreek, maar dan spesifiek ook tot hierdie debat. Ek hoor nêrens van kerke wat lekker braais hou vir moordenaars om moordenaars te bly nie, of verkragters om verkragters te bly nie, of vir hoereerders om hoereerders te bly nie, of vir diewe om diewe te bly nie, ens.
Nou waar kom ons daaraan dat dit skielik “liefdevol en reg is” om braais en kerk te hou vir homoseksuele sondaars om in hul sonde te bly, dit nie te bely en daarteen te stry nie, maar dit te vier en geniet (contra 1 Joh. 1:5-2:6)?
Die ongelowige Jode se samekomste is ‘sinagoges van die Satan’ genoem (Op. 2:9), omdat hulle, o.a. geleer het, dat hul nie sondaars is wat verlossing nodig het nie, hulle eie werke sal hul red, hulle het nie Christus nodig vir hul verlossing van sonde nie?
Is dit nie presies wat die valse leraars en valse kerke leer vir mede-sondaars, as hul “bring en braais” hou om hul sodomie te akkomodeer, vier en te geniet nie?
9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. – 1 Kor. 6:9-11
Leave a Reply