DR. MARK KREITZER SPREKERSTOER: 9-19 JUNIE 2018
Geagte broeders en susters,
Ons nooi almal uit na ons geleenthede waar Prof Mark Kreitzer gaan optree in Junie. Een van hierdie geleenthede is waar hy ‘n skyfievertoning gaan doen oor Korea en die Sendingopdrag van Matteus 28. Dit sal gepaard gaan met ‘n Bring en Braai voor die tyd. Dit sal plaasvind by die GK Wonderboompoort te Genl Beyersstraat 256, Pretoria Noord op Saterdag 16 Junie 18:00. Almal welkom.
Hier is die program vir Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg
9 Junie 09:00-11:00 Wycliffe Teologiese Skool, 172 Blandford Rd Randburg: Missions and the View of Man
10 Junie 19:00 GK Wonderboompoort, Genl Beyerstr 256, Pretoria Noord: Die Bybel oor Moedertaalonderrig
11 Junie 19:00 GK Wonderboompoort, Genl Beyerstr 256, Pretoria Noord: Die Bybel oor Eiendomsreg
12 Junie 18:00, GK Potchefstroom, Walter Sisulu Ln 33, Potchefstroom: Die Bybel oor Eiendomsreg
14 Junie 19:00, GK Wonderboompoort, Genl Beyerstr 256, Pretoria Noord: Is daar ‘n toekoms vir die Jeug in Afrika
15 Junie 09:00-10:00 Aros, Dickensonlaan 1180 Waverley: Dekolonisasie – Christelike perspektief
16 Junie 18:00 GK Wonderboompoort , Genl Beyerstr 256, Pretoria Noord: Bring & Braai en Skyfievertoning oor Korea rondom die Groot Sending Opdrag Mat 28:19-20
17 Junie 19:00 GK Wonderboompoort , Genl Beyerstr 256, Pretoria Noord: A Covenantal Understanding of Ethnicity
19 Junie 13:30-15:15 Mukhanyo Theological School, Kwamahlanga: Facing new anti-Christian mission movements.
Mark R. Kreitzer is in Colorado, in die VSA gebore, maar het in Suid-Kalifornië groot geword. Hy het gestudeer aan Biola Universiteit en sy MDiv in sendingewetenskappe behaal. Tydens sy MDiv-studies was hy twee jaar in Oostenryk as sendeling betrokke met Moslemuitreike en kerkplanting. In 1983 het Mark na Suid-Afrika vertrek waar hy nege jaar by verskillende organisasies gewerk het waaronder ook as hoof van navorsing van die Sentrum vir Reformatoriese Studies (SERKOS) saam met Dr Chris Jordaan. Mark het saam met Dr Jordaan die Manifes vir Christene in SA uitgegee wat uit ‘n Bybelse perspektief die lig werp op onderwerpe soos moedertaalonderrig, eiendomsreg, die gesin as boublok van die samelewing ens.
Dr Kreitzer het in 1992 teruggekeer na die VSA om doktorale studies te doen aan die Reformed Theological Seminary in Jackson, Mississippi. Weens die feit dat hy in Suid-Afrika was 1983-1992 en dat hy as sendeling opgelei is, was hy gefassineer deur Afrikaners se gereformeerde eksegese van die Toring van Babel en hoe God die basiese fondamente gelê het van etniese taalgroepe om hulle te dwing om sy bevel om die aarde te vul en te versprei.
Hy was egter ook verontrus deur die Afrikaners se sinkretistiese kompromieë wat gemaak is in die verstaan van etnisiteit in Suid-Afrika. Hy was ook verontrus oor die NG Kerk se “Kerk en Samelewing” dokument wat ‘n paradigma skuif na ‘n sinkrestiese, individualistiese, sosiale teorie van die Wêreld Raad van Kerke tot gevolg gehad het. Sy analisering van hierdie historiese dokumente lei tot sy DMiss graad. Hy het egter ook ‘n tweede PhD gedoen met die titel “Toward a Theology of Ethnicity” waarin hy poog om ‘n konsekwente bybelse-teologiese en verbondsmatige kritiek op “Ras, Volk, en Nasie” te gee, terwyl hy klinkklare eksegetiese insigte behou oor die Toring van Babel en die skepping van etniese taalgroepe.
Sederdien was Dr Kreitzer die herder van twee kerke en het hy gedien op die Departement Bybel en Sending van Montreat College, was hy besoekende lektor aan teologiese skole in New Zealand, Suid-Korea, Reformed Theological Seminary (Jackson, Mississippi) en Birmingham Theological Seminary. Hy was ook besoekende professor vir ses jaar aan die Presbiteriaanse Kosin Universiteit in Busan, Suid-Korea.
Dr Keitzer hou daarvan om te lees, te stap en om tyd met sy vrou te spandeer. Hy is tans die Interkulturele Studieleier van Grand Canyon Universiteit in Phoenix, Arizona, VSA, sedert 2015.
Kontakpersoon vir die sprekerstoer: Francois van Deventer, E-pos adres: francoisvandeventer@gmail.com
Meer inligting oor die sprekerstoer: www.reformasie500.wordpress.com
Leave a Reply