Waarom ek nie meer John MacArthur
se bediening kan aanbeveel nie
“Father, we thank You for Your Word again. We don’t try to pick a fight with people for the sake of antagonism, but of necessity we need to speak the truth and make the truth clear, unmistakable as it’s revealed in Your Word. This devilish conduct of infant Baptism* has survived through two thousand years of church life from very early on, the third century, embedded in the fourth and still here. We could only ask, Lord, that the Reformation would be a complete Reformation.” – MacArthur se gebed na sy lesing, Is Infant Baptism Biblical? (beklemtoning bygevoeg)
Ek het nog altyd deur baie jare, MacArthur se ‘expository preaching’ by mense aanbeveel. Ek onthou hoe ek as jong gelowige, daar in die 1990’s nie ‘n ‘Grace to You’ program gemis het nie, Dinsdae 06h30. Ek het baie by hom geleer. Ek het wel nog altyd gewaarsku teen twee dwalinge wat hy nog altyd leer:
– sy verwerping van die bybels-verbondsmatige leer van die kinderdoop, en
– sy dispensationalistiese (chiliastiese) eskatologie.
Die laaste paar jaar het ek weer die hele verbondsdoop (beide ‘baba/kinder- en grootdoop) versus ‘belydenis alleen’ doop (verwerping van die kinderdoop) bestudeer, en is net nog meer vanuit die Skrif oortuig dat:
- die leer van die kinderdoop Bybels is, soos ons nog altyd bely en saamvat in ons gereformeerde belydenisskrifte (veral die Drie Formuliere van Enigheid, en die Westminster Standaarde), en
- dat die doop, wie gedoop moet word, kerksiening, verhouding OT – NT, verbond, kinders van gelowige ouers in die kerk en koninkryk, ens., nié middelmatige sake is nie, maar wesentlike sake, in ons gehoorsaamheid en diens aan God.
Ja, dit is nie ‘n reddingsaak nie, die doop as teken opsigself red ons nie (ek glo en vertrou ons stem almal daaroor saam), maar dit behels wel ons ware kerkwees, gehoorsaam wees aan alles wat die Skrif leer oor die baie belangrike sake van verbond, doop, ouers en kinders in die verbond, ens.
Nou moet ek eerlik wees, in al die jare wat ek die onderwerp bestudeer het, MacArthur se debat met Sproul geluister het, ander sake oor die doop gehoor het by MacArthur, het ek nooit hierdie gebed aan die einde van sy lesing gelees of gehoor nie. Ek het dit eers onlangs gelees, toe ek weer na die onderwerp kyk. Ek het geweet hy is baie sterk teen die kinderdoop, maar nie so sterk dat hy dit as ‘n ‘duiwelse optrede’ beskou nie.
En dit het my laat dink, is ons nie besig om – soos die Engelsman sal sê – mekaar te ‘fool’ oor hierdie belangrike saak nie, te maak asof dit nie so belangrike en wesentlike saak is nie ?
Aan die eenkant het ek respek vir MacArthur, en ander konsekwente (ana)baptiste wat reguit en duidelik uitkom, en sê soos hy sê: die kinderdoop is ‘n dwaling, sonde, ‘duiwels’, en geen ‘ware kerk’ sal kinderdoop toelaat nie. Die kerke wat kinders gedoop het vir 2000 jaar en meer, is vals, en moet nog verder reformeer. MacArthur en almal wat soos hy glo, die (ana)baptiste, is die ware ‘reformatore’, en die kinderdopers moet ‘bevry’ word van die ‘roomse dwaling’ van die kinderdoop. “Ware reformatore” is dus ‘anabaptiste’, wat die leer van die doop en die kerk betref, aldus die MacArthur tradisie.
So terloops, as iemand hier lees en sê: MacArthur is nie ‘n anabaptis nie, hy is ‘n ‘reformed baptist’, dan vra ek jou net een vraag: glo en leer MacArthur, en jy (?) dat die klein/kinder/babadoop nie ‘n ‘ware doop’ was nie, en indien wel, as jy dit glo, dan dat iemand wat dus klein gedoop is, weer gedoop moet word? As jou antwoord “Ja” is, soos MacArthur s’n is, dan is jy/julle ‘Anabaptiste’ (ana = oor of weerdopers), en is jy nie Gereformeerd konfessioneel nie:
“Ons glo daarom dat iemand wat tot die ewige lewe wil kom, slegs een maal gedoop moet word sonder om dit ooit te herhaal, want ons kan tog ook nie twee maal gebore word nie. Hierdie doop is nie alleen nuttig solank die water op ons is en ons dit ontvang nie, maar ook vir ons hele lewe. Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel.” – NGB artikel 34
MacArthur laat mens ten minste weet waar ons staan met mekaar, soos die outentieke Reformatore ook duidelik is waar ons staan met “die dwaling van die Wederdopers”. Ons moet nie deur die postmodernisme tydsgees meegesleur word, dat twee leringe, twee sieninge oor wie gedoop moet word wat weersprekend en uitsluitend is, geakkomodeer moet word ten koste van die waarheid nie. Albei kan en is nie reg volgens die Skrif nie. En dit lyk al meer of daar ‘postmodernistiese’ gereformeerdes en baptiste is wat meen daar is iewers ‘n middelgrond wat die bediening van die doop betref, kerk, verbond is, waar albei op ‘n sekere manier ‘reg’ is.
Die reformatories konfessionele kerke van die 16-17de eeu se standpunt en belydenis oor hierdie saak, begrond in die Heilige Skrif, leer egter heelwat anders. Die outentieke Reformatore se stryd was aan beide kante, teen die dwaling van Rome, maar ook teen die Anabaptiste se dwalinge, beide was en is nog in stryd met dit wat die Skrif leer, en daarom het die reformatoriese kerke nog altyd teen beide gestaan.
Ja, ons almal het ‘n groot versugting na die eenheid van die kerk, dat alle gelowiges mekaar al meer mag vind ook hier op aarde, ons hou aan bid en hoop daarvoor, maar dit moet in die waarheid wees van die Skrif, in gehoorsaamheid aan die Here se verbond met ons én ons kinders, in die ‘ou en nuwe verbondsbedelings’ (Gen. 17:7; Hand. 2:39). Nie ons ervarings en gevoelens en getalle en tradisies moet ons Skrifbeskouing, Skrifverklaring, kerkwees bepaal nie. Ware liefde soek die waarheid.
Ek worstel nog meer met die vraag hoe raak hierdie sake algemene verhoudinge tussen gereformeerdes en baptiste, in hoeverre kan mens ‘saamwerk’. Daar is sekerlik sekere sake wat mens kan saamwerk, soos ons bv. saam met Rome teen aborsie kan stry. Maar wat die verbondslewe van gesin en kerk/gemeente betref, gaan die weë ongelukkig hartseer, uitmekaar. ‘n Kind wat gebore word van gelowige ouers, kan nie tegelykertyd gedoop word na geboorte … en nie gedoop word nie.
Daarom, ter wille van die waarheid, die Here, en sy Woord, sy Kerk, verbondsgesinne, ens., kan ek nie meer die bediening van MacArthur aanbeveel nie.
Die Reformasie wat hy soek vir die kerk van die Here, is nie die Reformasie wat die reformatoriese gelowiges – in die verlede en hede – gesoek het volgens die Skrif nie, wat die verbondsdoop betref. En hoe meer mens lees en leer oor die saak, hoe meer besef mens dit gaan nie bloot oor net die ‘kinderdoop’ nie, maar die hele teologie, Skrifbeskouing, Skrifverklaring wat onderliggend is aan MacArthur en ander baptiste se teologie wat die kinderdoop verwerp.
Ek hoop om in die toekoms meer te skryf, waar ek nie noodwendig direk MacArthur se spesifieke lesing (hierbo genoem) gaan antwoord nie, maar wel breedweg wil aandui waarom gereformeerdes glo, volgens die Skrif, die kinderdoop bybels verantwoordbaar is, en dat die verwerping van die kinderdoop verkeerd, onbybels, onkonfessioneel is, en in stryd is met die kenmerk van ware kerk wees (NGB art. 29).
Die gereformeerde vaders het tot so laat as die 20ste eeu gesê: baptiste is gelowiges, kinders van die Here, ons ontken dit nie, maar hul is baie ongehoorsaam, hulle is in hul kerkwees ‘n sekte wat die doopsaak betref.
Ek dink die gereformeerde vaders was baie wyser … en liefdevoller as ons, in die handhawing van die waarheid in liefde.
Ek plaas wel hier ‘n paar duidelike Bybelse, konfessionele, en historiese weerleggings van MacArthur se bogenoemde lesing. Die bestudering daarvan sal wys dat:
- die leer van die kinderdoop, en die verbond onderliggend daaraan, asook kerkwees, Skrifverklaring oor die verhouding OT – NT, nie ‘n middelmatige saak is nie, inteendeel.
- dat MacArthur nie gereformeerd is nie, maar anabaptisties in sy verbondsteologie en kerkbeskouing.
A Review of John MacArthur’s five arguments against Infant Baptism
“Baptists use many arguments against the position of infant baptism, but they are poor arguments: in this article we examine the most common.”
Why John MacArthur is not ‘Reformed’
“In this essay, Muller demonstrates why people like MacArthur are not Reformed. MacArthur may hold to the “five points”, but Muller shows why MacArthur is not “Reformed” nor a “Calvinist” in any meaningful or historical sense of those terms.
Before you read Muller’s essay, please remember that the issue he’s tackling is not whether those outside the Reformed churches are truly Christians (they are, if they are trusting in Christ). Muller is not saying that they have nothing good to contribute to the cause of Christ, nor any other such thing.
The specific issue Muller tackles is “who is Reformed?” And John MacArthur is not.”
Why John MacArthur’s Credobaptism is ‘Devilish’
Baptism, therefore, is not a person’s testimony of faith, not what he/she has done. Baptism is a sign and seal of God’s covenant of grace with man, what God has done, and not what man has done.
So from the most basic doctrine, the difference between Baptist and Reformed doctrine of the sacraments is heaven and earth, God’s sovereignty vs. man’s “free will” decision, God-centered vs. man-centered practice. …
JMac’s method “is in great error and should not be followed … [and] leads to a wholesale misinterpretation of the text of Scripture.” This is why JMac’s credobaptist interpretation is unbiblical and therefore “devilish.” The Reformed Westminster Confession of Faith Chapter 28 Paragraph 5 is very strong about this error: ‘Although it be a great sin to contemn or neglect this ordinance, yet grace and salvation are not so inseparably annexed unto it, as that no person can be regenerated, or saved, without it; or, that all that are baptized are undoubtedly regenerated.’ ”
Infant Baptism: Rebuttal of MacArthur and fellow Baptists
“Ten audio discussion episodes on MacArthur’s lecture.”
The people at “Sinners and Saints” (pastors John Sawtelle, Adam Kaloostian, and Movses Janbazian) summarize JMac’s erratic, amateurish fivefold argument as:
1) The words “infant” and “baptism” are nowhere used in conjunction in the NT. Therefore infant baptism is not in the Bible. Where is the word “Trinity” found in the Bible? This is the ridiculously puerile exegesis used by Jehovah’s Witnesses, Mormons and other cults.
2) The lexical evidence of the NT indicates that the Greek word for baptize points conclusively to baptism by immersion. Infant baptism fails to satisfy that condition because the form of infant baptism is sprinkling. Therefore infant baptism is not baptism. JMac should do his own translation of Mark 10:38, “Are you able to drink the cup that I drink, or to be immersed with the immersion with which I am immersed? Or Mark 7:4, where the Pharisees are said to observe many traditions, “such as the immersing of cups and pots and copper vessels and dining couches.”
3) Baptism does not replace circumcision. He denies this, of course, because the moment a Baptist accepts this, he becomes a Presbyterian. The absence of Colossians 2:11-12 from his sermon is highly suspicious. He even said this, “Circumcision didn’t apply to girls. Circumcision was really a gift from God to protect Jewish women from forms of infection, to protect and preserve the nation.” Ouch! How silly can the eminent doctor be to say this? He forgot a very familiar passage about someone named Abraham and his descendants, Genesis 17:10-11. This one statement show his penchant for hex-egesis.
4) Infant baptism confuses soteriology and ecclesiology. With his confused soteriology and ecclesiology, JMac is confused when he says, “There is sort of this collective community of believing people brought in by Baptism will eventually jettison the true doctrine of justification by faith and individual personal salvation.” In the 500-year history of Reformed churches who have been faithful to the true Reformed faith, how many of them have jettisoned true doctrine? How about Baptist churches, does he see the miniscule percentage of Baptist churches who have kept Reformed soteriology?
5) Infant baptism is inconsistent with Reformed soteriology. Why would he say this? Does he consider himself a dispensationalist and a Baptist’s as Reformed? These two things are anathema to the Reformation! “Paedo-Baptism, to say it another way, destroys the reality of a regenerate church.” What is a “regenerate” church: a church in which all 100 percent members the pastor and elders are sure to be “regenerate” or elect? I’m sure he thinks of his Grace Community Church as a community of thousands of baptized members, every single one of them God’s elect. Wow, the third mark of a true church is a waste in his ecclesiology.
Sien ook hierdie bronne oor die verbondsdoop.
Die kinderdoop.
______________________________________
* Soortgelyke stelling deur ‘n 16de eeuse radikale anabaptis genaamd, Thomas Müntzer, “… infant baptism is a senseless, blasphemous abomination, contrary to all Scripture.” Aangehaal in Gregg. L. Strawbridge (ed.), The Case for Covenantal Infant Baptism, P&R Publishing, 2003, p. 238.
Ek sal graag meer wil hoor oor die punt wat jy maak dat hul eskatologiese leer gevaarlik is. My 2c is dat die anabaptiste se leer oor die duisendjaarige vrederyk juis daartoe kan lei dat baie die antichris sal misgis as die Here self. Hulle rasionalisering oor wanneer wat gebeur hulle al tot die gevoltrekking gekom het dat iemand wat die merk van die dier aanneem nog gered kan word. Bv. https://www.gty.org/library/Print/Blog/B131030
Hallo Gert, ek stem saam, dink die dispie/chiliastiese leer is gevaarlik en in stryd met ons gereformeerde belydenis.
Sien hierdie kritiek op MacArthur se eskatologie:
http://kimriddlebarger.squarespace.com/a-reply-to-john-macarthur/
Dankie vir die antwoord en die skakel Slabbert. Eendag gaan ek ‘n lysie moet maak van Skrifuitleg waarmee ek nie met MacArthur saamstem nie. Ek is bevrees dit lyk al meer dat hy skuldig is aan geestelike hoogmoed en gevolglik blind geword het. Die Heilige Gees se naam is nie Hermeneutiek nie.
Afgesien dat McArthur die verbondsdoop “duiwels” noem, gebruik hy misleidende argumente en haal hy net mense aan wat sy argument dien. Hy lees self dinge in die Skrif in met betrekking tot die bekeringsdoop.