Preek: In Christus geplant om vrugte van dankbaarheid voort te bring (Rom. 6:1-4)

In Christus geplant om vrugte van dankbaarheid voort te bring (Romeine 6:1-4)

Lees: Romeine 6:1-11; en HK Sondag 24

Fokusverse: “1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. ” – Romeine 6:1-4

HK Sondag 24 v/a 64: “Vraag: Maar maak hierdie leer nie mense onverskillig en roekeloos nie?

Antwoord: Nee, want dit is onmoontlik dat ‘n mens wat deur ‘n ware geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie1

  1. Matteus 7:18; Johannes 15:5

Preekopname (GK Carletonville, 2018-08-19):

Aflaai: Romeine 6:1-4 (regs kliek en ‘save [link] as’)


Preeknotas (let wel, dit is net notas, die volledige preek is die opname hierbo. Let wel: hierdie preek moet saam gelees en verstaan word, met die voorafgaande preek uit Psalm 25: 6,7 (HK Sondag 23), dit vorm ‘n belangrike eenheid, wat wel onderskei moet word, maar nooit geskei mag word nie, nl. ons regverdiging én heiligmaking in Christus):

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

In die boek Romeine, tot hier by ons by ons teks in Rom. 6,

het Paulus geskryf in hfst. 1-3:20, dat alle mense in sonde geval het, verdorwe is, verlore is, onder die oordeel van God, oppad hel toe.

Vanaf Rom. 3:21, skryf hy oor die redding, verlossing in Jesus Christus, van sonde, oordeel en die ewige dood.

Dit word saamgevat, wat ons gelees het daar in 5:6-11,

Christus het ons kom versoen, toe ons nog goddeloos was, vyande was.

Hy het ons kom red van die dood, ellende, sodat ons kan lewe,

dat ons weer vrede het met Hom, Rom. 5:1

Dit is wat ons laasweek gehoor het, met Sondag 23 se preek uit o.a. Psalm 25: 6,7; met verwysing na Rom. 8:1,

Daar is nou geen meer veroordeling vir die wat in Christus is nie.

Sondag 23 bely ons dit so pragtig,

op grond van Christus se werke, niks in myself nie,

word ons gered, dit is genade alleen,

deur die geloof alleen.

Rom. 3:28 vat dit ook pragtig saam:

Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. (Rom. 3:28 A53)

En belangrik, die geloof self red ons nie,

dit is slegs die instrument, ´n gawe van God waardeur ons gered word, met die inhoud en objek van ons geloof: Christus en sy geregtigheid alleen,

daarom die belydenis daar in antw. 61,

Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is. En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie.” (sien ook NGB art. 22, ‘Ons regverdiging deur die geloof’)

In antw. 62 wys dit ook dat nie eers ons beste werke,

selfs al is ons gelowiges, ons kan red of enigsins deel van ons regverdiging wees nie.

Ons beste werke is met sondes besmet, ‘n verwysing na Jes. 64:6

Dink maar hoe gelowiges nog geneig is om te sondig (Romeine 7:13-24).

Ja, ons werke word beloon,

maar nie as iets wat ons verdien om gered te word nie,

maar alleen uit genade, genade op genade.

Romeine 5 eindig dan in verse 12-21,

om te wys dat ons – weens die versoenende werk van Christus

genade ontvang het,

dat hoe erg die sondeval en sonde deur die 1e Adam ookal was,

die 2de Adam het oorwin deur sy genade.

Vers 20 en 21 sê waar die sonde meer word,

soveel te meer die genade.

So, tot hier, leer Paulus vir die gemeente daar in Rome,

ook vir ons, die antwoord op die sonde,

is die genade van die evangelie in Christus

gered uit genade, deur geloof alleen, ogv Christus se werke,

geen werke van onsself nie !

 

En, dit is nou hier geliefdes,

wat die dwaalleraars reeds in Paulus se tyd gekom het,

en gesê het, wat Paulus daar skryf in Rom. 6:1!
Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

Ja, meen dwaalleraars, vandag nog:

As ons uit genade gered word,

dat kan ons mos aanhou sondig,

ons kan bly lê in ons sonde,

dit maak nie saak nie … die Here sal mos vergewe?

Ja, hul sê dus, die Here se genade lei dan tot die sonde,

tot losbandigheid, tot wetteloosheid.

Kom ons sondig nog meer, want dan gaan die genade nog meer word!

Hierdie aanslag is deur al die eeue daar, vandag nog.

Of legalisme (redding deur werke) of antinomianisme (redding wat nie tot goeie werke lei nie)

Ons belydenis vat hierdie aanslag saam,

in die woorde van vraag 64, te vra:

“Maar maak hierdie leer nie mense onverskillig en roekeloos nie?”

En wat is Paulus se antwoord op hierdie dwaling van Rom. 6:1?

Paulus roep met passie en krag uit, daar in vers 2: NEE!

Nee, dit is nie waar nie, dit is nie so nie.

En sy antwoord op hierdie dwaling van ‘kom ons volhard in sonde,

want ons is gered uit genade’, behels twee sake:

  1. in vers 2, sê hy uitdruklik: dit mag nie, moenie eers daarin dink nie !
  2. in vers 3 en 4: dit kan ook nie, dit is onmoontlik, want, om die woorde van ons belydenis, daar in antw. 64 te gebruik:

“Nee …”

Dit is Paulus se ‘nee’, die Woord se ‘nee’, die Gees van God’ se ‘nee’!

“Want dit is onmoontlik dat iemand wat in Christus deur ‘n waaragtige geloof ingeplant is, geen vrugte van dankbaarheid sou voortbring nie.”

Dus, hy wat deur ‘n ware geloof, uit genade, in Christus gered is,

kan nie anders as om ook volgens sy woord, in heiligheid, geregtigheid en waarheid te wil lewe nie !

Eerstens dan,

Sien ons dat Paulus in vers 2 dan sê teenoor die losbandigheid, goddeloosheid, ongehoorsaamheid: DIT MAG NIE !

Illustrasie: klein kindjie in kar, ouers bedwelm en dronk.

Ons het ’n afsku daarin, dit kan nie wees nie, dit mag nie wees nie, dit is baie erg, Hoekom ? WANT, hulle is dan ouers !

Hul behoort as ouers vir die kindjie te sorg,

nie so op te tree dat dit lyk asof hul nie ouers is nie,

dat hul nie lief is vir hul kind en vir hom sorg nie !

Dit is hierdie emosie van afsku, van afkeuring, van verwerping

wat Paulus skryf daar in vers 2.

Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (Rom. 6:2 A53)

Ja, dink daaraan,

die doel van Christus se koms, was juis om die sonde te oorwin,

te sterf vir ons goddeloosheid (5:6-11)

gesterf sodat ons nie hel toe gaan nie.

DINK DAARAAN, HOE KAN MENS DAN BEWEER,

DAT GOD SE GENADE, DIE EVANGELIE, JESUS

MENS LEI TOT ’N GODDELOSE SONDIGE LEEFWYSE,

OM AAN TE HOU VOLHARD IN DIE SONDE … DAT GENADE MEER WORD

’n Gelowige, haat hoe langer hoe meer hul sonde

Dink aan Dawid, Ps. 51, Petrus toe hy Jesus verloën het …

Toepassing: Ons is oppad na die Here se tafel geliefdes, volgende week …

Is Paulus se uitroep van afsku, oor die oorblyfsels van die sonde,

laasweek Rom. 7, ook u uitroep: nee, dit mag nie, verkeerd, ek haat sonde!

Die nagmaalsformulier sê ook:

“Ware self ondersoek … Ons moet nadink oor ons sonde en vervloeking en ons met diepe berou hieroor voor God verootmoedig. …  gebed … Ons bid U, gee deur u Heilige Gees ‘n opregte vertroue in ons hart om ons al meer aan u Seun oor te gee, sodat ons met Hom, die hemelse brood, verkwik word en nie meer in ons sondes nie maar in Hom mag lewe. ”

En dit bring ons by die tweede saak, die belangrikste saak,

Nie net mag ons nie in die sonde voortlewe, volhard nie,

MAAR ’N WARE GELOWIGE KAN OOK NIE DAARIN

IN VREDE VOORTLEEF EN SONDE GOEDPRAAT NIE.

Hoekom nie ?

Dit leer Paulus daar in vers 3 en 4.

Julle, gelowiges is in Christus gedoop,

julle is in sy dood gedoop,

julle is saam Hom begrawe,

deur die doop, in die dood,

sodat soos Christus opgewek is uit die dood,

deur die heerlikheid van die Vader,

“… ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel”, sien die einde van vers 4.

As jy uitverkore is, as jy gered is, as jy in Christus is,

as jy sy Gees het, as Christus vir jou gesterf het, begrawe is, opgestaan het

as … om weer die woorde van antw. 64 te gebruik …

jy “in Christus, deur ’n waaragtige geloof ingeplant is,”

dan kan jy nie anders as om ‘vrugte van dankbaarheid’

te dra nie.

LET WEL, nog nie volmaak of perfek nie, maar wel hoe langer hoe meer.

Jy ‘wandel’ dus in ’n nuwe lewe, kan nie meer in sonde volhard en

bly lewe en dit goedpraat nie.

Daardie vers 2, wat sê …. nog daarin lewe …

kan ook vertaal word ‘nog daarin voortlewe’

En dit is die groot verskil tussen die gelowige en ongelowige.

Danksy die Here se genade, in Christus, red Hy ons nie net

van sonde, oordeel, en skuld nie,

maar bevry Hy ons ook van die krag en mag van die sonde.

SODAT ONS NOU IN HEILIGHEID MOET EN KAN LEWE !

Die sleutel woorde in ons teks is,

‘in Christus’ vers 3

‘saam met Hom’ vers 4

‘soos Christus’ vers 4

En die beeld van die doop wat hier gebruik word, in v. 3, 4

wil wys op die EENHEID WAT ONS IN CHRISTUS HET,

DAT ONS MET HOM VERENIG IS,

HY WAT ONS VERBONDSHOOF IS,

HOOFSTUK 5 EERSTE ADAM – ALLE MENSE

TWEEDE ADAM – DIE UITVERKORENES, KLEIN EN GROOT

IS DEUR DIE HERE SE UITVERKIESENDE GENADE

IN HOM, IN CHRISTUS GEDOOP

“DIT HET MET ONS GEBEUR”

Dit is nie ons wat onsself in Jesus gedoop het nie.

Al die werkwoorde daar,  ‘gedoop is’ v. 3, ‘begrawe is’, v. 4 ‘opgewek is’, v. 4

DIT WYS OP DINGE WAT MET ONS GEBEUR HET,

wat ons bloot ontvang deur die geloof.

GODDELIKE PASSIEWE – HY HET ONS KOM RED,

HY HET ONS KOM VERANDER.

Soos Jesus dan gesterf het vir ons sonde,

Soos Jesus opgestaan het uit die dood, en LEWE

So het ons opgestaan deur die geloof, en LEWE EN WANDEL NOU.

IN ’N NEUTEDOP: Paulus leer ons, dat nie net ons regverdiging,

wat God in Christus vir ons gedoen het nie,

maar ook ons heiligmaking,

ALBEI AS BRON HET: JESUS CHRISTUS ALLEEN!

EN dit beteken: om gered te word, lei tot vrug dra, vers 4,

alles tot heerlikheid van die Vader.

Geliefdes, deur die eeue was daar GROOT DEBATTE oor die woord ‘doop’ hier,

dit verg eintlik ’n preek op sy eie.

Wat beteken die woord ‘doop’, is dit net ‘onderdompel’ of beteken dit ook, afhangende van die konteks, ook ‘besprinkeling’ of ‘uitgiet oor’, ens.

DIE FOKUS VAN HIERDIE GEDEELTE IS EGTER NIE DIE MANIER OF WYSE VAN DOOP NIE, MAAR: DIE GROOT WERKLIKHEID, DAT ELKE UITVERKORENE, VERENIG IS, VERBIND IS, BEGRAWE IS, OMHELS IS, DEUR GOD SE GENADIGE WERK IN EN DEUR JESUS CHRISTUS.

SY REDDINGSWERK!

DAT ELKE KIND VAN GOD, HOE KLEIN OF GROOT, JONK OF OUD,

GEDOOP, GEBAD, INGEDOMPEL, GEREINIG IS, BESPRINKEL IS, MET OF IN CHRISTUS SE BLOED,

DEUR DIE WERKING EN KRAG VAN DIE GEES VAN GOD !

Die Nagmaalsformulier volgende week: dat ek “in Christus ingelyf is … Deur sy dood … Rom.6:3,4 … (en) het Hy ook vir ons die lewendmakende Gees verwerf, wat ons aan Christus in ware gemeenskap verbind en in al sy rykdomme laat deel.”

Konkreet dus, terwyl ons oppad is na die Here se tafel, die selfondersoek:  Mag ek in die sonde bly voortlewe … sodat die genade vir my meer word …

Die antwoord van die Here is: NEE, MY KIND, DIT MAG NIE, MOENIE EERS SO DINK NIE, EN ONTHOU, DIT KAN NIE, WANT DEUR MY SEUN SE KOSBARE BLOED, IS JY NUUT GEBORE, IS JY VERBIND AAN MY SEUN,

IN BEIDE SY STERWE – DOOD VIR DIE MAG EN KRAG VAN DIE SONDE –

ASOOK SY OPSTANDING – DAT JY NOU LEWE VIR HOM.

Dra, daarom vrugte van dankbaarheid wat by die bekering pas.

TOT LOF EN HEERLIKHEID VAN MY NAAM.

Geliefdes, doen die ondersoek in die week,

en kom dan na sy tafel, om te gedenk, te glo, vertroos te word,

DAT JY DEUR GOD SE UITVERKIESENDE GENADE,

DEUR DIE GELOOF ALEEN EN GEEN WERKE VAN JOU EIE GERED IS NIE,

MAAR ALLEEN OP GROND VAN JESUS SE WERKE,

SODAT JY HOE LANGER HOE MEER VRUGTE VAN DANKBAARHEID KAN DRA.

Amen.

One thought on “Preek: In Christus geplant om vrugte van dankbaarheid voort te bring (Rom. 6:1-4)

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: