Boekbekendstelling: Die Genade van Skaamte

DIE GENADE VAN SKAAMTE

Sien die baie belangrike boekresensie hier onder (The Grace of Shame: 7 Ways the Church Has Failed to Love Homosexuals), wat ek aan u bekendstel om te lees, want dit raak die wese van die Evangelie, nl. dat Christus gekom het om mense te red wat hul skaam oor hul sonde en ellende, nie ‘feesvier’ oor hul sonde nie.

Hy het nie gekom om regverdiges te red nie, dit is hulle wat hul sonde regverdig (goedpraat) nie, wat hul sondes ‘lig’ noem, terwyl God dit ‘duisternis’ noem (1 Kor. 6:9-11):

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” (Jes. 5:20)

Jesus leer dit ook in die volgende woorde:

“Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Matt. 9:13)

Dit is wat ons ook vind by die tollenaar, in kontras met die Fariseër (wat nie sy sonde en ellende wou erken nie, maar homself regverdig, dat sy eie werke hom sal red, en dat hy nie ‘n verlore sondaar soos ander is wat hom moet bekeer nie):

“En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar, genadig!” (Lk. 18:13 A53)

Ons vind skaamte en sondebesef ook by bv. Jesaja en Petrus, en daarom by almal wat waarlik redding soek, en kinders van die Here is:

“Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!” (Jes. 6:5)

“En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man!” (Luk. 5:8)

Teenoor wat die Heilige Skrif leer, en die ware gelowiges beleef, is daar die valse profete en die valse kerk, wat die ‘genade van skaamte’ (‘the grace of shame’) verwerp, hulle meen dat dit ‘liefde’ is om sonde weg te definieër, om nie meer so ‘liefdeloos’ te preek ‘soos in die verlede’ nie, om mense wat openlik in stryd met God se gebooie te lewe, te akkomodeer en vir hulle te sê, alles is ‘okay’, gaan voort in jou sondige lewe, gaan voort in jou sondige ‘oriëntasie’ (begeertes, denke), dit is alles ‘okay’:

“En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! — terwyl daar geen vrede is nie.
Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie (dus, hul te skaam oor sonde nie -slc). Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE.
So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
…. Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.” (Jer. 6:14-19)

Ons lees daarvan ook in bv. 2 Tim. 3:3,4:

“…want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” (2 Tim. 4:3-4)

En dit is nié ware liefde teenoor ons mede sondaarmense nie, dit is nie die ware evangelie van God nie, dit is nie die goeie nuus van Jesus vir ons as verlore sondaarmense nie.

In die woorde en opsomming van die Heidelbergse Kategismus (sien Sondag 1) in navolging van die Heilige Skrif, moet elke mens hoor:

  • hoe groot ons sonde en ellende is (waarvoor ons ons moet skaam),
  • hoe groot die verlossing in Jesus Christus is vir verlore sondaars, en
  • hoe ek dan in dankbaarheid vir so ‘n groot genadige verlossing kan lewe volgens sy Woord deur die krag van die Heilige Gees

Paulus stel dit as volg:

“Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” (1 Tim. 1:15)

Alleen Jesus se volmaakte regverdige werke is die bedekking vir ons sondes (Rom.13:13,14), niemand en niks anders nie. Hy is die versoening van al ons sondes, Hy alleen neem die skaamte weg deur sy werke, ons kan dit nie met ons eie werke en mense pogings probeer doen nie, nog minder deur sonde te probeer weg redeneer, weg te verklaar, weg te definieër (sien die twee artikels hier onder oor hoe dit ook ons vertaling van bepaalde tekste raak, veral 1 Kor. 6:9-11).

Christus alleen is die genade in antwoord op ons skaamte!

“Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.” (Heb. 2:11-13)

Laat ons ons dan skaam, ja, aanhou skaam vir ons sondes, dit altyd en aanhou bely en deur die geloof en die Gees daarteen stry!

En:

Laat ons ons daarom nié skaam vir die ware Evangelie nie, al kan dit dalk ons lewens kos in die toekoms, as ons dit teenoor die valse kerk en die valse staat moet aanhou verkondig (2 Tim. 4:1,2), wat die ware kerk daaroor wil vervolg en onderdruk:

“Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.” (Mk. 8:38)

WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.” (Rom. 1:16)

… ja, ook tot redding van die sondaar wat worstel met ‘homoseksuele en/of heteroseksuele’ sondes.

Wat beteken dit alles prakties?

As u in ‘n gemeente is waar:

1) die ware Evangelie van Christus, wat alle mense oproep tot bekering van ons sondes, nie meer gepreek word nie, maar allerlei soetsappige stories om u in u sonde te streel en gevange te hou,

2) waar alle sonde, nie net homoseksuele sondes nie, maar alle sondes wat die Skrif noem, sien bv. 1 Kor. 6:9-11, sondig geregverdig word, dus goedgepraat word, waar duisternis lig genoem word en lig duisternis, waar valse liefde voorgedra word as ware liefde,

3) waar liefdevolle bybelse tug onder mekaar nie meer beoefen word nie en teengestaan word (sien die 3 kenmerke van die ware kerk, NGB art. 29),

… dan is dit u plig om dit aan te spreek, en as daar nie bekering plaasvind nie, die ware kerk te gaan opsoek, soos ons bely daar in NBG art. 27 – 29.

Sien gerus die volgende artikel, en die boekresensie hier onder wat hierdie saak in meer diepte aanspreek, hoe belangrik die woorde en woordeskat is wat ons gebruik om die evangelie, ja, die hele raad van God te verkondig (Hand. 20:27), asook hoe noodsaaklik die ‘genade van skaamte’ is, elke dag van ons lewens.

Wat op die spel is, is:

  • God se eer,
  • die ware evangelie, en
  • die heil van sondaarmense

Mag die Here ons almal help, om in liefde tot God en ons naaste, kragtig te stry vir die ware evangelie van ons Here Jesus Christus. In die woorde van J. Gresham Machen: daarsonder is daar geen hoop nie!

“GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.” (Judas 3)

Artikel: Homosexuality – Men Acting like Women: The real problem with homosexuality is what the Bible calls ‘effeminacy’

“The definition of effeminacy (transgenderism) is wrapped up in the concept of men acting like women and women acting like men, contrary to their sex.  Little girls still like to play with dolls and teacups.  Little boys like to run and hit things. This is God’s created and cosmic order. Effeminacy reverses God’s created order.”

In conclusion, I would like to see more exegesis in this whole discussion.  This is only a thumbnail sketch that has been missing in our analysis. Psychology and sociology contribute very little.  In our discussion of the homosexual movement in both the wider culture and in the church, pastoral counseling must never stop at dealing only with homosexuality.  It must go deeper into the original problem which is transgenderism.  Contrary to God’s created order, many men want to play the woman, and many women want to play the man.  That’s what we are really dealing with in this whole discussion.”

Lees die volledige artikel hier.

Review: The Grace of Shame: 7 Ways the Church Has Failed to Love Homosexuals, by Tim Bayly, Joseph Bayly, Jurgen von Hagen 

“Bayly argues shame is a gift, a tool God gives to sinners to push them to repentance. When the church tries to show sensitivity toward sodomy by avoiding biblical language, she implies God was wrong for shaming homosexuals. The church has forgotten Jesus exposed the sensitive sins of others (e.g. the woman at the well) because this is how healing comes.”

“First, the church has removed the sin of effeminacy. We’ve forgotten that homosexuality is more than just a physical act. It may take the form of two guys in bed or it may take the form of lisps, limp wrists and womanly men. Malakoi (soft men, 1Cor. 6:9-11) won’t get to heaven, but the NIV and other translations blur this idea by conflating malakoi and arsenokitai (the KJV and NASB don’t). They translate these two terms with one idea: “men who have sex with men.” Bailey argues there are two sins addressed here: effeminacy and homosexual sex. Organizations like LivingOut prefer the NIV translation. “Homosexuality is OK as long as you avoid the act.” 

But men sin not only when they play the woman in bed but also when they play the woman out of bed. Calvin said malakoi are known not by the act, but by their “effeminate bearing and dress.”

“The solution to this mess is the first of Luther’s 95 Theses: repent everyday. Homosexuals must repent for their sinful actions and thinking. The church must repent for her cowardice and abandonment of Scripture. Pastors must repent for their shallow thinking. And if you need more help on this issue, Bayly’s “further reading” section at the end is worth the price of the book.”

Sien die volledige resensie hier: The Grace of Shame

Hier is ‘n onderhoud oor die boek: Sound of Sanity

Sien ook hierdie boek van die skrywer: Daddy Tried

“Daddy Tried is for every man who has known failure as a father or from a father. Dealing with that failure isn’t easy, but thankfully, God’s power helps us to fail in the right direction. This book isn’t for perfect fathers. It’s for men just like you.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: