Die Kinderdoop en Besprinkeling: Ja of Nee?
2. Mag iemand hom in die geheim laat oordoop?
3. Is dit verkeerd om jou te laat oordoop?
deur dr. Willie Marais
Voorwoord, Inhoudsopgawe en Inleiding
Vraag/nr. 1: Hoe lei die Heilige Gees ons in sake soos die Kinderdoop?
3. MAG IEMAND HOM IN DIE GEHEIM LAAT OORDOOP?
Dit is ‘n groot fout! Om hom in die geheim te laat oordoop beteken om dit te doen sonder om sy eie kerk in dié saak te ken of te raadpleeg. Dit beteken ook dat hy dus in die geheim voortgaan asof hy nog ‘n getroue lidmaat van sy kerk is, asof hy nog die leer van sy eie kerk onderskrywe, terwyi hy intussen swyg oor wat gebeur het. En dit mag nie, want dan leef hy eintlik onder ‘n bedekte leuen.
Ek weet nie hoe so ‘n houding met ‘n heilige plegtigheid soos die doop kan saamgaan nie. Ek weet ook nie hoe daar bv. aan diesulkes gesê kan word dat hulle nie hulle kerk hoef te verlaat nie, maar hulle slegs moet laat oordoop nie. En so vind die doop dikwels dan en daar plaas terwyl doper en dopeling albei daarvan bewus is dat hierdie doopkandidaat die doop weer ondergaan terwyl sy ouers of sy kerk van hierdie ptegtigheid niks weet nie.
Maar is dit reg so?
Wanneer enige kind tot die ontdekking kom dat hy nie meer met sy ouers saamstem oor sake wat sy opvoeding raak nie, en die verskil so geweldig is dat dit selfs die patroon van sy lewe moet verander, dan sal hy tog uit respek vir sy ouers ten minste die saak met hulie bespreek voordat hy tot ‘n drastiese verandering oorgaan, veral en ten minste dan solank as wat hy nog sy voete onder die tafel van sy eie vader moet insteek. Selfrespek eis dit van hom! So behoort die verhouding te wees tussen hom en sy ouers en tussen hom en sy kerk, want ook die kerk is ons moeder (Gal. 4:26). Om hom te laat oordoop beteken om drasties weg te breek van die gebruike en die Leer van sy ouers en van sy kerk, wat nog te sê van die gesonde leer van die Bybel.
Nou is dit vir my ‘n ernstige vraag: Kan iemand so iets in die geheim laat doen met die behoud van ‘n goeie gewete? Is die optrede van iemand wat ‘n mens onder sulke omstandighede doop voor God te regverdig? Kan die Heilige Gees ‘n mens beweeg of lei om so ‘n drastiese daad onder sulke omstandighede te laat plaasvind? Ek glo nie! Die Bybei leer tog duidelik: “Want elkeen wat die kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is” (Joh. 3:20, 21). En ook: “Wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie” (Joh. 12:35). Of ook: “Alles wat openbaar word is lig” (Efes. 5:13). En ‘n ding wat in die geheim gedoen word is tog nie in die lig nie.
Ek vra: Vanwaar die groot gehaas? Die Bybel waarsku uitdruklik: “Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis” (Spr. 19:2). Of ook: “Wees nie haastig met jou mond nie” (Pred. 5:1). En ook: “Hy wat glo, sal nie haastig wees nie” (Jes. 28:16).
Ek het nog ‘n paar ernstige vrae. Besef mense wat ander in die geheim wil doop dan nie dat dit so te sê meebring dat so ‘n persoon radikaal van sy kerk wegbreek nie? Word hierdie feit dalk doelbewus aan die potensiële doopkandidaat verswyg? Is dit om taktiese redes, omdat hy weet dat dit tog een of ander tyd sal uitkom, en dat so ‘n persoon dan deur sy eie kerk tot rekenskap geroep en vermaan sal word, en as hy nie sy oortreding wil bely nie, onder tug geplaas sal word nie? Dan is die persoon mos kwaad vir sy kerk en is hy in elk geval sak en pak by die kerk van die man wat hom oorgedoop het! As dit die rede is, dan bestaan daar geen verskoning meer vir so ‘n laakbare optrede nie.
Hoe staan die saak?
Die mense wat dan nou oorgedoop moet word het reeds byna sonder uitsondering met die aflegging van hul geloofsbelydenis in die openbaar aan God ‘n gelofte gedoen dat hulle die leer van die kerk en daarmee ook die kinderdoop bely as in ooreenstemming met die Woord van God en dat hulle deur Gods genade in dié leer van die kerk tot die einde van hulle lewe sal bly, en alle dwaaleringe wat met hierdie leer stry sal verwerp. Kan so ‘n saak net maar ignoreer word? En as so iemand dan gedwaal het, moet die saak nie eers met God, en dan ten minste ook met hulle wat God in die betrokke plegtigheid implementeer het (Vgl. Rom. 13: 1 7; Hebr. 13: 17), uitgemaak word nie? En indien dit nie gedoen is nie, hoe kan hy gereed wees vir ‘n heilige plegtigheid soos die doop?
Wat word dan van die Woord van God wat sê:
“As jy aan God ‘n gelofte gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe” (Pred. 5:3). Hy kan hierdie saak nie afmaak deur te sê dat dit ‘n fout of ‘n vergissing was nie of dat hy dit net uit gewoonte gedoen het nie. Die Woord van God sê: “Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word en die werk van jou hande verwoes? ‘ (Pred. 5:5). So bv. kan hy nie besluit dat hy nie met die meisie moes getrou het nie, en nou die plegtigheid ignoreer asof hy nie getroud is nie.
Is dit nie in die eerste instansie die plig van elke lidmaat wat oor die leer van sy eie kerk begin twyfel, om dié saak openhartig met sy geestelike leiers te bespreek nie, en in biddende opsien na God met navorsing en studie besig te raak totdat hy met absolute oortuiging en sekerheid vir sy kerk kan sê nie: Moeder, daar het u gedwaal! Dit is die enigste eerbare pad. Maar om die dinge wat in die openbaar, as in teenwoordigheid van God as in ooreenstemming met die Woord van die Here bely is, sommerso impulsief, oorhaastig en in die geheim oorboord te gooi het nog nooit van iemand ‘n held gemaak nie. Die vrug van die Gees is tog ook getrouheid en seLfbeheersing (GaL. 5:22). Ek is oortuig daarvan: Hy wat hom in die geheim laat oordoop het, het ‘n saak om met God en met sy eie kerk reg te maak!
3. IS DIT VERKEERD OM JOU TE LAAT OORDOOP?
Ongetwyfeld ja! Hy doen drie verkeerde dinge: Hy breek ‘n gelofte aan God wat hy by sy geloofsbelydenis gedoen het. Hy oortree die vyfde gebod, en hy maak Jesus Christus in die openbaar tot skande.
i) HY BREEK ‘N GELOFTE AAN GOD
Toe hy as lidmaat van sy kerk bevestig is het hy openlik van sy geloof belydenis gedoen en as in teenwoordigheid van God en Sy heilige gemeente in alle opregtheid op die volgende vrae bevestigend geantwoord. Ek haal woordeliks hier aan die formulier vir die bevestiging van lidmate in die Nederduitse Gereformeerde kerk:
- ”Glo u van harte dat die leer van ons kerk, soos dit hier geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid is in ooreenstemming met die heilige Skrif, en neem u dit aan as u eie persoonlike geloofsoortuiging?
- Beloof u om deur die genade van God in die belydenis van hierdie leer tot die einde van u lewe standvastig te volhard, en alle dwaalleringe wat met hierdie leer stry, te verwerp?
- Betuig u dat dit u hartlike begeerte is om God die Here lief te hê en te dien ooreenkomstig sy woord, die wêreld te versaak, u ou natuur te kruisig en in ‘n Godsalige lewe te wandel, terwyl u hierin alleen vertrou op Jesus Christus, wat u aanneem as u persoonlike Saligmaker?
- Onderwerp u u aan die kerklike opsig, en — ingeval u u mag te buite gaan (mag God dit verhoed!) ook aan die kerklike tug?
Wat is hierop u antwoord? ”
En hierop het hy bevestigend geantwoord.
Ek moet u daarop wys dat hy nie hierdie gelofte afgelê het onder sekere voorbehoude nie. Hy het nie voorlopig, by die lig wat hy gehad het, of totdat die teendeel vir hom duidelik sou word nie, op hierdie vrae geantwoord nie. Nee, hier is alles vas en bindend.3). Hy het van harte verklaar dat die leer van sy kerk die ware en volkome leer van die saligheid is in ooreenstemming met die heilige Skrif en dat hy dit as sy eie persoonlike geloofsoortuiging aangeneem het. En die woorde, “die leer van ons kerk, soos dit hier geleer word”, is veelseggend. Dit is nie onbelangrik tussen watter kerkmure hy sy belydenis uitgespreek het nie.4)
Hy het verder ook belowe om deur die genade van God in die belydenis van “hierdie leer” tot die einde van sy lewe standvastig te volhard, en alle dwaalleringe wat met “hierdie leer” stry, te verwerp.
Dit is ‘n sware eed. Hy het belowe om tot die dood toe trou te bly aan die leer van sy kerk. En dit was geen onbillike eis wat aan hom gestel is nie). Die landsowerheid eis dit ook van sy burgers, en die Here eis dit van Sy kinders (Openb. 2:10). En veral is dit nie onbillik nie, aangesien hy hom op die genade van God beroep het om trou te bly. Die genade van God is vir hom volkome genoegsaam. Daarmee het hy sy geloof in die verkiesende genade van God bely.6)
Die kerk is dan ook nooit net maar ‘n vereniging waaruit ons na hartelus kan bedank nie – Martin Luther het bv. nooit die kerk bedank nie. Hy is uitgeban. Die Bybel sê uitdruktik: ‘ ‘Hy wat hom afskei; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek” (Spr. 18:1). Die kerk is ook nie ‘n organisasie waar elkeen maar kan glo en doen soos hy verkies nie. Paulus het beveel: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor. 14:40). En ook: “Maar wat ons reeds bereik het — laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees” (Filip. 3:16).
Nog in die geheim en nog in die openbaar mag ons optree asof ons nie aan God iets belowe het nie (Pred. 5:1 — 6).
Die vrug van die Heilige Gees is getrouheid (Gaf. 5:22). En hoe kan die Heilige Gees wat getrouheid in die gelowige werk hom leer om ontrou te word aan dit waarvan hy aan God belowe het om tot die dag van sy dood toe trou te bly? Sê my. Hoe kan die Heilige Gees iemand lei om sy geloftes aan God te verbreek? Of is dit dalk ‘n ander gees wat in hom gewerk het? Ek is seker dit was!
ii) HY OORTREE DIE VYFDE GEBOD.
Die vyfde gebod leer: “Eer jou vader en jou moeder . (Exod. 20:12). En die Heidelbergse Kategismus verklaar hierdie gebod soos volg: ”Dat ek my vader en my moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou moet bewys, en my aan hulle goeie leer en straf met gepaste gehoorsaamheid moet onderwerp, en dat ek ook met hul swakheid en gebreke geduld moet hê, aangesien dit God behaag om ons deur hulle hand te regeer” (Antwoord 104).
In hierdie gebod word ons dus beveel om ons ouers en afmal wat oor ons gestel is alle eer, liefde en trou te bewys en ons aan hulle goeie leer en straf met gepaste gehoorsaamheid te onderwerp. Dit geld natuurlik die goeie leer en straf van ons ouers en die ampsdraers van die kerk. Die gehoorsaamheid gaan dus alleen sover as wat hulle in ooreenstemming met die Woord bly. Alleen op grond van Skriftuurlike oorwegings sou daar met ons ouers en die ampsdraers van die kerk verskil kan word sonder om aan die vyfde gebod skuldig te word. Daarmee bring ons moontlike dwaling in Skrifuitieg ons tot ‘n dwaling in die leer terwyl ons Gods Woord in ons sondigheid misverstaan en is dit meteens ‘n skuldige saak, al sou dit ons reg verleen om te protesteer.
Maar wat word van hierdie gebod wanneer ek sonder meer teen my ouers en kerk se voorskrifte in sou optree? Wat nog te sê as ek sonder hulle medewete, in die geheim, in stryd met hulle uitdruklike wil en begeerte sou handel? Wat word van my liefde vir hulle en van my eer en trou aan hulle?
Daar is min uitsprake van die Skrif wat deur die vyande van die kinderdoop so misbruik word as juis Hand. 4:19 en Matt, 10:35 37. In Hand. 4:19 lees ons: “of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self besluit.” “En in Matt. 10:35 — 37 staan daar: “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie.” Maar hierdie tekste mag ons nie na willekeur toepas nie. In Hand. 4:18 is Petrus en Johannes belet om geheel en al nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie. Die owerhede het hulle mag misbruik en in die plek van God gaan staan. En hier het Petrus en Johannes inderdaad geen keuse gehad as om God meer gehoorsaam te wees as die mens nie. Maar dit is ‘n heeltemal ander storie, wanneer ons, net omdat ons owerhede of ons ouers met ons oor ‘n saak soos die kinderdoop verskil, nou skielik te besluit dat ons God aan ons kant het en dat hulle teen God is, en ons daarom op bogenoemde tekste te beroep. Dit is om misbruik van die Woord van God te maak.
Die Bybef leer tog ook: “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang” (Rom. 13:1, 2. Vgl. Tit. 3: 1). Jesus self het gesê: ”Betaal aan die keiser wat die keiser toekom; en aan God wat God toekom” (Luk. 20:25). Wanneer die owerhede egter van u sou vra om soos in die geval van Sadrag, Mesag en Abednego (Dan. 3) u God te verloën en ‘n afgod te aanbid is dit ‘n ander saak. Dan moet u eerder brand as buig (Dan. 3:17 — 28), maar word so iets van u gevra as kindertjies gedoop moet word?
Verder leer die Woord van God ons: ”Eer jou vader en moeder” (Exod. 20:12). Of ook: “Kinders, julle moet julle ouers gehoorsaam wees, want dit is reg” (Efes. 6:1). Leer die Skrif nie duidelik dat ongebondenheid die vrug van die vlees is nie (Gal. 5: 19); dat daar ‘n tyd sal kom wanneer mense die gesonde leer nie verdra nie (2 Tim. 4:3) en dat ongehoorsaamheid aan die ouers tel onder die ry van allerhande ongeregtighede nie? (Rom. 1:29, 30). Hoe anders was die gesindheid van Jesus: “En Hy het saam met (sy ouers) gegaan en in Nasaret gekom, en Hy was hulle onderdanig” (Luk. 2:51). En Paulus skrywe: “Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulÌe waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie” (Hebr. 13: 17).
Die kerk is ons moeder (Gal. 4:26), en die Skrif vermaan ons as kinders van hierdie moeder: ”Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het” (2 Tim. 3: 14).
Maar wat word van al hierdie voorskrifte wanneer ons deur elke wind van lering heen en weer geslinger word? (Efes. 4:14). En hoe eer ‘n mens jou vader, moeder en owerhede wanneer daar oorhaastig en agter die rug teen hulle leer en opvoeding in gehandel sou word? Dit is seker nie van min belang om ernstig daaroor te dink, dat nie ons nie, maar die Here ons ouers vir ons gekies het en dat dit tog belangrik is om te weet dat God dus ook daarmee ons kerk vir ons gekies het. En as duisende in die kerk hulle saligheid en daarmee alles wat ‘n kind van God op aarde kan geniet, ontvang het, waarom sou die kerk dan vir sommige nie meer goed genoeg wees nie? Het dit werklik altyd met die leer van die kerk te make? Of gaan dit nie alte dikwels om ander motiewe as om die waarheid nie? Miskien het baie rede om vir die dominee of een of ander lidmaat van die kerk kwaad te wees oor een of ander ongelukkige insident. Maar is dit genoeg rede om die rug op die kerk te keer? Dit was nooit die gesindheid van Jesus nie.
Nee, al was al die klagtes teen die kerk waar, en nog meer, het Jesus desnieteenstaande destyds uitdrukiik geleer: “Die skrifgeleerdes en die fariseërs sit op die stoel van Moses. Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie” (Matt. 23:2 — 4). Jesus sê: Onderhou en doen dit, maar andere sê: Nee.
Dikwels verlaat mense die kerk om vleeslike en nie om geestelike redes nie. Hulle is kwaad vir die kerk omdat hulle nie hul sin op die kerkraad kon kry nie, omdat die dominee nie hulle kindjie wou doop nie, of omdat hulle nie onder sensuur geplaas wou word nie. Maar wat word van hulle belofte by hul bevestiging as lidmaat toe hul beloof het om hulle aan die kerklike opsig en tug te onderwerp?
Ek is heilig oortuig daarvan dat baie wat die kerk verlaat het ‘n saak het om met God en met hulle kerk reg te maak. Restitusie is nog altyd die resultaat van ‘n ware bekering. Of moet ons ‘n vraagteken agter hulle belydenis plaas? Of is die oortreding van die vyfde gebod geen sonde meer nie?
iii) HY MAAK JESUS CHRISTUS IN DIE OPENBAAR TOT SKANDE
Die wederdoop is sonde.
Die Bybel weet van net een doop (Efes. 4:5). Jesus het self geleer, “Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein, en julle is heeltemal rein, maar nie almal nie” (Joh. 13:10). Dit beteken dat mense wat reeds gedoop is7) al gebeur dit nie met almal nie en weer struikel, nie nodig het om weer gedoop te word nie, want die één doop is voldoende8). Maar net soos die stof van die voete afgewas moet word, so moet die gedoopte gelowige so dikwels as hy struikel (Jak. 3:2) sy sondes bely en dit sal hom vergewe word9). So bv. was Ananias en Saffira gedoop, let wel groot gedoop, maar nie gered nie (Hand. 5:1 — 11). Thomas was ongetwyfeld gedoop want hy was een van die dissipels waaruit Jesus Sy apostels gekies het (Luk. 6:13), en dissipelskap en doop het vir Jesus in die praktyk saamgeval (Joh. 4:1).
Die Bybel weet van geen ongedoopte dissipel nie! En alhoewel Thomas groot gedoop was, was hy op daardie tydstip nog nie gelowig nie. Hy het gesê dat hy nooit sal glo nie (Joh. 20:25). En Jesus het hom aangesê om nie ongelowig te wees nie (Joh. 20:27). Nie ongelowig word nie, maar wees nie. En nadat hy sy geloof verklaar het (Joh. 20:28), sê Jesus, “Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo” (Joh. 20:29). Sonder enige twyfel het Thomas toe eers gelowig geword, en dit ongeveer drie jaar nadat hy gedoop was. En hy is nie oorgedoop nie. Sy doop, al het dit nie met die ware geloof saamgeval nie, was dus die ware doop. As die Here wou gehad het dat ware geloof die doop altyd moes voorafgaan, dan sou dit vir Thomas nodig gewees het om oorgedoop te word. Afgesien van die feit dat ons dan geen mense sou kon doop nie, omdat ook Thomas ‘n bewys lewer dat niemand ooit kan weet of ‘n ander waarlik glo of nie glo nie.10)
Dit gebeur nogal dikwels dat mense wat groot gedoop was, later eers waarlik gered word, d.ws. na hulle doop eers tot ware geloof en bekering kom. En ek weet nie van een van hulle wat in hulle kerke daarna oorgedoop is nie. Hoekom nie? Hulle doop was tog sonder geloof bedien! As hulle oorgedoop sou word, dan het hulle kerke twee dope. Die een doop van volwassenes wat sonder ware geloof bedien word en ‘n tweede doop of herdoop van volwassenes wat dan later tot bekering kom. En wat word dan gedoen met diegene wat meer as twee keer tot geloof en bekering kom. Hierdeur sou die doop goedkoop en bespotlik gemaak word.
En wat is die situasie as hierdie mense nie oorgedoop word nie? Word hulle doop, wat sonder ware geloof plaasgevind het, dan as die ware doop gereken? Dit wil my so voorkom. Maar dan moet elke beswaar teen die kinderdoop, wat ook sonder geloof en bekering sou plaasvind daarmee prysgegee word. En so val die hele beswaar teen die kinderdoop soos ‘n kaartehuis in duie.
Met die grootdoop is die probleem van die kinderdoop, naamlik dat nie alle gedooptes tot geloof en bekering kom nie, ook nie opgelos nie. Die grootdoop het hierdie probleem nie opgelos nie, maar net tot ‘n latere ouderdom verskuiwe.11)
Die voorstanders vir die oordoop van diegene wat as kinders gedoop is, kom tot so ‘n praktyk omdat hulle nie verstaan waarom dit in wese gaan in die doop nie. In die doop, net soos dit die geval met die besnydenis was, gaan dit nooit om die woorde of beloftes van die dopeling nie, want elke mens is leuenagtig. Dit gaan om die woorde of beloftes van God wat nie kan lieg nie, terwyl die ontrou van die mens die getrouheid van God nie kan vernietig nie (Rom. 2:38 — 3:4). Dit is dus glad nie nodig dat alleen diegene wat vir hulleself kan antwoord gedoop mag word nie. Veeleer word die genade van God in die doop van die suigeling openbaar, omdat dit ‘n genade is wat aangebied word voordat die mens daarom kan vra.12)
Hebreërs 6 en grootdoop
Maar daar is ‘n ander rede, meer ernstig as die reeds genoemde, waarom my siel beswaar maak teen al die kerke wat mense oordoop, aangesien dit uit Hebr. 6:4—6, soos dit deur my aangetoon sal word, blyk dat diegene wat oorgedoop word ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. Ek weet dat Hebreërs 6:1-8 tel onder die gedeeltes van die Bybel wat moeilik is om te verklaar omdat ons traag geword het om te hoor (Hebr. 5:11-14). Hebr. 5:11 – 6:3 verwys na die leerstukke van die kategetiese onderrig. Tot hierdie leerstukke behoort ook die leerstuk oor die doop (wassinge, die meervoud van Baptismos, wat dui op die Joodse reinigingsritus). Hierdie gebruik is voortdurend herhaal en was verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling (Hebr. 9:10). Met die koms van Christus het sake egter verander. Die éénmalige offer van Christus sou die herhaling van offerandes en wassinge oorbodig maak (Heb. 9:1 — 28). En so sou die éénmalige doop die dopeling aan die éénmaiige offer van Christus verbind. (Rom. 6:3 — 11). Daarom is dit onmoontlik om diegene wat eenmaal in die doop verlig geword het (Heb. 6:4; 10:32), en wat afvallig geword het, vir ‘n tweede maal deur middel van die doop tot bekering te vernuwe, aangeslen hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak (Heb. 6:4-6).
Die kerkvaders en latere eksegete het dan ook in hierdie gedeelte ‘n verwysing na die verligting in die doop (vers 4) en dan ook in vers 6 ‘n verwysing na die wederdoop gevind.13) Dit word nie vandag deur vele erkende eksegete aanvaar nie, aangesien die gedagte van die doop en wederdoop nie toe reeds in die gedagte van die skrywer van die Hebreërbrief sou kon wees nie.14) Hoe weet hulle dit? Hierdie beswaar bevredig my in elk geval nie, aangesien die Bybelskrywers nie altyd alles verstaan het van wat hulle neergeskryf het nie (Vgl. 1 Pet. 1:10—12). Dan stel die alternatiewe en botsende verklaringe vir hierdie gedeelte my ook nie tevrede nie, want dit bring meer vrae as antwoorde.
Daar word ook geen getuienis gelewer wat bewys lewer dat die kerkvaders en sommige ander en latere eksegete nie hier gelyk het nie. Inteendeel, juis hulle siening, dat ons hier aan die doop en wederdoop moet dink, pas volkome in, nie alleen met alles wat in die Skrif oor die doop gesê word nie, maar ook met die leer van die uitverkiesing en die volharding van die heiliges.
Natuurlik het verligting in die eerste plek te make met die verstand (Joh. 9:41; 2 Kor. 4:6; Efes. 1:18 en 3:9).15) Die daad waardeur die Heilige Gees die bewussyn van die mens vir die waarheid van die Woord ontsluit, word verligting genoem. Die sonde het die verstand verduister (Rom. 12:21; 1 Kor. 1:21; Efes. 4:18) en dit moet vernuwe word (Rom. 12:2), wat dan ook tot stand kom deur middel van ‘n openbaring in die mens (Gal. 1:16) wat die verhindering wegneem wat die regte kennis van sake tot dusver belet het (Gal. 1:16). Daarom word die Heilige Gees die Gees van wysheid en openbaring in kennis genoem (Efes. 1:17), wat die oë van die verstand verlig (Efes. 1 :18). Hierdeur ken die gelowige die dinge wat God hom uit genade geskenk het (1 Kor, 2: 12), besit hy ‘n kennis (2 Kor. 4:6) en ‘n openbaring in kennis (Efes. 1 :17) van God en van Jesus (Mat. 16: 17) en van die dinge van die Gees van God (1 Kor. 2: 14) 16) . Om verlig te word, waarvan Hebr. 6:4 praat, is dus veel meer as om slegs onderrig in die Christetike leer te ontvang. Laasgenoemde betekenis sou die woord vervlak tot ‘n betekenis waarin die Skrif dit nooit gebruik nie.
‘n Mens kan ook nie die Heilige Gees deur blote onderrig deelagtig word nie (Heb. 6:4, Vgl. 3:1, 14; 12:8). En as onder vers 4 hier verstaan moet word dat die verstand reeds deur die Gees verlig was (2 Kor. 4:6; Ef. l : 17, 18), dan word die res van die hoofstuk nie alleen totaal onverstaanbaar nie, maar dan word dit ook teenstrydig met alles wat in die Bybei geleer word oor die volharding van die heiliges en die onverliesbaarheid van die genade (Vgl. Joh. 10:27, 28; Fil. 1:6, 7). Wanneer die teks egter verstaan word as die verligting wat in die doop aangebied word, kragtens die belofte van God, vir en deur die geloof, ‘n belofte wat nie deur alle gedooptes in die geloof aanvaar word nie, dan en dan alleen pas hierdie uitspraak volkome by die res van die hoofstuk in, so bly verligting waarlik wat dit bedoel om te wees, net soos die wedergeboorte wanneer dit met die doop verbind is (Joh. 3:5, Tit. 3:5), te wete die verligting van die verstand deur die Gees wat nie alleen in die doop afgebeeld nie, maar ook aangebied word, en wat kragtens die belofte van God die besit van die dopeling word deur die geloof as ‘n vrug van die genadeverbond (Gat. 3:23-29; Kol. 2:12).
Ons weet verder ook dat hierdie verligting in die wedergeboorte sy wortel het, want in die wedergeboorte word in beginsel die hele mens herskape. So verlig die Heilige Gees in die wedergeboorte die verstand en stort, nuwe hoedanighede in die wil in. Die ganse mens met al sy vermoëns, siel, liggaam, verstand, hart en wil word deur die wedergeboorte nuutgemaak, en bestaan in die afsterwe van die ou mens en die opstanding van ‘n gans nuwe mens, na God geskape in ware geregtigheid en heiligheid.17) So ontwikkel die nuwe lewe uit die wedergeboorte. Dit }eef en werk en groei en word in die tyd openbaar in dade van geloof en bekering. So wortel geloof en bekering albei in die hart van die mens. Terwyl geloof na die kant van die bewussyn werk en die vergewende genade van God in Christus toe-eien, oefen die bekering haar werksaamheid in die sfeer van die wil en keer hierdeur van die kwade na die goeie heen.18)
In die Skrif word die doop dan ook met die Heilige Gees (Joh. 3:5; 1 Kor. 6:1 1; 12:13; Hebr. 6:4), met geloof (Mark. 16:16; Kot. 2:12; Hand. 19:2 en 3; Hebr. 6:6), met die bekering (Luk. 3:3; Hand. 1 2:38; Hebr. 6:6), met die nuwe lewe (Rom. 6:4 — 6; Kol. 1 Hebr, 6:6) en met die wedergeboorte (Tit. 3:5; Joh. 3:3, 5) in verband gebring.
En as die doop die bad van die wedergeboorte genoem word (Tit. 3:5) en aan die wedergeboorte (Joh, 3:5) en ook aan die vrugte van wedergeboorte verbind word (Kol. 2: 12; Hand. 2:38; Rom. 6:4, 5; Hebr. 6:4 — 6), terwyl ons weet dat hierdie realiteite nie in almal gevind word wat gedoop is nie (Hand. 5:1 — 10; 8: 13 23; 1 Joh. 2: 19), waarom sou dit onwaarskynfik wees om die doop met die verligting van die verstand, ‘n vrug van wedergeboorte, verband te bring, al sou hierdie verligting nie in die gevat van alle dopelinge uitwerk nie, presies soos dit ook met die wedergeboorte self die geval is nie?
Daarom is daar niks in Hebreërs 6:4 — 8 wat dit weerlê dat hier nie van die doop en wederdoop gespreek word nie. En as hierdie gedeefte dan teen die wederdoop waarsku, dan het ons hier ‘n ernstige aanklag sowel teen almal wat die wederdoop beoefen as teen hulle wat hulle laat oordoop. Ek sal dus ‘n bietjie breedvoeriger op hierdie gedeeltes moet ingaan.
Ons lees bv. in Hebreërs 10:32: “Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het.” Die woorde hier “toe julle verlig geword het” , wys ongetwyfeld na die doop.19) Die Griekse woord wat met “verlig word” vertaal word, was dan tereg ook vir die vroeëre kerkvaders die tegniese term vir die begrip, “verlig word in die doop”.20) Net so moet Hebr. 6:4, 5 dan ook verwys na die doopsgebeure. Vers 6 leer dus dat dit onmoontfik is om diegene van wie ons in verse 4 en 5 lees wat afvallig geword het om die weer tot bekering te vernuwe. Die “verlig geword het” en “weer tot bekering te vernuwe” korreleer met mekaar. Die tweede wys na die eerste gebeure terug, soos deur die woordjie weer (palin) aangedui word.
Met die eerste oogopslag egter lyk dit asof hier geleer word dat diegene wat afvallig word nie weer bekeer kan word nie. Maar ons weet uit talle plekke in die Bybel dat die kind van God nie van die genade kan verval nie (Joh. 10:27, 28; Filip. 1 :6 en 7). En ons vind in Hebr. 12:1, 12 en 13 ‘n oproep tot bekering juis aan die adres van diegene wat afvallig geword het. En Hebr. 12:1, 12 en 13 kan tog nie in stryd met Hebr. 6:6 wees nie. Verder heip dit nie om die duidelike betekenis van die teks te ontkom deur te leer dat diegene wat verlig geword het nie werklik die Heilige Gees deelagtig geword het nie, want dit staan tog duidelik daar (Hebr. 6:6. Vgl. vir deelagtig word ook Heb. 3:1, 14; 12:8).
Daar moet dus ‘n ander verklaring wees. Sodra ons egter raaksien dat hier sprake is van mense wat deur die doop verlig word en dus in die doop die Heilige Gees deelagtig word (Hebr. 6:4), op dieselfde wyse as wat grond die reën indrink wat dikwels daarop val, wat in die een geval nuttige plante voortbring, maar in die ander geval dorings en distels oplewer (6:7, 8) — die meedeling van die Heilige Gees is dus nie magies nie, maar ‘n werklikheid alleen vir en deur die geloof21), want om aan te bied beteken nie vanselfsprekend om ontvang te word nie22), soos bv. in die Nagmaal die goddeloses en boosdoeners nie die liggaam van Christus en Sy bloed geestelik gebruik nie22), omdat dit nie met die geloof verenig is nie24) — dan weet ons dat die woorde in vers 6, “om weer tot bekering te vernuwe”, nie alleen terugwys na die woorde “eenmaal verlig geword het” in vers 4 nie, maar ook na die “tot bekering te vernuwe’ in die doop soos dit reeds uit Rom. 6:4, 5 duidelik word.25) Paulus leer dus hier dat dit onmoontlik is om dié wat eenmaal deur die doop verlig geword het, maar afvallig geword het — d.w.s. hulle wat die belofte van die doop nie aangeneem het nie vir ‘n tweede maal d.m.v. die doop tot bekering te vernuwe aangesien diesulkes t.o.v. hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.26) En die, “weer kruisig'”, is ook duidelik, aangesien hy elders geleer het dat ons in die dood van Christus gedoop word (Rom. 6:3). Die woorde, “openlik tot skande maak”, dui op die plegtigheid van die doop in die openbaar. Sulke mense verklaar dus deur hierdie handeling dat die woorde van God verval en misluk het. En so word God as’t ware gedwing om vir ‘n tweede keer Sy belofte aan die dopeling te gee, aangesien Sy woord met die eerste doop nie uitgewerk het nie.
Om hierdie rede is die wederdoop ‘n gruwel, want dit verag die waaragtigheid van God (Rom. 2:28 — 3:4; Rom. 15:8, 9) en misken die waarheid van Sy woord (Rom. 3:2 — 4; 9:6).
Verwysings
3) Doekes, L. (en J. Francke), Ergenamen der Belofte (voortaan, Doekes), Terneuzen, 1962, p. 19.
4) ib., 19.
5) ib., 21.
6) ib., 22.
7) Tertullianus, de bapt., 12; Bauer, W., Das Johannes evangelium in Handbuch zum N. Testament van H. Lietzmann, Tübingen, 1925. So ook Origenes, Cyprianus, Augustinus, Erasmus, Olshausen, Godet e.a.
8) Oepke, A., art. luo in Theol. Wörtenbuch zum N. Testament IV, 1942; Hirsch, E., Das vierte EvangeLium in seiner ursprünglicher Gestalt verdeutsch und erklårt, Tübingen, 1936.
9) De Beus, C.H., De oud-christelijke doop en zijn voorgeschiedenis, DeeL I, HaarLem, 1945 (DeeL II, 1948), 1, 147, 148; Oepke, Luo; Augustinus, de bapt. C. Don. 2,14,19; 1.12.18; 6.14.21;C. litt. Pet. 2.27.62, 63; de bapt. 15.
10) Luther, M., Schrift von den Wiedertaufe, Februar 1528 (M.L. reformatorische Schriften), N. 8, herausgegeben von Otto v. Gerlach, Berlin, 1841 , p. 74, 75.
11) Grossmann, H. , Ein Ja zur Kindertaufe, Kirch. Zeitsch., Heft 13, Zürich, 1944, p, 11, 37; Van Niftrik, G.C., De Kinderdoop en Karl Barth (Voortaan, Kinderdoop) in Ned, Theol. Tijdschr. 2 r 1947/48, Wageningen, p. 27; Oorthuys, G. , De Sacramenten, 1948, p. 95.
12) Lekkerkerker, A.F.N., Gesprekken over de Heidelberger, Wageningen, 1964, p. 122; Van Niftrik, Kleine Dogmatiek (voortaan, Dogm.), Nijketk, p. 335; De Ru, G. , De Kinderdoop en het Nieuwe Testament, Wageningen, 1964, p. 266, 268; Schlier, H. , Zur kirchliche Lehre von der Taufe, Th. LZ 72, Berlin, 1947, (p. 321 336), p. 336.
13) Justinus, Apol. 1. 6. 2; Clemens, paedag. 6; Tert., de pud. 9, 20. Cregory Thaumaturgus, Hom., 4; Methodius, Thekla, 8. 6, 8; Chrysostumus, Hom. CXVI, xiix. Vgl. De Beus, 2. 5, 70, 138; Dods, M., The epistle to the Hebrews in The expositor’s Greek Testament, Michigan, Vol. 4, p. 296; Spence, H.D.M. The epistle to the Hebrews in The pulpit commentary, Michigan, vol. 21, p. 160. Vgl. Liddell, H.G. (and R. Scott), A Greek-English Lexicon, p. 1969; Westcott, B.F., The epistle to the Hebrews, Michigan, 1892. p. 148 e.v.; Alford, H. (With revision by E.F. Harrison) The Greek Testament, vol. 4, Chicago, 1958, p. 108; Bengel, JA., New Testament word studies, vol. 2, 1971, p. 618; Bultmann, R., Theologie des Neuen Testaments, Tübingen, 1968, p, 145 e.v.; Richardson. A., An introduction to the theology of the New Testament, London, 1961, p. 338; Kittel, G., Theologisches Worterbuch zum Neuen Testament, Band 9, Berlin, 1973, p. 347 e.v.
14) Grosheide, F.W., De brief aan de Hebreeën, Kampen, 1955, p. 144, 248. Vgl. ook M.R., Vincent, Word studies in the New Testament, Vol. 4, Michigan, 1957, p. 444 en P. Feine, Theologie des Neuen Testaments, Leipzig, 1934, p, 404.
15) ib., 144.
16) Bavinck, H. Gereformeerde Dogmatiek, vol. 4, Kampen, p. 85.
17) ib., 4, 50, 52.
18) ib. 4, 82, 153.
19) Spence, 269; Liddell and Scott, 1969; Kittel, G., Theologisches Wörterbuch zum Neuen Testament, Band 9, BerLin, 1973, p. 347 e.V.; Richardson, A., Introduction to the theology of the New Testament, London, 1961 p. 338; Bultmann, R., Theologie des Neuen Testaments, Tübingen, 1968, p. 145, 146; Barclay, W., The letter to the Hebrews, Edinburgh, 1963, p. 56 e.v.; Bengel, J.A., New Testament word studies, Vol. 2, 1971 , p. 618, 652; Alford, H., (With revision by E.F. Harrison), The Greek Testament, 1958, vol. 4, Chicago, p. 108, 203; B.F., The epistle to the Hebrews, Michigan, 1892, p. 348, 149, 333.
20) Dods, 296; Spence, 159; Just. Apol. 1.61, Dial. 39, 122. Sien hiervoor: Stromberg, 190; Windisch, 393.
21) Berkhouwer, G.C., De Sacramenten (voortaan, Sacr.), Kampen, 1954, p. 68; Visee, 77.
22) Calvyn, J. Institusie (vertaal deur A. Sizoo), (voortaan net nommers), Amsterdam, 1949, 4. 17. 33; Kreck, W., Die Lehre von der Taufe bei Calvyn in Ev. Th. 8, 1948/49, München, p. 244.
23) Calvyn, 4. 17. 33, 34; N.G.B. 35; Aug., In Ioan, ev. tract. 26. 12.
24) Sacr., 88, 98, 143; Calvyn, 4. 14. 12, 16; Kreck, 237; Marcel, P. Ch., The biblical doctrine of infant baptism (vertaling deuc P.E. Hughes), London, 1951 p. 49-5 1, 64, 65; Bakhuizen van den Brink, Doopleer en Dooppraktijk in Kerk en Eredienst 13, 1958 (p. 3 — 31), p. 27, 28; Aug., doctr. Christ.. 3. 5, 9; de bapt. C. Don. 6. 2. 4; 3. 14. 19; In Ioann, ev. Tract. 26; Bartsch, H.W., Die Taufe in Neuen Testament in Ev. Theol. 8, 1948/49, (p. 75 — 100), München, p. 97; Bav. 4. 525, 526, 533; Visee, 77, 106, 107; Leipoldt, J., Die urchristliche Taufe im Lichte der Religionsgeschichte, Leipzig, 1928, p. 64, 65; Lekkerkerker, Heidelberger, 115; Hofmann, F., Der Kirchenbegriff des hl. Augustinus, Munchen, , p, 347, 348, 373, 374, 469, 470; Jetter, W., Die Taufe beim jungen Luther, 1954, p. 211; N.G.B. 22; Van Niftrik, Dogm., 334 en Kinderdoop, 33; De Bruin, P.J.M., Het Formulier van den Kinderdoop, Dordrecht, 1937, p. 29; Ridderbos, H., Die belofte van het Genade Verbond (voortaan Genade Verbond), Kampen, p. 18, 19; Oorthuys, 64,
25) Sien Matt. 3:11, Mark. 1:4 en Lukas 3:3 en die opmerkinge in dié verband De Beus, I . 104 — 106.
26) Tert., de pud. 9. Vgl. A. Roberts (en J. Donaldson) in The Writings of Tertullian, vol. 3, On Modesty, 9, p. 78 en 20, p. 114.
27) vg\. De Beus, 2. 35 —40.
____________________________________________________
Volgende hoofstuk/vraag: 5. Mag ek my laat oordoop as my ouers ongered was toe hulle my ten doop gebring het?
Is dit moontlik om ‘n onverwerkte weergawe van die boek te kry?
Click to access jansenjoh_dieregvandiekinderdoop1.pdf