Leer gereformeerdes (NGB art. 34) dat alle babas wat gedoop word gered is?

Leer gereformeerdes (NGB art. 34) dat alle babas wat gedoop word gered is?

NGB ARTIKEL 34: DIE HEILIGE DOOP

“….Ons glo daarom dat iemand wat tot die ewige lewe wil kom, slegs een maal gedoop moet word (Matt. 28:19; Ef. 4;5) sonder om dit ooit te herhaal, want ons kan tog ook nie twee maal gebore word nie. Hierdie doop is nie alleen nuttig solank die water op ons is en ons dit ontvang nie, maar ook vir ons hele lewe. Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel.

Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die kindertjies in Israel kragtens dieselfde beloftes besny is as wat aan ons kinders gemaak is (Gen. 17:10-12; Matt. 19:14; Hand. 2:38,39). En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie (1 Kor. 7:14). Daarom behoort hulle die teken en die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen het, soos die Here in die wet beveel het om hulle kort na die geboorte deel te laat hê aan die sakrament van die lyding en sterwe van Christus deur vir hulle ‘n lam te offer, wat ‘n sakramentele heenwysing na Jesus was (Lev. 12:6; Joh. 1:29).

Buitendien doen die doop aan ons kindertjies dieselfde as wat die besnydenis aan die Joodse volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige Paulus die doop die besnydenis deur Christus noem (Kol. 2:11).”  – Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 34: Die Heilige Doop. Sien die volledige artikel hier.

“Juis in antwoord teen die Wederdopers het die reformatore dit gestel dat God sy uitverkore kinders het nie net onder volwassenes nie maar ook onder kinders. Daarom moet die teken van die verbond ook aan hulle beseël word. Teenoor die Wederdopers wat die kerk beperk het tot volwassenes, bely die reformatore die verbondsmatigheid van die kerk, dat die kerk uit ou en jongmense, insluitende kinders, bestaan.”

Ek wil al my baptiste vriende uitnooi om die volgende artikel van prof. RS Clark deeglik te lees en te bestudeer. Dit sal hopelik u help om beter te verstaan wat ons nié glo en nié bely wanneer ons as gereformeerdes ons kinders ook doop nie:

The Reformed Churches Do Not Confess Baptismal Union With Christ

In baie gevalle, as die ‘kinderdoop debat’ begin, is die eerste aanklagtes van sekere baptiste se kant:

“Maar julle leer dat babas gered word deur hul bloot te doop!”

of: “Julle leer dus dat elke kind wat gedoop word, gered is!”

Wel, dit is wat sommige dalk beweer, maar nie wat die bybels-gereformeerde leer self leer nie, soos ons oortuig is volgens die Skrif, saamgevat in ons gereformeerde belydenisskrifte en doopformuliere, veral Heidelbergse Kategismus v/a 74 en NGB artikel 34.

Daarom is die artikel van Clark behulpsaam, wat op ‘n eenvoudige tog duidelike manier ‘n paar belangrike sake oor die debat uiteensit, sodat dit sal help om onnodige misverstande en verkeerde sienings op te klaar. Hy verwy, onder andere na die volgende belangrike sake:

– die ooreenkoms en verskille tussen ‘partikulêre baptiste’ en ‘algemene baptiste’ (arminiaanse anabaptiste).

– die verskillende paradigmas waardeur gereformeerdes en baptiste die onderwerp van die kinderdoop benader.

– die baptistiese aanklag teen gereformeerdes.

– die gereformeerde antwoord daarop met verwysing na HK v/a 74 en NGB artikel 34 (sien hierbo).

Laasgenoemde behels belangrike sake soos:

– die dubbele modus van kerklike gemeenskap.

– twee maniere van om aan die genadeverbond te behoort.

– die onsigbare en sigbare aspek van die kerk.

– onderskeid tussen die genadeverbond self, en die ‘bediening, administrasie’ van die genadeverbond.

– verwysing na die dwalinge van die ‘Judaizers, Federal Vision’.

– wat NGB artikel 34 werklik oor die kinderdoop leer.

– besnydenis en doop.

Clark se konklusie na sy uiteensetting (beklemtoning bygevoeg):

“Because of the paradigmatic differences between the Particular Baptists and the Reformed, Whisonant and Renihan both seem to have quite misunderstood the Reformed confession on this point.

All we say in the Belgic is that we believe that there are elect among our children. We are not authorized to guess whom among our children is elect. Thus, we humbly submit to God’s Word by applying the sign of initiation (not renewal, i.e., communion) to our covenant infants. When, in the providence of God, after our children come to new life and true faith,  they have made profession of faith, we admit them to holy communion as the sacrament of nourishment.

Union with Christ is the work of the Spirit, through faith, which gift is given only to the elect. By the Supper, the union and communion of believers with Christ is strengthened (Heidelberg 76) but it is not created in the sacraments.

I hope this exercise in clarification is helpful for Reformed Christians, who confess the Reformed Standards and for Baptists, who are genuinely puzzled about why we say and do what we do, who are trying to understand the Reformed theology, piety, and practice.”

Ek het by Clark se artikel, by die ‘comments’ afdeling die volgende kommentaar geplaas, wat ek ook hier plaas:

“Thank you very much for this article, especially the explanation of BC article 34 and how we must view our confessions in this debate.

I think another thing that confuses the particular baptists, is that there are reformed theologians and church traditions (subscribing to the Three Forms of Unity) that taught (and still do teach?) that each and everyone (head-for-head) baptized, adults and children, are in true union with Christ, i.e. has been washed in the blood of Christ.  All the baptized must then fullfill the ‘conditions of the covenant’ to stay in the blessings of the covenant of grace, but if they do not fullfill the condition of faith (which these would say is a ‘gift of God’, not our ‘work’), they come under the curses of the covenant of grace, fell away and are eternally lost.

A example would be Klaas Schilder and his ‘Vrygemaakte churches’ tradition of the Netherlands, which seems to be much like the Federal Vision ideas?  They understand the ‘us’ of the Three Forms of Unity not as all the elect that are saved among the covenant community, whether adults or children (HC q/a 4), whenever it pleases the Lord to gift them regeneration, faith, repentance, etc., but the Schilder tradition believes the ‘us’ is each and everyone baptized = each and everyone are not only externally but also internally baptized in Christ.

They therefore will also reject the visible – invisible sides of the church distinction, distinction between external administration of the covenant and the covenant of grace  essence, etc.

One of the preachers in this tradition, B. Holwerda, preach as such in one of his Catechism sermons:

“If you all believe or not, to everyone of you I say: your sins are forgiven for His Names sake…It must be said to you: the fire are put on your heels, your sins are forgiven for His name sake. Woe unto you, if you do not believe it yet. … The preaching of God’s justification is a richness for you all, to work faith or strengthen faith…. Children, your sins are forgiven for His Name sake. Everyone of you.”

(Translated from: B. Holwerda, De dingen die ons van God geschonken zijn (trans. The things that were gifted to us by God), Goes: Oosterbaan&Le Cointre, p.350-351)”

In hierdie artikel het ek in meer detail ingegaan op Holwerda se preek:

Holwerda en die heilsbelofte van die Genadeverbond

Ek het ‘n klompie jare terug toe ek gestudeer het, ook ‘n studie gedoen oor die kwessie van die genadeverbond, is dit ‘voorwaardelik of onvoorwaardelik?‘, en in bylaag 1 het ek ook die onderwerp aangeraak oor hoe ons die …..’ons’ van ons belydenisskrifte (en doopsformuliere) verstaan moet word, hier is daardie deel:

Die verbond in die belydenisskrifte

‘n Aanhaling uit hierdie artikel:

“Hierdie belydenisskrifte (en doopsformuliere) moet in sy geheel saamgelees en verstaan word. Net soos Skrif met Skrif
vergelyk moet word, netso moet belydenis met belydenis vergelyk word.

Voorstaanders van die voorwaardelike verbondsbeskouing (VVB) lê baie klem op veral HK v/a 74 waar ons bely “Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word ? Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is.”

Hieruit word dan afgelei dat alle kinders van gelowiges (kop-vir-kop) dus (verbonds)outomaties deur die bediening van die doop almal verbondskinders is.

“Beteken dit dan nou dat elke gedoopte kind kop-vir-kop ‘in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is’ ? Nee, die die klem in hierdie v/a lê op die woorde ‘net soos’. Die frase wat direk daarop volg verduidelik dit reeds wat met hierdie uitspraak bedoel word: “Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes nie deur die bloed van Christus die verlossing van sondes en die Heilige Gees, wat die geloof werk, belowe.”

Wat die Kategismus hier wil beklemtoon is dat die gemeente, die verbondelinge, die kerk van Christus nie net uit ‘n groep ‘volwassenes’ bestaan nie, maar ook uit ‘kinders’. Dit is goeie organiese verbondstaal.

Dit is hoe die Skrif te werk gaan, en ons belydenisskrifte volg dit na. As NGB artikel 34 gelees word, dan kom dit nog duideliker na vore waarom ons belydenis hierdie taal gebruik (beklemtoning bygevoeg):

“Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat
hulle een maal ontvang het nie, en wat bowendien ook nog die doop van gelowiges se kindertjies
veroordeel. Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond
te beseël, net soos die kindertjies in Israel kragtens dieselfde belofte besny is as wat aan ons
kinders gemaak is. En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die
gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie. Daarom behoort hulle die teken en
die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen het, soos die Here in die wet beveel
het …”

Juis in antwoord teen die Wederdopers het die reformatore dit gestel dat God sy uitverkore kinders het nie net onder volwassenes nie maar ook onder kinders. Daarom moet die teken van die verbond ook aan hulle beseël word. Teenoor die Wederdopers wat die kerk beperk het tot volwassenes, bely die reformatore die verbondsmatigheid van die kerk, dat die kerk uit ou en jongmense, insluitende kinders bestaan.

As bogenoemde uitsprake in ons belydenis beteken dat Christus sy bloed vir ‘al’ die kinders (kop-vir-kop) gestort het en hul almal dus die belofte ontvang en deel van die kerk is, dan beteken dit dat Christus se bloed ook vir ‘al’ die volwassenes (kop-vir-kop) gestort is en almal ook die belofte ontvang en deel van die kerk is.

Dit bring ons dan by universiële versoening en verlossing deur Christus, in die lyn van
Rome, die neo-ortodoksie en die arminiaanse teologie.”

__________________________________________

Sien ook hierdie reeks van artikels oor die genadeverbond, wat ook bogenoemde verbondsbeskouing van die vrygemaakte kerke raak, kinderdoop, asook anders sake oor die genadeverbond:

Vriend van God: Artikels oor die Genadeverbond

Artikels oor die Kinderdoop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: