VAN RIEBEECKDAG, 6 APRIL 1652 – 2020

VAN RIEBEECKDAG, 6 APRIL 1652 – 2020

Dit is vandag 6 April 2020.

Onthou ons nog 6 April 1652?

Sien hierdie paar artikels en ‘n preek wat verwys na Stigtingsdag:

Mag die Here ons lei tot diepe verootmoediging om die roeping van die ‘Van Riebeeck gebed’ nog te glo, verkondig en uit te leef:

1. In die geskiedenis vandag: 6 April 1652

“Stigtingsdag, oftewel van Riebeeckdag, word deur gereformeerde Christene beskou as die volksplanting van die Afrikaner in Afrika. Wat baie ‘Afrikaners’ egter vergeet het (partymaal doelbewus), is dat die ‘wortel van ons volksplanting’ en dus ‘volksbestaan’, die Calvinisme was.

Die Calvinisme wat hier geplant is, was gefundeer in Statebybel met sy Verklarende Aantekeninge, die Psalmboek, die gereformeerde teologie van Johannes Calvyn (sien sy Institusies van die Christelike Godsdiens), en die ‘ou skrywers’, o.a. a’Brakel, Smytegelt, ens.

Geen moderne Afrikaner wat heiden, liberalis, evolusionis of nazi-is wil wees, kan hom beroep op die volksplanting of die wortel van ons volksbestaan nie.

In prof. Willie Snyman se artikel “Die Afrikaanse Volk se krag is in Calvinisme“, skryf hy onder meer:

“Is dit te veel om te sê dat die Afrikaner wat met die Calvinisme breek, met sy verlede breek en ontrou is aan sy afkoms? Ons het hier ‘n lyn wat deurloop tot aan die begin van sy geskiedenis. Die Calvinisme is die tradisie van die Afrikaner. Die tradisionele Afrikaner moet ‘n Calvinis wees.”

Volledige artikel: https://proregno.com/2016/04/06/in-die-geskiedenis-vandag-stigtingsdag-6-april-1652/

2. Van Riebeeckdag, 6 April 1652

“Van Riebeeckdag herinner ons aan die noue band wat daar tussen die Afrikaner en die Calvinisme bestaan.

Dit het tot uitdrukking gekom in die gebed waarmee ons volksgeskiedenis begin het: dat die ,,ware Gereformeerde Leere” in hierdie land uitgebrei mag word. Die ware Gereformeerde leer is niks anders nie as die Calvinisme. Die Afrikaner — dit moet die herdenking van ons geboortedag in ons oproep — is Calvinis van oorsprong. Van ander nasies kan daar gesê word dat hulle op een of ander tydstip in hulle geskiedenis Calviniste geword het. Van die Afrikaner geld: Hy is dit gebore.”

Lees die volledige artikel hier: https://proregno.com/2011/04/06/van-riebeeckdag-6-april-1652/

3. Preek: Ps. 117 Alle volke, ook die Afrikanervolk word opgeroep om die HERE te loof en te prys! ( (6 April 1652 – 6 April 2019)

En dit was onderliggend aan die gebed van Jan van Riebeeck in 1652, waarmee hy hier aan die suidpunt van Afrika aangekom het.

“Om die evangelie hier onder die volke te bring, om die Christelike beskawing hier te vestig onder alle volke. Dit was sy gebed op 6 April 1652 waaruit ons volk gebore is:

Om die Here te loof en te prys onder al die volke. Die gelofte by Bloedrivier het dit bevestig: 1838, om sy kerk in stand te hou, onder alle volke. Om God te eer as ‘n volk, sy kerk te bou in Afrika. Deur baie sending en evangelisasie is hierdie boodskap deur die eeue verkondig. Sommige het dit aangeneem, baie verwerp dit, vandag nog.

Maar sien ons dit vandag nog as ons roeping, geliefdes?

Of bestaan ek nou maar net vir my aftrede, om dood te gaan, alles is verby? Dink ek nog aan die nageslag? Dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly, met die groot doel: die verheerlik van God se Naam in Christus?

Ja, ons land is van ons weggeneem …. maar agter dit sit die tugtende hand van God.

Ons het afgedwaal van sy gebooie

Ons lewe in afvalligheid.

Die belydenis van geloof, huweliksbeloftes, doopbeloftes word vertrap … in die kerke, deur ‘ons mense’!

Omdat die Afrikaner sy roeping vergeet het, die Evangelie vergeet het, daarom het ons ons vryheid verloor.

Die antwoord is eenvoudig: terug na v.2!”

Lees die volledige preek hier:

https://proregno.com/2019/04/15/preek-ps-117-alle-volke-ook-die-afrikanervolk-word-opgeroep-om-die-here-te-loof-en-te-prys-6-april-1652-6-april-2019/

One thought on “VAN RIEBEECKDAG, 6 APRIL 1652 – 2020

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: