GELOWIGES MOET SOEK EN SMAG NA DIE “WARE JAKOB”: NA AANBIDDING IN GEES EN LIGGAAM, SOOS DIE HERE BEVEEL HET

GELOWIGES MOET SOEK EN SMAG NA DIE “WARE JAKOB” – NA AANBIDDING IN GEES EN LIGGAAM, SOOS DIE HERE BEVEEL HET

Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys. Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel! Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp. Van U kom my lof in ‘n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.” (Ps. 22:23-26)

“Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel.” (Ps 27:4)

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan! Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!” (Ps 122:1,2)

EN sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan. En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan. … Toe kom (Jesus) in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.” (Luk 2:41,42; 4:16)

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (Hand 2:42)

en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Heb 10:25)

Psalm 84:1,2,6 Hoe lieflik is U wonings HEER

Die sosiale media platvorm wat met die corona-virus tye so baie aandag kry onder kerke, is bloot hulpmiddels om die Woord (nog altyd) orals te versprei, tydig en ontydig, ook en veral in moeilike ‘gevaarlike’ tye (sien NGB art. 27) van bv. oorloë, vervolging en ‘pandemies’. Dank die Here vir die tegnologie wat ten goede gebruik word wêreldwyd deur gelowiges en kerke om die Evangelie verder te versprei.

Maar, ‘n baie groot en belangrike maar, dit kan en mag nooit die publieke eredienste van die Here, in gees en liggaam, vervang nie, dit kan dit aanvul en van hulp wees, maar nooit vervang nie.  Die ware publieke eredienste, die bediening van die Woord, sakramente en die kerklike tug op ‘n bepaalde plek en tyd het nie ‘plaasvervangers’ of ‘n ‘impak bank’ nie.

Sien hierdie artikel oor die saak:

“Our own church has labeled its online hiatus an “online worship experience”. No mention is made of the word “church.” Because what we are trying to simulate during these days is just that – a simulation of the real thing. We would be wise not to confuse the simulation with the real thing, or believe that the simulation could ever replace the actual. A church that worships the Triune God recognizes that humanity was made for relational connection (God is Father, Son, & Holy Spirit).

Disciples who follow the Incarnate One are meant to incarnate truth and grace in a community of real relationships. An individualized, fuzzy spirituality devoid of the body of Christ is not a recipe for church but for navel-gazing “experience-ism”, an increasingly common and cheap substitute for church in our particular moment in time. ”

Sien die volledige artikel hier: The Dark Side for the Church During its Online Hiatus

Hoor ook Johannes se versugting en verlange na ‘gees en liggaam’ gemeenskap met mede-gelowiges:

Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees.” 2 Joh 12

‘Papier en ink’ (internet en sosiale media bedieninge?) mag nie die tasbare gemeenskap van die heiliges en die aanbidding van God ‘saam’ as gelowiges vervang nie, dit moet en kan as hulpmiddels dien om die Woord nog orals verder te dra, maar nie ten koste van God se oproep om saam te aanbid nie.

Christus het na gees en liggaam opgestaan, en dit het groot implikasies, ja vir die ewige lewe (gees en liggaam, nie net die een of ander nie), maar ook hierdie lewe van aanbidding, in tyd en plek.

Ons belydenis, NGB art. 27 en 28, eerstens die troos:

… En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms ‘n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het – soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat die voor Baäl gekniel het nie. Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi.”

Sy kerk sal ook in hierdie (soos in alle) tye bewaar word, want Christus is ‘n ewige Koning wat altyd onderdane het, en dit behels ook sekere fisiese plekke, wat ons erfdeel is om die Here en mekaar daar te gaan aanbid en dien (lees gerus die preek van ds. Ronald Bain, Die HERE gee vir ons ‘n erfdeel, 1 Samuel 26:19,20).

Let ook op die oproep in NGB art. 28, in navolging van die Skrif:

“… En om dit beter te kan doen, is dit volgens die Woord van God die plig van alle gelowiges om hulle af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie en hulle by dié vergadering aan te sluit, waar God dit ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen wees en daarvoor die dood – of lyfstraf oplê.” NGB art. 28

‘Waar God dit ookal gevestig het selfs…’, dus kerk wees, is nie net ‘n ‘geestelike aspek’ nie, maar ook ‘n werklik hier en nou, tyd-plek aspek, want, “die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon..” (letterlik, getabernakel, kom tent opslaan, Joh. 1:14).  As ons sterwe, is ons tydelik geskei van gees en liggaam, tydelik, in die ewigheid gaan ons na gees én liggaam die Here aanbid en eer, en ons aanbidding begin nou reeds op … aarde, tyd en plek.

Ja, dit kan seker so wees dat die kerk ‘tydelik’ weens ‘gevare’ nie fisies kan vergader nie, in tye van oorloë en pandemies, maar dat daar met wysheid deur die kerke, veral die ouderlinge, besin sal word in ons tye, waar trek mens die lyn … hoe lank mag ‘n owerheid eredienste verbied, hoe lank kan hul (teen ook al meer getuies vanuit mediese en ekonomiese kringe dat die grendelstaat vernietigend is vir mense en samelewing) verbied, wat God uitdruklik gebied, of het die owerhede bloot ‘n ‘blanko tjek’ wat hulle kan doen en besluit en verbied net wat hulle, onder die verdraaide eensydige lees en verstaan van Rom. 13:1-7?

In eerbied, respek en nederigheid, maar tog in krag en groter vrees vir die Here, sal die kerke in navolging van haar enigste Meester en Hoof, moet sterker getuig teenoor die Faraos van ons dae:

Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!” (Ex 5:8)

Laat ons gaan om ons Here te aanbid en eer in ons eredienste.
Laat ons gaan om deur sy Gees en Woord gevoed te word in ons eredienste.
Laat ons gaan om sy sakramente te ontvang tot versterking van ons ongetwyfelde algemene christelike geloof, in ons eredienste.
Laat ons gaan om gemeenskap van die heiliges te beoefen, in ons eredienste.

wysheid, saam ons lidmate, en ons ouderlinge, oor watter lig die Skrif deur sy Gees vir ons gee in hierdie tye, asook die beginsels vanuit die Skrif soos verwoord in die NGB artikels wat ek hierbo na verwys het (sien NGB artikels 27-37 in die besonder).

Mag die HERE ons genadiglik verlos uit al ons benoudhede, Ps. 25:22.

Tot tyd en wyl ons nie weer volwaardige eredienste kan hou nie, moet die oproep en versugtinge van Psalm 84 in ons harte en gebede lewe:

“Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!
My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE;
my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
… HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob!
Want ‘n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
Want die HERE God is ‘n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!”

Alle gelowiges, alle ware aanbidders in Gees en Waarheid (Joh. 4:24) smag na die Here, en daarom smag hul nie net daarna om Hom afsonderlik en in ons gesinhuise te aanbid nie, maar ook en veral na die huis van die Here op te trek, om saam die Here se kinders Hom te loof en te prys.

Ons smag en verlang na die … ware Jakob…. ook wat ons eredienste betref.

One thought on “GELOWIGES MOET SOEK EN SMAG NA DIE “WARE JAKOB”: NA AANBIDDING IN GEES EN LIGGAAM, SOOS DIE HERE BEVEEL HET

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: