Pro Regno Radio (PRR) Episode 2: Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 2)

Pro Regno Radio (PRR) Episode 2:

Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 2)

PR Radio episode 1: Inleiding en agtergrond van PRR & Inleiding op die eerste onderwerp

Episode lys: PR Radio

Inhoud van Episode 2:  Daar word in die voorlees en bespreking van dr. GD Scholtz se hoofstuk (‘Die wortels van ons republikeinse beginsels’) in die boek ‘Die Republiek van Suid-Afrika’ in hierdie episode na die volgende sake gekyk (bl.15-18) :

  • Die groot invloed van die Hervorming van 1517 deur veral Calvyn op Suid-Afrika vir die verhouding kerk en staat.
  • Calvyn, Hotman, Beza en Du Plessis-Mornay se skrywes oor verset en vryheid.

“Dit is opmerklik dat die Calviniste – in Nederland, Brittanje, in Amerika en in Suid-Afrika – ‘n besondere voorliefde vir die republikeinse bestuursvorm geopenbaar het. … Dit was die Calvinisme wat een van die vernaamste bewegings geword het om aan die mag van die owerheid paal en perk te stel en om so die vryheid van die mens te verseker.”

“Van Calvyn tot Du Plessis Mornay loop daar dus ‘n opgaande  lyn. In die Calvinistiese beginsel dat ‘n goddelose owerheid weerstaan moet word, wortel die hedendaagse demokrasie.”

Die opname kan hier geluister word:

Aflaai: PR Radio Episode 2

One thought on “Pro Regno Radio (PRR) Episode 2: Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 2)

Add yours

  1. Dankie hiervoor ds Slabbert. Verskil wel met dr Scholtz oor terminologie wanneer hy skryf: “Van Calvyn tot Du Plessis Mornay loop daar dus ‘n opgaande lyn. In die Calvinistiese beginsel dat ‘n goddelose owerheid weerstaan moet word, wortel die hedendaagse demokrasie.”

    Is dit nie juis “hedendaagse demokrasie” wat so ‘n groot aandeel in die ondergang van die Weste speel nie? Anders as wat deesdae dikwels aanvaar word, was die stigters van die groot vaandeldraer van demokrasie vandag, die Verenigde State van Amerika, hewig gekant teen demo(ne)krasie.

    Ek dink dis Ben Franklin wat gese^ het dat demokrasie die tirannie van die 50%+1 oor die 50%-1 is, en elders demokrasie vergelyk het met twee wolwe en ‘n lam wat stem oor wat om vir aandete te neem. Franklin stel daarenteen Verteenwoordigende Regering, deur voort te borduur oor die ete-verkiesing van die lam en die wolwe, naamlik dat Verteenwoordigende Regering is ‘n goedgewapende lam wat hom teen die verkiesingsuitslag verset!

    So ook, by die Nederlandse Republiek, waaruit die volkstigting in die suidpunt van Afrika voortgespruit het. Die adelliede van die Nederlandse provinsies het periodiek die leier (stadhouer) van die republiek gekies, tipies Willem die Swygeraar, maar wanneer enkele provinsies in sommige verkiesings nie daarmee genee”nt was nie, was afskeiding aanvaarbaar.

    In Verteenwoordigende Regering, word alleen die mees noodsaaklike besluite sentraal geneem, en alle ander sake so laag moontlik afgewentel. Besluitneming streef so ver dienlik na konsensus, met die immerteenwoordigende reg tot afskeiding vir beswaardes.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: