Die engele en die publieke eredienste – watter skouspel openbaar die Kerk van Christus deur nie publieke eredienste te hou midde pandemiese tye nie?
“… want ons het ’n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense. … Daarom moet die vrou ’n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.” – 1 Kor. 4:9; 11:10
“…. sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word” – Ef. 3:10
“Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.” (1 Pe 1:12)
Behalwe die vraag van of die Kerk van Christus nog gehoorsaam is aan die vraagstuk van die hoofbedding in die publieke eredienste soos geleer in 1 Kor. 11:1-16, is daar ook die moeilike tog baie belangrike vraag oor a) wat beteken die frase in vers 10, “ter wille van die engele”, en dan veral ‘n toepaslike vraag vir ons tye waarin publieke eredienste verbied word:
Watter implikasie het verbod op eredienste vir die boodskap wat daardeur na die hele wêreld uitgaan, elke dag, maar ook en veral op die rusdag (sien HK Sondag 38) waarvan die engele ‘begerige’ getuies is, wat die ‘heilige vergaderings’, die eredienste bywoon om opnuut die ‘menigvuldige wysheid van God’ te hoor en saam ons die Here te loof en te prys vir sy reddingswonder in Jesus Christus vir al die volke? En is ons wat sy Naam bely nog werklik ‘begerig’ om die Here in sy samekomste te bid, nog voor maar ook veral nou midde covid-tye?
En, as die engele bedroef word as die skeppingsorde wat God daargestel het tussen man en vrou nie erken word en tentoongestel word deur ‘hoofbedekkings’ in die samekomste nie, hoeveel te meer kom die vraag op, of hul nie ook ontstel is deur die skeppingsordelike, heilsordelike, Goddelike bevel en verordeninge tot publieke eredienste, die vierde gebod, wat nie nagekom word nie, ja, ook juis midde tye van ‘gesondheid én siekte … voorspoed én teëspoed … (want ons glo dat) alles ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom’ (HK Sondag 10)?
“… en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Heb 10:25)
Mag kerkrade, gemeentes, gelowiges, predikers, ens., opnuut biddend besin of dit wel God se wil is, om in tye van siektes en swaarkry, wel die mees ‘essensiële eredienste’ op te hef?
Lees gerus die ondergenoemde verklarings en bid en besin verder daaroor.
Mag die Here ons genadig wees, “o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!” (Ps. 25:22; Gal. 6:16)
Verskillende verklarings:
“Só is ook die teenstelling tussen die Korintiërs in hulle selfverheffing en die apostel in sy navolging van Jesus Christus. Sy deel is nie die kroon van ’n koning nie, maar die kruis en stryd en dood. Soos die gedoemde die arena moet binnegaan om deur sy doodstryd ’n skouspel vir die vergaderde menigte te word, is Paulus ook gestel tot ’n skouspel vir die hele wêreld. Die toeskouers is engele en mense. Die bewoners van die onsigbare en die sigbare wêreld het belang by die stryd van die apostel vir die voortgang van die evangelie. Hy is wel ’n bejammerenswaardige skouspel, maar die hele skepping is daarby betrokke.” – EP Groenewald verklaring
“Hierby voeg 10 nou nog ’n verdere aspek: Die gevolg van die bekendmaking van die geheim is dat God nou die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word het aan die bose magte in die hemelruim. … .Dit is dus nie net Paulus se taak om die goeie boodskap te verkondig en verder te verduidelik nie. Dit is wesenlik ook die taak van die kerk om God se heilsplan met die wêreld onder die aandag van die ganse wêreld en alle magte wat daaroor heers, te bring.” – JH Roberts
“It is as if a great drama is being enacted. History is the theatre, the world is the stage, and the church members in every land are the actors. God himself has written the play, and he directs and produces it. Act by act, scene by scene, the story continues to unfold. But who are the audience? They are the cosmic intelligences, the principalities and powers in the heavenly places.”- John Stott
“Ons weet dat daar ook engele wat (die eredienste) bywoon, wat Christus as hoof beskou en Hom dien.” – Calvyn verklaring
“… engele (is) dienende geeste, aan wie die taak opgedra is om vir ons saligheid te sorg (Hebr. 1:14), aan wie die taak opgedra is om ons op al ons weë te bewaak (Ps. 91:1), ons te omring (Ps. 34:8), ons te vermaan, te troos en oor ons wag te hou. …. Dit was God se wil om engele aan te wys vir die versorging van ons saligheid. Daarom woon hulle ook heilige vergaderings by en die kerk is vir hulle soos ‘n skouburg waarin hulle die verskeidenheid en menigvuldigheid van God se wysheid waarneem (Ef. 3:10).” – Calvyn, Institusie, deel III, 20, 23.
““Dit verstaan sommigen van de leraars der gemeente, die in de Schrift ook engelen, dat is, boden of gezanten Gods genaamd worden, Mal. 2:7. Openb. 1:20. Doch kan bekwamelijker verstaan worden van de dienstbare geesten, die vanwege hun ambt eigenlijk engelen doorgaans genaamd worden. Want dewijl dezelve in de vergaderingen der gelovigen tegenwoordig zijn, Ps. 34:8. Matth. 18:10, en door alle onordentelijkheid of ongeschiktheid, die daar zou mogen gepleegd worden, bedroefd worden, zo vermaant de apostel de vrouwen, dat zij deze heilige geesten ook behoren te ontzien, om hen hierin niet te bedroeven.” – Die Statevertaling kanttekeninge
“Others say because of the good angels. Jews and Christians have had an opinion that these ministering spirits are many of them present in their assemblies. Their presence should restrain Christians from all indecencies in the worship of God. Note, We should learn from all to behave in the public assemblies of divine worship so as to express a reverence for God, and a content and satisfaction with that rank in which he has placed us.” – Matthew Henry
“Dit moet sy doen ter wille van die engele omdat die engele boodskappers van God is (Matt. 18:10; Heb. 1:14) wat toesien dat die verordeninge van God uitgevoer word.” – Die Bybel Verklaar
“Die woorde: “ter wille van die engele” is moeilik te verklaar omdat daar geen verdere verwysing na die engele is nie. Dit is moontlik dat Paulus verwys na die opvatting dat die engele die boodskappers van God is (Ps. 104:4; Hebr. 1:7) wat toesien dat die verordeninge van die Here uitgevoer word. Wanneer die vrou met bedekte hoof optree, word die engele tevrede gestel dat alles verloop soos God dit bedoel het. …. die verwysing na die engele ’n herinnering dat die lewe van die gelowige nie slegs in aardse verhoudinge betrokke is nie, maar ook in hemelse verhoudinge. Hy moet dus hier sy lewe inrig met die oog op die toekomstige heerlikheid wat vir Hom weggelê is. En dit doen hy of sy deur te hou by wat God verorden het.” – EP Groenewald
“….because of the angels. This probably refers to the invisible heavenly beings (6:3; Heb. 1:7) who are present with the Corinthians when they worship (cf. Ps. 138:1) and whose presence makes propriety in worship that much more important. The NT elsewhere uses the fact that angels are watching as one motive for obeying God’s commands (see 1 Tim. 5:21; Heb. 13:2; 1 Pet. 1:12). – ESV Study Bible
“…because of the angels. Angels were witnesses of creation (Job 38:4,7) and are witnesses of God’s wisdom in the church (Eph. 3:10). They would observe the dishonoring of God’s created authority structure in the Corinthian church. – The KJV-Reformation Heritage Study Bible
She is to fall in obediently with that divine economy of which she forms a part with the angels, and not to break the divine harmony, which especially asserts itself in worship, where the angelic ministers mingle with the earthly worshippers; nor to ignore the example of the holy ones who keep their first estate, and serve in the heavenly sanctuary. – Vincent’s Word Studies
“… most and best interpreters understand here by angels, the good angels; for the apostle would hardly have spoken of devils under the notion of angels, especially speaking to deter persons from actions; and so it teaches us, that the good angels, who are ministering spirits for the good of God’s elect, at all times have a special minstration, or at least are more particularly present, in the assemblies of people for religious worship, observing the persons, carriage, and demeanour; the sense of which ought to awe all persons attending those services, from any indecent and unworthy behaviour.” – Matthew Poole
Leave a Reply