PREEK 1: LEWENSNOODSAAKLIKE WOORDVERKONDIGING (Deut. 8:3)
deur ds. Gustav Opperman (GK Matlabas)
“En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.” (Deut. 8:3)
“Die Here kan sy Woord enige plek laat uitgaan. Die HERE se woord kom tot Jakob terwyl hy in veld met sy kop op ‘n klip slaap. Die HERE se woord kom in ‘n brandende doringbos terwyl Moses skape oppas, maar wanneer die HERE daar met Moses klaar is, dan stuur Hom Egipte toe om sy ekklesia bymekaar te maak, om hulle deur die woestyn na die Beloofde Land te lei, maar bowenal om hulle in die hemelse erediens in te lei, om hulle daar as gemeente, in hulle onderlinge byeenkoms by die tent van samekoms deur sy aangewese ampsdraers te voed met die spyse van die ewige lewe.”
Kyk en luister na die volledige preek hier:
2) PREEK 2: WARE GODSVREES BEPAAL ONS OPTREDE TEENOOR GOD EN ONS NAASTE … óók IN COVID-TYE
deur ds. Slabbert Le Cornu (GK Carletonville)
“Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe. … Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.” (Ex. 1:17,20,21)
Die volledige preek kan hier geluister word: Godsvrees, nie mensevrees nie
3) ARTIKEL: EREDIENSTE TYDENS DIE REGERING-INGESTELDE GRENDELTYD
EN DIE KORONAVIRUS-PANDEMIE
deur AG (Gerhard) Kok (lidmaat van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort)
“Dit is met groot hartseer dat ek kennis geneem het van verskeie Kerkrade in die GKSA-verband se besluit om onvoorwaardelik gehoor te gee aan die Nasionale Koronavirus Bevelsraad (NKBR) se bevel dat eredienste opgehef word, soos wat die geval ook was in Maart/April 2020. In die lig van hierdie ingrypende aankondiging wil ek graag die volgende sake aanraak as wegspringplek vir gelowiges wat hieroor moet besluit in biddende afhanklikheid van ons Hemelse Vader
Indringende vrae:
Is die onvoorwaardelike instemming met die bevel van die NKBR, dalk gesetel in ’n vertroue daarin dat hierdie arbitrêre bevele m.b.t. die openbare erediens (wat die regering volgens eie goeddunke in die Staatskoerant8,9,10 aangedui het) berus op wetenskaplike gronde en dat die regering daarmee ons beste belange op die hart dra?
Indien daar geen duidelike wetenskaplike data is om die betrokke arbitrêre bevele (ter opskorting van die openbare erediens) te ondersteun nie (soos hieronder aangedui sal word) en ons leef dus in ’n groot mate van onsekerheid, is dit nie beter om ons vertroue op die HERE te stel nie? …”
(Gerhard besin oor die saak in die lig van die eerste, vierde, vyfde, sesde en negende gebod.)
Sien die volledige artikel hier: Eredienste tydens grendeltyd
Leave a Reply