Die Pro Regno blog is hierdie maand 11 jaar oud (ek het begin in Januarie 2010), waarvoor ek baie dankbaar is vir die Here se seëninge in hierdie tyd, as uitvoering van ‘n deel van my roeping soos verwoord in 2 Tim. 3:14-4:5,
“Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening.”
Ook groot dankbaarheid vir my vrou Dorothea & kinders, asook ons gemeente (GK Carletonville) wat my ondersteun en dit vir my help moontlik maak om hierdie belangrike roeping ook te volbring deur tegnologie op ‘die markpleine’ (Hand. 17:17) om sodoende die evangelie en wet van ons Here Jesus Christus (Matt. 4:17; 5:17-20; Op. 12:17; 14:12) ook te laat uitgaan verder as ons gesin, gemeente en gemeenskap, tot lof van sy Naam en heil van ons naaste (Matt. 5:13-16; 1 Kor. 10:31).
Pro Regno 2020 terugvoer
77 artikels (insluitende preke, lesings, ens.) is geplaas.
37 776 besoeke (103 per dag).
Meeste besoeke in 2020 by hierdie inskrywings (almal preke):
Josua 1:1-9 Die Here is altyd by ons, wees daarom sterk en vol moed (1814)
Preek: Laat jou troos ! Jeremia 31:16 (1499)
Openbaring 14:6-13 – Corona virus, die ewige evangelie en die ewige oordeel van God (939)
Jakobus 5:16b-20 Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag (768)
Donasies
Met hierdie skrywe wil ek opnuut – soos ek eenmalig jaarliks doen – vra vir enige vrywillige donasies vir die onderhouding van hierdie webblad. Die blog is self onderhoudend, en ek het nie enige amptelike borge wat elke jaar donasies gee nie, die basiese onderhoudskostes is ongeveer R3000-00 per jaar.
Ek is dankbaar teenoor die individue en instansies wat wel al Pro Regno in die verlede finansieël help ondersteun het, opnuut dankie aan julle. Enige donasies vir die jaar 2021 deur die lesers sal baie waardeer word (sien die inligting hier onder), om die huidige formaat in stand te hou, en hopelik selfs te kan verbeter.
Die doel van die blog word saamgevat in die naam, ‘Pro Regno’ (die Latynse woorde wat: ‘vir die Koninkryk’, beteken), en poog om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus. Alle artikels word deur die uwe geskryf, tensy anders vermeld.
Tydens Pro Regno se verjaarsdag jaarliks in Januarie, vra ek daarom vir enige vrywillige donasies vir die opbou en bevordering van hierdie blog. Dit is ‘n gratis blog om te lees, daar is egter wel eenmalige jaarlikse kostes om die blog in stand te hou en verder uit te bou, en daar gaan ook heelwat tyd en kragte in om die artikels beskikbaar te stel.
Enige donasies vir Pro Regno sal met groot dank baie verwelkom word en kan hier in betaal word:
Rekening naam: S. Le Cornu
Absa tjekrekening: 010 951 90673
Takkode: 632005
Merk u donasie-inbetaling asb. met: proregno
Baie dankie vir u ondersteuning.
Pro Regno groete
Slabbert Le Cornu
proregno@gmail.com
082 770 2669
““As jy die wêreld wil verander, neem jou pen op” – Maarten Luther
________________________________________________
Behalwe die Pro Regno blog, kan u ook met my kontak hou deur my Facebook (onder my persoonlike naam), of indien u op my ‘Pro Regno Nuus‘ whatsapp groep wil wees (wat artikels aanstuur, besprekings hou oor kerklike en ander geloofsake, relevante inligting deel vir ons tye vanuit geloofsperpektief, ens.) moet u u volle name en gemeente se naam waar u aanbid, vir my aanstuur direk na my selfoon nommer (sien hierbo), met ‘n versoek dat u op die PRN whatsapp groep geplaas wil wees.
Saam dankbaar, Soos DL Moody se spreekwoord was” By the Grace of GoD” baie geluk.