LEERPREDIKING: NGB artikel 17: Die Verlosser deur God beloof (2 Kor. 1:20)

LEERPREDIKING: NGB artikel 17

Die Verlosser deur God beloof (2 Kor. 1:20)

Lees: Romeine 9:6-8; 2 Korinthiërs 1:18-22 en Tit. 1:1-4

Teksverse: “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” (2 Kor. 1:20)

Tema: God bly trou aan sy beloftes van redding in Christus, tot sy eer en ons troos

Preekopname (GK Carletonville, 2021-05-16, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek):

Leerpreek: 2 Kor. 1:20, Die Verlosser deur God beloof (NGB artikel 17)

 

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons hele lewe, vandat ons klein is, baiemaal vir die onbenulligste dinge …

en ook as ons groter word, word gekenmerk deur beloftes.

Dat ons belowe, oftewel ons verbind tot ’n sekere saak, oortuiging, saak om uit te voer,

met al ons kragte..

En baiemaal maak ons beloftes wat ongelukkig verbreek word…

Waar dit ons skuld is, maar ook baie wat hul woord, hul beloftes aan ons verbreek.

’n Belofte om ’n saak uit te voer, ’n belydenisbelofte, ’n huweliksbelofte, ’n doopbelofte…

En juis, omdat ons geleer het in NGB art. 14,15 dat die verlore mens,

daartoe geneig is om al sy beloftes te verbreek,

en ja, selfs die beste van gelowiges so baiemaal ook hul beloftes verbreek,

DAAROM is dit so nodig om die Skrifwaarheid, onderliggend aan NGB art. 17 aan te hoor,

te omhels, ja, vir ons hele lewe, elke dag, maar dan ook in die BESONDER as ons

oppad is na sy nagmaalstafel, waar ons vertroos word nie deur ons beloftes nie,

maar SY BELOFTE VAN REDDING, DAT HY ONS SAL DRA DEUR DIE LEWE,

HIER NOU EN TOT IN EWIGHEID.

So ons luister na die die wonderlike trooswoorde vanuit die Skrif vanoggend:

GOD BELOOF DIE VERLOSSER, JESUS CHRISTUS.

 

Onthou nou weereens die hele konteks van NGB art. 17:

Nie die mens se voornemens en beloftes nie, wat so gebroke is,

maar God se ingrype is nodig om die mens van sy sonde en ellende te red.

As ons die inhoud van NGB art. 17 lees, dan hoor ons dit opnuut,

SODAT ons nie sal vergeet a) van die diepte van ons ellende waaruit

ons gered is nie, en b) wie se skuld dit was en is nie:

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het1.

In die tuin van Eden, en die res van die geskiedenis, en vandag nog…

die mens wat homself in sonde gewerp het, hy is dood, homself geheel en al ellendig gemaak

en van God weggevlug…

En, tragies, ons hoor dit vandag nog … die mens gaan homself red, of die staat sal ons red,

of een of ander politieke redder … of mediese uitvindsel …

valse tragiese beloftes wat mense maak…

JA, DIE MENS MAAK VALSE … BELOFTES AAN HULSELF, MEKAAR, VIR DIE MASSAS…

STEM VIR ONS, WORD NET DEEL VAN ONS KERK, GROEP, AKSIE… DAN SAL JY

VAN JOU ELLENDE GERED WORD, ONS MOET NET SAAM STAAN… ONS SAL ONSSELF RED!

En wat getuig die hele geskiedenis, vandag nog van hierdie bravade, ja … ellende, dood, pyn,

gebroke biljoene valse beloftes, selfs goeie bedoelde beloftes … verbreek, vertrap, verag, nietig…

EN DAAROM, het ons EEN se BELOFTE van redding nodig, wat waarlik kan doen en sal doen

wat Hy beloof…. soos ons dit ook hoor in Hebr. 10:23 (sien die preke laasjaar),

Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;” (Heb 10:23)

Terug in NGB art. 7 het ons bely in navolging van die Skrif, die werklikheid van die mens teenoor God se beloftes, dws sy Woord:

“… dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps 62:10).”

EN DAAROM DIE GROOT TROOS BELOFTE VAN REDDING IN DIE TWEEDE SIN IN NGB ARTIKEL 17,

God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel.

En nou moet ons mooi sien hoe die NGB hierdie belofte, die evangelie, die goeie nuus, die essensie van redding, vir ons gaan verduidelik:

NGB art. 17 wys dat teenoor die mens se valse beloftes van redding … om homself te probeer red… het God belowe Hy sal vir hom ’n volk red onder alle stamme tale en volke

Hierdie artikel wil fokus op wat na die sondeval gebeur het en die BELOFTE wat die OT gedra het

Dit is die BELOFTE dat Christus gaan kom!

Artikel 18-21 gaan daar oor die redding wat bewerkstellig word vas en klaar, sonder ons maar vir ons… verlossing dus volbring, en

art. 22-23 oor hoe die belofte ons werklikheid word, deur die geloof sonder die werke,

maar dan juis … tot goeie werke!

Daarom volg die vrug van die Belofte wat ons deur die geloof ontvang, art. 24… “ons heiligmaking en goeie werke”

Redding dus ook toegepas!

(John Murray se klassieke werk: Redemption accomplished and applied)

Maar in NGB art. 17 is die fokus alles dat ons groot troos is nie ons dade ons woorde

ons beloftes nie, maar GOD SE BELOFTE!

Die reddingsbelofte behels in essensie die volgende, as ek een definisie kan gee (Holman’s Dictionary):

Die woord self beteken ‘sprake, om te sê, sweer, eed….’

“God se aankondiging van sy heilsplan en seën aan sy volk…”

Die belofte behels beide die aankondiging, bekendmaking daarvan en uitvoering daarvan

omdat God – wat nie kan lieg nie – dit beloof het… nie net die plan nie, maar ook vir wie

En dit het ons al reeds gehoor daar in NGB art. 16  …. (lees weer)

Die sekerheid van God se belofte van redding is nie in ons antwoord wat God wel eis

en ons verplig toe nie … maar in God se Belofte!

DIT is wat ons gelees het daar in Titus 1,

Paulus plant as’t ware kerke, stel ouderlinge aan, vermaan almal tot ’n godsvrsende lewe en take (sien Tit 1:6 tot hoofstuk 3), … maar waarin is die kerk op aarde gegrond,

in mense werke en kragte en planne en omkeerstrategiee  en idees, ens?

NEE, hoor weer ’n keer …

PAULUS, ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het

Wie?

Die uitverkorenes, NGB art. 16

Wat?

Die hoop van die ewige lewe = redding van sonde, vergifnis, die Gees = evangelie en alles wat dit behels

EN, WAARIN IS DIE BELOFTE GEGROND?

Mense, Israel, kerke, idees, my kragte?

NEE!

“… wat GOD, wat nie kan lieg nie, van ewigheid beloof het…”

In teologiese taal word hierdie belofte uit en van die ewigheid onder die woorde,

die vredesraad van God, of vredesverbond tussen die Drie-eenheid beskryf.

Ps. 2 lees ons ook van die Vader wat vir die Seun sê dat Hy vir hom ’n volk sal gee,

waar hoor ons dan in die geskiedenis hierdie evangelie, hierdie belofte van redding?

V/A 19 ONS BESTE OPSOMMING VAN BEDIENING VAN DIE BELOFTE, DIE INHOUD VAN SIN 2 VAN NGB ART. 17:

Vraag: Waaruit weet jy dit?

Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het. Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders en profete laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld; Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul.

Geliefdes, die Here se gemeente of kerk het baie benaminge deur die Bybel, o.a.

kinders van die Here, uitverkorenes, liggaam/tempel van Christus, volk van die Here,

Christene, gelowiges, ens.

En nog een, wat pragtig is, troosvol is, is natuurlik, wat ons so duidelik hoor daar in Romeine 9:6-8,

Paulus leer dit oor die OT wie die ware kerk was, en ook dus vir NT kerk:

MAAR ek sê dit nie asof die woord van God (BELOFTE …) verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.” (Rom. 9:6–8)

Ons word ook KINDERS VAN DIE BELOFTE genoem.

Begenadigdes wat die belofte ontvang het en daardeur gered word…

omdat Hy wat dit gemaak het, is getrou en sal dit uitvoer!

EN WIE IS DIE SLEUTEL EN INHOUD VAN GOD SE BELOFTE?

Ja, Jesus Christus self!

Paulus noem dit daar vir ons in 2 Kor. 1

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” (2 Co 1:20)

En die detail daarvan gaan ons leer in NGB art. 18 en verder,

hoe die Belofte vervul is in die geskiedenis in die koms van Jesus,

hoe ons daaraan deel kry, ons wat in sonde en ellende verlore was.

Die FOKUS van art. 17 is wat geliefdes?

HOOR weer uit ons belydenis in navolging van die Skrif, dit is net 2 sinne, ek sal dit beklemtoon:

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het … (wat) …. van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel.

God BELOWE NIE … ek sal alles doen … en dan nou maar ‘sit en naels kou’ of mense gaan antwoord daarop nie!

NEE, kyk wat bely ons … BELOFTE behels … Seun GEE … en salig maak … redding bewerkstellig en uitgevoer toegepas … VERMORSEL … sterk woord, vaste woord, dit is vas en seker, amen!

DIE BELOFTE VAN GOD BEHELS NIE NET DIE MAAK DAARVAN NIE MAAR OOK DIE UITVOERING DAARVAN VIR ELKEEN VAN SY … KINDERS VAN DIE BELOFTE!

JA, DIE BELOFTE MOET AAN ALMAL BEDIEN WORD, EVANGELIE ORALS, SAKRAMENTEE VIR WIE GOD BEVEEL in die sigbare kerk … MAAR GOD GEE DIE INHOUD VAN DIE BELOFTE AAN WIE HY WIL! (Matt. 3:11; Rom. 9:1-8)

Ek het al in ’n ander preek dit genoem, die evangelie, die belofte kan opgesom word in sleutelwoorde:

Hy beloof!

Hy sal!

HY…!

en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede” (Ps 130:8)

Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. … En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (Ga 3:29)

Geliefdes, glo jy hierdie belofte van redding?

Twyfel jy dalk daarin?

Ja, ons word almal baiekeer geskud … ons ‘voel’ nie altyd so salig nie,

tree nie altyd so op nie…

MAAR, daarom is ons juis kinders van die Belofte.

Ons troos is nie in ons wat wel moet aanhou antwoord op die belofte nie,

om te groei in heiligmaking, bekering, geloof, gehoorsaamheid, ens.

maar Hom wat die Belofte gemaak het uit die ewigheid,

verkondig het in die OT

vervul is in Christus

en belowe dat Hy weer sal kom, om in die woorde van Filp. 1:6,

die werk wat Hy in ons begin het, die belofte, te volbring op die laaste dag…

 

EN as ons nou na die Here se tafel kom, dan is dit wat ons gedenk en glo,

aan sy tafel, juis die troos van die Belofte,

wat ons saam met alle KINDERS VAN DIE BELOFTE glo en bely,

tot ons troos, na liggaam en siel, in lewe en sterwe:

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug hetGod het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel.

AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: