LEERPREDIKING: NGB artikel 28 en 29
Verwerping van die valse kerke en plig om aan te sluit by die ware kerke
Lees: Hand. 2:37-47; 20:17-31
NGB artikel 28 en 29: Ware en valse kerke
Teksverse: “Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.” (Hand. 20:27–31)
Tema: Verwerp valse kerk en sluit by ‘n ware kerk aan
(Preekopname: GK Carletonville, 2022-01-30, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).
Aflaai (regs kliek): NGB art. 28 en 29 (Hand. 20:27-31)
Geliefdes in ons Here Jesus Christus,
Onthou heeltyd die groter prentjie:
Belydenis vat ons geloof saam, en is ook ons lewens- en wêreldbeskouing,
Wat ons glo aangaande God, mens, wêreld, en die onderlinge verhouding tot mekaar ogv wat die Skrif openbaar (HG Stoker), NGB artikels is soos volg:
1: God is
2: geopenbaar in natuur en Skriftuur
3-7: Skrif, ons bron van kennis, reg en verkeerd, sin van die lewe, verlossing, ens.
8-11: God Drie-enig: Vader, Seun en Heilige Gees
12-15 skepping, sondeval, erfsonde, voorsienigheid
16-26: die redding van die mens, uitverkiesing, Christus, en God se wet waarvolgens ons moet lewe
Nou is ons besig, ons wat verlos is, met wat ons glo die kerk is,
So die verlossingswerk van die Vader in Christus, deur die krag van die Gees,
skep ‘n kerk, ‘n versameling of vergadering van gelowiges reg deur die ganse geskiedenis, v/a 54 van die HK, NGB art. 27 sê wie is die kerk ogv die Skrif:
‘n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees.
Hierdie kerk sal altyd daar wees, groot of klein, want Christus is ‘n ewige Koning’
Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot ‘n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi.
Dit bring ons nou by wat die Skrif leer van die kerk soos ons dit bely in NGB art. 28 en 29,
En ons wil twee wesentlike sake leer, wat alles te doen het met u en my geloof,
in die beoefening van ons geloof, vir ons en ons kinders:
NGB art. 28: ons is verplig dat daar waar die ‘algemene Christelike kerk’ (NGB art. 27) plaaslike gestalte kry, geopenbaar word in haar ampte, instelling en aktiwieite wat die Here beveel, om daar aan te sluit, of lid te wees. Dit is ‘n roeping, plig, bevel van God … geen middelmatige opsionele saak nie.
En tweedens, NGB art. 29, as die Here ons beveel om aan sy sigbare kerk, instelling te behoort,
dan moet ons WEET, volgens die Skrif, waar daardie ware kerke is.
Dit is ALBEI sake geliefdes, ek, en my kinders, my nageslag, almal wat die evangelie hoor,
moet weet wat God beveel oor sy kerk, en waar dit is en hoe dit lyk.
Dit is ons tema:
God beveel dat ons die valse kerke sal verwerp, en lid sal wees van die ware kerke van ons Here Jesus Christus.
Die belydenis in NGB art. 28 begin met ‘n samevatting van wat art. 27 reeds geleer is,
en op grond daarvan, kom die oproep dat ons beide ‘n positiewe en negatiewe ding sal doen:
Ons glo – aangesien hierdie heilige vergadering ‘n versameling is van hulle wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie1 – dat niemand, wat sy stand en status ook al is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te sluit2 en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal – as lede van een en dieselfde liggaam – aan sy leer en tug te onderwerp3, die nek onder die juk van Jesus Christus te buig4 en volgens die gawes wat God aan elkeen gegee het5, die broers in die opbou van hulle geloof te dien6.
In die boek Handelinge waaruit ons gelees het, staan daar in Hand. 4:11,12,
“Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” (Hand. 4:11–12)
Ja, buite Christus, buite dit wat die ware kerk verkondig, die verlossing in sy bloed,
is daar geen saligheid nie, en dan volg daaruit nie net dat God jou by sy kerk,
die algemene christelike kerk soos die Here dit sien deur die ganse eeue alleen (2 Tim. 2:19)
maar dat as vrug van hierdie saligheid, die kind van God nie anders kan as om ook dan
daar waar hierdie saligheid verkondig, geleer word, hom of haar sal voeg nie.
In Hand. 2, vind die eenmalige unieke uitstorting van die Heilige Gees plaas …
Die evangelie word deur Petrus verkondig,
mense kom tot geloof deur die wondergenade van God, v. 37-40
en wat is die vrug daarvan?
Gaan elkeen in sy eie rigting … ek het nie ander, die ‘kerk’ nodig nie?
Nee, ons het gelees:
“Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring. En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,” (Ac 2:41–46)
En wat was onderliggend daaraan?
“terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.” (Hand 2:47)
Baie belangrik, sien u die band?
Redding en die vrug …. ek behoort aan ‘n gemeente!
Dit kan en mag nie anders wees nie.
Die troos van dat elke kind van God veilig in sy hand is beteken dan juis,
die woorde van NGB art. 28, ek mag my nie in selftevredenheid van hierdie vergadering
daar waar dit gestalte kry in my dorp, provinsie, land … afsydig hou nie.
En as ek meen daar is nie so kerk naby nie… dan moet ek trek, soek, sien NGB art. 28,
die dodelike erns daarvan beklemtoon die belydenis, met die negatiewe bevel:
En om dit beter te kan doen, is dit volgens die Woord van God die plig van alle gelowiges om hulle af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie en hulle by dié vergadering aan te sluit, waar God dit ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen wees en daarvoor die dood – of lyfstraf oplê.
Nou, as u die boek Handelinge lees, dan hoor ons hoe die vervolging toegeneem het,
ja, baie Jode is uit die sinagoges uitgegooi, verag, omdat hul geglo en bely het,
dat Jesus die enigste Saligmaker is, nie hul eie werke of mense nie, Hand. 4:11,12
En wat was die gevolg?
Hulle het hul afgeskei van die Joodse sinagoges al meer,
en saam op hul eie vergader, ja van die valse kerke afgeskei.
Ons lees dit in Hand. 4 en 5 hoe hul mekaar gemeenskaplik moes versorg,
want hulle werk is van hul weggeneem, aansien verloor,
maar om te behoort aan die Here se vergadering, was vir hul wesentlik.
In Hand. 18 lees ons van Justus en sy gesin wat langs die sinagoge begin vergader het,
omdat hul die evangelie verwerp het.
Die kerkgeskiedenis is vol daarvan hoe gelowiges met hul lewens geboet het,
die tyd om die reformasie, van ons voorvaders het na ons land gekom,
omdat hul juis in vryheid wou aanbid, ware kerke wees,
teenoor die valse roomse kerke en regerings wat hul verbied het.
Later in Hebr. 10:25, hoor ons die duidelike oproep om te behoort aan ‘n plaaslike kerk,
en nie weg te bly van die aanbidding, samekomste wat die Here beveel het nie,
jy moet daar wees waar die saligheid geleer en verkondig word:
“Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Heb 10:23–25)
Toepassing
Tragies, hoe maklik baie verskonings maak om a) nie aan ‘n plaaslike kerk te behoort nie, en/of b) die eredienste en alles wat die kerk saam doen … nie aan te deel nie.
Veral in covid-tye (ons erken die werklikheid van die virus … maar nie die hysteria en paniek daarom nie), het dit baie duidelik geword wat wesentlik kosbaar is vir baie mens, kerkmense…
MAAR, tweedens dan geliefdes, as ons besef die Skrif leer ons moet aan ‘n plaaslike kerk
behoort, watter een van die derduisende?
Onthou die konteks van ons belydenis, ontstaan in die 16de eeu, 1561… geskiedenis.
Ja, die groot dwalinge, valse kerke was die ROOMS katolieke kerk,
daar was ook die gevaar van die anabaptistiese kerke, en daar was die lutheraanse kerke
Die reformatore het die rooms katolieke kerk as valse kerke, eintlike geen ware kerke erken nie,
lutherse kerke erken maar gevare gesien, en het ook die anabaptistiese kerke (moenie verwar word met huidige baptistiese kerke nie) verwerp.
Die wesentlike beginsels van ware versus valse kerke is egter begrond in die Skrif,
en soos dit in NGB artikel 29 in die eerste sin en laaste sin onderskei word,
dit is die taak van elkeen in die amp van gelowige, maar ook kerkrade en kerke saam.
Dit is dalk baie moeiliker, daar kan skuiwe en vervalle wees,
ons moet bid vir wysheid en onderskeiding, maar ons moet dit leer en nastreef.
Om my en my gesin te help, om juis twee uiterstes te vermy:
– om enige vergadering as ‘ware kerk’ te beskou ongeag dat hul die kenmerke van ‘n valse kerk het en nie die ware kerke se kenmerke toon nie, en
– ‘n perfeksionistiese kerk te eis, wat ek nie vir my self vereis nie, en daarom later nooit aan enige kerk wil of gaan behoort nie = huis kerke, my eie kerk… ens.
So kom ons kyk na 4 aspekte om my te help, volgens die Skrif, saamgevat in ons belydenis,
wat my help om die opdrag van NGB art. 28, na te kan kom:
1 Die kerk soos dit plaaslik tot uiting kom in sy instellings, is en sal altyd vermeng wees tussen ‘gelowiges en ongelowiges’, ware kinders van God en huigelaars
Ons glo dat ons sorgvuldig en met groot oplettendheid uit die Woord van God behoort te onderskei watter kerk die ware kerk is, aangesien al die sektes wat daar vandag in die wêreld is, hulle ten onregte die naam kerk toe-eien1. Ons praat hier nie van die huigelaars wat in die kerk met die goeies vermeng is en tog nie aan die kerk behoort nie alhoewel hulle uiterlik daarin is2; maar ons sê dat ‘n mens die liggaam en die gemeenskap van die ware kerk moet onderskei van al die sektes wat beweer dat hulle die kerk is.
Dit leer ons baie duidelik deur die hele Skrif, OT en NT,
reeds in die OT was daar baie, sien Rom. 9:6-8, ‘uit’ Israel is, maar nie Israel ‘is’ nie
Nooit waarlik tot geloof van harte gekom nie, vir ‘n tyd of dalk altyd mislei hul die kerk,
maar baiemaal word hul wel, deur die evangelie verkondiging en die toepassing van die tug
geopenbaar as dat hul nooit van ons was nie.
Hierdie werklikheid word baie duidelik deur die apostel Paulus geleer in Hand. 20,
waar hy met die gemeente daar, die plaaslike kerk daar, spesifiek die ouderlinge spreek,
dan hoor ons in vers 28, 29….
“Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.” (Ac 20:28–30)
“onder julle …. uit julle self”
Dit is die werklikheid van die ganse bybelse geskiedenis, die kerkgeskiedenis,
van ons tye tot die laaste dag.
Dit beteken nie dat die ongelowiges waarlik in Jesus se bloed gewas was en verlore is nie.
Nee, dit beteken dat, in Johannes se woorde, “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.” (1 Jn 2:19)
So, die ware plaaslike kerk beteken nie dat almal kop vir kop gered is nie, die vermengdheid van die kerk, die feit dat daar nog sonde en gebrokenheid is, bepaal nie ware kerk wees nie, hoe wonderlik elke lidmaat is nie.
Dink maar aan Paulus se skrywes aan Korinthe gemeente … heiliges, ongeag al die onheiliges,
die vraag is meer wat word gedoen met elke lidmaat, en sonde?
2 Tweedens, DAAROM, is die x3 kenmerke, vanuit die Skrif saamgevat:
Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf
En dit is presies wat ons hoor as Paulus deur die Gees met die kerkraad, die ouderlinge, en dus met die gemeente van Efese, met alle kerke deur die eeue, met die GKC spreek:
Eerste kenmerk, die Woord, moet verkondig en geleer word, sentraal die evangelie maar die evangelie moet geleer en verstaan word in die hele konteks van Gen. 1 tot Op. 22
“hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise, terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.” v. 20
Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. v. 27
Die tweede en derde kenmerk, die suiwer sakramente en tug oefening gaan saam geliefdes,
Calvyn het gespreek van net 2 kenmerke van die kerk: evangelie en tug, want albei impliseer dat die sakramente – prent van die evangelie -suiwer bedien en bewaar sal word deur die tug.
Paulus leer dit ook hier baie duidelik vir ons:
“Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.” (Hand 20:28–31)
In die pastorale briewe leer hy dit dan oor en oor, die taak van die kerk, spesifiek die ouderlinge,
om die kerlike tug gehandaaf … ja bemoedig en troos, sien vers 19 … maar ook vermaan.
– kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken. Hieraan kan ons met sekerheid die ware kerk uitken en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie.
3 Derdens, teenoor die kenmerke van die ware kerke, sien die valse kerke se kenmerke, presies die teenoorgestelde van die ware kenmerke
Wat die valse kerk betref: Dit skryf aan homself en sy besluit meer mag en gesag toe as aan die Woord van God; dit wil homself nie aan die juk van Christus onderwerp nie; dit bedien die sakramente nie soos Christus dit in sy Woord beveel het nie, maar neem weg en voeg by na eie goeddunke; dit vertrou meer op mense as op Christus en dit vervolg hulle wat volgens die Woord van God heilig lewe en wat die valse kerk oor sy euwels, gierigheid en afgodery bestraf.
Toepassing geliefdes, Dit is nie genoeg om te sê … ag, ten minste gaan hul na ‘n kerk toe nie … nee, ons en ons kinders met na ‘n kerk gaan of behoort wat die suiwer evangelie en raad van God verkondig, wat die ware sakramente bedien soos God beveel, en wat tug toepas … dus sonde aanspreek en nie goedpraat nie … en daarom is sekere gemeentes en selfs kerkverbande taboe, veral as dit word dat hul hiervan afdwaal, bv. “redding deur geloof plus werke” of “meer as een sakrament … of nie kinders doop nie” of nie lidmate tug wat buite die eg saamwoon of gay agenda goedpraat … dan mag jy nie daar wees nie, dan geld die oproep van NGB art. 28, 29
4) Maar, laastens, baiemaal lees baie hierdie wesentlike deel van ons belydenis hier mis of dink nie dit is belangrik nie, ja, dit is maklik om ander kerke of kerkverbande af te skryf, en ja, as hul werklik dwaal en veral in leer openbaar dat hul nie meer ware kerke is nie, dan moet dit gedoen word,…. maar baiemaal is die krisis van a) ag, alle kerke is oraait, en/of b) ek soek ‘n perfeksionistiese kerk … omdat hierdie, kom ons noem dit 4de kenmerk van ware kerkwees vergete of kry nie aandag nie, kom ons hoor dit uit NGB art. 29,
Vervolgens, aangaande die lidmate van die kerk: Ons kan hulle uitken aan die kenmerke van die Christene, naamlik hulle geloof dat hulle die enigste Verlosser Jesus Christus aangeneem het en dat hulle daarna die sonde ontvlug, die geregtigheid najaag, die ware God en hulle naaste liefhet, nie na regs of links afwyk nie en hulle sondige natuur met sy werke kruisig.
Is die kerk waaraan ons behoort getrou hieraan, leer dit, en jaag dit na:
– glo ek van harte aan Jesus as MY enigste Verlosser … dan sal ek sy huis en ander opsoek?
– ontvlug ek werklik die sonde, haat .. of soek ek dit nog op … alleen, foon?
– jaag ek die geregtigheid, God se goeie wet na, God en my naaste (vrou/gesin/gemeente) lief?
– kruisig ek my sonde luste of vertroetel ek dit, haat ek die tug…? Ja, die troos is…
Hiermee sê ons nie dat daar nie nog groot swakheid in hulle is nie; inteendeel, deur die Gees stry hulle juis al die dae van hulle lewe daarteen, terwyl hulle altyd weer hulle toevlug neem tot die bloed, die dood, die lyding en gehoorsaamheid van die Here Jesus Christus, in wie hulle deur die geloof in Hom vergewing van hulle sondes het.
Indien nie … dan moet u weer terug na NGB art. 16-26 … om by kerk waarlik uit te kom.
Liewe gemeente, huil ons nog?
Paulus het ook gehuil oor sy gemeentes, sy bediening, die stryd en worsteling, mag dit ook waar wees vir ons, oor ons geslag, oor ons mense, ons tye, ons eie kinders en klein kinders wat … kerklos geword het … en eintlik Evangelie-loos, Jesus-loos geword het, ons lees dit, en mag dit ons oproep:
“Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode; hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,” (Hand. 20:18–20)
AMEN.