LEER PREDIKING: NGB artikel 34 – Die heilige doop (Hand. 2:37-47, deel 1)

LEER PREDIKING: NGB artikel 34 – Die heilige doop (Hand. 2:37-47, deel 1)

Lees: Hand. 2:37-47

NGB artikel 34: Die heilige doop

Teksverse: ““TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.” (Hand. 2:37–40)

Tema: Die heilige doop as versterking van ons geloof in Christus

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-04-24, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 34 (Hand. 2:37-47, deel 1)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons het by die behandeling van NGB art. 33 x3 sake reeds geleer:

  1. HOEKOM gee die Here vir ons tekens?, in die NT dan die doop en die nagmaal?

Ons glo dat ons goeie God, omdat hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening hou, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, om tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand te hou.  Hy het dit by die Woord van die evangelie gevoeg om vir ons uitwendige sintuie des te beter voor te stel wat Hy aan ons deur sy Woord te kenne gee en wat Hy inwendig in ons hart doen. So bekragtig Hy in ons die heil wat Hy aan ons meedeel.

Een evangelie, wat op 2 maniere vir ons geopenbaar word: woordelikse en visuele verkondiging van Christus.

  1. Tweede plek, wat is sakramente?

Dit is immers sigbare tekens en seëls van ‘n inwendige en onsigbare saak en deur middel daarvan werk God in ons deur die krag van die Heilige Gees.

  1. Hoeveel sakramente is daar?

Verder is ons tevrede met die aantal sakramente wat Christus, ons Meester, vir ons ingestel het en wat slegs twee is, naamlik die sakrament van die doop en van die heilige nagmaal van Jesus Christus.

Matt. 26 nagmaal wat pasga vervul en vervang het.

Matt. 28 die doop wat die besnydenis vervul en vervang het.

DIT BRING ONS DAN BY DIE EERSTE SAKRAMENT SELF: DIE HEILIGE DOOP

Daar is basies 5 sake wat die belydenis vir ons vanuit die Skrif wil leer:

(ONTHOU: reeds baie keer oor doop gepreek, boekies lees op Pro Regno oor die kinderdoop)

1) Heel EERSTENS, die basis van alles wat volg, is om raak te sien dat die teken van die Ou verbond (OT), in wese dieselfde is as die Nuwe Verbond (NT) = die vorm/administrasie verskil, maar nie die wese van elkeen se betekenis nie.

En dat die doop (en ook die NT) die los of in stryd met die OT verstaan kan word nie, dit is nie die een of die ander nie, dit is elkeen in sy regmatige plek, in terme van belofte en vervulling van God se verbond met sy kinders, sy volk, sy kerk deur alle eeue, tye en plekke. Sy kerk eers onder Israel, en dan sy kerk onder alle volke.

Ons bely daarom volgens die Skrif, die eerste sin:

Ons glo en bely dat Jesus Christus, wat die einde van die wet is (Rom. 10:4: Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. ), deur sy bloed te stort ‘n einde gemaak het aan elke ander bloedvergieting wat ‘n mens tot versoening of tot voldoening van sondes sou kan of wil aanwend. Hy het die besnydenis, wat met bloed gepaard gegaan het, afgeskaf en in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel.

Dit is BAIE belangrik geliefdes, juis om die doop oor die algemeen, maar ook en veral die kinderdoop (of verbondsdoop, nie net ons nie, maar ons én ons kinders) reg te verstaan.

In Gen. 15 het ons gelees, dat Abraham geglo het, v. 6

Hy het in God geglo as sy Here wat hom red, verlos.

Hoe?

Deur sy genadeverbond, wat ons gelees het in vers 17, 18

En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Op dié dag het die Here met Abram ’n verbond …:” (Ge 15:17–18)

Die simboliek was hier, dat die een wat nie die verbond, God se wil, wet onderhou nie, se bloed sal vloei, sterwe, gestraf word.

MAAR, die genade is, nie God én Abraham nie, hy slaap dan!, v. 12, maar net die Here self, heenwysend na Christus, sal die straf van die bloed wat vloei dra.

Christus, is die Lam van God (al die offers wat daarna heenwys in die OT) wat deur sy bloed sy volk se sondes bedek.

Christus se geregtigheid, sy offer, is Abraham se geregtigheid waardeur Abraham gered is, Rom. 4:8-11 lees ons dit duidelik (lees).

Dit is die werk van die Gees wat Abraham wederbaar het, sodat hy deur die geloof, in God se verbondswerk in Christus, soos hier uitgebeeld, gered is.

Dit is God alleen, die drie-enige God alleen wat red, niks en niemand anders nie.

En NOU, in Gen. 17 kom dan die teken van die verbond, die besnydenis wat met bloed gepaard gaan, wat volgens v. 7-11,  ‘n ewige verbond is, van geslag tot geslag.

NIE die teken opigself of die bediening daarvan red Abraham nie, maar die teken is, in die woorde van NGB art. 33,

by die Woord van die evangelie gevoeg om vir ons (vir Abraham en sy nageslag se) uitwendige sintuie des te beter voor te stel wat Hy aan ons deur sy Woord (sy beloftes) te  kenne gee en wat Hy inwendig in ons hart doen. So bekragtig Hy in ons die heil wat Hy aan ons meedeel” (vir Abraham, en alle gelowiges in Christus, sien Gal. 3:16,29).

Abraham glo, en ontvang die teken van die verbond, van redding.

En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;” (Rom. 4:11)

So, geliefdes, baie yweraars, veral onder ons baptiste broers, wil die besnydenis bloot afmaak as ‘n teken van bloot ‘n fisiese nageslag (15:5) en die land Kanaan wat hul sou erf, 15:18-21.

En ja, dit is dit, maar soveel meer en belangriker, juis omdat dit ‘n ‘ewige verbond is’, is dat die wese van hierdie verbond en waarna die besnydenis wys is nie land of nageslag nie, maar WIE: en dit is, 15:1, 17; 17:1, en dan veral

17:7, “Ek is jou God” = God self, geestelike rykdom, redding, die ewige lewe, Heilige Gees, Christus, volle geluksaligheid, ens.

En daarom dat ons bv hoor, in Deut. 10:16; 30:6; Jer. 4:4; 6:10; 9:26:

Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (Dt 10:16)

En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” (Dt 30:6)

Uiterlike teken (besnydenis waar bloed gevloei het), van ‘n inwendige en onsigbare saak, dus wedergeboorte, geloof, bekering, sonde vergifnis, afsny van die ou mens,

op grond van die genadeverbond in Christus, Jesus se bloed as versoening van OT gelowiges, se sondes.

En dit is mos vervul, toe Christus gekom het, en met sy hele lewe betaal het vir ons sondes, in die besonder aan die kruis, toe sy bloed vir ons gevloei het, Hy as die sondelose Lam betaal het, en so afgesny is vir ons, (sien Hebr. 7-10)

Hy het Gen. 15:17 vervul,

die donker van God se oordeel gedra.

En daarom is die besnydenis afgeskaf, dit is volbring, eens en vir altyd (Hebr. 8-10).

Die hele boek Hebreërs wys dit heeltyd: eenmaal vir altyd is die bloedoffer gebring.

Ja, daar was in die eerste eeu ‘n oorgangstydperk, maar duidelik sien ons hoe die besnydenis verdwyn, omdat dit vervul is en in die plek die doop as teken van die genadeverbond kom.

In Hand. 2 sien ons, soos Abraham geglo het, so kom baie tot geloof met Pinkster, hulle hoor die Woord, die beloftes, Christus gedoen het, gekruisig, die volkome offer, waarna die besnydenis gewys het …. en as hul dan glo en bekeer, dan volg die doop,ons het dit gelees in verse 36-41.

Wat God innerlik in hul harte doen, v. 37 ….. diep in die hart getref… besny met die evangelie ogv Christus se bloed …. dan volg die teken daarvan.

Abraham glo … hy ontvang die besnydenis teken.

Mense glo …. ontvang die doop teken.

Gen. 15 is dit God se geregtigheid in Christus wat sou kom,  wat Abraham (en alles gelowiges van die OT) gered het,

hier sien ons dieselfde, dit is God wat red in Christus wat gekom het, en die sakramente getuig, herinner, en wys daarna.

SO geliefdes, albei tekens se wese is dieselfde:

– Ek is julle God, julle my kinders

– Ek red en versorg julle, nou en in die ewigheid in Christus.

Die uiterlike tekens verskil, een ewige genadeverbond, twee verskillende bedelings/administrasies

TWEEDENS, wil ons belydenis vir ons leer uit die Skrif, die rykdom van alles wat die doop beteken

Deur die doop word ons in die kerk van God opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde godsdienste afgesonder om heeltemal sy eiendom te wees3 en sy merkteken en vaandel te dra. Dit dien vir ons tot ‘n getuienis dat Hy ewig ons God en genadige Vader sal wees.

2.1) Deur sy teken wys Hy ons is afgesonder, heilig, wees heilig want Ek is heilig (1 Pe. 1:16)

2.2) Ons is sy eiendom: Ek is julle God, julle is my kinders

2.3) Die doop is ‘n merkteken en vaandel, dat ons identifeer met God, Hy is met ons, en ons volg Hom met ons hele lewe.

2.4) Dit getuig en verserk vir ons dat Hy ‘n ewige God en genade Vader vir ons sal wees, in alle tye en omstandighede (sien v/a 1 van HK Sondag 1).

Dit kry ons in die OT verbond, maar ook in die vervulling van die NT verbond.

DERDENS, heel eenvoudig, moet ons raaksien,

Hoekom moes Abraham en sy kinders besny word?

Hoekom moet ons en ons kinders gedoop word?

Want, God beveel dit, ons bely:

“Daarom het Hy ons beveel om almal wat sy eiendom is, net met gewone water in die Naam van die Vader en die Seun en die heilige Gees te doop. Dit is Matt. 28:19.

(Sien die tweede preek oor die tema van NGB art. 34, deel 2, hieroor)

VIERDENS, word dan in detail saamgevat, wat die doop as uiterlike teken, wil aantoon, na wys:

Die water as sigbare teken wys op die bloed van Jesus wat ons reinig:

Hy toon ons daarmee dat, soos die water die vuilheid van die liggaam afwas as dit oor ons gegiet word en soos die water op die liggaam van die dopeling gesien word wanneer dit daarop gesprinkel word, so bewerkstellig die bloed van Christus deur die Heilige Gees dieselfde inwendig in die siel5: dit besprinkel die siel en reinig dit van sy sondes6 en laat ons, wat kinders van die toorn is, as kinders van God weergebore word7. Dit gebeur nie deur die uitwendige water nie8 maar wel met die besprinkeling met die kosbare bloed van die Seun van God9, ons Rooisee10 waardeur ons moet trek om aan die slawerny van Farao, dit wil sê die duiwel, te ontkom en in die geestelike land Kanaän in te gaan.

Soos die besnydenis handeling self nie iemand gered het in die OT nie, so ook die doophandeling nie, maar dit waarna dit wys red: die Gees se wedergeboorte werk ogv van Christus se bloed wat ons, sy kinders red en reinig.

En dan om hierdie punt baie duidelik te maak (sekerlik teen die Roomse dwalinge deur die eeue, wat hetsy deur die sakramente of priesters) meen dit is die sakrament wat red of help red, stel die belydenis dit baie duidelik:

“Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament wat sigbaar is, maar die Here gee wat met die sakramente aangedui word, naamlik die onsigbare genadegawes: Hy was ons siel, suiwer en reinig dit van alle vuilheid en ongeregtigheid; Hy maak ons hart nuut en vul dit met alle vertroosting; Hy gee ons egter sekerheid van sy Vaderlike goedheid; Hy beklee ons met die nuwe mens en ontklee ons van die ou mens en al sy werke.

In Gen. 15 is dit God se geskenk van geregtigheid wat Abraham laat glo, HY red, Gen. 15:17

In Hand. 2 is dit die Gees wat die harte tref deur die Evangelie, die Woord, die beloftes wat Petrus verkondig.

Ons as bedienaars, moet gee, wat sigbaar is, en dit verkondig, die Evangelie, maar wie is dit wat red, wat voeg by sy kerk, is dit ‘n mensewerk, is dit ‘n magiese krag van goeie predikers, kerkaksies, mensewerk?

NEE, wat lees ons regdeur die Skrif, Hand. 2:47?  (sien ook 3:12,13)

En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is”

Hand. 13:48 “En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.” (Hand. 13:48)

Deel 2 kyk ons na die laaste deel van NGB art. 34, wat handel oor die kinderdoop.

 AMEN.

3 thoughts on “LEER PREDIKING: NGB artikel 34 – Die heilige doop (Hand. 2:37-47, deel 1)

Add yours

  1. Baie Baie dankie Ds.vir die uitleg en verstaan van die Heilige Kinderdoop as n genade middel waar God die inisiatief neem.
    Indien moontlik Kan u net vir my n uitleg gee vd fisieke Doop van Christus deur Johannes,ek verstaan daar geen Skrifgetuines dat Hy afgegaan het nie, ook dat Johannes se Ek doop MET water ,maar Hy Sal julle MET die HG doop.Die water is die element,min of Baie water is nie ter sprake nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: