LEER PREDIKING: NGB artikel 34 – Die heilige doop (Hand. 2:37-47, deel 2)

LEER PREDIKING: NGB artikel 34 – Die heilige doop (Hand. 2:37-47, deel 2)

Lees: Hand. 2:37-47

NGB artikel 34: Die heilige doop


Teksverse: ““TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.” (Hand. 2:37–40)

Tema: Die heilige doop as versterking van ons geloof in Christus

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-05-12, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 34 (Hand. 2:37-47, deel 2)
(Deel 1 hier besikbaar)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons is nou besig om te leer oor die sakramente van die kerk, en dit is belangrik,

juis omdat ons oppad is na die sakrament van die nagmaal volgende week.

Dit is regtig jammer dat hierdie tekens wat die Here vir ons gegee het, juis om die kerk te versterk, ons te troos en te wys op wat Christus kom doen het, so groot verdeeldheid deur die eeue veroorsaak het, nie net oor vir of teen die kleindoop nie, maar ook oor die aard van die nagmaal.

Maar ja, onthou, die Satan weet hy kon nie meer die koms, volmaakte werk van Christus keer nie,

alles is volbring om die prys te betaal vir die Here se kinders, deur die Inhoud waarna die  sakramente wys, dit is Jesus, en nou sal hy natuurlik alles doen om die troos van die evangelie, en dus ook die sakramente wat dit verseel, wil verdraai en ‘n strydpunt maak.

Tog bly die regte verstaan en gebruik van die sakramente, baie belangrik vir die ware kerk van Christus, en daarom is dit deel van ons belydenis, NGB art. 33-35, in navolging van die Skrif.

Ons het reeds geleer in NGB 33, 34 die Here gee vir ons tekens, ook die sakramente om ons geloof te versterk, die sakramente is visuele woordverkondiging, dit is sigbare tekens en seëls van ‘n inwendige en onsigbare saak en deur middel daarvan werk God in ons deur die krag van die Heilige Gees. Daar is net die twee sakramente waarmee ons tevrede is,

Matt. 26 nagmaal wat pasga vervul en vervang het.

Matt. 28 die doop wat die besnydenis vervul en vervang het.

Oor die doop het ons reeds die volgende sake geleer vanuit die Skrif wat in NGB art. 34 saamgevat word, en ook belangkrik vir die onderwerp waarby ons nou uitkom, naamlik waarom ons as gelowige ouers ook ons kinders laat doop:

1) Heel EERSTENS, die basis van alles wat volg, is om raak te sien dat die teken van die Ou verbond (OT, besnydenis), in wese dieselfde beteken as die Nuwe Verbond (NT, doop) = Ek is jou God en julle is my kinders (Gen. 17:7; Hand. 2:39), dit wys beide op redding, bekering, verlossing van sonde, wedergeboorte deur die Gees, jou hart wat moet verander deur die geloof in Christus se volkome werke en welddade:

Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (Dt 10:16)

TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?” “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” (Hand 2:37-38)

TWEEDENS, die besnydenis en die doop wys ons op de Belofte van die Genadeverbond … “vir ons tot ‘n getuienis dat Hy ewig ons God en genadige Vader sal wees.” , dit is die wese van die genadeverbond in OT/NT waarop beide die besnydenis en doop wys, ek vir julle God en julle my kinders.

DERDENS, heel eenvoudig, moet ons raaksien, hoekom moes Abraham en sy kinders besny word?

Hoekom moet ons en ons kinders gedoop word?

Want, God beveel dit, ons bely in NGB art. 34 in navolging van die Skrif:

“Daarom het Hy ons beveel om almal wat sy eiendom is, net met gewone water in die Naam van die Vader en die Seun en die heilige Gees te doop.”

Dit is Matt. 28:19.

Maar onthou nou, die konteks van die belydenisskrifte, wat vandag nog daar is:

– aan die eenkant het die Hervormers redding deur enige werke van die mens (‘met behulp van die genade’), of redding deur die gebruik bloot van ‘n sakrament, ook die doop, verwerp, soos dit na vore gekom het in Rome.

– aan die anderkant was daar ‘n groep genaamd Wederdopers wat ook Rome verwerp maar ook verder gaan en die kinderdoop verwerp.

Die laaste gedeelte van NGB art. 34 is dan ‘n antwoord op die dwaling van die Wederdopers.

Die belydenis in navolging van die Skrif (alles wat reeds uiteengesit is in NGB 27-34a), handhaaf die verbondsdoop (ons en ons kinders… let wel: ons is ‘groot én kleindopers’, nie net ‘kleindopers’ nie), teenoor wat eers genoem is die Wederdopers (anabaptiste = om weer of oor te doop).

Hierdie groep daar in die 15de/16de eeu en later, het gemeen die Hervormers soos Zwingli, Calvyn, Luther het nie ver genoeg gereformeer nie, en een van die sogenaamde dwalinge wat ons vashou, is die kinderdoop …. hul meen ons moet net ‘grootdoop’ (dus hulle wat geloof kan bely, kan antwoord op die redding)

Ons noem dit daarom in navolging van die Skrif = ons moet vashou aan die verbondsdoop (ons wat glo en ons kinders moet die teken van die genadeverbond, die doop, ontvang),

NOU, baie boeke reeds daaroor geskryf, sien die Miniskakel/Pro Regno vir ‘n paar bronne, ons wil let spesifiek op die NGB se verantwoording teen die wederdopers (nota: groot verskil tussen wederdopers van daardie tye, en die ‘reformed baptists’ van vandag…):

Die eerste saak wat die belydenis stel:

“Ons glo daarom dat iemand wat tot die ewige lewe wil kom, slegs een maal gedoop moet word sonder om dit ooit te herhaal, want ons kan tog ook nie twee maal gebore word nie. Hierdie doop is nie alleen nuttig solank die water op ons is en en ons dit ontvang nie, maar ook vir ons hele lewe. Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel.”

Die naam ‘wederdoop’ beteken dan hulle wat die kinderdoop verwerp, en hul dan ‘weer’ laat doop.

Hulle sal natuurlik meen jy was nog nooit werklik gedoop nie, en daarom moet jy reg gedoop word, sogenaamd die eerste keer.

Die gereformeerdes verwerp egter ten sterkste die wederdoopse dwaling, wat natuurlik vandag nog leef, baie sterk.

En ons dit dit juis op grond van wat die Skrif leer en beveel.

Die vraag waaroor dit wesentlik gaan, is dat alles wat ons geleer het in die eerste deel van NGB 34 reeds die antwoord is:

AS die besnydenis in wese (dus nie in vorm/bedeling/administrasie nie) dieselfde beteken as die doop,

en die besnydenis is aan Abraham en sy kinders bedien,

wel, dan word die doop bedien aan hulle wat soos Abraham glo en bely in die NT bedeling,

en aan ons kinders, soos die NT leer.

Gen 15-17, Abraham glo, die teken van die verlossing word aan hom en sy seuns bedien

Hand. 2 en regdeur die Handelinge boek: Mense kom tot geloof, en ons lees nie net individue nie, maar gesinne is gedoop, sien ook Hand. 16.

Hand. 2 die belofte van die genadeverbond, die teken van die genadeverbond, Ek is julle God, julle my kinders moet aan die ouers en kinders bedien word op grond van God se bevel en belofte van redding, ook in die NT,

Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (2:39)

Die besnydenis en die doop wys op die wedergeboorte wat eenmalig plaasvind, wanneer dit die Here dit ookal behaag vir elke uitverkorene, as baba, tiener, volwassene, ens.,daarom daardie spesfieke woorde van die belydenis … wat daarop wys dit is God wat genadig red in Jesus, wanneer en wie Hy wil, nie net volwassenes as hul ouer word nie, maar kindertjies in die moederskoot ook, dink aan Jeremia en Joh die Doper (Jer. 1; Luk. 1).

Die wederdopers sal sê: maar daar is geen eksplisiete teks in die NT of voorbeeld dat ‘n baba gedoop is nie… waarop ons antwoord, daar is ook nie ‘n eksplisiete teks of voorbeeld in die NT of voorbeeld waar ‘n baba van gelowige afgewys is nie?

NOG BELANGRIKER: wanneer BV. die seremonies en heenwysings van die OT verander, kry ons ‘n hele boek daaroor, Hebreërs, asook die hele NT wat eksplisiet daarvan getuig …. maar as iets so wesentlik as kinders as deel van die verbondsgemeenskap en kerk van die Here wat die bediening moet ontvang, verander het, sou ons iets daarvan gelees of gehoor het …. maar daar is … absolute stilte?

(Sien ook hierdie spesifieke artikel daaroor: Behoort kindertjies ook aan die koninkryk, verbond en kerk van die Here, en moet daarom gedoop word?)

In bv. Hand. 10 lees ons Petrus wat nie saam met die heidene iets onheiligs en onrein wil eet nie, v. 14. op grond van die OT se reinheidswette en heiligheidswette.

Wat het sy standpunt verander?

Ja, verdere Godsopenbaring, v. 28…. “en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.” (10:28)

VRAAG aan ons baptiste vriende: toon aan deur die hele Skrif, of NT dat God iewers eksplisiet of deur afleiding gesê het: die kinders is uit, hulle moet nie meer die teken van die inlywing in die genadeverbond ontvang nie?

Soos Benjamin Warfield dit gestel het:

“God het sy Kerk in die dae van Abraham gevestig en kinders daarin geplaas. Hulle moet daarin bly totdat Hy hulle daar uithaal. Hy het nêrens hulle uitgehaal nie. Hulle is daarom steeds lidmate van sy Kerk en as sulks geregtig op haar ordinansies. Die doop is een van daardie ordinansies.”

En daarom moet, juis die doop ook van kinders gesien word in die konteks nie net van die NT nie, maar wat onderliggend aan die genadeverbond en die bediening daarvan in die OT en NT is.

Kyk hoe antwoord ons belydenis, juis met ‘n beroep op die genadeverbond met Abraham:

“Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond

te beseël, net soos die kindertjies in Israel kragtens dieselfde beloftes besny is as

wat aan ons kinders gemaak is.”

Abraham het geglo, en sy seuns is besny, ongeag of hulle geglo het, of nog sou glo, ens.

God se belofte moet bedien word op grond van God se bevel oor kinders van gelowiges: ek is jou en jou nageslag se God, Vader.

Wat vind ons hier in Hand 2 dan ook?

Mense kom tot geloof, en dan hoor ons:

En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (2:38–39)

Belofte van Christus, die Gees, redding kom nie net aan volwasenes toe nie,

d.w.s moet net aan hulle bedien word nie,

maar ook hul kinders, daarom moet die teken daarvan ook bedien word aan die kinders.

Ons lees van huisgesinne, nie net die individuele volwassenes wat tot geloof gekom het nie,

Lydia en die tronkbewaarder se gesinne…  Hand. 16

Die Here werk verbondsmatig (organies), met gelowiges en hul kinders.

Daarom is die tweede groot rede waarom kinders ook gedoop word:

“En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie. Daarom behoort hulle die teken en die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen het, soos die Here in die wet beveel het om hulle kort na die geboorte deel te laat hê aan die sakrament van die lyding en sterwe van Christus deur vir hulle ‘n lam te offer, wat ‘n sakramentele heenwysing na Jesus was. Buitendien doen die doop aan ons kindertjies dieselfde as wat die besnydenis aan die Joodse volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige Paulus die doop die besnydenis deur Christus noem (Kol 2:11: in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus).”  (Sien ook HK v/a 74)

Dit is die wese van die saak, nie hier of daar ‘n teks nie, maar of Christus ook uitverkore kinders het, nie net onder volwassenes nie, maar ook onder kinders, babas, AS babas/kinders.

En die Skrif getuig baie duidelik daarvan, dink aan ‘n Jeremia, Dawid, Joh die Doper, ens.

Is alle kinders wat gedoop is, gered of gaan nog gered word, dus uitverkorenes?

Nee, natuurlik nie, lees Rom. 9:6-8, daar is kinders van die belofte en kinders van die vlees,

en dit was so vanaf Gen. 3:15; Gen. 12, 15-17 en verder deur die hele Bybel, geskiedenis, vandag nog en tot die laaste dag…

Paulus verwys na Jakob en Esau nog voor hul gebore is, dit is die waarheid.

Maar is almal wat besny was as volwassenes gered, ook nee….

Is almal wat deur die eeue, groot gedoop is, volwasse gedoop is gered, ook nee…

So die bediening van die tekens van die verbond op grond van God se bevel is wyer as hulle

wat in die OT van harte besny is, en in die NT deur water gereinig is … wat wys op die bloed van Jesus, en die werk van die Gees.

MAAR, ons bedien NIE die doop omdat ons onfeilbaar kan vastel wie almal gered is of nie,

ons vereis wat volwassenes betref, dat hul glo, leer en lewe, dan volg die doop.

en ons hou hul as kinders van die Here, tot die teendeel wys,

en dan met woord en tug aangespreek moet word as ‘n tweesnydende swaard (sien HK So. 31).

So ook, en soveel te meer, die oordeel van liefde, van gelowiges se kinders, DL 3.4/15

tot die teendeel blyk, behandel, beskou ons alle kinders van gelowiges, as sy kinders,

tot die teendeel blyk.

“Verder moet oor hulle wat hulle geloof in die openbaar bely en hulle lewe verbeter, volgens die voorbeeld van die apostels, baie gunstig geoordeel en gepraat word, want die binneste van die hart is aan ons onbekend.” (DL 3/4.15)

Maar kyk geliefdes, onthou die bewoording van NGB art. 34, Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament wat sigbaar is, maar die Here gee wat met die sakramente aangedui word, naamlik die onsigbare genadegawes ….

Die ‘bediening’ van die doop maak jou nie kind van God nie, maar die Inhoud (Christus en sy Gees), nl. wie God bepaal het gered sal word … wie Hy na Hom sal roep (Hand. 2:39c).

In Gen. 17 sien ons reeds: Isak en Ismael ontvang beide die teken van die verbond, (die ‘bediening’ van die verbond) dit word aan albei bedien op God se bevel, maar wie ontvang die Inhoud, die wese, die bloed van Christus, wie is kind van die belofte en kind van die vlees?

Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak. Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.” (Gen. 17:19–21)

Hand. 2:39,  “Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (Hand. 2:39)

Die belofte moet deur die Woord en sakramente bedien word aan almal wat God beveel, wat die doop betref, aan ons en ons kinders, maar dan moet behalwe die belofte ook die eis ‘bedien’ word = ‘n oproep van geloof, bekering, soek die Here, omhels die evangelie (sien die verhouding tussen DL 2.1. tot 2.8).

Want dit is die HERE wat roep, die Here wat uitverkies, wat wederbaar deur sy Woord en Gees.

sodat ons sy kinders van die Belofte in Christus is en mag wees.

Ons moet dus vashou geliefdes, volgens die Skrif teen:

  • Rome, wat deur sakramente kinders van God probeer maak, en
  • teen die wederdopers wat kinders wil wegweer van die bediening van die genadeverbond.

Die Belofte kom ons en ons kinders toe….

DUS dit moet aan ‘ons en ons kinders’ bedien word,

soos in die OT bedeling, so ook in die NT bediening, tot vandag.

Ons is seker van hierdie belofte bediening, maar ons is ook seker van die Here se uitverkiesende genade.

Dit is nie ons nie, dit is nie die ‘bedienaars’ van die sakramente wat kinders van God maak nie,

maar God en God alleen op grond van Christus se werk en die onweerstaanbare werk deur die Gees (sien DL 2.8; hele 3/4 hoofstuk).

God alleen kies en red…. prys sy Naam, ‘daar is die Lam van God’ wat ons sondes wegneem, getuig die sakramente van.

En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg wat gered is … HY, Hand. 2:47.

Dit ons troos geliefdes, dit is ons pleitgrond: God se GENADEverbond in Christus,

nie ons krag en werke en doen en late en nakoming van ‘voorwaardes’ nie.

Dit is juis wat die sakramente, die doop, die nagmaal volgende week ons op wil wys:

GOD RED, PRYS SY NAAM!

Wat moet ons doen, ons kant of deel van die verbond (sien Doopsformulier)?

Ons het dit gelees, vir ons en ons kinders, Hand. 2:39, orals, in dankbaarheid:

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (Hand. 2:42)

 AMEN.
______________________________________
‘N KORT EN KRAGTIGE BYBELSE BEGRONDING VAN DIE KINDERDOOP*

  1. Die kinders van gelowiges was lede van die Abrahamitiese verbond.

(Genesis 17:7, 12: “En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ’n ewige verbond, om vir jou ’n God te wees en vir jou nageslag ná jou. … ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte.”);

  1. Die nuwe verbond is ‘n hernuwing van die Abrahamitiese verbond.

(Galasiërs 3:8, 14: “En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. … sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.”);

  1. Die teken van die nuwe verbond van die doop het die Abrahamitiese verbondsteken van die besnydenis vervang.

(Kol. 2:11,12: in wie julle ook besny is met ’n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.”);

  1. God het die kinders van gelowiges nêrens buite die verbond geplaas nie, maar sluit hulle in met ‘huisgesin’ dope (‘tussen My en jou en jou nageslag na jou‘, Gen. 17:7).

(Hand. 16:31-33, ““Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.”);

  1. Daarom is die gelowiges se kinders lede van die verbond en moet hulle die verbondsteken van die doop ontvang.

(Hand. 2:39, “Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”)

_________________________________________

*met erkenning aan die volgende bron: The best books on Infant Baptism

Sien ook die volgende artikel vir ‘n meer detail verduideliking: Why we should baptize babies: the case for covenantal infant baptism

Pro Regno bronne en artikels: Kinderdoop

“Dit is nie ons taak om die kerk meer te suiwer as wat God ons beveel het nie. God het die kinders van gelowiges in die verbond geplaas, en nêrens het Hy hulle uitgehaal nie. Die sigbare kerk bestaan uit gelowiges en hul kinders, en daarom moet ons die nuwe verbond se teken van doop aan die kinders van gelowiges bedien. Ons moet dan met ywer sulke kinders opvoed om volgens die weg van Christus te lewe.” (Zachary Garris)

“Waar die tug in die kerk verwaarloos word, daar word die kiem geplant vir vraagtekens agter die kinderdoop. As ouers wat leef soos heidene, tugteloos in die kerk geduld sou word en as doopouers aanvaar word, dan groei die vraagtekens rondom die doop van hulle kinders. Laat ons dan ook hierin die dwaling van die verwerping van die kinderdoop teenstaan deur in ons kerke erns te maak met die kerklike tug!” (JC Coetzee)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: