LEER PREDIKING: NGB artikel 35 – Die heilige nagmaal (1 Kor. 11:17-34)

LEER PREDIKING: NGB artikel 35 – Die heilige nagmaal (1 Kor. 11:17-34)

Lees: 1 Kor. 1:1-2; 6:9-11; 11:17-34

NGB artikel 35: Die heilige nagmaal

Teksverse: “Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap.” (1 Kor. 11:26–30)

Tema: Die heilige nagmaal openbaar ons kerkwees en die erns wat ons daarmee maak

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-06-03, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 35 (1 Kor. 11:26-30)

Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.” (1 Kor. 10:31)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Die leer van die nagmaal volgens die Skrif,

dus waarna dit wys, en hoe ons dit gebruik, en wie daaraan deelneem

openbaar ons geloof, openbaar ons kerkwees.

Dit openbaar of ons genadiglik, ware kerk wees, soos ons daar geleer het in

NGB artikels 27-34, hier waar ons nou is by art. 35

In die besonder artikel 29, nl. ons leer van die nagmaal openbaar

Of ons as kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken

DIT wil ons leer in die besonder vanoggend, vanuit die boek 1 Korinthiers,

Onder die tema: Die leer van die heilige nagmaal openbaar ons kerkwees volgens die Heilige Skrif (NGB art. 27-29): liefde vir God en ons naaste.

In 1 Kor. 11 lees ons van Paulus, wat deur die Gees, die gemeente in Korinthe beveel, v. 17,

In navolging van Jesus se bevel, v. 23ev (Matt. 26), om as gemeente gesamentlik,

die heilige nagmaal te vier.

Daarom, weereens, soos met die doop, waarom hou ons nagmaal?

Want die Here het dit ingestel en beveel, daarom bely ons in die eerste sin van NGB artikel 35,

“Ons glo en bely dat ons Verlosser, Jesus Christus, die sakrament van die heilige nagmaal beveel en ingestel het om hulle te voed en te onderhou wat Hy reeds wederbaar en in sy huisgesin, die kerk, ingelyf het.”

En vir WIE is die nagmaal ingestel, ja, vir hulle wat Hy gewederbaar het en in sy kerk ingelyf het,

dit is hulle van wie ons bely daar in die 2de sin en verder, juis om ook te verstaan waaroor die nagmaal gaan:

Nou het dié wat wedergebore is, tweërlei lewe in hulle: die een liggaamlik en tydelik, wat hulle van hulle eerste geboorte saamgebring het en wat alle mense besit; die ander geestelik en hemels, wat aan hulle gegee word in die tweede geboorte, wat deur die woord van die evangelie in die gemeenskap van die liggaam van Christus plaasvind. Almal deel nie in hierdie lewe nie, maar slegs die uitverkorenes van God. So het God tot instandhouding van die liggaamlike en aardse lewe vir ons aardse en gewone brood voorsien; dit dien die lewe en behoort, soos die lewe self, aan almal. Maar om die geestelike en hemelse lewe wat die gelowiges besit, in stand te hou het Hy vir hulle ‘n lewende brood gestuur wat uit die hemel neergedaal het, naamlik Jesus Christus; Hy voed en onderhou die geestelike lewe van die gelowiges wanneer Hy geëet, dit wil sê deur die geloof toegeëien en ontvang word. Om hierdie geestelike brood vir ons af te beeld het Christus aardse en sigbare brood as ‘n teken van sy liggaam en wyn as teken van sy bloed in te stel.

So wie is die wedergeborenes wat aan die Here se tafel gevoed word?

Dit is hulle wat geestelik en hemels is en lewe

Die uitverkorenes, gelowiges.

Hulle wat in Jesus se bloed gewas is, in Hom glo en hul volle saligheid by Hom soek, sien ook NGB art. 28

In 1 Korinthiers het Paulus die gemeente daar in Korinthe, ook as volg aangespreek,

wat deel aan die wese van die tafel se betekenis: Jesus Christus, wat deur die geloof ge-eet word:

aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:” (1 Kor. 1:2)

Nou, baie belangrik …. die geheiligdes in Jesus, deel aan die Nagmaal in sy volle betekenis en wydte, in alles wat dit leer.

MAAR beteken dit, dat almal die heiliges is… beteken dit dat elkeen wat bloot in die kerk sit,

en enigiemand bloot reg het op die Here se tafel …?

Nee geliefdes, ons het gelees, daar moet ondersoek wees, daar moet beproef word of ons waarlik in die geloof is, en dit behels, o.a. vir ons kinders wat grootword, dat hule deeglik moet verstaan wat geglo moet word, wat die nagmaal alles beteken, en by implikasie ons geloof, sodat hulle nie ’n oordeel oor hulself sal drink nie,

Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here… maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.” (1 Kor. 11:27, 28)

Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef.” (2 Kor. 13:5)

Daarom dat ons as gereformeerdes, die bybels-ordelike weg bewandel van ouer en gemeente katkisasie sodat ons kinders op die regte tyd belydenis van leer en lewe sal aflê, sodat hul ook as heiliges aan die heilige nagmaal met ons sal aansit.

Hierdie nagmaalviering, is nie ‘n gesinsaak nie, dit is nie ‘n individualistiese saak nie, dit is nie huis-nagmaal sonder opsig en tug van die kerkraad nie …. ja, dit kan op ‘n ander ‘plek’ plaasvind maar ‘saam’ en onder toesig van ouderlinge… want, regdeur die 1 Korinthe brief  hoor ons die oproep tot ‘samekomste’, saam kerk wees, soveel te meer as ons nagmaal vier, Hebr. 10:25 oproepe:

aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:” (1 Kor. 1:2)

MAAR terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade. Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit. Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word. As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.” (1 Kor. 11:17–20)

Vers 33 .. as julle saamkom….

Vers 22,33,34 is daar die duidelike onderskeid tussen ons gesinshuise en die gemeente of kerkhuis , ja, dit word duidelik gehandhaaf,

“ek en my kelkie by die huis alleen, of net my gesin, is onbybels en moet van harte verwerp word ….” ….. God beveel anders, en daarom bely ons uit die Skrif dan ook die volgende woorde:

“… ons ontvang hierdie sakrament in nederigheid en met eerbied in die samekoms van die volk van God, waar ons met danksegging ‘n heilige gedagtenis aan die dood van Christus ons Verlosser onderhou en belydenis van ons geloof en van die Christelike godsdiens doen.”

En nou beteken die ‘ons’ en ‘samekoms’ ook dat nie net moet ek myself persoonlik ondersoek nie, maar ook het die kerkraad, die ouderlinge ‘n groot verantwoordelikheid om saam te beproef, wie mag VOLGENS GOD SE WOORD, ook na die Here se liefdesmaal, kom … of nie kom nie, sien ook Matt. 18:15-20; Hebr. 13:17 en 1 Petr. 5:1-5.

U sien, hierdie is baie belangrik, ons glo van harte, volgens die Bybel nie aan ‘n oop nagmaalstafel nie,

ons glo nie in ‘n valse wêreldse liefde wat maar net almal – ongeag hul leer en lewe – aan die Here se tafel toe te laat nie.

DIT geliefdes, was juis een van die groot krisisse van die gemeente, die sg. probleem gemeente van Korinthe,

nie God se eer nie, nie God se Woord nie, nie die Evangelie nie,

nie, die x3 bybelse kenmerke van ware kerkwees nie (NGB art. 29),

maar mense en sonde het ongelukkig vir baie in die Korinthe gemeente sentraal gestaan.

Die kerkraad, ouderlinge, en ds. Paulus, of oudl. Paulus moes bloot net buig en aanpas, ‘n lekker dominee wees, wat alles en almal toelaat … ons hoor dit regdeur die hele eerste brief:

1:10-16, mense het sentraal gestaan, ‘dominees kerke’ gesoek: ek is vir Paulus, Cefas, net Jesus kamstig… of so en so het my gedoop daarom was dit ekstra spesiaal

Daar was skeurmakers … wat die kerkrade en predikante onder mekaar wou verdeel … stories aandra, valse getuienis oor Paulus se motiewe en bedoelinge, sien veral 2 Kor. 3

Daar was hulle wat die wêreld se wysheid wou gebruik om kerk te wees, v. 1:17-31, hfst, 3, wat vleeslik gesindheid was …. nie God se Woord nie, wêreld en sondige begeertes moet die kerkwees bepaal, wil ‘n ander fondament bou in die kerk as Christus,contra 1 Kor. 3.

Hoofstuk 5, is daar ‘n sedeloosheid en tugteloosheid onder die gemeente wat Paulus sterk aanspreek, ja, sonde word goedgepraat en verdra in die gemeente … dat ‘n lidmaat sy pa se vrou gevat het … en dit word sogenaamd verdra..

Dit kan ook wees dat hierdie lidmate hul beroep het op die woorde van 6:12,

… alles is my geoorloof … ek het mos behoeftes … moenie so streng wees nie, ‘kerkraad’!?

Party het in gemeen in die gees is hul getrou, maar nie in liggaam nie, sien 1 Kor. 6:12-20

Die suurdeeg van losbandigheid deursuur die hele gemeente … en dan roep die ‘verdraagsame onverdraagsames uit’: want wie is jy Paulus om klippe te gooi, ons is mos almal sondaars ….

En die ergste van alles, dit lyk asof sekeres hier gemeen het dit is liefde om iemand in sy bose weg te laat volhard in die sonde, sonder om hom te vermaan en selfs af te sny as hul nie bekeer nie, v. 5:9-13, sien veral vers 13, baie STERK … liefdevolle sterk woorde van Paulus…. 5:13

So geliefdes, hier en elders hoor ons, iemand, 1 Kor. 5:11, wat homself as Christen voorhou, maar wie se lewe van die teenoorgestelde getuig, en volhard in sonde en weier om te bekeer van sy sonde, mag nie geduld word nie, maar moet juis in liefde aangespreek en vermaan word,

Wat ten einde ook kan beteken dat iemand vir ‘n tyd lank, totdat daar werklike verbetering of bekering belowe en bewys is (sien So 31, antw. 85) afgehou word van die Here se tafel.

Tot eer van God, die heil van die gemeente, om suurdeeg te keer, en die heil van die sondaar self.

En daarom, bely ons ook in NGB art. 35 as volg,

Daarom behoort niemand daarheen te gaan as hy homself nie eers deeglik ondersoek het nie, sodat hy nie tot sy eie oordeel drink as hy van hierdie brood eet en van hierdie beker drink nie (1 Kor 11:29: Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.). Kortom, deur die gebruik van hierdie heilige sakrament word ons tot ‘n vurige liefde vir God en ons naaste beweeg.

Paulus se groot erns oor die saak, het ons gelees daar in 1 Kor. 6,

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” (1 Kor. 6:9–11)

M.a.w. dit is nie hulle wat hul sondes ken, van harte bely en daarteen stry en aanhou stry, wat weggehou word van die tafel nie, maar juis hulle wat volhard in sonde, en nie bekeer nie, aanhou sonde regverdig, verskoon, ander blameer van ‘liefdeloosheid’ omdat hul die tug handhaaf….

In ‘n neutedop, hulle mag nie tot die nagmaal toegelaat word wat weier om die wese van Jesus se evangelie, eerste kenmerk van ware kerkwees, nagmaal hou, in leer en/of lewe aanhou volhardend verwerp nie, as Jesus duidelik sê, Mark. 1:15,

BEKEER JULLE EN GLO DIE EVANGELIE!

Lewenslank, ja, die doop is ‘n eenmalige teken, van God wat ons gered en gewas het in Jesus en die Gees wat ons wedergeboorte en al die rykdomme in Christus skenk.

Die nagmaal is ‘n voortdurende teken, wat herhaal word, so dikwels, so dikwels, aanhoudend, lewenslank, tot die laaste dag van my lewe, of tot die wederkoms, om te doen wat ons bely in NGB art. 35,

Hierdie feesmaal is ‘n geestelike maaltyd waar Christus Homself met al sy weldade aan ons meedeel en waar Hy ons Homself en die verdienste van sy lyding en sterwe laat geniet. Hy voed, versterk en vertroos ons arme troostelose siel as ons sy liggaam eet en Hy verkwik en herstel dit as ons sy bloed drink.

Dit is wat Paulus, die Korinthe gemeente ook daar in 1 Kor. 11 veral aan herinner, as Hy daardie wonderlike woorde van die Evangelie uit Jesus se mond weer herhaal,

Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” (1 Kor. 11:25–26)

MAAR dadelik volg Paulus hier ook, met die liefdesmaal, dieselfde Paulus wat die liefdes hoofstuk geskryf het in 1 Kor 13 … met liefdevolle waarskuwende woorde vir die hele gemeente … VIR ONS, VIR MY EN VIR JOU:

Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.” (1 Co 11:29)

Dit BETEKEN EENVOUDIG GELIEFDES:

WIE bloot net soos almal die brood eet, maar JOU hart/HELE lewe is nie oorgegee aan Jesus nie,

wat nie hul sondes haat en afkeer het en na Christus vlug nie,

wat voortleef in oorteding van God se gebooie, wat God en die naaste nie liefhet nie,

wat in KORINTHE SONDES volhard:  skeurmakery aanblaas, leuens verkondig, oortredings van bv. 7de gebod probeer regverdig, wat dwaal, wat volhard in hul wellustelinge, wat ander gelowiges en die ouderlinge se WOORD verkondiging verwerp, kwaadsprekers, dronkaards, 1 Kor. 7 wat nie in ware liefde en opoffering hul vrouens of mans dien en liefhet nie…. deel nie aan Christus en sy ware gemeente nie.

EN DAAROM IS DIT JUIS GOED DAT DAAR NIE NET SELFONDERSOEK IS NIE,

MAAR DAAR MOET OUDERLINGE EN HERDERS WEES WAT JUIS LIEF IS VIR HUL SKAPE,

HUL MET DIE SLEUTELS VAN DIE KONINKRYK, IN LIEFDE BEDIEN, NL.

EVANGELIE EN DIE LIEFDE VOLLE KERKLIKE TUG

… daar is niks meer liefdeloos, anti -1 Kor. 13,

as ‘n leraar en ouderlinge wat nie volgens God se woord leer, vermaan en tug nie…

Net so wreed as ouers wat hul kinders nie vermaan in liefde nie…

EN KYK HOE WAARSKU ONS BELYDENIS IN HK Sondag 30 ook oor die kettery aan die eenkant

Van die Roomse Mis, v/a 80, maar ook v/a 82, Moet ook diegene aan hierdie nagmaal toegelaat word wat hulle met hul belydenis en hul lewe as ongelowige en goddelose mense gedra? Antw.  Nee;  want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die ganse gemeente verwek (a).  Daarom is die Christelike Kerk verplig, volgens die ordening van Christus en van sy apostels, om sulke mense deur die sleutels van die hemelryk uit te sluit totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

MAAR ook aan ‘n ‘ketterse lewenswyse’:

Vr. Kan diegene dan nie salig word wat in hulle goddelose ondankbare lewe volhard en hulle tot God nie bekeer nie?

 Antw. Nee, hoegenaamd nie; want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, geldgierige, dronkaard, lasteraar, of rower, of dergelike die koninkryk van God sal beërwe nie (a).

ONDERSOEK VRAAG

Baie jare terug, het ek deur die boek 1 Kor. gepreek, net hoofstukke 5, 7 gaan veral oor seksuele bandeloosheid … en dit het diep getref … en ‘n paar lidmate wat half spottend en krities daaroor… ‘n paar jaar later, het dit openbaar geword, dat daardies het in egbreek gelewe… en het hulle ons verlaat … toe ons hul in liefde op die regte pad van bekering en terugkeer na die Here en hul lewensmaats wou bring … 1 Kor. 11:19…. 1 Kor. 11:30…

Ons kan in ons self ondersoek onsself lewenslank mislei … kan in die hel eindig.

ONTHOU, as ek nie waarlik bekeer nie, as ek nie hulp soek nie, as ek mislei, onthou die belydenis:

Verder, hoewel die sakramente én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die goddelose ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie; Hy word slegs aan die gelowiges gegee.

EN DAAROM AS EK VANDAG SY STEM HOOR, MOET EK MY OPNUUT BEKEER, AS EK MISMOEDIG IS, WORD OPNUUT BEMOEDIG, DIE HERE IS SONDAARS GENADIG IN DIE WEG VAN BEKERING EN ‘N SOEK NA HOM! HY SAL GEEN SONDAAR WAT ROEP: WEES MY SONDAAR GENADIG WEGWYS NIE, EN SO SAL GEEN KERKRAAD VAN DIE HERE DIT OOK DOEN NIE! (sien Luk. 18:18-30 preek!)

‘Dit WAS sommige van julle … maar julle het julle laat afwas’, 1 Kor. 6:11 wat volg op die waarskuwing van 1 Kor. 6:9, 10.

DIT wat die nagmaal ons juis aan wil herinner, kyk na HOM!

Nie net ons ewige geluksaligheid nie, maar my lewe van hier en nou in WARE LIEFDE tot God en my naaste…

WAT LEER DIE NAGMAAL VIR ONS?

WAARNA WYS DIT?

Twee teksgedeeltes om saam te vat:

ONS REGVERDING EN REDDING:

Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.” (1 Kor. 1:30–31)

MAAR DAN JUIS DAARUIT VOLG DIE OPROEP VAN DIE EVANGELIE ASOOK DIE SAKRAMENTE, OOK DIE HEILIGE DOOP EN HEILIGE NAGMAAL, … ‘n lewe van DANKBAARHEID:

Vlug vir die hoerery. … Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (1 Kor. 6:18–20)

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: