Waar is die kroos tot eer van die HERE in ons kerke?

WAAR IS DIE KROOS TOT EER VAN DIE HERE IN ONS KERKE? 

1. Kyk na die verhouding belydende- en dooplidmate in 1909 in die GKSA, en dan vandag:


GKSA 1909: 53 gemeentes, belydende lidmate: 15 187, dooplidmate: 16 488, totaal: 31 675

GKSA 2021: 382 gemeentes, belydende lidmate: 58 710, dooplidmate: 17 572, totaal: 76 282

2. Kyk/luister aandagtig na hierdie preek van ds. Gustav Opperman vanuit Psalm 127 en 128, oor die  roeping van die huwelik, rolle van man en vrou, en die kinderseën juis in verhouding tot die kerk van Jesus Christus (en stuur dit vir alle gelowige getroudes en toekomstige getroudes om ook te kyk):

3. Laat ons en ons kinders ons verootmoedig voor die Here in gebed, en soek na ware deurgronde hartsbekering wat oorgaan in daadwerlike prakties-konkrete-hier-en-nou reformasie van ons hele lewe, ons motiewe, ons soeke, ons roeping, oor huwelik en gesin, kinders in sy koninkryk, ons kerke, ja, juis terwille van die kerk van Christus, tot eer van die HERE.

“Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.” (Jes. 59:21)

“En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie? (Matt. 21:15-16)

“Bedink dan u verantwoordelikheid ten aansien van die ecclesia latens (die verborge kerk van die toekoms -slc). Genade is geen erfgoed nie. God moet dit aan ons uit sy vrymag skenk. Maar die Bybel is ‘n erfgoed. En ons belydenis is ‘n erfgoed. En die Christelike sedeleer is ‘n erfgoed. Mag die Here aan ouers en onderwysers in hierdie verwarde tye veel genade gee om ook in hierdie opsig hul roeping na te kom! … Die natuurlike mens moet eers geestelik word, en dan moet die geestelike mens weer natuurlik word. Die aardse mens moet eers na die hemel verlang, en dan kan hy op die nuwe aarde terugkom.” – Totius

“Die Kerk is ook moeder van die gelowiges daarin, dat in haar skoot kindertjies gebore word vir die ewige lewe. As die geboortesyfer daal, dan is dit die begin van die einde. Daardeur het die koninkryke verdwyn.” – Prof. WJ Snyman

“Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.” – Totius

_______________________________

Sien ook:

Die Kinderseën

Ons roeping en toekoms

Huwelik en Gesin in die Heilige Skrif

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: