Post tenebras Lux: Die Franse Hugenote

Post tenebras Lux: Die Franse Hugenote

Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” (Heb 13:7–8)

Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe. (Heidelbergse Kategismus, v/a 1, 1563)

Vr. 1. Wat is die hoofdoel van die mens?

A. Die mens se hoofdoel is om God te verheerlik, en Hom vir altyd te geniet.  

(Westminster Korter Kategismus, 1648)

Post tenebrax Lux = Na die duisternis, die lig.

Een van die maklikste maniere om mense te verlei en te mislei, is om, behalwe hulle los te maak van hul bybelse geloofsworstels, hul los te maak van hul historiese wortels. Daarom dat v. 9 van Hebr. 13 volg na vers 7 en 8 (die Fondament en Rots waarop ons bou), en waarskuwend sê, ook vir ons tye en ons toekoms:

“Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

Leer ‘n geslag dat alles gaan net oor hulle en hulle tye en behoeftes, en hulle geluk en plesier, en hoe oulik hulle is, en dat die verlede nie saak maak nie (‘ek hou nie van geskiedenis nie, ek lees nie geskiedenis nie, ek leef net vir nou en die toekoms… ‘), en dan kan jy enige dwaling of kettery aan hul verkoop.

Daarom is behalwe die onderrig van die Bybel, van ons ongetwyfelde Christelike geloof en alles wat dit leer (soos saamgevat in die gereformeerde belydenisskrifte), ook onderrig in kerkgeskiedenis en volksgeskiedenis so belangrik, om in die woorde van oud-pres. Paul Kruger,

“Soek in die verlede alles wat goed en mooi is, wat daarin te ontdek is, vorm u ideaal daarna en probeer om daardie ideaal in die toekoms te verwesenlik.”

Een van die maniere om self, en veral vir ons kinders, die geskiedenis te leer en te waardeer, is om goeie ‘historiese romans’ te lees, dink bv. aan Jansie van der Walt se, ‘Johannes Calvyn: ‘n historiese roman‘, en dan terwyl of na die roman gelees is, die geskiedenisboeke te pak oor daardie persoon of tydperk se geskiedenis te bestudeer. Natuurlik moet mens selektief lees, want nie alle ‘historiese romans’ is histories betroubaar nie, veral nie sekeres wat handel oor bybelse figure self nie.

Ek het die afgelope tyd die volgende historiese roman gelees, juis gefokus op kinders van skoolgaande ouderdom, maar enige volwassene kan dit ook lees en sal dit geniet. Dit handel oor die Franse Hugenote, hul geloofstryd en vervolging in die 16de eeu deur die Rooms Katolieke kerk, wat op ‘n treffende wyse die tye, maar ook alles wat die Franse Hugenote geglo het, hul gesins- en kerklike lewe, liefde vir gebed en Psalmsing, regmatige bybelse verset, ens., uitbeeld:

Die naam van die boek is afkomstig van Theodore Beza, opvolger van Johannes Calvyn in Geneva, wat die volgende gesê het, wat later ‘n Hugenoot slagspreuk geword het:

‘Moenie vergeet dat die kerk ‘n aambeeld is wat reeds menige hamerslae weerstaan het.’

Storyline:

“Philippe, an orphan shipwright apprentice in sixteenth-century France, is perplexed by the intense religious conflict raging about him. While his friends Maurice and Sophie cling to the good news proclaimed by the church Reformers, Philippe has not yet been persuaded to abandon the teachings of the state church in which he was raised. The gospel sounds liberating at times, but can he risk believing when persecution and bloodshed inevitably follow? As Huguenot communities are massacred and full-scale warfare breaks over France, Philippe must decide once and for all where his loyalties lie. The choices he and his friends make in these violent times may cost them everything.”

Endorsements:

“A compelling historical novel. . . . Well written and informative. . . . Bond’s story captures the attention and makes the reader eager to know more about the historical characters in question.”

—Marc Mailloux, Missionary to the French-speaking world; Author of God Still Loves the French

Hammer of the Huguenots is a gripping story about life in sixteenth-century France. Bond’s skillful blend of fact and fiction draws the reader into the religious wars of that era and . . . exposes the theological and ethical issues faced by the Huguenots. . . . This book provides insight into a little-known but important time in the history of the church.”

—J. Robert Vannoy, ThD., Emeritus Professor, The Allan A. MacRae Chair of Biblical Studies, Biblical Theological Seminary

Meer inligting oor die skrywer en ander boeke wat hy geskryf het, iemand by wie mens ook meer kan leer oor die kuns van stories skryf: Douglas Bond

Redeemed Reader se kort resensie en aanbeveling hier.

Die boek kan hier aangekoop word.

Om meer te leer van die Franse Hugenote oor die algemeen, maar veral hul koms na Suid-Afrika, en hul groot invloed op ons land, sien die standaardwerk van Pierre Coertzen, Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988.

Hier is ook meer inligting:

Die Hugenote

Die Hugenote – hul belangrike erflating

Hugenote Vereniging in SA

Vir meer inligting oor die huidige situasie van die gereformeerde geloof en hugenote kerke in Frankryk, sien die volgende webblaaie en inligting;

The Huguenot Fellowship

Zurich Publishing

La théologie Réformée en France

The History and Legacy of the Huguenots

HC Viljoen oor die Hugenote in SA:

“Die Hugenote word gekenmerk aan hulle inherente trots, hardwerkendheid en eerlikheid. Hoewel hulle aanvanklik hulle eie identiteit wou behou, het hulle tog later vermeng met ander koloniste in Suider-Afrika om slegs Suid-Afrikaners te word. Binne twee geslagte na hul aan koms aan die Kaap het selfs hul taal, Frans, grootliks uitgesterf.

As groep het die Hugenote op betreklik vroeë stadium ná die volksplanting hier aangekom toe die blanke bevolking ook nog relatief klein was. Wat hulle in hul eie vaderland as kinders van die Hervorming beleef en ervaar het, het hulle as geestesgoed met hulle saamgebring.

Seker die belangrikste invloed wat hulle in Suid-Afrika gehad het, is te vind in die feit dat hulle, soos hul Hollandse voorgangers, draers van die Calvinisme was. In sy werk Het leven van Johannes Calvijn kom D’Arbez tot die slotsom:

Toch, nergens op aarde leeft het werk van Calvyn sterker door dan in Zuid-Afrika, waar de geest van Calvyn nog niet verswakt is door den invloed van de twintigste eeuw, zoals maar te dikwels het geval is geweest, en nog is, in de landen van Europa”.

Etlike skrywers noem allerlei kenmerke in die Afrikanervolk wat toegeskryf moet word aan die invloed van die Hugenote: fisieke kenmerke soos ‘n donkerder gelaat en swart hare, die opgewekte lewenshouding, uithouvermoë, artistieke sin, individualisme en onafhanklikheidsin, liefde vir persoonlike en politieke vryheid, wellewendheidsvorme, humor en blymoedigheid, vermoë om ‘n plan te maak.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: