Skrifoordenkings en Bybel leesplanne vir 2023

1. Skrifoordenkings

a. Enige Afrikaanse Skrifoordenkings van ds MJ Booyens oor verskillende Bybelboeke, sien hier: MJ Booyens

c. Calvyn vir Vandag dagstukke, hier beskikbaar.

Want ons wysheid moet niks anders wees nie as om met ootmoedige leersaamheid alles wat in die Skrif oorgelewer is, sonder uitsondering te aanvaar. – Institusie I, 18, 4

NOTA: ons stuur in 2023 hierdie Calvyn dagstukke (saamgestel deur prof. FJM Potgieter uit sy Institusies en kommentare) ook uit via whatsapp. Indien u daarop wil inteken, stuur die woord ‘Calvyn’ met u naam en van en gemeente, na my nommer: 082 770 2669.  

b. Engelse oordenkings:

PRCA devotions

RP daily devotions

Ligonier devotions

2. Bybel leesplanne

Hier kan u ook verskillende Bybel leesplanne kry:

Bible Reading Plans for 2023

“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet.” – Ps.119:18.

Groete en seën toegebid in Christus, vir die nuwejaar

Slabbert Le Cornu

(Vir enige vrywilllige donasies aan Pro Regno bediening, sien hier)

Ds. MJ Booyens se 1 Januarie oordenking uit ‘Deur die geloof – Hebreërs 11’ oordenkings:

Januarie 1: Ek glo

Die geloof dan is ‘n vaste vertroue — Hebr. 11:1

“Ek glo” so bely ons. Ons is gelowiges.

Die geloof onderskei ons van ander mense. Dit is ons unieke kenmerkende eienskap — ons vaandel of onderskeidingsteken.

Daaraan word ons uitgeken in die kerk — “die vergadering van gelowiges”.

Ons leef uit die geloof in ons huisgesin. Wanneer ons gaan slaap en wanneer ons opstaan, wanneer ons in huis sit en wanneer ons op reis is. In ons werk en spel; in ons wetenskap en kuns — oral en altyd wapper die vaandel van ons geloof.

“Ons glo” staan oor ons hele lewe geskrywe.

“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop”

Vir die skrywer van die Hebreërbrief is die geloof die wortel van standvastigheid, teen die wankelmoedigheid en wispelturigheid van die ongeloof.  Dit is ‘n lewe in vertroue met die oog op die toekoms — die dinge waarop ons hoop.

Ek glo, daarom is ek verseker!

Ek het ‘n uitsig en daarom besiel met innerlike krag.

Die krag deurstraal my ganse lewe.

Dit is die krag in my wat uitsien en wag en volhard ondanks druk en nood en vervolginge.

Deur die krag besit ek “lydsaamheid” — die vermoë om aan te hou en uit te hou onder druk en lyding en nood. “Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry” — 10:36.

‘n Ware geloof is ‘n vaste vertroue

Ek glo, daarom besit ek ‘n vaste vertroue.

“‘n Ware geloof is ‘n vaste vertroue, wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk dat nie alleen aan ander nie, maar ook aan my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid deur God geskenk is uit loutere genade alleen terwille van die verdienste van Christus.”

Juis daarom het ek ‘n toekoms.

Juis dit wil die skrywer van hierdie brief benadruk. Ons kan met sekerheid en blymoedigheid die toekoms tegemoet stap. Ons hemel word immers oorkoepel deur die reënboog van God se verbondsbeloftes. En Hy is getrou — onwankelbaar getrou.  In Hom glo ons — op Hom hoop ons — op Hom wag ons.

Ons sal nie beef of rugwaarts gaan

Die “vaste vertroue” is die grondslag waarop ons lewe vasstaan. Dit is veel meer as die vaste aarde onder ons voete.

“Laat dan maar buig en beef al wat ons hier omgeef; laat berge uit hul stee wegwankel in die see — ons sal nie beef of rugwaarts gaan” — Ps. 46.

Ons glo — en ons het die bewys.

Die “eiendomsbewys” dat ons deel het aan die koninkryk van Christus. Daarom sal ons dit nooit verloor nie.

“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie” — Joh. 10:27, 28.

God hou my vas . . .

“Ek glo” beteken nie in die eerste plek dat ek aan God vashou nie, maar dat Hy my vashou. Daarom kan ek die geloof nooit verloor nie.

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” — Ef. 2:8.

Daarom is die dinge waarop ons hoop geen wankelmoedige of onsekere verwagting nie. Dit lê nie verborge agter newels en wolke van menslike prestasies of vermoëns nie. Dit lê onwankelbaar vas in die beloftes van God.

“Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is” — Hebr. 6:17-19.

Ek is verseker!

Ons kan met Paulus ons pelgrimslied sing: “Ek is verseker!!”

“Maar nee, ons sal oorwinnaars bly  deur Hom vir Wie ons leef en ly.  Ja ‘k weet gewis, geen lewe of dood,  geen eng’lemag bomenslik groot,  geen skepsel in die skepping wyd,  geen ding in tyd of ewigheid —  niks kan ons van Gods liefde skei  wat ewig-vas in Christus bly”

One thought on “Skrifoordenkings en Bybel leesplanne vir 2023

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: