Totius oor Skrifgesag

TOTIUS OOR SKRIFGESAG

“Om te sê: ‘Ek volg die metode van die Skrifkritiek maar nie sy resultate nie’, is seIfbedrog. Die metode self van die Skrifkritiek is verkeerd; want die gesag van Gods Woord word op kardinale punte verwerp. In die plek daarvan word gestel die gesag van die mens wat sogenaamd beter weet wat in die Skrif moet staan en nie staan nie. Wie volgens ons Belydenis die Skrifgesag ten volle aanvaar, kan met die Skrifkritiek geen enkele skrede saamgaan nie.” (Die Kerkblad, no. 680, 7 Oktober 1930)

“As ons bewyse moet lewer vir die Christelike waarheid, word die Skrif aangehaal. Dit is dan die einde van alle teëspraak. Waarom? Wel, omdat die gelowige die Skrif erken as die Woord van God en bygevolg as die absolute gesagsbron. …

Nou kan egter die verdere vraag gestel word: ‘Waaraan ontleen die heilige Skrif sy aansien en gesag?’ (vgl. die opskrif van die Nederlandse Geloofsbelydenis by art. 5); m.a.w. op watter grond steun die onfeilbare gesag van die Skrif? … 

Die eintlike grond vir ons geloof aan die Skrifgesag is dus die selfgetuienis van die Skrif, maar die getuienis van die Heilige Gees is die middel om ons tot dié geloof te beweeg. Hierdie getuienis is geen aparte stem wat tot ons kom buitekant die Woord om nie, maar dit kom uit en deur die Woord. Die Heilige Gees open ons oor sodat ons dadelik as God spreek, sy stem herken. Watter kind is daar wat nie die stem van sy vader ken nie?” (Kosbare Goud: Die gesag van die Heilige Skrif-artikel)

“Op grond van hierdie oorweginge veral moet die Christen die evolusieteorie beskou as ‘n ondermyning van die Skrifgesag en die Christelike geloof.” (Die Heilige Skrif en die evolusie teorie)
___________________________________

Beklemtonings bygevoeg.

Verdere Totius artikels hier

2 thoughts on “Totius oor Skrifgesag

Add yours

  1. Dr. Willie Marais en dr. Greg L. Bahnsen oor Skrifgesag:

    DR. WILLIE MARAIS (1929-2014) REGSINNIGE GEREFORMEERDE PREDIKANT VAN NGK, HAAL VIR DR. GREG L. BAHNSEN AAN: DIE HERE Sê ONS!

    Ek sien dr. Willie het ook Bahnsen gelees, en met sy ‘presuppositions’ oor die Skrif saamgestem. In sy boekie, “Ek glo in die Bybel: is die Bybel vandag nog relevant?” (Aktuapers, 2002: 77-79), skryf hy oor ‘Die gesag van die Skrif’ o.a. soos volg:

    “Die woord gesag is afgelei van die stam: om te sê. Dit is die reg wat iemand het om iets te sê, dit wil sê seggenskap te hê. Dit kan ook beteken om iemand of iets anders iets te laat sê. Dit is dus die reg om oor andere besluite te neem en om gan hulle opdragte te gee, dit wil sê om oor andere gesag uit te oefen.

    Gesag is dus ter wille van orde en dissipline, vrede en harmonie ingestel, aangesien die sonde tot onrus, ongebondenheid, ongehoorsaamheid en wanorde aanleiding gee.

    God alleen beskik oor volstrekte, onbegrensde gesag.

    Alle aardse vorme van gesag bly dus afgeleide of verleende gesag. In hierdie opsig neem die heilige Skrif ‘n unieke plek in, want dit is God self wat in die Skrif aan die woord kom (vgl Rom 9:17) en verklaar dat die Skrif oor Goddelike gesag beskik wat deur alle mense eerbiedig moet word:
    Moses het vir die kinders van Israel gesé: “Julle moet die gebooie van die Here julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou’’ (Deut 6:17). Verder het hy hulle beveel om ‘n afskrif van die wet wat voor die Levitiese priesters Iê, aan elke koning te gee sodat hy dit kan lees en leer dat hy al die insettinge daarin moet onderhou en nie links of regs van dié gebod afwyk nie (Deut 17:18-20). Moses het sy bediening afgesluit deur die kinders van Israel te beveel: ‘‘Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit julle kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou’’ (Deut 32:46).

    In Prediker 12:13 lees ons: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy ge- booie; want dit geld vir alle mense.’’ Die woord van die Here het tot Jeremia gekom en gesê: ‘En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het – alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies’’ (Jer 25:13).

    C.F. H. Henry skryf: ‘The prophet Jeremiah does full justice to the dynamic vitality of God’s dabar, yet declares that the words of Yahweh are to be recorded in the ‘roll of a book’ so that the written word may turn Israel and Judah from their wicked ways (Jer 36:2,3). The written word may therefore be viewed as no less potent than the spoken word.”

    Ek kan dus saamstem met G.L. BAHNSEN waar hy aanvoer:

    ‘Throughout its record the Bible PRESUPPOSES its own authority.

    For instance, the Old Testament is often cited in the New Testament with such formulas as ‘God says’ or ‘the Holy Spirit says’ (as in Acts 1:16; 3:24-25; 2 Cor 6:16).

    What Scripture says is identified with WHAT GOD SAYS (e.g., Gal 3:8; Rom 9:16).

    For that reason alll theological arguments are settled decisively by the inherent authority signified in the formula ‘it stands written’ (literal translation).

    The same authority attaches to the writings of the apostles (1 Cor 15:1-2; 2 Thess 2:15; 2:14), since these writings are placed on a par with the Old Testament Scriptures (2 Pet 3:15-16; Rev 1:3).

    Apostolic Scriptures often has the common formula ‘it stands written’ applied to it (e.g., John 20:31).

    THEREFORE the Old and the New Testaments are presented in the Bible itself as the authoritative, written, Word of God.’ ”

    Meer inligting oor dr. Willie Marais:

    Dr. Willie Marais (1929-2014) – VDM !

    https://proregno.com/category/dr-willie-marais/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: