Die BSAV (Bybelgenootskap in SA – vertaling), is my afkorting wat ek gebruik vir die Bybelgenootskap se nuwe vertalingsprojek, in die verlede genoem die 2016 vertaling, en, deur die GKSA so ‘n lang naam gegee dat ek dit al heeltemal vergeet het.
Hier is al die inligting beskikbaar oor die komende BSA vertaling:
http://www.nuwekerkbybel.co.za/ (al die aanhalings hieronder uit die BSAV wat tans beskikbaar is, kan hier gevind word).
In hierdie skrywe wil ek graag stilstaan by een van die nuutste proefvertalings van die Bybelboek: 1 Timoteus.
Eerstens wil ek ‘n paar vertalingsverskille uitwys deur die BSAV met die OAV te vergelyk, en, tweedens, wil ek graag op die inleidende nota van hierdie proefvertaling – nl. oor wie die skrywer is van 1 Timoteus – reageer.
A. Vertalingsverskile
1 Tim.1:9-11
OAV: 9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.”
BSAV: “9omdat hy besef dat die wet nie bedoel is vir die regverdige nie, maar juis vir die wetteloses en ongehoorsames, vir die goddeloses en sondaars, vir die onheiliges en wêreldlinge, vir die wat hulle vaders en moeders doodmaak en mense vermoor, 10vir manlike prostitute, vir mans wat met mans intiem verkeer, vir diegene wat mense ontvoer, leuens vertel, meineed pleeg of enige iets anders doen wat teen die gesonde leer* indruis. 11 Dit stem ooreen met die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God, wat aan my toevertrou is.
Opmerkings
1. Vir ‘n vertaling wat gemik is op brontaal en meer direkte vertaling, lyk verse 9-10 meer na ‘n parafrase vertaling, hoekom ?
2. In aansluiting by nr.1, hoekom nie bly by bloot ‘hoereerders en sodomiete’ nie, albei woorde – en veral laasgenoemde – is baie duidelik te verstane in ons moderne tye. Is dit dalk nie meer polities en menseregte-korrek om hierdie woorde te gebruik nie (en daardeur God se afkeur daarteen – ‘n gruwel – te bevestig nie?)
3. Maar nog belangriker, hoekom vertaal die BSAV ‘hoereerders’ (Grieks: pornos) nou beperkend met net een van sy betekenisse, nl. as net ‘manlike prostitute’ (OAV: ‘hoereerders’, wat alle immorele seksuele sondes insluit, hetero- en homoseksueel), en dit dan ook nog voor die volgende frase ‘vir mans wat met mans intiem verkeer’ ? Is die doel dalk om slegs ‘n bepaalde soort van ‘homoseksualisme’ te veroordeel (slegs prostitusie onder homoseksueles maar nie homoseksualisme self nie?), en/of slegs die ‘daad’ maar nie die ‘oriëntasie’ nie te veroordeel (terwyl Christus beide immorele dade en denke/oriëntasies veroordeel, Matt.5:27-30, of dit nou hetero of homoseksueel van aard is) ?
Die NET Bible se verklarende notas wys in daardie rigting vir ons moderne tye, as hul arsenokoites vertaal as “practicing homosexuals”, en dan opmerk (beklemtoning bygevoeg):
“Since there is a distinction in contemporary usage between sexual orientation and actual behavior, the qualification “practicing” was supplied in the translation, following the emphasis in BDAG.”
4. In antwoord hierop, wys die gereformeerde Skrifverklaarder, dr. George W. Knight, daarop in sy klassieke verklaring op die Pastorale Briewe, dat pornos (‘hoerery’): ‘is a general term in the NT for ‘sexual immorality.’ Here it reflects the seventh commandment of the Decalogue and its application later in the Mosaic law (e.g. Ex.22:16,17; Dt.22:22-30; Lev.20:10-21)” (p.85)
Dr. Knight skryf verder, oor die opvolgende woord wat deur die OAV vertaal is as ‘sodomiete’ (beklemtonings bygevoeg):
“Paul’s list also includes as representative of the seventh commandment ‘arsenokoites‘ (also in 1 Cor.6:9, cf. Rom.1:27 …), ‘homosexuals,’ so that both heterosexual and homosexual aspects of immoral sexual activity are covered. The latter is in accord with Paul’s approach elsewhere (Rom.1:24, 26-28; 1 Kor.6:9-11), where he writes about homosexuality as the perversion of the God-ordained orientation of sex and reflects the OT condemnation of homosexuality (cf. Lv. 18:22; 20:13; Dt. 23:18; and then also Gn. 18:20; 19:4-7; Ezk.16:48-50, especially v. 50; Jdg. 19:22, 23).The word Paul uses is composed of two components, arseno and koites. The former is the specific word for male (arsen) with “strong emphasis on sex” (BAGD). The latter means generally “bed” and is a euphemism for sexual intercourse (BAGD). The word does not refer, as some writers have alleged, only to sex with young boys or to male homosexual prostitutes, but simply to homosexuality itself (so Paul explicitly in Rom. 1:26, 27; cf. the article by Wright, “homosexuals”). Paul writes, elsewhere that the consequence for continued and unrepentant involvement in this, and other sins listed here, is exclusion from the kingdom of God and that deliverance from this, and the other sins, is an integral part of the gospel of Jesus Christ as Lord through the power of the Spirit of God (1 Cor. 6:9-11).” [p.85, 86]
1 Tim.2:11,12
OAV: 11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
BSAV: ‘n Vrou moet haar stilweg laat onderrig in volle gehoorsaamheid. 12 Ek laat nie toe dat ‘n vrou onderrig gee of haar man domineer nie; sy moet haar stil gedra.
Opmerkings
1. Hoekom ‘onderdanigheid’ (Grieks: hupotage) vervang met ‘gehoorsaamheid’, ek kon nie een vertaling, oud of modern, kry wat dit al reeds so vertaal nie ? Daar is dalk iewers een, maar van die bekendes wat ek geraadpleeg het, het almal ‘submission’, nie ‘obedience’ nie (sien bv. KJV, NASB, NIV, NKJV, NAV). ‘Gehoorsaamheid’ is deel van ‘onderdanigheid’, maar behels nie alle aspekte daarvan nie. ‘Onderdanigheid’ in die konteks is juis wat sin maak, omdat Paulus in v.13 hom beroep op die skeppingsordening van God tussen man en vrou – manlike leierskap en vroulike onderdanigheid (Gen.1 en 2), asook die katastrofiese gevolge as hierdie skeppingsordening aangaande man en vrou omver gewerp word deur die sondeval (v.14). Dit is juis daardie wesentlike aspekte (v.13 en 14) wat verlore gaan deur die BSAV se keuse vir die beperkende woord, ‘gehoorsaamheid’.
2. Hoekom weg beweeg van die generiese vertaling van die manlike geslag, ” ‘n/die man” (OAV; NAV) na ‘haar man’ in v.12 van die BSAV ? In kombinasie met die woord ‘domineer’ is dit ‘n duidelike eensydige interpretasie met die oog op die hedendaagse VIDA debat, wat in die vertaling ingelees word.
Dr. Knight wys daarop dat (beklemtonings bygevoeg):
“As in vv.9 and 11, so also here (v.12 – slc) gune refers generally to any ‘woman’, and this is probably highlighted by the use of anarthrous forms (sonder lidwoord – slc) for both gune and aner (man – slc). Just as it was womanhood that required silence and submission in v.11, so here it is womanhood (vis-a-vis men) that is view in the prohibition. … aner is used here, as in v.8, to refer to ‘man’ in distinction from woman, not in its more restricted sense of ‘husband.’ The singular refers to men in general, just as gune refers here and in v.11 to women in general. The genitive case of andros agrees with the nearer infinitive, which like other verbs of ruling and governing takes the genitive (BDF 177; Robertson, Grammar, 510), though the noun qualifies not only the second infinitive, authentein (gesag uitoefen/regeer – slc), but also the first, didaskein (om te leer – slc), in accordance with normal Greek usage.” (p.140, 142)
D.w.s. nie net ‘n sekere getroude vrou mag nie oor ‘haar man’ (BSAV) regeer/gesag uitoefen nie, maar die vroulike geslag oor die algemeen mag nie in die kerk/eredienste oor die manlike geslag oor die algemeen regeer/gesag uitoefen nie, wat heeltemal in lyn is met die skeppingsordelike bepaling van die Here, soos Hy dit deur Paulus bevestig in 1 Kor.11:3,
“Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.”
3. In aansluiting by punt 2, hoekom die Griekse woord authentein nog slegter vertaal as die OAV se ‘heers’, nl. as ‘domineer’ ? Alhoewel ‘heers’ negatiewe en positiewe betekenisvelde het, selfs nog in vandag se taal, is dit meestal saam met ‘domineer’ ‘n uitsluitelik negatiewe woord om vandag te gebruik. Hier is die NAV baie beter en akkuraat met ‘oor die man gesag uit te oefen nie’, want dit is presies wat Paulus aandui volgens die konteks. Dr. Knight merk ook op hier (beklemtonings bygevoeg):
“Contrary to the suggestion of KJV’s ‘usurp authority’ and BAGD’s alternative, ‘domineer’ (so also the NEB), the use of the word shows no inherent negative sense of grasping or usurping authority or of excercising it in a harsh or authoritative way, but simply means ‘to have or excercise authority’ … Paul refers, then, with authentein to excercise of a leadership role or function in the church (contextual setting), and thus by specific application the office of episkopos/presbuteros, since the names of these offices (especially episkopos) and the activities associated with them (cf., e.g., 3:4,5; 5:17; Tit.1:9ff.; Acts 20:17, 28ff.) indicate exercise of authority …
It is the activity that he prohibits, not just the office (cf. again 1 Cor.14:34,35). … Some have suggested that Paul is only ruling out teaching or excercise of authority apart from a man’s oversight, or just a certain type (‘dominerende’? – slc) type of authoritative teaching. The insistence here on silence seems to rule out all these situations (“maar sy moet haar stil hou/gedra”).” (p.141,142)
1 Tim.3:16
OAV: En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
BSAV: 16 En die geheim van ons godsdiens is sonder twyfel groot: Hy is geopenbaar in ‘n menslike liggaam,* regverdig bewys deur die Gees, gesien deur engele, verkondig onder nasies, geglo in die wêreld, opgeneem in heerlikheid.’
Opmerkings
1. Die BSAV – in navolging van die NAV – is natuurlik gebaseer op die NA-UBS Griekse grondteks [so ook NIV/NASB/ESV], en dit alleen is genoeg om heelwat gelowiges wat konfessioneel vashou aan die Meerderheidsteks/Textus Receptus (Oorgelewerde Teks) tradisie [KJV/OAV/NKJV] nie opgewonde te maak oor die BSAV nie.
2. Die NA-UBS teks meen natuurlik hul tekstradisie is die ‘superior text’ (sien bv. PW Comfort, NT Text and Translation Commentary, Tyndale, 2008, p.663; in SA hoor ons, ‘die beter/beste manuskripte …’, in plaas van ‘ander/sommige manuskripte’, ens.) en dat daarom theos (God) later ingevoeg is, terwyl MT/TR weer van mening is dat theos deur ‘o/ho/hos’ (wie/wat/hy) vervang is.
3. ‘n Verdere bekommernis wat deur hierdie voorbeeld na vore kom, is dat – indien hierdie vers en die gebrek aan voetnota wat vermeld van die MT/TR lesing van ‘God’ – ‘n aanduiding is van hoe die res van die BSAV ‘tekskrities’ gaan lyk, dan is die BSAV geensins enige verbetering op die debat tussen die ‘OAV en NAV’ se verskillende grondtekste nie. Gaan kyk gerus na die NKJV Bible, hulle kies vir die TR Griekse grondteks, maar vermeld – sonder enige vooroordele – in die voetnotas die UBS/NA en MT lesings waar dit verskil van die TR lesings.
4. Sien meer oor my eie mening oor grondtekste/vertalings/vertaalmetodes hier, asook hoekom dit belangrik is:
God se voorsienigheid, die kanon en die grondteks
B. Oor die menslike skrywer van 1 Timoteus
In die inleidende notas van die BSAV staan daar:
“Tradisioneel word aanvaar dat die apostel Paulus die skrywer van die brief is (1:1). Weens die styl en besonderhede (sic) omstandighede van hierdie brief meen heelwat geleerdes egter dat dit in ‘n later stadium geskryf is deur ‘n toegewyde volgeling van Paulus in die naam van sy leermeester.”
Opmerkings
1. Duidelik word daar ge-openbaar in die Teks dat Paulus aan Timoteus skryf (1:1,2), maar die BSAV beskou dit bloot as ‘n ‘tradisie’ wat betwyfel kan word. Daarom dat daar verder staan dat Paulus dalk nie die skrywer was nie, want die ‘besonderhede omstandighede’ (sic) van die brief wys dit uit. Nou waar en hoe word hierdie kennis van die brief se ‘omstandighede’ verkry ? Sosio-historiese en/of historiese kritiese studies vanaf die einde van die 19de eeu ?
2. Die BVA (Bybel met Verklarende Aantekeninge, 3 dele, 1959) aanvaar bloot dat Paulus die skrywer is sonder enige twyfel, en ‘n meer moderne (in die historiese sin bedoel) evangelies-gereformeerde verklarende Bybel stel die saak as volg in sy inleidende notas (ESV Study Bible, 2008; beklemtonings bygevoeg):
“The first verse of 1 Timothy clearly states that Paul is the author, and this was universally affirmed until the nineteenth century. In the last 200 years a significant shift has occurred in biblical scholarship so that many today deny that Paul actually wrote 1 Timothy, 2 Timothy, or Titus. Critics point to ways in which these three letters (the “Pastoral Epistles”) differ from Paul’s other letters in style, vocabulary, theology, church order, and the way in which Paul is portrayed. However, the differences in theology and church order, for example, are typically overstated based on a particular reading of Paul’s earlier letters, and based on the effect of reading these three letters as a unit rather than individually (as the rest of Paul’s letters are read).
For example, some claim that the Pastoral Epistles picture a much more structured church with an emphasis on church officers (esp. elders and deacons) rather than the dynamic, Spirit-directed church in Paul’s other letters. This overstates the evidence of both groups of letters in opposite directions. Elders are mentioned as early as Paul’s first missionary journey (Acts 14:21–23), and Philippians is addressed to the “overseers and deacons” of the church in Philippi (Phil. 1:1). Furthermore, difference in style and vocabulary is not unusual for a creative mind, especially considering that these letters differ from the other letters in purpose, subject matter, and audience, these being the only ones written to coworkers.
Additionally, it is problematic to argue that these works were written under a false name since the early church clearly excluded from the apostolic canon any works they thought to be pseudonymous. While critics point to the common practice of pseudonymous writing in the ancient world, they usually fail to point out that this practice, though common in the culture, was not common in personal letters, and was categorically rejected by the early church (cf. 2 Thess. 2:2; 3:17; also Muratorian Canon 64–67; Eusebius, Ecclesiastical History 6.12.3). Tertullian (c. a.d. 160–225) wrote that when it was discovered that a church elder had composed a pseudonymous work, The Acts of Paul (which included a purported Pauline letter, 3 Corinthians), the offending elder “was removed from his office” (On Baptism 17). Accepting as Scripture letters that lie about their origin is also a significant ethical problem. Thus, there is a good basis for affirming the straightforward claim of these letters as authentically written by Paul.”
3. Met bogenoemde stelling dat 1 Tim dalk nie deur Paulus geskryf is nie, vind die BSAV hul in ‘n vreemde teologiese tradisie wat sy ontstaan het na die Verligtingseeue, en nie in die outentieke gereformeerde tradisie in lyn met die vroeë kerk en Skrif nie. Dit moet die gevaarligte laat flikker.
Is dit tekens van Skrifkritiek ?
Nee, volgens die moderne teologie, die Bybel in Praktyk en die interpretasies wat volg.
Ja, volgens Totius en die gereformeerde belydenis (as hy skryf oor ‘n soortgelyke probleem in die OT teologie, nl. die Skrifkritiek wat die Mosaiese outeurskap van die Pentateug bevraagteken; beklemtonings bygevoeg):
“… Maar hiermee stel die hedendaagse Skrifkritiek hom dan ook pertinent teenoor die duidelikste uitsprake van die Heilige Skrif. Duidelik sê die Skrif: “Die Here het met Moses gespreek en gesê” – en dan volg telkens die wette. Laat die leser maar self nagaan hoe baiekeer hierdie formule, of iets wat daarmee gelyk staan, in die boeke Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium voorkom. … Intussen meen ons dat dit volkome duidelik geword het wat Skrifkritiek is. Dit is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel. Dat op dié manier die gesag van Gods Woord ondermyn word, hoef ons nie nader aan te wys nie. En dat ons met so ‘n kritiek nimmer mag saamgaan nie, is ook direk duidelik. Ons Geloofsbelydenis sê immers aangaande die Heilige Skrif: “En ons glo sonder enige twyfel alles wat daarin vervat is.” [NGB artikel 5]
Volgens Totius se definisie van ‘Skrifkritiek’, “Dit is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel”, is die BSAV se inleidende nota – oor wie die skrywer is van 1 Timoteus – skuldig aan Skrifkritiek.
As u my vorige opmerkings oor die BSAV hier gaan lees, asook oor vertalings oor die algemeen, is daar myns insiens beslis gronde om besorg te wees oor hierdie nuwe komende vertaling, ongeag die mooi beloftes wat dit getoon het:
https://proregno.com/category/vertalings/
Ten slotte volg hier nog ‘n gedeelte van Totius se skrywe oor Skrifkritiek. Lees dit solank sodat wanneer die BSA se proefvertalings oor Genesis tot Deuternomium uitkom, ‘n mens kan sien in watter tradisie die BSAV met sy verklarende notas staan, die Verligtingseeue se skrifkritiese ‘liberale protestantisme’, of die outentieke gereformeerde konfessionele tradisie van ons kerke:
Wat is Skrifkritiek ?
(Versamelde Werke, deel 1, 1977-uitgawe, bl.41ev, beklemtonings bygevoeg)
“Die ou vaders wat dan ook ons Bybel van inleidings voorsien het, het die Skrifgegewens op hierdie punt sonder enige twyfeling aangeneem. Byvoorbeeld, hulle beskou Levitikus as van Moses afkomstig, omdat die Skrif self dit sê. In Lev.1:1 lees ons: “En die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê . . .” In Lev.4:1 staan: “Verder het die Here met Moses gespreek en gesê. . .” En so gaan dit voort dwarsdeur die boek heen, tot die laaste hoofstuk toe.
As daar dus iemand opstaan wat my kom vertel dat Levitikus nie deur Moses geskrywe is nie, maar dat die boek sy ontstaan te danke het aan iemand anders in ‘n baie later tydperk van Israel se geskiedenis, dan sal ek so iemand met alle krag teëstaan. Die gesag wat die Skrif as Woord van God vir my het, eis dit.
Nou sê die Skrif nadruklik dat die groot aantal wette wat ons vind in Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium, aan Israel gegee is deur die diens van Moses. Hiermee is die kwessie van hulle ontstaan vir ons uitgemaak. Wat die geskiedenis in die 5 boeke betref, vir ‘n groter gedeelte hou dit verband met Moses se eie lewe, was hy self getuie van die gebeurtenisse. Waarom kon hy dan die gebeurtenisse nie beskryf het nie? En wat betref die geskiedenis wat in die boek Genesis verhaal word, waarom kan hy nie – onder gebruikmaking van mondelinge oorlewering en skriftelike getuienisse, altyd onder die onfeilbare leiding en ingewing van Gods Heilige Gees – ook daarvan die skrywer wees nie?
Daar is ten minste geen uitspraak in Gods Woord wat ons verbied om dit aan te neem nie. Inteendeel, die groot eenheid van plan en doel wat ons in die eerste Bybelboeke so sterk toespreek, dring ons daartoe. Die ganse Pentateug, al die boeke, is, soos die Rabbyne tereg gesê het, één woord. ‘n Heerliker eenheid is nouliks denkbaar. Dit is dan ook deur manne soos Green, Keil, Rupprecht en andere met klem van argumente aangetoon (die onus berus op die kritiese teoloë om Skrifgronde te gee waarom dit nie Moses kon wees nie, aangesien die hele Pentateug en die res van die Skrif by uitstek daarop wys dat Moses die skrywer is. Die getuienis van die kerk deur die eeue bevestig dit ook. Totius skryf op ‘n ander plek: “Is dit dan nie in die eerste plek wetenskaplik om die voorwerp van jou ondersoek self te laat spreek nie?” – slc) .
… Wie aan die gesag van die Skrif glo, hoef in hierdie opsig nie in onsekerheid te verkeer nie. Maar nie alleen die Mosaiese herkoms van die wetgewing nie, ook die skriftelike werksaamheid van Moses ten opsigte daarvan word uitdruklik vermeld; al mag dit wees dat dit nie met soveel woorde van ál die wette gesê word nie. Moses het wette neergeskrywe (Ex.24:4; Deut.31:9). Selfs mag ons op goeie gronde aanneem dat Moses die hele wetgewing op skrif gestel het. Want – om net een punt te noem – ook ten opsigte van die redevoeringe van die profete word algemeen aangeneem dat hulle dit self te boek gestel het, al staan daar meestal net dat die woord van die Here tot hulle “gekom het”. Maar die Mosaiese wetgewing het histories geword. Dit val saam met bepaalde gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel. Waarom sou ons daarom Moses se skriftelike werksaamheid ook nie tot die geskiedkundige gedeeltes kan uitbrei nie? Gedeeltes daaroor het hy in elk geval neergeskrywe (Ex.17:14; Num.33:2; Deut.31:22, 24).
… Laat ons dan nou verder nagaan hoe op die terrein van die Skrifkritiek opgetree word teenoor die Heilige Skrif. Ons neem nog altyd as voorbeeld die eerste vyf Bybelboeke.
Resultaat van die Skrifkritiek is dat in die Pentateug (5 boeke van Moses) aangeneem moet word (as) die bestaan van selfstandige bronne, of liewers dokumente, wat later tot ‘n eenheid verwerk is. As vernaamste bewys vir die bestaan vir sodanige dokumente moet dan dien die afwisselende gebruik van die Godsname Jahwe (= Here) en Elohim (= God). Volgens die kritiek was daar aan die werk ‘n Jahwis en ‘n Elohis, ja, selfs twee Elohiste. Die eerste Elohis se geskrif word dan met die naam Priesterkodeks aangedui. Daar Moses ook van Deuteronomiurn nie die skrywer is nie, volgens hierdie teorie, kom daar nog ‘n skrywer by, die Deuteronomis. Laasgenoemde boek sou dan sogenaamd saamgestel wees om die hervorming van koning Josia te steun (2 Kon.22:8), en die “vind” van die Wetboek, waarvan die Skrif spreek, sou niks anders as ‘n “handige komedie” gewees het nie!
In hierdie doolhof sal ons die leser nie verder inlei nie. Vir ons doel is dit nie nodig nie. Alleen moet ons nog vermeld wat as “vasstaande resultaat” van die Skrifkritiek geld ten opsigte van die jaartalle waarin die vier “geskrifte” sou ontstaan het. Die Skrifkritiek het as resultaat hierdie volgorde aangegee: (I) Jahwis (J) omtrent 850 voor Christus; (2) Elohis (E) omtrent 750 voor Christus; (3) Deuteronomis (D) 620 voor Christus en (4) Priesterkodeks (P) omtrent 450 voor Christus [vandag word daar in die OT teologie meestal nie meer hierdie benaminge van die Wellhausen-teorie gewerk nie … alhoewel dit wil voorkom asof sy evolusionêre historiese metode en teorie daarvan nog sterk aangehang en toegepas word, kyk gerus na inleidings in sekere moderne studiebybels – slc].
In plaas daarvan dat vir die wetgewing die jaar 1492 voor Christus vasgestel word, die tyd toe Israel by Sinai gelaer het, moet ons nou, volgens die Skrifkritiek, met die wetgewing verhuis na die jare 620 en 450 voor Christus! Wat ‘n sprong! En as Moses, deur genadige vergunning van die Skrifkritici, nog deel mag kry aan die saak, dan moet dit beperk word tot enkele kernpunte van die wetgewing wat op sy naam staan.
… Maar hiermee stel die hedendaagse Skrifkritiek hom dan ook pertinent teenoor die duidelikste uitsprake van die Heilige Skrif. Duidelik sê die Skrif: “Die Here het met Moses gespreek en gesê” – en dan volg telkens die wette. Laat die leser maar self nagaan hoe baiekeer hierdie formule, of iets wat daarmee gelyk staan, in die boeke Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium voorkom.
Laat hy ook ag gee op plekke waar besonderlik die Mosaiese herkoms beklemtoon word. In Lev.7:37,38, byvoorbeeld, lees ons: “Dit is die wet vir die brand-offer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer wat die Here Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die Here te bring.”
Van sulke feite kan die Skrifkritikus alleen loskom deur te sê: ‘My gesonde verstand of my rede of my wetenskap of my insig in die feite verhinder my om aan te neem die uitsprake van die Skrif wat sê dat die ganse wetgewing van Israel deur die diens van Moses tot stand gekom het.’
Die mens se verstand of wetenskap word dus gestel teenoor die ewige en blywende Woord van God!
Natuurlik moet die Skrifkritikus homself regverdig deur verder te sê dat die Heilige Skrif aan ons gegee is tot saligheid en nie om op onfeilbare wyse allerhande historiese of oudheidkundige besonderhede aan ons bekend te maak nie! Hierdie redenering word dan ook allerweë verneem. En geen wonder nie. Wie eenmaal die vaste bodem van die Skrif verlaat het, moet sulke uitvlugte soek [vandag word daar gepraat van die ‘onfeilbare’ skopus in die ‘feilbare’ sosio-historiese verpakking – slc].
Intussen meen ons dat dit volkome duidelik geword het wat Skrifkritiek is. Dit is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel. Dat op dié manier die gesag van Gods Woord ondermyn word, hoef ons nie nader aan te wys nie. En dat ons met so ‘n kritiek nimmer mag saamgaan nie, is ook direk duidelik. Ons Geloofsbelydenis sê immers aangaande die Heilige Skrif: “En ons glo sonder enige twyfel alles wat daarin vervat is.” [NGB artikel 5]
Ter wille waarvan word nou die absolute outoriteit van die Skrif opsygesit? Ter wille van ‘n hipotese, ‘n onderstelling. Geen mens het ooit ‘n dokument gesien wat met die letters J, E, D of P aangeduikanword nie. Die bestaan daarvan is ‘n onderstelling van die kritiese wetenskap, ‘n onderstelling wat deur tal van feite nie gesteun word nie maar inteendeel geloënstraf word.
… Laat ons dan nou ten slotte, op grond van alles wat gesê is, die beweringe kortliks weerlê wat nogal dikwels gehoor word ten opsigte van hierdie saak:
i. Die ortodokse godgeleerde beoefen nie die inleidingswetenskap (kanoniek) om daarmee, in hoe geringe mate ook, aan die Skrifkritiek deel te neem nie. Nee, hy moet kennis neem van die metode en resultate van die Skrifkritiek maar alleen om dit te bestry.
2. Die “latere redaksies” waar Kuyper, Aalders en ander van spreek, het niks te maak met die werk van die Skrifkritiese “redaktor” nie. Kuyper sê dan ook uitdruklik dat “geheel de arbeid aan de samenstelling van zulk een geschrift ten koste gelegd, met inbegrip van de latere redactiën, onder de inwerking van de inspiratio scripturaria” (die Skriftuurlike inspirasie) geplaas moet word. By Kittel se “redaktor” is van geen inspirasie sprake wat vir dwalingkanbehoed nie. Die “redaktor” is feilbaar. Al wat hom lei, is sy religieus-etiese aanleg wat hom help om die “leiding van God” in die geskiedenis op te spoor.
3. Om te sê: “Ek volg die metode van die Skrifkritiek maar nie sy resultate nie”, is selfbedrog. Die metode self van die Skrifkritiek is verkeerd; want die gesag van Gods Woord word op kardinale punte verwerp. In die plek daarvan word gestel die gesag van die mens wat sogenaamd beter weet wat in die Skrif moet staan en nie staan nie.”
Wat is Totius se slotopmerking en gevolgtrekking aangaande Skrifkritiek?
Hy bely as volg:
“Wie volgens ons Belydenis die Skrifgesag ten volle aanvaar, kan met die Skrifkritiek geen enkele skrede saamgaan nie.”
Ek het regtig iets anders van die nuwe vertaling verwag as wat ek hierbo gesien het. Snaaksgenoeg, ek het al jare gelede die indruk gekry dat ‘n sekere teologiese standpunt in ‘n vertaling “in vertaal” kan word en dit lyk my dis presies wat hier gebeur. Hoe gaan ons kinders en hulle kinders ooit weet wat die Here werklik ges^e het.
Ek het ook al ervaar dat predikante wat net die NAV gebruik hulle gewoon laat lei deur wat in die NAV staan terwyl dit wat in bv. die NJKV, NASB, KJV en OAV staan, heel anders is.
Waar gaan dit heen?
Dis die moeite werd om die boekie “Translating Truth: The Case for Essentially Literal Bible Translation” van Collins, Grudem en ander medewerkers te lees. Dit word deur Crossway uitgegee.
Johan, goeie boek daardie, kan dit ook aanbeveel.
Nog ‘n goeie (ouer) boek om te lees, ongelukkig uit druk volgens my kennis, is J. van Bruggen se:
– De toekomst van de bijbelvertaling
Ook in Engels vertaal:
– The Future of the Bible
Ek hoop u het ook u komentaar aan die vertalers gestuur. Ek is baie bekommerd oor hierdie nuwe vertaling. Dit blyk regtig ‘n slegte vertaling te wees. Ek het ook al ‘n paar komentare ingestuur. Hulle sê dit word aanvaar en word oorweeg.
Nietemin het ek na Temoteus nie weer die moeite gedoen om komentaar in te stuur nie of hulle werk te lees nie.
Een ding kan ek sê, nadat ek met meeste Engels en meeste Duitse vertalings tedoen gehad het en nog steeds te doen het: Die Ou Afrikaanse Vertaling is ‘n baie goeie vertaling. Ons kan bly wees oor die werk wat ons voorvaders vir ons gedoen het.