WAT IS ANTINOMIANISME, EN WAT IS DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP?

WAT IS ANTINOMIANISME, EN WAT IS DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? 

Hierdie tema sluit aan by die vorige skrywe, Calvyn se verklaring aangaande Jesus en die Wet (Matt. 5:17-20). In onlangse gesprekke op Facebook, het ek ‘n reeks van aanhalings geplaas wat die term antinomianisme verduidelik en weerlê. In die gelowige se siening van God se wet is daar twee gevare wat beide vermy moet word (daar is natuurlik baie variasies in en tussen hierdie twee gevare):

  • legalisme (wettisisme), wat basies leer ons word gered deur die wet/werke, oftewel deur wetsonderhouding, oftewel dit is deel van ons regverdiging.
  • antinomianisme (anti-wet), nl. dat nou dat die kind van God gered is uit genade alleen, deur die geloof alleen, sonder die werke, is hy nie meer gebonde aan die wet om dit in dankbaarheid te onderhou deur die Gees en Woord nie.

Die Bybel leer egter ons word nie gered deur die wet/werke nie, maar tot die wet/goeie werke, d.w.s om met ‘n wedergebore hart ‘volgens’ God se wet, in die krag van die Gees hoe langer hoe meer te lewe, sien Efesiërs 2:8-10,

8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
(dus geen redding ‘deur’ werke/die wet nie)
10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
(dus geen antinomianisme nie, ons word gered ‘tot’ goeie werke, wat bepaal word deur God se Woord in die algemeen, en in die besonder sy wet)

Die verskillende bronne wat ek hier onder aanhaal sal hierdie dwalinge verduidelik en aanspreek. Daar is ook verwysings na die bronne vir hulle wat die onderwerp verder wil gaan bestudeer:

DEEL 1: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (dr. JI Packer)

an·ti·no·mi·an (noun)—One who holds that under the gospel dispensation of grace the moral law is of no use or obligation because faith alone is necessary to salvation. —Merriam-Webster’s dictionary

(anti = teen; nomos = wet)

JI Packer skryf die volgende in die voorwoord van ‘n boek oor Antinomianisme:

“Antinomians among the Reformed have always seen themselves as reacting in the name of free grace against a hangover of legalistic, works-based bondage in personal discipleship. Characteristically, they have affirmed, not that the Mosaic law, under which Jesus lived and which was basic to his own moral teaching, does not after all state God’s true standards for human living, but that it and its sanctions have no direct relevance to us once we have closed with Christ.

Distinctive to Reformed theology from its birth has been its insistence that salvation, both relationally in justification and transformationally in sanctification, is ours entirely by virtue of our grace-given union with Christ in his death and resurrection—a union that God the Holy Spirit creates and sustains. Within this biblical framework, the key error of antinomianism in all its forms has been to treat our union with Christ as involving in effect some degree of personal absorption into Christ, such that the law as a voice from God no longer speaks to us or of us directly. From this starting point, the phalanx of antinomian teachers has spread out, celebrating different aspects of the assured confidence and joy in Christ that this supposedly biblical move of muzzling the law is thought to have opened up for us.

Thus, with regard to justification, antinomians affirm that God never sees sin in believers; once we are in Christ, whatever our subsequent lapses, he sees at every moment only the flawless righteousness of the Savior’s life on earth, now reckoned as ours. Then, with regard to sanctification, there have been mystical antinomians who have affirmed that the indwelling Christ is the personal subject who obeys the law in our identity once we invoke his help in obedience situations, and there have been pneumatic antinomians who have affirmed that the Holy Spirit within us directly prompts us to discern and do the will of God, without our needing to look to the law to either prescribe or monitor our performance.

The common ground is that those who live in Christ are wholly separated from every aspect of the pedagogy of the law. The freedom with which Christ has set us free, and the entire source of our ongoing peace and assurance, are based upon our knowledge that what Christ, as we say, enables us to do he actually does in us for himself. So now we live, not by being forgiven our constant shortcomings, but by being out of the law’s bailiwick altogether; not by imitating Christ, the archetypal practitioner of holy obedience to God’s law, but by burrowing ever deeper into the joy of our free justification, and of our knowledge that Christ himself actually does in us all that his and our Father wants us to do.

Thus the correlating of conscience with the Father’s coded commands and Christ’s own casuistry of compassion need not and indeed should not enter into the living of the Christian life, as antinomians understand it. The bottom line of all this? The conclusion of the matter? Here, as elsewhere, the reaction of man does not lead to the righteousness of God, but rather obstructs holiness. In God’s family, as in human families, an antinomian attitude to parental law makes for pride and immaturity, misbehavior and folly. Our true model of wise godliness, as well as our true mediator of God’s grace, is Jesus Christ, our law-keeping Lord.

Bron: Jones, Mark (2013-11-10). Antinomianism: Reformed Theology’s Unwelcome Guest? (Kindle Locations 115-120). P&R Publishing. Kindle Edition.

DEEL 2: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (dr. JG Feenstra, Onze Geloofsbelijdenis)

Nog ‘n definisie:

“Opvatting dat, wanneer men het evangelie aanvaardt, de morele wet niet langer van toepassing is. Het misbruiken dus van de christelijke vrijheid in het nieuwe verbond.”

http://www.encyclo.nl/begrip/Antinomianisme

Dr. JG Feenstra se verduideliking:

“Het Antinomianisme.

De naam antinomiaan komt ook van het woord “nomos”, dat wet beteekent en “anti”, dat tegen beteekent. Antinomianen zijn dus menschen, die van de wet niet willen weten. Paulus heeft hen reeds gekend, die zeiden: Wij zullen zondigen, opdat de genade te meerder worde.

De antinomiaan wil dus wel spreken over de rechtvaardigmaking en wil niet weten van de heiligmaking.

Hij komt aan de heiligmaking niet toe. Zij is voor den hemel en niet voor de aarde. De zondaar kan niets en wil niets en doet niets. De zondaar blijft ook, na ontvangen genade, dezelfde.

Deze dwaling heeft zeer veel onheil gesticht. Vooral in valsch mystieke kringen, waar de lijdelijkheid de toon aangeeft. Met de wet wordt geen ernst gemaakt. De goede werken hebben geen beteekenis en zijn goed voor de Roomschen. De zondaar is en blijft zondaar, die niets kan en niets wil en niets weet en zich in niets van de anderen zal onderscheiden.

“Mocht hij nog maar eens echt in zijn ellende komen te liggen.”

Het is jammer, dat ook de dialectische theologie tot dit antinomiaansche standpunt is gekomen, al is het dan ook heel anders bedoeld. De zondaar, die door God gerechtvaardigd is, blijft, volgens hen, precies dezelfde zondaar. Er mag geen onderscheid gemaakt worden tusschen de christenen en de niet-christenen, tusschen de kerk en de wereld. Wij blijven even goddeloos, en al onze daden zijn goddeloos en mogen nooit het stempel van “christelijk” dragen, want dat is het toppunt van Farizeïsme, als wij goede werken zouden willen doen. Tusschen de wereld en Gods volk is geen verschil. Zij willen niet onderscheiden. (Zie mijn: De dialectische theologie, blz. 44, 45).

Ook op dit standpunt wordt de zekerheid van onze verkiezing gemist. Legt de nomist den vollen nadruk op de heiligmaking, de antinomiaan schakelt de heiligmaking uit.”

Bron: Onze Geloofsbelijdenis

DEEL 3: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (dr. B. Duvenhage, Geloofsleer)

In antwoord op die antinomianisme (sonder dat die term gebruik word), skryf dr. B. Duvenhage oor beide regverdiging en heiligmaking wat ons albei in Christus ontvang, wys op die belangrike onderskeid, maar dan ook die gevare:

Regverdigmaking en heiliging:
(i) Die regverdigmaking is ‘n verklaring van God ten opsigte van ons en het betrekking op ons staat. Die heiligmaking is ‘n werk van God in ons en het betrekking op ons toestand.

(ii) Die regverdigmaking is ‘n regterlike daad van God wat die erfskuld wegneem. Die heiligmaking is ‘n reinigende daad van God wat die erfsmet wegneem.

(iii) Die regverdigmaking geskied eenmaal en is volkome. Die heiligmaking geskied deur die hele lewe en bly hier ten dele.

(iv) Die heiligmaking volg uit die regverdigmaking en is die vrug daarvan.

Gevare wat ons bedreig, is:
(i) Die heiligmaking kan ten koste van die regverdigmaking beklemtoon word. Dis die fout onder andere van die Morele Herbewapening en ook van Remonstrantse rigtings. Die geloof en die belydenis kom op die agtergrond, terwyl die mening gehuldig word dat jy jou deur jou goeie werke by die Here verdienstelik kan maak.

(ii) Die regverdigmaking kan ten koste van die heiligmaking beklemtoon word. Dan kom dit aan op die suiwerheid van die leer, en die suiwerheid van die lewe word agterweë gelaat.

Ons moet albei hierdie beskouings ontvlug en soek na die juiste verhouding van die regverdigmaking en die heiligmaking.

Romeine 8:1: “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie (Regverdigmaking), vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Heiligmaking).

I Korinthiërs 6:20: “Want julle is duur gekoop (Regverdigmaking). Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (Heiligmaking).

Bron: Die Geloofsleer

Eie opmerking: antinomianisme oorbeklemtoon dus regverdiging ten koste van heiligmaking, en eindig dan in ‘n ‘goedkoop of losbandige’ genade, soos Paulus teen waarsku in Rom. 3:31 en 6:1. Die antinomiaan se ‘regverdiging en genade’ word dan so verdraai dat dit nie meer die regverdiging en genade van die Bybel is nie, wat nie in stryd met die heiligmaking is nie.

“Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” – Romeine 3:31.

“Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” – Romeine 6:1,2.

DEEL 4: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (dr SCW Duvenhage, Die Navolging van Christus)

Dr. Duvenhage verduidelik die plek van die wet in die gelowige se lewe, verwys na Rom. 6:14 (wat deur baie antinomiane verdraai en misbruik word), asook na ‘antinomisme’ in sy boek, en gee as antwoord daarop ‘n kort verduideliking van Calvyn se standpunt:

NAVOLGING EN DIE WET
Die vraag na die plek van die wet in die lewe van die Nieu-Testamentiese gelowige is van meer as gewone belang, en by die behandeling van die gehoorsaamheidsaspek in die navolging kan die bespreking daarvan nie agterweë bly nie.

As die lewe in nuwe gehoorsaamheid, soos reeds vasgestel nie meer staan in die teken van die wet nie maar in die teken van die genade ooreenkomstig Rom. 6:14, wat is dan nog die betekenis van die wet in die lewe van die navolger van Christus?

“De fundamentele vraag, die tot nu toe in de verhouding tussen heiliging en wet naar voren kwam is deze, of de gelovige, doordat hij ‘onder de genade’ is, ook ontheven is aan de wet. Het vraagstuk heeft in de geschiedenis van kerk en theologie voortdurend een belangrijke rol gespeeld in de strijd om antinomisme en legalisme en ook na al de strijd in de 16e eeuw bleef het tot in onze tijd de geesten boeien.” (Berkhouwer, Geloof en heiliging)

CALVYN (opskrif bygevoeg)

Calvyn hou hom ernstig besig met die vraag of die wet dan nie vir die gelowiges afgeskaf is nie.

Hy konstateer dan dat die wet ten aansien van die gelowiges alleen in ‘n sekere sin afgeskaf is; nie in die sin dat dit hulle nie meer sou beveel wat reg is nie, maar alleen so dat dit vir hulle nie meer is wat dit tevore was nie, naamlik dat dit nie meer hul gewete deur verskrikking en benouing veroordeel en ten verderwe voer nie.

As Paulus sê dat die wet tot niet gemaak is deur Christus, bedoel hy daarmee nie die onderwysing van die wet nie maar die vloek daarvan, dit wil sê die gestrenge en dreigende eis van die wet wat van die hoogste reg niks laat val en geen oortreding ongestraf laat bly nie. Om ons van hierdie bande te verlos het Christus vir ons ‘n vloek geword. (Gal. 3:10, 13; 4:4, 5)

DRIE-ERLEI FUNKSIE VAN DIE WET (opskrif bygevoeg)
Tog het die wet nog sy waarde en betekenis. Calvyn onderskei dan drieërlei funksie van die wet.

In die eerste plek stel dit ons voor oë die geregtigheid wat Vir God aangenaam is; sodoende oortuig dit ons van ongeregtigheid en veroordeel ons. Die wet is daarom ‘n spieël waarin ons aanskou ons onmag, ons ongeregtigheid en eindelik ons vervloeking (Rom. 3:20).

Die tweede funksie van die wet is om die wat hulle slegs gedwonge aan reg en geregtigheid onderwerp, deur vrees vir die straf te bedwing (1 Tim. 1:9).

Die derde en belangrikste funksie van die wet handel volgens Calvyn oor die gelowiges “in wier harten de Geest Gods reeds kracht en heerschappij heeft.” Die wet is reeds in hulle harte deur Gods vinger geskryf, en hulle word deur die werking van die Heilige Gees so gestem dat hulle begeer om God te gehoorsaam; en tog is die wet vir hulle ‘n uiters gepaste middel om by die dag “beter en zekerder te leren, welke de wil des Heren is,” en om in die kennis daarvan versterk te word. “Evenals een dienstknecht, wanneer hij reeds van ganser harte bereid is om zijn heer welbehagelijk te zijn, het toch nodig heeft het karakter van zijn heer nauwkeuriger uit te vorsen en waar te nemen, opdat hij zich daarnaar moge voegen en er zich aan aanpasse.”

Deur hierdie waardering vir die wet in die lewe van die gelowige het Calvyn geensins verval in wettisisme soos dit hom soms verwyt word nie. Hy het in geen enkel opsig te kort gedoen aan die “sola fide” — leer nie, en hy het selfs die element van die spontaneïteit in die gehoorsaamheid nie bedreig nie.

Trouens, die element van dwang word reeds sterk afgewys, omdat dit die vrywilligheid bedreig, wat die stempel van die genadige werk van die Gees dra. Daar is vir Calvyn juis harmonie tussen vrywilligheid en die gerigtheid op die gebod van God. Vir hom lei die spontaneïteit van die liefde juis tot die erkenning van Gods wet. Om onder die genade te lewe beteken immers om ingeplant te wees in Christus, wat sy wet in ons harte skrywe, en beteken dus nie om sonder die wet te lewe nie.

Genoemde beskouings van Calvyn is vir sover ek kan sien heeltemal in ooreenstemming met die Skrif.”

Bron: Die Navolging van Christus

Hierdie boek van dr. Duvenhage is ‘n belangrike boek om te lees oor die regte verhouding tussen regverdiging en heiligmaking, evangelie en wet, en om beide die dwalinge van legalisme (redding deur werke) en antinomianisme (losbandige genade) te bestry.

DEEL 5: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (prof Paul de Bruyn, “Die gebooie as reel van ons dankbaarheidslewe”)

Nog ‘n paar definisies en aanhalings oor antinomianisme, en daarna ‘n aanhaling van prof. Paul de Bruyn waarin hy wys dat die nuwe Israel, die kerk van die Here in die nuwe bedeling, nog meer die wet van God moet gehoorsaam as in die OT bedeling, nie om daardeur gered te word nie (dit kon nooit nie, ook nie in OT bedeling nie), maar in groot dankbaarheid vir ons verlossing deur Christus alleen, vanuit ‘n wedergebore hart, deur sy Gees en Woord:

“Easy believism is a modern form of the ancient heresy, Antinomianism. It asserts that once a person makes a decision for Christ or prays to receive Jesus as Saviour, it is not necessary to embrace Him as Lord. There are no requirements of the law that bind the Christian.” (RC Sproul, Essential Truths of the Christian Faith, p. 13)

“Antinomian means against law. Antinomianism is the heresy that denies the necessity of good works in the life of the justified believer and that excuses sin in the life of the professing Christian by appeals to grace. Its blatant form is the teaching that the child of God has been delivered by grace to sin freely. The reasoning of the antinomian is that since God saves sinners by grace alone, let us sin that grace may abound. Its subtle form is the denial that the justified believer must do good works and that he must be exhorted to do good works.

The reasoning of the antinomian is that the believer need not be told that he must do good works, regardless of the explanation of this must. An antinomian regards any language of “must” or “necessity” in connection with the believer and good works to be legalism and a threat to the graciousness of salvation.”

Bron: Antinomianism

“There are few theological aberrations more difficult to define than antinomianism. Some simply look at the etymology of the word and conclude that antinomians are against (anti) God’s law (nomos). Others are a bit more specific, suggesting that antinomians are those who deny the third use of the law (the law as a guide for the Christian life; for example, Eph. 6:1) as normative for the Christian believer. Still others contend that we should distinguish between theoretical antinomianism—just described—and practical antinomianism.”

Bron: Against the Law

DIE GEBOOIE AS REËL VAN DANKBAARHEID, prof PJ de De Bruyn

(1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: 2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. – Ex. 20)

“Deur die inleidende woorde wil die Here sy volk veral leer dat hulle sy wet uit dankbaarheid moet onderhou. Dit blyk veral uit die verwysing na die verlossing uit die slawehuis van Egipte.

In Egipte het Israel baie swaar gekry vanweë die slawediens wat hulle daar moes verrig. Maar toe het God hulle daarvan verlos. Dit was ‘n verlossing uit genade. Israel het dit nie verdien nie, want van hulle het reeds begin om in Egipte afgode te dien (Jos. 24:14; Eseg. 20:7,8).

En uit dankbaarheid vir die genadige verlossing moet hulle nou die wet van die Here met die grootste liefde en ywer onderhou. (Indikatief-Imperatief.)

In hulle gehoorsaamheid aan sy wet moes hulle hulle dankbaarheid teenoor Hom openbaar. En as Israel nie aan die wette van die Here gehoorsaam was nie, het Hy hulle verwyt dat hulle vergeet het dat Hy vir hulle gedoen het (Rigt. 6:8-10).

Nou moet in gedagte gehou word dat Israel se verlossing uit Egipte profeties heengewys het na die verlossing van die geestelike Israel, dit wil sê ware volk van God – ook ons!- uit alle volke, tale en nasies, uit die geestelike Egipte van sonde en ongeregtigheid deur Jesus Christus (Op. 11:8).

En as Israel God se wet moes gehoorsaam uit dankbaarheid vir hulle verlossing uit die slawediens in die letterlike Egipte, dan moet ons wat God deur Jesus Christus verlos het uit die geestelike Egipte van sonde en die ewige dood, die wet van God eintlik met baie groter dankbaarheid gehoorsaam omdat ons deel het aan ‘n baie groter en heerliker verlossing.

As dit ons gesindheid is, sal dit ook nie vir ons moeilik wees om die wet van God te onderhou nie (Ps. 119:70; Rom. 7:22; 1 Joh. 5:3).

Bron: Jou enigste Troos

Nota: in die volgende deel (deel 6), kyk ons na ‘n paar praktiese voorbeelde van ‘n antinomiaanse siening en lewenswyse).

DEEL 6: WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (Antinomianisme in die praktyk vandag)

ANTINOMIANISME EN WETTISISME, dr. AJ de Visser (opskrif bygevoeg)

Dr. de Visser verduidelik in hierdie artikel hoe die antinomiaan (teen die wet) en wettisis (legalisme = redding deur wetsonderhouding) te werk gaan, hier is ‘n aanhaling:

“En dan is daar twee verkeerde dinge wat altyd die Christelike lewe bedreig: antinomianisme en wettisisme.

Antinomianisme is dat die Christelike vryheid van die wet so benadruk word dat die noodsaaklikheid vir die gelowige om daeliks sy sonde te bely en erns te maak met lewensheiliging, onderbeklemtoon word. Dis dan ‘n evangelie sonder wet, en geloof sonder werke.

Wettisisme is die teenoorgestelde: as dit domineer dan word gehoorsaamheid meer as die vrug van die geloof; gehoorsaamheid aan die wet word dan gesien as deel van die regverdigmaking deur die geloof. Die prediking word moralisties, die Christelike sekerheid en vreugde verdwyn en wat oorbly is ‘n selfgesentreerde vroomheid. Dis die wet sonder evangelie, werke sonder genade.

Voorbeelde:
As die evangelie reg verstaan word, sê die Christengelowige: “Ek is gered deur Christus, daarom sal ek Hom gehoorsaam.”

As antinomianisme domineer, sal mens hoor: “Ek is gered, dus hoef ek die wette nie meer te gehoorsaam nie.”

As wettisisme domineer sal dit wees: “Ek moet gehoorsaam om gered te word.”

Die antinomianis sê: “Geen wette vir my nie!” Dit wys op ‘n basiese onwil om Christus te gehoorsaam.

Die wettisis sê: “Ek sal my eie reëls maak en baie daarvan”. Dit wys op net so ‘n onwil tot gehoorsaamheid.

En albei benaderings kan voorkom by dieselfde persoon: Ons ken seker almal predikante wat wetties en moraliserend in die preek is, maar in hul private lewe ‘n sondige lewe lei. Pleks van die totale verdorwenheid van die mens te preek, preek hulle teen slegte gewoontes. …

Om op te som: die Heerskappy van Christus eis die hele mens op. Dit vra totale onderwerping aan die HERE Jesus Christus. Dit is onderwerping aan ‘n Meester wat ons meer liefgehad het as enigiemand anders. Dis nie ‘n swaar juk soos die juk van wettisisme nie. Wettisisme plaas ‘n las op mense, ‘n las wat die mens nie kan dra nie, namelik om wette en reëls te gehoorsaam om God te behaag. Die juk van Christus is lig. Hy vra dalk meer, maar dan belowe Hy om te gee wat Hy verwag.”

Lees die res van die artikel hier: Die heerskappy van Christus in die gelowige se lewe

ANTINOMIANISM IN TODAY’S WORLD (opskrif bygevoeg)

“What is an “antinomian,” a term which appears to have been in invented by the 16th century church reformer Martin Luther? According to Merriam-Webster, an antinomian is someone “who holds that under the gospel dispensation of grace the moral law is of no use or obligation because faith alone is necessary to salvation.”

Modern Christianity is full of such antinomians.

These days, for example, it is not difficult to find people who identify as evangelical or non-denominational Christians but also think that:

1. Differences between men and woman are basically insignificant — perhaps not universal and stable at all — and there are no significant issues, for example, with woman being pastors.

2. Divorce can and perhaps should take place when one of the participants in a marriage does not feel happy or fulfilled.

3. Christians should not tell members of other religions that, when it comes to the significance of Jesus Christ, “there is no other name under heaven given to mankind by which we must be saved.”

3. Homosexual behavior is acceptable so long as it takes place within “committed” relationships (even as “committed” is getting re-defined…)

4. All nations that want to identify with Christianity in some way must allow within their own borders all who claim refugee status because “Jesus was a refugee.”

5. Being sexually involved with another prior to marriage, previously derided as “living in sin,” and “shacking up,” is to be expected.

6. “’You don’t have to go to church to be a Christian,’… a fancy way of saying ‘I follow Christ except for where He goes.’” – Hans Fiene

“… Let’s be clear: by rejecting God’s law, today’s antinomians do not want to embrace the God, who, through the work of Christ, would once again recreate man in His image. And how did we get to this point? In one sense, the answer is quite simple: we have flat-out rejected God and his Word given to us, the Bible. In short, we really do not find Him—at least as we find Him in that book!—all that impressive or attractive anymore.”

Bron: Where did Antinomianism in Today’s Church come from?

WAT IS ANTINOMIANISME EN DIE BYBELS-GEREFORMEERDE ANTWOORD DAAROP? (deel 7, Die Westminster Groter Kategismus se kritiek teen antinomianisme)

Opmerking: as mens die gedeelte hieronder lees uit die Westminister Konfessie, dan besef mens dit is baie liefdeloos om nie die wet aan mense te verkondig en voor te hou in evangelisasie nie, asook in heiligmaking nie.Jy verkondig dan nie die Evangelie soos die hele Skrif leer nie, nl.
– sonde
– verlossing
– dankbaarheid

Hoekom nie ?

Want die wet is juis ‘n openbaring van God se heiligheid, en hoe ons moet lewe, wat God eis. Die wet laat ons dan besef ons kan nie dit volmaak onderhou nie, weens die sondeval en ons gevolglike sonde, en so is die wet dan ‘n tugmeester na ons Here Jesus Christus wat ons kom red het, deur die wet nie te vernietig nie, maar volkome te onderhou in ons plek, sodat ons hoe langer hoe meer daarin kan wandel deur die krag van die Gees.

Christus red ons tot ‘n nuwe dankbare gehoorsaamheid deur sy Gees en Woord.

Die antitese/teenstelling is dus nie tussen:

wet vs genade nie,

maar tussen:

sonde vs genade.

Kyk hoe pragtig stel Paulus dit:

7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. … 12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed. 13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.” – Romein 7

WESTMINISTER LARGER CATECHISM

Do the 10 Commandments Apply to the Christian?
Question: If I deny the transfer of the ten commandments from the old covenant into the new covenant, am I considered Reformed? I’m still covenantal?

Answer: What parts of this do you disagree with?

Q. 95. Of what use is the moral law to all men?
A. The moral law is of use to all men, to inform them of the holy nature and will of God, and of their duty, binding them to walk accordingly; to convince them of their disability to keep it, and of the sinful pollution of their nature, hearts, and lives; to humble them in the sense of their sin and misery, and thereby help them to a clearer sight of the need they have of Christ, and of the perfection of his obedience.

Lev. 11:44-45; Lev. 20:7-8; Rom. 7:12; Mic. 6:8; Jas. 2:10-11; Ps. 19:11-12; Rom. 3:20; Rom. 7:7; Rom. 3:9, 23; Gal. 3:21-22; Rom. 10:4.

Q. 96. What particular use is there of the moral law to unregenerate men?
A. The moral law is of use to unregenerate men, to awaken their consciences to flee from wrath to come, and to drive them to Christ; or, upon their continuance in the estate and way of sin, to leave them inexcusable, and under the curse thereof.

1 Tim. 1:9-10; Gal. 3:24; Rom. 1:20; Rom. 2:15; Gal. 3:10.

Q. 97. What special use is there of the moral law to the regenerate?
A. Although they that are regenerate, and believe in Christ, be delivered from the moral law as a covenant of works, so as thereby they are neither justified nor condemned: yet, beside the general uses thereof common to them with all men, it is of special use to show them how much they are bound to Christ for his fulfilling it, and enduring the curse thereof in their stead and for their good; and thereby to provoke them to more thankfulness, and to express the same in their greater care to conform themselves thereunto as the rule of their obedience.

Rom. 6:14; Rom. 7:4, 6; Gal. 4:4-5; Rom. 3:20; Gal. 5:23; Rom. 8:1; Rom. 7:24-25; Gal. 3:13-14; Rom. 8:3-4; Luke 1:68-69, 74-75; Col. 1:12-14; Rom. 7:22;Rom. 12:2; Titus 2:11-14.

Q. 98. Where is the moral law summarily comprehended?
A. The moral law is summarily comprehended in the ten commandments, which were delivered by the voice of God upon mount Sinai, and written by him in two tables of stone; and are recorded in the twentieth chapter of Exodus. The four first commandments containing our duty to God, and the other six our duty to man.

Deut. 10:4; Ex. 34:1-4; Matt. 22:37-40.
—–
Many will say they disagree with Point 98A …. but if the moral law isn’t summarized by the Ten Commandments, what is it?

The most common answer: To love God with all your heart soul and mind and to love your neighbor as yourself. But If you had to pick 4 ways of doing that first thing, and 6 ways of doing that second thing, what would they be? What sin is there that isn’t classified as a violation of one (or more) of the Ten Commandments?

—–
Bron: Do the 10 Commandments Apply to the Christian?

 

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑