Nuwe Hervorming dogma: omhelsing van die Gaia god (Moeder aarde/natuur)

Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. -Rom.1:22.23

In die Beeld van Woensdag 27 Augustus, onder die titel ‘Fokus op Lewe op aarde‘, skryf prof. Sakkie Spangenberg hoe die NHN (Nuwe Hervorming Netwerk) ge-evolueer het die afgelope 10 jaar sedert hul onstaan (2004-2014):

– vanaf die verwerping van die Drie-enige God soos Hy Hom openbaar in die Heilige Skrif,

– tot die omhelsing van hul nuwe god(in) waarin hul nou ‘van harte’ glo: Gaia (ook genoem moeder Aarde/Moeder Natuur).

Die NHN verwerp van harte en dus met groot dogmatisme die ongetwyfelde Christelike geloof soos saamgevat in die ‘sondeval-verlossing-eindoordeel’ belydenis en wat gefokus is op God die Vader, Seun en Heilige Gees; en verruil dit alles vir die god ‘Lewe’ (Gaia) wat ‘is’ en ‘ontstaan’ het uit die ‘oerknal- en evolusieleer’.

Die ‘evolusieleer’ (beklemtoning bygevoeg), Spangenberg se eie woord, dit wil sê, die evolusiedogma word – in die woorde van Spangenberg – ‘van harte aanvaar’ deur die NHN aanbidders, dit is wesentlik deel van hul nuwe ortodokse geloofsorganisasie.

Waar die Moslem se kerndogma en belydenis is – daar is net een God (Allah), en Mohammed is sy profeet; so is die NHN se kerndogma en belydenis – daar in net een God (Gaia/Lewe = Moeder Aarde) en die NHN is haar profete in SA.

Spangenberg skryf:

“Anne Primavesi en Lloyd Geering. Dié teoloë vind albei aanklank by die sienings van James Lovelock en die Gaia-hipotese. … Sowel Primavesi as Geering het daarvan kennis geneem en met ’n nuwe teologie na vore gekom. In dié teologie val die fokus nie meer op ’n sogenaamde sondeval aan die begin van die skepping, Jesus se kruisdood wat die sondeval omkeer en uiteindelik ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde waarborg nie. Die fokus val nou op die aarde se unieke plek in die groot uitdyende heelal en hoe Lewe op aarde ontstaan, ontplooi het en kan voortduur. Primavesi se sienings is treffend verwoord in haar boek Sacred Gaia:Holistic Theology and Earth System Science(2000) en Geering s’n in sy boek Coming Back to Earth: From gods, to God, to Gaia(2009).”

Wat met die NHN se evolusie na die hel besig is om te plaas te vind, is natuurlik niks nuuts nie.  Die Apostel Paulus, een van die ware profete van die enigste ware God, Skepper van hemel en aarde, het reeds daaroor geskryf:

20Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
21omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
22Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
23en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
25hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. – Romeine 1.

Die NHN het die waarheid van God verruil vir die leuen en vereer en dien nou vir Gaia (aarde/mens/natuur), in plaas van die Skepper wat alles geskape het om Hom te loof en te prys, dus ook die skepping/natuur/aarde (Gen.1).

En die gevolg van hierdie valse godsbeskouing is die totale verval in immoraliteit en wetteloosheid waarvan Rom.1:26 en verder getuig:

26Daarom (dus, omdat hul die natuur/Gaia/hulseLf begin aanbid het en dus die ware God vir die mens/aarde as god verruil het – slc) het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
28En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
29hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
30nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
31onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
32mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Die volgende aanhaling van dr. Peter Jones (lees enige van sy boeke om vandag se paganistiese herlewing te verstaan sowel buite as binne die kerk) verduidelik die band tussen die Gaia aanbidding (godsbeskouing) en die gay-agenda (etiek, beklemtoning bygevoeg):

With the French vote for same sex marriage yesterday, one more incremental time the Oneist (pagan) cosmology takes over the West. It was lost years ago, through the attacks of secular humanism and the unleashing of heterosexual license, so this is just the mopping-up period, the final dotting of the “i”s via the constitutionalization of sodomy. Civil unions do not do it. Homosexuality must be recognized with the mantle of total equality–for the “common good.” Ideologically nothing else will suffice, for homosexuality is the ultimate expression of pagan spirituality, as leading homosexuals admit. They affirm that this sexual expression is the perfectly embodied statement of Oneist spirituality. Gay theorist, Toby Johnson, states:

…gay attraction to and development of emotional relationships with members of our same sex results in our seeing the world with the harmonious, non-dualistic vision that is the traditional goal of mystical religion. Gay consciousness is “pre-Edenic,” fundamentally innocent, free of “original sin” [a notion that, in turn], generates the dualistic belief in good and evil. The real message of religion is not about God but about how human beings should live harmoniously and non-judgmentally in order to participate in and further the evolution of Earth (Gaia) into collective self-awareness and transcendent consciousness (God).

This period of legalization will be followed by the institutionalization and normalization of the victory, both by extending the implications to all manner of “loves,” and by the aggressive silencing all opposition, for a peaceful, unified world–built, alas, on the putrefaction of the sinful human heart, that will eventually choke on its own vomit! Our culture will be “given over” to its sinful choices, as Paul says in Romans 1:24, without any “Gospel restraint,” but it is not the final word. Because God gave over his Son to bear the sin of the world as a sacrificial victim, He will return as Lord and Judge of the earth to set all things right.

Dr. Peter Jones gebruik die terme ‘Oneist’ vs. ‘Twoist’ om te beskryf wat ons tradisioneel verstaan as die wesentlike belangrike onderskeid tussen God die Skepper (wat ewig en altyd is), en sy skepping (mens en wêreld) wat geskape is.  Wanneer hierdie wesentlike onderskeid nie gehandhaaf word nie, eindig dit een of ander vorm van paganisme:

Walking around in a blur? Afraid to talk about Jesus? Not sure how Christians fit with other religions? One or Two will help you see a world of difference between the only two worldviews: the worship of the creation (what this book calls One-ism) or worship of the Creator (Two-ism). Using the apostle Paul’s structure in Romans 1, Peter Jones shows why your choice affects everything you think and do: how you think about God (theology), what you worship (spirituality) and how you live your sexuality. Seeing a world of difference and distinctions will help you make a world of difference.

In ‘n artikel wat ek geskryf het, Die Kerk se roeping en taak ten opsigte van die bevordering van ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, wys ek daarop (met erkenning aan dr. Jones se werke) dat ons vandag opnuut soos Paulus die Bybelse leer en lewensbeskouing moet handhaaf teen die paganisme van ons dag, onder andere teen die NHN:

  • Skepping
  • Sondeval
  • Verlossing
  • Dankbaarheid/Heiligmaking
  • Verheerliking/Wederkoms

Om net ‘n paar voorbeelde uit Paulus se briewe te neem:

Skepping

20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie – Rom.1

Die belydenis van die skepping van die wêreld vir Paulus het behels:

  • God die Vader as Skepper (1 Kor.8:6)
  • God het uit niks geskape (1 Kor.15:45)
  • God het geskape deur benaming (Ef.3:14-15)
  • God het alles goed geskape (1 Tim.4:4)
  • Adam is as die eerste mens geskape (Rom.5:12-14; 1 Kor.15:45)
  • Die mens is as man en vrou geskape (1 Tim.2:13)

Sondeval

12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het – 13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. 14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ’n voorbeeld is van Hom wat sou kom. – Rom.5

Die belydenis van die sondeval het vir Paulus behels:

– die historisiteit van die sondeval (2 Kor.11:3; 1 Tim.2:14)

– die mens is van nature ‘n sondaar en tot die kwaad geneig (Rom.3:10-20; Ef.2:3)

– die sondeval het die onderskeid tussen die Skepper en skepsel; waarheid en leuen; ware en valse godsdiens; man en vrou aangetas (Rom.1:18-32)

– die skepping is gevalle (Rom.8:20-22)

Verlossing

10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. – 2 Tim.2

Die belydenis van die verlossing vir Paulus behels:

  • Die geboorte van Christus is ‘n herbevestiging van die skepping (1 Kor.8:6)
  • Christus is waarlik Mens en waarlik God (Rom.8:29; 9:5)
  • Christus is gebore uit die maagd Maria onder die wet (Gal.4:4)
  • Christus se dood het die sonde en die dood oorwin en die skepping herstel (1 Kor.15)
  • Christus is die enigste oplossing vir menslike nood (1 Kor.1:18-30)
  • Christus het God se geregtigheid vervul in sy kinders se plek (Romeine)
  • Christus herstel die verhouding tussen God en mens en tussen mens en mens (2 Kor.5:17-20)
  • Christus se Opstanding bevestig die ligaamlike opstanding van die mens en die hernuwing van die skepping (1 Kor.15)

 Dankbaarheid/Heiligmaking

16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. – Kol.3

Die belydenis van die heiligmaking behels vir Paulus:

  • Die mens word gered nie deur nie maar tot goeie werke (Ef.1:4; 2:10)
  • Christus bevestig die wet deur dit te vervul in sy verlossing (Rom.3:31)

Verheerliking/Wederkoms

13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. – Tit.2

Die belydenis van die verheerliking behels vir Paulus:

  • volharding van die heiliges (Fil.1:6)
  • troos vir die gelowige in hierdie lewe (Tit.2:11-14)
  • lewe in die verwagting van die ewige lewe waar die gelowige totaal bevry sal wees van die sonde en dood (1 Kor.15)

Teenoor die NHN se fokus (lees: aanbidding) van Gaia (Lewe/mens/natuur), moet Christene gefokus wees op (sien HK Sondag 8):

– God die Vader en ons skepping

– God die Seun en ons verlossing

– God die Heilige Gees en ons heiligmaking

As ons dit doen, sal ons beide ons naaste en die skepping respekteer en liefhê soos God dit wil e geopenbaar het in die Skrif, maar ons aanbid geen mens of dier (natuur/aarde) nie:

“En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. …. En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. 9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God” – Op.22:4,8,9.

Moet ons daarom die NHN ‘verketter’ ?

Nee, ons hoef nie, want hulle het ditself gedoen met hul verruiling van die ware God van die Bybel (wat hulle – om die woorde van Spangenberg te gebruik – ‘negatief beoordeel’) vir hul godin Gaia, en het daardeur finaal afskeid geneem van die geloof wat eenmaal oorgelewer is aan die heiliges (Judas 3).  Hulle is baie verontwaardig as hul godin se ‘eer’ enigsins aangetas word, so ook hul dogmas van ‘nuut dink en nuut verwoord’.

Spangenberg se laaste woorde in sy artikel is:

“Baie predikante en teoloë het dié wysheid nog nie hul eie gemaak nie, vandaar die onverdraagsaamheid teenoor diegene wat nuut dink en nuut verwoord.”

Dit wat die NHN voorstaan, nl. ‘fokus … verskuif na ons lewe hier-en-nou’ (lees: aanbidding van die Gaia dier) is glad nie wysheid wat van bo kom nie, maar is ‘aards, natuurlik, duiwels’ (Jak.3:15).  Dit is nie ‘bevrydend’ nie, maar ‘n terugkeer na die oeroue paganistiese dwalinge en slawerny, waar die mens die aarde/homself aanbid.

As mens die geskiedenis net ‘n bietjie lees, sal mens ook baie duidelik sien dat die NHN se Gaia aanbidding nie ‘nuut dink en nuut verwoord’ is nie, dit is niks anders as ‘n terugkeer na die Satanistiese misleiding om die mens en/of die natuur te aanbid nie, wat reeds in die tuin van Eden begin het (Gen.3:1-5).

Alleen die wysheid van God (aanbidding van die ware Drie-enige God) soos geopenbaar in sy Seun en deur die Skrif aan ons oorgelewer is waar, rein en eg:

1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. – Kol.3

Sien ook hierdie artikel: Is Sakkie Spangenberg ‘n antichris ?

Hopelik sal alle kerke en kerkverbande hul ook amptelik distansieer van die NHN en hul profete en priesters (soos genoem in bogenoemde Beeld artikel).  Die woordeskat wat die NHN gebruik is baie duidelik dat dit ‘n nuwe geloof is:

– “die oerknal en evolusieleer van harte aanvaar

– “Dis ‘n belydenis wat heelwat ‘nuwe hervormers’ omarm”

– ‘Ek glo …’ in die Lewe (lees: Gaia)

– ‘Lewe’ (met ‘n doelbewuste hoofletter deur die hele artikel)

Soos ek in ‘n vorige artikel reeds op gewys het – die NHN en sy dissipels is lankal nie meer deel van die gesprek binne die ‘Christelike tradisie’ nie, hulle is evangelisasieterrein, hulle is deel van die ‘wrede wolwe ‘ (Hand.20:29), die dwaalleraars ‘wat van ons uitgegaan het’ (1 Joh.2:19), die oproep aan hulle moet wees: ‘is bekeer julself’, nie ‘dink nuut en verwoord nuut’ nie:

Die Nuwe Hervorming: wetenskaplike- of evangelisasie terrein?

Sien die volgende artikels oor die Nuwe Hervorming of aanverwante sake: Nuwe Hervorming 

Sien ook: Die Bybelse ‘oerbeeld’ vervang deur ‘n pan(en)teistiese oerbeeld

Een aanhaling:

“Wilhelm Jordaan en sy panseksistiese homoseksuele apogete is stadig maar seker besig om die ‘oerbeeld’, dit is die Bybelse model van man en vrou wees, te verdraai, verkleineer, en te demoniseer, sodat dit ‘n kwessie van tyd gaan wees dat bogenoemde woorde waar word in ons samelewing, natuurlik alles met die hulp van die afvallige liberale hoofstroomkerke en die vrysinnige media wat alles verdra … behalwe natuurlik die algemene ongetwyfelde Christelike kerk wat vashou dat die Bybel is die Woord van God, onfeilbaar en foutloos gegee vir die mens om te glo en daarvolgens te lewe, wat glo Christus is die enigste weg, waarheid en lewe.

En, as die kerk en samelewing God se Woord verwerp, dan sal ons weer soos diere word, lees die vers wat volg na Lev.18:22, in die woorde van een paganistiese gay (Jones, 2010: 174, 177, 180): “It is simply easier to blend with nature spirit, or the spirit of a plant or an animal, if you are not concerned with a gender-specific role.” En: “The Interfaith atmosphere has softened our moral and religious taboos, making homosexual liberation and gay identity possible.” En: “… lesbian prof Camilia Paglia believes society should ‘return to pagan worship, which includes tolerance of homosexuality and even of man-boy love.”

6 thoughts on “Nuwe Hervorming dogma: omhelsing van die Gaia god (Moeder aarde/natuur)

Add yours

  1. Dankie vir die skakel na Dr Wynand Louw se blog. Hierdie postmodernistiese sienings trek soos ‘n aansteeklike en skynbaar onstuitbare “Ebola” deur die NG Kerk. Deur hul stilswye gee ander kerkleiers soos die moderamen van die NGK hul steun aan BdT, ook deurdat hulle laer trek rondom hom wanneer hy aangevat word, soos Dr Louw in ‘n ander artikel op sy webwerf aangetoon het:

    http://hierstaanek.com/2013/05/23/die-leiers-van-die-ng-kerk-trek-laer-om-dr-ben-du-toit/

  2. Ja, die NH en Renaissance groepe is nie deel van die verskeidenheid binne die Christelike kerk nie, maar is inderdaad volbloed heidens! In hierdie tye van verwaring is dit daarom des te meer belangrik dat gelowiges hulle by Woordgefundeerde plaaslike gemeentes sal skaar! Hieroor het ek ook ietsie geskryf (as ek so voorbarig mag wees) : Die kerklike toneel is om dit sagkens te stel, uiters verwarrend. Die verskeidenheid van kerke is bykans eindeloos. Waar moet ek inskakel en my plig in die liggaam van Christus doen soos die Woord vereis?
    Hoe maak ek sin in al die chaos? Wat van die “Lone Ranger opsie” – ek alleen op my eie vroomheidsperd met ‘n Bybel in my “holster” om die Wilde Weste vir Jesus te verower?

    Lees by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2014/08/watter-kerk.html

    Dankie Slabbert

    groete
    Johannes

    1. Hallo Johannes,

      Dankie vir jou skakel en jou skrywe oor die belangrike onderwerp. Ek het jou artikel ook reeds via facebook, gespreksgroepe en vir my familie groepe aangestuur om te lees en oor te besin. Seën vir jou bediening toegebid, dit lyk al meer vir my asof die reformasie van plaaslike kerke die toekoms moet wees in stryd met die deformasie van kerkverbandelike strukture, en dat daardie plaaslike gemeentes mekaar dan weer sal vind in kerkverbande om mekaar te help, wat waarlik een is in leer, diens en kerkregering (tug). Jy en ander wat saam ander gereformeerdes wil gesels oor ons geloof in ons tye, is welkom om in te teken by gksaforum-subscribe@yahoogroups.com Groetnis, Slabbert

      1. Baie dankie. Antwoorde binne die moeilike en verwarrende tye waarin ons leef is nie maklik en eenvoudig nie. Ek stem saam dat ons ons nie moet vasstaar teen “kerkverbandelike strukture” nie, maar moet begin by ons eie plaaslike gemeentes, waarlik die aangesig van die Here moet soek en reformeer, ja en ek dink dan maak dit sin om algroter gemeenskap te soek met ander soortgelyke gemeentes binne ander denominasies… dit maak sin! Vrede ook vir jou!
        Johannes

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑