Published by proregno
Die Latynse woorde ‘Pro Regno’ beteken: ‘vir die Koninkryk’. Die doel van die blog is om artikels te publiseer oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus. Alle artikels word deur myself geskryf, tensy anders vermeld.
Gebore in Pietersburg (1968) en groot geword in Pretoria. Matrikuleer by Affies (1986). BA (1993, UP) HOD (1999, Unisa) BTh. Tale (2003, PU vir CHO) BTh. Honn (2005, NWU) M.Div (2006, NWU). Gelukkig getroud met Dorothea sedert 1995, geseën met 9 kinders (Joanette, Hannelie, Doret, Mia, Berto, Hilke, Christien, Adriaan, Markus). Predikant van die Gereformeerde Kerk Carletonville vanaf Maart 2007.
Kontakbesonderhede:
Tel. 018 787 5444
Selnr. 082 770 2669
E-pos: proregno@gmail.com
Webblad: http://www.proregno.com
Enige donasies vir Pro Regno se werksaamhede sal baie verwelkom word:
Naam: S. Le Cornu
Absa tjekreknr. 01095190673
Takkode: 632005
Dankie!
View all posts by proregno
Ai, hoe verlang ek nou na die bosveld! Ek het in Marken se wereld groot geword, ook daar skool gegaan vir ‘n ruk. My Oupa het op die plaas Buuren, tussen Marken en Baltimore geboer.
Groete!
Fanie
Hallo Fanie, nou dat jy dit noem, my pa het toe ek ‘n jong seuntjie was koelkaste en lugreëling vir baie boere in daardie omgewing ingesit (veral in Steenbokpan se rigting). So het ek as jong seuntjie heelwat van die bosveld gesien as ek saam my pa gaan ‘werk’ het.
Gaaf om so weer die gesin te sien.
Gustav, ek vang die skimp … dit is weer tyd om lekker saam te kuier.
Slabbert, wat ‘n rykdom het jy nie!
Jagfoto’s laat my dink aan Hoeksfontein jagplaas naby Pearston (tussen Somerset-Oos en Graaf Reinett). Bestuur deur Bennie van Nierkerk (sy pa se plaas). Dis net meer bergagtig. Het self al bietjie daar deurgery met 4×4.
Ek self woon in Uitenhage.
Hallo Gideon, goed om jou ook te ontmoet. Watter gemeente is jy daar in Uitenhage ? Het nog net deur jou wêreld gery, maar ken dit nie eintlik nie.
Ekself is glad nie ‘n groot jagter nie, maar is wel lief vir die veld. My skoonpa en een swaer, is groot jagters, behoort aan al die jagverenigings, ens. Ons as gesin hou daarvan om saam te gaan veral vir die kuier, en so nou en dan probeer ek ook iets raakskiet.
Vir die wat die SA Jagtersvereniging se tydskrif kry, kyk in die Julie uitgawe, daar is ‘n artikel van my skoonpa (Hilko Lubbinge) en een van ons familie se eerste jagekspidisies.