Posted by: proregno | November 8, 2010

Die Christelike geloof vs Demokrasie

Die Christelike geloof vs Demokrasie

Dr. Norman de Jong, in sy boek ‘Christianity and Democracy’[1], skryf: ‘democracy represents a subtle, deadly, and formidable alternative to orthodox Christianity …’[2]

De Jong wys daarop dat elkeen omtrent sy eie definisie het van ‘demokrasie’, en haal o.a. die volgende twee skrywers aan in sy beskrywing van demokrasie:[3]

Sidney Mead: “ the idea that sovereignty … lies in ‘the people’ and is delegated by them to rulers responsible to them.”

Thomas Jefferson: “democracy was to be found ‘not in our constitution certainly, but merely in the spirit of our people.’ ”

Wat die eerste aanhaling betref, meen De Jong dat demokrasie nie verwar moet word met die republikeinse vorm van regering deur verteenwoordiging nie (wat goed is),[4] want demokrasie is baie meer as ‘n blote wyse van regering (een mens-een stem gedagte vandag). In wese is demokrasie ‘n geloof, ‘n ideologie, ‘n sekere lewens- en wêreldbeskouing, soos hy aantoon deur verskillende aanhalings deur sy boek:[5]

“At the heart of democracy there must be faith, the same kind of which attributed to Abraham when he went forth …” (Benjamin S. Winchester)

“In this context one can understand why it is that the religion of many Americans is democracy – why their real faith is the ‘democratic faith – the religion of the public school.’ ” (Sidney Mead)

“You … are the final, ultimate judges of what is best for you. You are the ones to establish policy – no minority, no super-authority, no special-interest group –only you. Thus you must have faith not only in yourself but in your fellow citizens. If you possess this faith, you believe in democracy; if you do not possess it, you do not believe in democracy regardless of the words you use.” (Theodore Brameld)

“Real democracy is the resultant of forces which are within the life of the individual, forces which are spiritual and religious in nature.” (Benjamin Winchester)

In die volksmond beteken demokrasie iets soos ‘almal mag maar stem’, wat eintlik ook nie waar is nie, want (bv) kinders onder 18 mag nie stem nie, so ook nie misdadigers nie, ook nie almal wat in ‘n land woon nie. Diskriminasie sal daar altyd wees, die vraag is natuurlik of dit bybels verdedigbare diskriminasie is ? 

Die ‘demokratiese evangelie’ volgens de Jong, is in stryd met die tradisionele Christendom, ‘simply a secularized version of the kingdom of God’[6], en behalwe vir ‘n paar uitsonderings (dit is nou voor die 1980’s), was dit altyd die liberale vleuel van Protestantisme wat die Christelike geloof en demokrasie gelyk gestel het.[7] 

In die volgende tabel wys de Jong op die kontras tussen die Christelike geloof en demokrasie (p.159):

Christelike geloof Demokrasie
1. God alleen is soewerein Die Mens is soewerein
2. Geloof in God Geloof in die Mens
3. Wetsgehoorsaamheid gaan wetgewing vooraf Wetgewing gaan wetsgehoorsaamheid vooraf
4. God is die oorsprong van die wet Die Mens is die oorsprong van wet
5. Die mens se doel is gehoorsaamheid en vryheid in Christus Die Mens se doel is vryheid en geluk
6. Die owerhede is verordineer deur God. Regeerders en presidente is ‘dienaars van God’. Regering is van, deur en vir die mense.  Verkose leiers is dienaars van die meerderheid.
7. Die stem van God word verkondig of verdraai deur die volk Die stem van die volk is die stem van God
8. Jesus is God se Seun en Koning van die heelal Jesus was ‘n groot demokraat wat die broederskap van alle mense verkondig het
9. Die mens behoort aan sy getroue Verlosser, Jesus Christus Die Mens behoort aan homself
10. Die mens se einde is deur die Here verordineer. Die Mens bepaal sy eie lot
11. Die mens buig in onderwerping aan Christus as Here Die Mens buig voor niemand nie
12. Die hemel word belowe aan hulle wat glo Die hemel word geskep hier op aarde deur die Mens

 

As ‘n mens die nuwe SA Grondwet neem, asook die voorgestelde SA Handves van Godsdiensregte en Vryhede, is dit  mooi in lyn met die demokrasie kolom hierbo … ‘soos by al die nasies’ (1 Sam.8:5) om ons in die afvallige humanistiese intergeloof westerse wêreld waarin ons woon.  Die SA grondwet se ‘toring van Babel’ (Gen.11:4)begin bevestig hierdie ‘demokratiese geloof’,

“ONS DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA … Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word; Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en ’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.”[8]

Dieselfde gedagtes vind ons in die Handves vir Godsdiensregte en Vryhede, bv.

“AANGESIEN mense die inherente waardigheid, vermoë en behoefte het om te glo en hulle oortuigings in ooreenstemming met hulle basiese geloofstekste, -leerstellings of -tradisies te organiseer; en AANGESIEN hierdie vermoë en behoefte mense se lewens bepaal en waardig is om beskerm te word …”[9]

Baie duidelik praat hierdie Handves nie van die ware Christelike geloof nie, want geen mens het die ‘behoefte’ om in die enigste ware Drie-enige God te glo nie.  Wel om sy eie afgode te skep wat Homself sal dien (waarvan die grootse afgod ‘Ekself’ is) (Rom.1:18-32), maar “daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie” (Rom.3:11), ja, daar is niemand wat ‘waardig’ is, of die ‘vermoë’ besit om waarlik te glo nie.  Geen mens kan glo as dit nie vir hom as genadegawe, as ‘n geskenk van God, gegee is nie (Ef.2:8; Filp.1:26)

Die demokratiese geloofsbelydenis, soos weerspieël in die Grondwet en Handves, is:

Uit die Mens, deur die Mens, en tot die Mens is alle dinge. Aan hom/haar/dit(?) al die lof en die eer tot in ewigheid”.

Daarteenoor ontvang die gelowige die geskenk van God om te glo en te leef: 

“Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Rom.11:36)

Let op die ‘alle dinge’, soos in Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matt.28:18-20)

Almal, insluitende ‘konings en regters’ moet buig voor die HERE en sy Gesalfde,

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!  11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.  12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! (Ps.2)

Die grootste krisis van die tyd is egter nie die samelewing, die ‘konings en regters’ wat nie buig voor Christus nie, maar kerke wat deur ‘demokrasie’ regeer word, en nie meer Christokraties dienend van aard is nie (Matt.16:18; 17:5; 28:19; Ef.1:22).   

RP Swierenga skryf:

“In 1999 James Bratt observed that the CRCNA has a “new way of doing business.” In the sixties the professionals debated the theological issues while the laity stood by confused and apathetic. But by the nineties “the issues were not even noticeably Reformed in origin or argument.” The denomination and its administrative arms had become politicized, just like society at large, and it took stands on gender roles, cultural diversity, and individual rights, on similar grounds as society at large. The conservative remnant stood on Scripture, plain and simple, while the progressive majority insisted on living in the “world.” This new way of doing business in the church was really the adoption of the ideals of democracy that had been enshrined in the previous two hundred years.”

(Sien ook ‘Demokrasie in die kerk?’: https://proregno.wordpress.com/2010/02/05/demokrasie-in-die-kerk/)

Vandag is dit algemene gebruik dat leersake op kerklike vergaderings deur demokrasie bepaal word, en nie konsensus op grond van Skrif en belydenis nie.

In die GKSA word daar by implikasie gesê na ‘n (demokratiese) besluit geneem is op ‘n vergadering van die kerke op nasionale vlak teen die vrou in die besondere ampte van predikant en ouderling, dat ‘n volgende keer kan die demokrasie god dalk weer anders bepaal wat is reg en verkeerd oor wie in die besondere ampte mag dien of nie. 

Die kern van de Jong se kritiek teen demokrasie is as volg:[10]

“Those “forces” come to clearest expression in the principle of “governing by consent,” which translates successively into “self government” or human “autonomy.” This natural human desire to be self-directing rather than other-directed is nothing new to the Christian. He finds that autonomous attitude written large on the pages of Holy Writ ever since Adam and Eve first declared their presumed independence from God. That same rebellious inclination was expressed in print recently by R. S. Peters. In his book, Ethics and Education, he asserts, “The very notion of government itself, implying the placing of some man in authority over others, is prima fade an affront to a rational man.”

Democracy, said Bode and Dewey, was an “ideal” to be worked toward. It, for some unexplained reason, always seemed just beyond their grasp and incapable of attainment. For those who believe in the truth of Romans 13, though, the answer is obvious: God has instituted government in which He places some persons in authority over others. The authority which comes to expression, then, is not derived from the consent of the governed but is delegated by the God who is omnipotent. From Him comes all power and authority. Man’s re quired response is obedience and submission, both of which are prerequisite to lawmaking.

Judged from a Christian perspective, democracy is that ideal or urge of sinful man whereby he seeks to become a lawmaker rather than law-abider. It is the attempt to claim authority and power for oneself while rejecting the power and authority of others. It is the spirit or religious attitude which claims sovereignty for man while denying the sovereignty of God.

Jefferson, Dewey, Bode, and Brameld all breathed that spirit. For them democracy was not compatible with orthodox Christianity, but the antithesis of it.”

Die wesentlike probleem met hedendaagse demokrasie is juis dit (Gen.3:1-5): die mens word self die wetgewer, is self die bron van wet, probeer God self wees deur te bepaal wat is reg en verkeerd, in plaas van dat dit bloot ‘n middel/wyse is waarop mense verkies word om die volk te verteenwoordig.

Daar is net een Wetgewer, en sy Woord is reg, en sy wette is regverdig vir alle mense. Die mens moet sy verstand gebruik om sy Woord reg te verstaan en goed toe te pas, en nie om self die wetgewer of standaard te probeer wees nie.  Die mens moenie soos God probeer wees nie (Gen.3:22).

Een is Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf.” (Jak.4:12)

De Jong se konklusie van sy studie:

“For the committed Christian, however, joint allegiance to the democratic faith and the faith demanded by the God of Scriptures is an impossibility. To hold jointly to such contrasting positions is to embrace an antithesis which can only tear us apart.”[11]

En laasgenoemde, is presies wat ons in die Westerse samelewing en kerke, ook in die nuwe SA en sy kerke vind: veelgodery = vele wette = vele moraliteit = chaos in beide kerk en staat. 

As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. – Ps.127

Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! – Matt.6:24

 

 


 

[1] Craig Press, 1978.

[2] Preface, vii.

[3] Ibid., p.15.

[4] Ibid.,p.10.

[5] Ibid., p.157-162.

[6] Sien hoe dit gestalte gekry het in SA: Christianity and Democracy: A Theology for a Just World Order, John W. de Gruchy – http://findarticles.com/p/articles/mi_hb3244/is_n1_39/ai_n28687113/

[7] Ibid., p.157.

[8] Beklemtonings bygevoeg. SA grondwet kan hier verkry word:  http://www.constitutionalcourt.org.za/site/theconstitution/thetext.htm

[11] Ibid., p.159.


Responses

  1. RP Swierenga het dit nie reg nie – die kerk moet politieke standpunte stel dit moet net nie demokraties bepaal word nie – klink vir my hy wil eerder fokus of geestelike en dan maar wereld los vir heidense politiek.

    Dan is daar ook niks fout met selfregering nie. ‘Werk julle eie heil uit…’ ‘Heers oor die aarde..’ Is gese vir die individu en nie die staat nie.

  2. Ja, die kerk moet profeties getuig in die wêreld.

    Oor die ‘selfregering’, dink ek de Jong verwerp selfregering waar die ‘self’ god is en reg en verkeerd bepaal. Selfregering onder God deur sy Woord en Gees is natuurlik wat die Bybel leer. Ons bely dit ook in So.48 van die HK:

    “Regeer ons so deur U Woord en Gees dat ons ons hoe langer hoe meer aan U onderwerp”

  3. Baie dankie vir die aanroer van hierdie baie belangrike onderwerp. In die huidige humanistiese klimaat wêreldwyd moet mens seker nie iets anders verwag nie…

    Andrew Kenny beskou die VSA se tipe grondwet die beste van al die bestaande grondwette in vandag se wêreld. Hy doen in vandag se Citizen aan die hand dat die RSA by die VSA moet leer, oor hoe ‘n demokrasie werklik moet werk.

    Ek is egter bevrees dat die huidige regerende party nie belangstel om die huidige “Afrika-model” van demokrasie te verander nie, wat nog van om by ‘n Christo-krasie uitkom!

    Lees Kenny se stuk hier: http://www.citizen.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=140951&catid=34:columnists&Itemid=61


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: