Die Pro Regno blog is vandag ‘n volle een jaar oud.
Baie dankie vir almal se besoeke, ondersteuning, opmerkings en (selfs) beledigings deur die eerste jaar. Enige terugvoer is altyd welkom, al kan dit nie altyd gepubliseer word nie.
Die doel van die blog bly: om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus (Matt.6:33; Heb.12:28).
Met hierdie skrywe wil ek opnuut ‘n uitnodiging rig aan alle lesers om enige artikels aan te stuur wat u op hierdie blog wil publiseer: proregno@gmail.com
U is ook welkom om direk te reageer op elke artikel in die ‘comment’ afdeling, of op poslyste soos calvyn-subscribe@yahoogroups.com of gksaforum-subscribe@yahoogroups.com
“Birthdays are good for you. Statistics show that the people who have the most live the longest.”
“Birthdays are nature’s way of telling us to eat more cake.”
Happy Birthday 🙂
By: Shaun on January 18, 2011
at 11:55
Dankie Shaun, ek is een jaar oud en kan al skryf, tuisskool doen wondere ! 😉
By: proregno on January 18, 2011
at 18:17
Baie geluk met die eerste verjaardag van die blog. Gaan voort soos die Here jou lei, die gesonde leer word verkondig en daardeur word sy Naam verheerlik.
Vrede !
By: Fanie van Emmenes on January 20, 2011
at 08:52