Die nuutste uitgawe van Die Kelkiewyn – Jaargang 4 – nr.1:
“Hedendaagse verwarring oor waardes vir vroue”
Die Kelkiewyn tydskrif, met die toestemming van hul redaksie, word ook nou hier op Pro Regno vir u beskikbaar gestel. Sien die skrywe van die redakteur, ds. Neil Prinsloo hier onder.
Kelkiewyn
Goeiedag Almal,
Die Kelkiewyn is ʼn blad wat gesamentlik uitgegee word deur ‘n paar Gereformeerde gemeentes in Namibië om hulle eie lidmate, maar ook ander gelowiges in Namibië toe te rus om in hulle daaglikse vlug en vlerksleep Gereformeerde gelowiges te wees, wat aktief die Here dien.
Tematiese uitgawes konsentreer positief op Gereformeerde waarhede, wat deur die breër Christen gemeenskap vergeet is of dalk beskou word as oud en uitgedien.
Die Kelkiewyn het pas sy dertiende vlug oor verskeie streke van Namibië onderneem. Die Kelkiewyn word in volkleur, glansblad en ook in sommige streke in swart en wit, glansblad uitgegee. Dit word gratis versprei onder lidmate en ook in die gemeenskap. Dit word verder op strategiese plekke in die verskeie dorpe en stede geplaas, sodat die publiek dit kan lees.
Positiewe terugvoer uit verskeie oorde word ontvang. Gelowiges vanuit ander kerkverbande, kerkloses en afgedwaaldes ontvang reeds gereeld die blad.
Ons webblad funksioneer nie tans en daarom het ons begin om die blad, per e-pos aan te stuur. Indien jy adresse wil byvoeg by ons lesers, kan jy gerus ‘n e-pos met die adresse aanstuur aan: redakteur@kelkiewyn.za.net
Lees gerus saam met ons. Dit is ons bede dat dit jou ook in die geloof sal opbou. Geniet elke stuk hierin en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart rusplek kry en in jou lewe uitroep!
Neil Prinsloo
Redakteur
Ds. DP Prinsloo
Gereformeerde Kerke Outjo; Otjiwarongo; Biermanskool – Nam.
(00264 81) 294 0055
gkoutjo@iway.na
Die nuutste uitgawe van Die Kelkiewyn – Jaargang 4 – nr.1:
Leave a Reply