Seringboom in Rustenburg waar onder die Gereformeerde Kerke van SA herstig is (1859)
Hier onder is ‘n lys van Esra Verslag uitgawes wat nog in harde kopie beskikbaar is. ‘n Paar van hierdie uitgawes is ook hier aanlyn beskikbaar: Die Esra Instituut.
Wat is die Esra Instituut en die Esra Verslag?
Historiese agtergrond
Die Esra Instituut het informeel begin met ‘n maandelikse nuusbrief ‘Crux Christi’ in September 1992, onder leiding van myself, toe ek nog ‘n student was aan die UP, Pretoria.
Soos die aktiwiteite en lede uitgebrei het, is die nuusbrief se naam later verander na ‘Die Esra Verslag’, en het vanaf 1999-2007 verskillende medewerkers bygekry van spesifiek die GKSA en die VGKSA, o.a. ds. Gustav Opperman, dr. Michiel Durand, Bouwe van der Eems, Hannes van Heerden, Francois van Deventer en Antoine Theron. Vanaf 2007, as gevolg van my eie asook die ander medewerkers se werksomstandighede, het die werksaamhede van die Esra Instituut en die Esra Verslag nie voort gegaan nie.
Naam
Esra Instituut, gebaseer op Esra 7:10, “Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.”
Grondslag
Die Heilige Skrif soos bely in die gereformeerde belydenisskrifte.
Missie
Die bevordering van die Bybels-Christelike geloof en lewensbeskouing op elke terrein van lewe en denke.
Daar word nou weer deur die redaksie van die Esra Verslag besin om in die tweede helfte van die jaar een of moontlik twee verdere uitgawes uit te gee:
nr. 57 – Van 1859 tot VIDA (Die vrou in die besondere ampte)
nr.58 – Wat sal ons sing tot lof van God ?
Hierdie twee sake gaan sentraal staan in die komende algemene sinode van die GKSA in Januarie 2012. Die redaksie is van twee sake afhanklik om hierdie twee publikasies bekend te stel, enige donasies vir die druk en verspreidingkostes, en tweedens, artikels van u as skrywers oor hierdie sake. As u bereid is om te skryf, of boekresensies te doen, ens, kontak my asb.
Enige donasies vir hierdie projek kan in die volgende rekening inbetaal word:
Naam: S. Le Cornu/Esra Verslag
Absa Spaarrekening: 38031401752
Takkode: 632005
U kan ook enige artikels vir oorweging vir plasing stuur aan proregno@gmail.com
Verskeie predikante en gemeentes in die GKSA (o.a. Krugersdorp en Linden) het laat weet dat hul by die komende sinode in Januarie 2012 weer die saak gaan stel vir die vrou in die besondere ampte van predikant en ouderling. Die saak van die sang in die erediens gaan ook belangrik wees, aangesien die vorige sinode ‘n kommissie die opdrag gegee het om met voorstelle te kom oor die herbewoording van art.69 (om Gesange in beginsel in te sluit). Dit wys hoe relevant bogenoemde twee temas gaan wees. Die beplanning is om artikels van die verlede wat reeds in die Esra Verslag verskyn het, en sedert die laaste Esra Verslag verskyn het, asook moontlike nuwe artikels in die twee nommers te publiseer.
Hier is die lys van Esra Verslag nommers, wat nog beskikbaar is. U kan my direk kontak by proregno@gmail.com vir posgeld kostes, ens.:
Nommer |
Tema |
Prys |
40 |
God se Wet | R10-00 (38bl.) |
41 |
Die Psalms | uitverkoop |
42 |
Anno Domini | R10-00 (46bl.) |
43 |
Apologia | R10-00 (78bl.) |
44 |
Ek en my Huis | R10-00 (78bl.) |
45 |
Feesdae | R10-00 (78bl.) |
46 |
Tuisonderwys | uitverkoop (185bl.) |
47 |
Ekonomie | R20-00 (106bl.) |
48 |
Intergeloof in die Onderwys | R20-00 (198bl.) |
49 |
Kersfees en Gesange | uitverkoop (146bl.) |
50 |
Die Doodstraf | R20-00 (157bl.) |
51 |
Tydsgees in die Kerk | uitverkoop (138bl.) |
52 |
Paterfamilias | uitverkoop (112bl.) |
53 |
Reformatoriese Verset | R20-00 (96bl.) |
54 |
1859 ? | uitverkoop (198bl.) |
55 |
Ons gedrag in die huis
van God |
uitverkoop (175bl.) |
56 |
Die Misdaadseminaar | R20-00 (97bl) |
Inhoud van die verskillende nommers:
Nr |
Tema |
Inhoud |
41 |
Die Psalms |
Waarom Psalms in die Erediens behoort gesing te word,B. van der Eems; Wat sing ons tot eer van God?, dr.MC Durand; Die sogenaamde Evangeliese Gesange deur Hendrik de Cock; Waarom sing die Gereformeerde Kerke alleen die Psalms? deur prof.dr. JD Du Toit (Totius) en prof. Jan-Lion Cachet; Die Psalmboek as Reformatoriese Erfenis deur Prof. VE d’Assonville.
|
42 |
Anno Domini |
Verbondshernuwing, ds. Johan Bosman; Leierskapkrisis van die huidige genenasie, Bouwe van der Eems; Opvoeding en die Sondeval, RJ Rushdoony; Die vreugde van die 2de gebod: Ursinus se verklaring van Sondag 35 van die Heidelbergse Kategismus, dr. MC Durand; Teonomie in die Zuid-Afrikaansche Republiek & Totius as Teonomis? & Moet die Owerheid beide tafels van die Wet handhaaf?: die paradigma-verskuiwing tussen Calvyn en Kuyper, Slabbert Le Cornu; Volk en Godsvolk in die NT, prof.dr. JC Coetzee; plus ander artikels en boekbesprekings. |
43 |
Apologia |
Christelike Apologetiek, dr. GL Bahnsen; Moderne Argumentasie, Bouwe van der Eems; Die Heidelbergse Kategismus, KJ Ketel; Die Minderheidsverslag oor die Vrye Lied in die OPC, John Murray en William Young; Skepping in 6 dae, dr KL Gentry; Die wet van God ons enigste maatstaf: Matt.5:17-20, ds. Mendel Retief; Die Wet van God in debat, Slabbert Le Cornu; Van Riebeeckdag; Verslag oor die Parlament van Wêreldgodsdienste, Gustav Opperman; Hoe vier ons Celoftedag?, Slabbert Le Cornu; plus ander artikels en boekbesprekings.
|
44 |
Ek en my Huis |
Ek en my huis, ds. Gustav Opperman; Gereformeerde Epistemologie, Bouwe van der Eems; Sosialisering en kundigheid in tuisskole, Slabbert Le Cornu; Die sing van vrye liedere in die Sondagse eredienste, Henk Schuring; Kerk en Staat, ds. JR Visser; Etiese beoordeling van dobbelary, Bouwe van der Eems; Die Tragedie en Hoop van Apartheid, dr. MR Kreitzer; plus ander artikels en boekresensies oor verskillende onderwerpe.
|
45 |
Feesdae |
Eiesinnige godsdiens is beeldediens, ds. M Retief; Reformasiedag Verklaring; Die regulerende beginsel is noodwendig vir die erediens, dr. MC Durand; Redes waarom Christene nie Kersfees behoort te vier nie; Kwartaallikse nagmaalsviering in die Bybelse jaarseisoene, prof.dr. Nigel Lee; Ons kerklied en die Geneefse melodieë; Die teenwoordigheid van God in Gesang 7, dr. C. van der Waal; plus ander artikels en boekbesprekings.
|
46 |
Tuisonderwys |
‘n Verantwoording van Gereformeerde Tuisonderwys; Verbond en huisonderrig, ds. Gustav Opperman; ‘n Verbondsmatige tuisonderwys opvoedingsfilosofie, Slabbert Le Cornu; Die gesin as bousteen van tuisonderwys, dr. MC Durand; ‘n Tuisonclerwysvisie vir gereformeerde onderwys, Bouwe van der Eems; Die geskiedenis en regsposisie van tuisonderwys in Suid-Afrika, Leendert van Oostrum; Die praktyk van tuisonderwys, Ina Opperman; plus vele ander artikels en boekbesprekings. |
47 |
Ekonomie |
Uit die Skrif: MaIeagi 3:10, Totius; Ekonornie: Wetenskap van Rentmeesterskap, prof.dr. PE van der Dussen; Pluralisme van Waardes & Sosiale Hervorming, prof.PH Stoker; ‘n Wêreld van Orde en Betekenis: Die ekonomiese teorie van Ludwig von Mises, Antoine Theron; Die belofte van ‘n Christelike ekonomie, dr. John W. Robbins; Ekonomie en Samelewing: notas uit M Kelley se On Stone or Sand: The ethics of Christianity, prof. Pieter H. Stoker; Kritiek op die ‘gekerstende’ Keynes, B. van der Eems; Die Vryemarkstelsel en die Sosialisme, Dr. MR Kreitzer; Die desentralisering van die staat deur privatsering: ‘n samevatting uit Douglas Shaw se Downsizing the State, Larno Meyer; Boekresensie: On Stone or Sand, The Ethics of Christianity, Capitalism & Socialism, MW Kelley, deur prof. PH Stoker; Boekresensie: No Other Standard: Theonomy and its Critics, dr. Greg.L. Bahnsen, deur Shaun de Freitas; Huldeblyk aan dr. RJ Rushdoony, Slabbert Le Cornu.
|
48 |
Intergeloof in die Onderwys |
Skrifoordenking: Gen.34:1-35:7, Die pad van Sigem tot Bet-eI, ds. Gustav Opperman; lntergeloof in die Onderwys, Sarel van der Merwe; Die rol van die Skeppingsleer teenoor die Evolusieleer in Verantwoordelike Opvoeding, prof. PH Stoker; Multireligieuse Onderrig in die Klaskamer, dr. I. Horn; Boekresensie: The Creators of ADHD (Attention Deficit Hyperactivity Disorder) on Trial, Susan du Plessis & dr. Jan Stzydom, deur Dorothea Le Cornu; Die sielkundige vlieg in die opvoedkundige salf,deur Susan du Plessis; Potter en Pokemon: vriend of vyand?, drs. Rob Matzken; Die effek van die moderne media op die samelewing, Bouwe van der Eems; Boekresensie: The Sensate Culture, Harold OJ. Brown, deur Herman van Antwerpen; Bespreking van die Nuwe Kurrikulum: Ekonomiese Bestuurswetenskappe Leerarea, Bouwe van der Eems; Onderwys: Staatsdiens of Godsdiens?, Slabbert Le Cornu; Is die Klooster nou nodig?, ds. JR Visser; Onse Kader op die aarde, ds. ALA Buys; Pyle in ‘n Krygsman se Hand: Holwerda oor die Antitese in die Opvoeding, ds.C. Stam; Christelike Onderwys instellings: VCHO, Tuisonderwys, ARSO, ACVHO, Esra Instituut.
|
49 |
Kersfees en Gesange |
Eiewillige Godsdiens (Rig.17:13), prof.dr.K.Schilder; ‘n Kerklike jaar met allerlei Feesdae?, prof. K Deddens; Geen grond in die Skrif: Jacobus Koelman (1632-1695) se stryd teen die feesdae, prof.dr. W van’t Spijker; – “Die hele wyse waarop God gedien moet word”: Erediens en dieGenoegsaamheid van die Skrif in Artikel 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, ds. Wes Bredenhof; Verklaring van die Dordtse Kerkorde, artikel 67: Christelike Feesdae, prof. Bouke Spoelstra; Kersfeesviering en samekomste op Kersdag, B van der Eems; Fundamentalisme: naam of brandmerk?, dr. A.T van Deursen; Romantiese godsdiens, God se gebooie en die dialektiese teologie, prof.dr.Klaas Schilder; Kersfees en Gesange: teologie of ideologie?, dr. MC Durand; Lesing gelewer tydens die ICRC konferensie: Die Regulerende Beginsel van die Erediens, ds. G.I. Williamson; Redes vir die viering van Kersfees weerlê, ds.Brian Schwertley.
|
50 |
Die Doodstraf |
Die regshistoriese verloop van die doodstraf in Suid-Afrika, Shaun de Freitas; Die doodstraf vanuit ‘n menseregte perspektief, A Theron; Die doodstraf volgens die Skrif, ds. JR Visser; Nogmaals Calvyn en Servet: ‘n reformatoriese gevallestudie, dr. Victor D’Assonville [jnr.]; Die doodstraf: ‘n reformatoriese beskouing, prof. AWG Raath; Die argumente oor die doodstraf verantwoord, dr. MC Durand.
|
51 |
Tydsgees in die Kerk |
Esra Verslag Verklaring aangaande die ‘Nuwe Hervorming’ in SA; Skrif-verklaring en Tydsgees, prof VE d’Assonville; Die Nuwe Beryming getoets, dr. Attie Bogaards; Die vrou in die Amp, ds. Ron Cammenga; Die Ware Kerk, Bouwe van der Eems; Die HERE het tot my Here gespreek: Psalm 110 as Messiaanse Psalm, Slabbert Le Cornu; Kerklike Appél: Dordtse Kerkorde, artikel 31, prof B Spoelstra; Boekresensies: 1. Gary L Almy, How CHRISTIAN is christian counseling? The dangerous secular influences that keep us from caring for souls, deur ds. Johan Bosman; 2. Keith A Mathison, The Shape of Sola Scriptura, deur Shaun de Freitas; 3. Boekbekendstellings: Brian A Schwertley boeke: A Historical and Biblical Examination of Women Deacons; A Biblical Defense of Exclusive Psalmody; Sola Scriptura and The Regulative Principle of Worship.
|
52 |
Paterfamilias |
Was dit alles tevergeefs?: ‘n Huldeblyk aan Dr. Ed Cain (1935 – 2002), Francois van Deventer; Skrifverkondiging: Gen.3:9, Manlike verantwoordelikheid, ds. Gustav Opperman; Die vernietiging van die Westerse beskawing, Bouwe van der Eems; Van Apartheid tot Volksmoord? … deur die Onderwys, L van Oostrum;
Krisis in die Onderwys kristalliseer uit, dr PE van der Dussen; Die feministiese aanslag op manlike leierskap, ds. Gustav Opperman; Neo Paganisme, patriargie en feminisme in die 21ste eeu, S Le Cornu; Die mediese mishandeling van die baarmoeder, Ina Opperman; Calvyn en Onan: Onvrugbaarheid en skande, voorbehoeding en moord, dr. MC Durand; Verbondsmatige Gesinsbediening: die bybelse gronde vir die hervorming van persoonlike diensbaarheid, ds. Brian M. Abshire (vertaal deur Alwyn Bezuidenhout); Die Apostoliese Geloofsbelydenis teenoor die Nuwe Hervorming, Slabbert Le Cornu; Die afbreek en opbou van strukture in ‘n Postmoderne Tyd, Bouwe van der Eems.
|
53 |
Reformatoriese Verset |
Verset en die Skrif, ds. Gustav Opperman; Die Reformatoriese standpunt oor Verset, prof. Andries Raath; Kerkregtelike verset, ds. Hennie Momberg; Verset en die Gesin, Bouwe van der Eems; Verset en Medisyne, dr. Michiel Durand; Calvyn oor Verset.
|
54 |
1859 ? |
Skrifoordenking: Hebr.1:1-4, prof. L. Schulze; Stellenbosch 1812 – Rustenburg 1859 – Potchefstroom 2003: Die Stryd rondom die suiwer Psalmboek, prof. V.E. d’Assonville; Die Noodsaaklikheid om die Kerk te reformeer, J. Calvyn; Die Gesag van die Skrif, A.J. Rossouw; Gereformeerde Skrifverklaring: Openbaringshistories of Sosio-histories?, prof. GJC Jordaan; Die Nuwe Vertaling, ds. L.S. Kruger; Waarom is u lidmaat van die (Dopper) Geref. Kerke?, S. Le Cornu; Utrecht 1612 – Bloemfontein 1939 – Potchefstroom 2003: Psalms vs Skrifberymings, ds. L.S. Kruger; ‘n Eervolle plek vir die vrou in die Kerk van Christus, prof. L. Floor; Die vrou in die diakenamp, prof. H. Hanko; Diakon* … gebruike in die Pauliniese briewe, L.J. Erasmus; Reformasie en die Kerkorde, B. van der Eems; Middelmatige sake, L.J. Erasmus; Die Doppers en hul Sabbat, ds. G Opperman; ‘n Stukkie heidendom in die Kerk: Kersfees, W. van’t Spijker; Jacobus Koelman oor Kersfees, M. de Feijter; Roeping en Toekoms, dr. J.D. du Toit;Verslag oor Verbondseminaar 2003: Reformatoriese Verset, H.J. van Antwerpen; Esra Boeke.
|
55 |
Ons gedrag in die huis van God |
LESINGS VAN VERBOND-SEMINAAR 2004: Die huis van God, ds. G. Opperman; Die kerk as pilaar en grondslag van die waarheid, dr. ALA Buys; Aanbidding in Gees en Waarheid, mnr. S. Le Cornu; ANDER ARTIKELS: Verbondsuniversa-lisme: ’n Nuwe vorm van die ou aanval op God se soewereine genade, prof. D.J. Engelsma; Die Dordtse Leerreëls en die Verbond, A. Theron; Voetius en die Feesdae, Ing. B. van der Eems; Die Dopperkerke van Suid-Afrika: ‘n Gereformeerde perspektief op die geskiedenis en huidige ontwikkelinge in die GKSA, mnr. S. Le Cornu; ESRA BOEKE: Bekendstelling van skripsie: Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking ‘huis van God’ in 1 Timoteus 3:15. ‘n Openbaringshistoriese ondersoek, G. Opperman; Bekendstelling van tesis: Rutherford on Law and Covenant: The Impact of Theologico-Political Federalism on Constitutional Theory, S.A. de Freitas; Boekresensie: Joel R. Beeke, The Quest for Full Assurance. The Legacy of Calvin and his Successors (The Banner of Truth Trust, 1999, pp. 309), deur SA de Freitas. |
56 |
Die Misdaad seminaar |
– Teorieë oor die oorsake en oplossings vir misdaad, dr. Michiel Durand; Repliek deur mnr. Hannes van Heerden; Behoort Bybelse strafwetgewing vandag nog van toepassing te wees ?, ds. Gustav Opperman; Repliek deur ds. Slabbert Le Cornu; Die betekenis van die bloedwreker vir vandag, ds. Cobus Rossouw; Repliek deur mnr. Bouwe van der Eems; Die ontwapening van die SA bevolking en wat gemeenskappe kan doen om hulself te beskerm teen misdaad, mnr. CD van Reenen. |
Leave a Reply