Marcion, VIDA en Marcionisme vandag

“Marcion is relevant today because some contemporary wacky teachings about Jesus and the Bible are merely a restating of his ancient heresies. In his book The God Delusion, Richard Dawkins writes,

 “The God of the Old Testament is arguably the most unpleasant character in all fiction: jealous and proud of it; a petty, unjust, unforgiving control-freak; a vindictive, bloodthirsty ethnic cleanser; a misogynistic, homophobic, racist, infanticidal, genocidal, filicidal, pestilential, megalomaniacal, sadomasochistic, capriciously malevolent bully.”

This view is quite similar to that of Marcion and still wreaks havoc in the church today.”

Aangesien hierdie ‘n redelik lang artikel is oor ‘n belangrike onderwerp, nl. hoe marcionistiese denke en hermeneutiek die teologie en kerkwees vandag beïnvloed (veral wat die ‘vrou in die amp’ hermeneutiek betref), plaas ek dit hier in PDF formaat om uit te druk en te lees:

Marcion, VIDA en Marcionisme vandag 

(Ek sien nou dat die skakels [‘links’] in die artikel, wat die bronverwysings bevat, nie leesbaar is in PDF formaat nie.  ‘n MS-Word uitgawe wat die verskillende ‘links’ bevat, is op aanvraag beskikbaar by proregno@gmail.com).

Hier is ‘n paar uittreksels uit die volledige artikel:

11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.  13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.  14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.  15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid. – 1 Timoteus 2:11-15

“Marcion accepted only the Gospel of Luke and the writings of Paul for his New Testament canon, and he was forced to alter even these to fit his teachings.”[1]

1 Tim 2.11 … Note also that Marcionite women were teachers or prophetesses (Tert, Hipp, Epiph, Eznik)”

“Marcion rejected the two epistles to Timothy and the one to Titus, all of which deal with church discipline. His aim was, I suppose, to carry out his interpolating process even to the number of epistles.” – Tertullian (Against Marcion, c.207, W), 3.473[2]

“(Marcion) stel dan ook sy eie “Kanon”, of lys van vir hom gesaghebbende boeke op. Hierin verwerp hy verskeie Nuwe-Testamentiese Boeke wat nie strook met sy Gnostiese beskouinge nie.” Prof. JC Coetzee

“Finally, ‘A Marcionite innovation was the permission given to women to hold office in a church.’ Each of these areas sheds a little light into Marcion’s theology. … But as Marcion read Paul, he would edit the sections he felt were influenced by Judiaism and therefore had an inaccurate understanding of Paul.”

Marcionisme vandag ?

Baie in die ortodoks protestantse kerke verwerp die leer van Marcion, spesifiek sy valse kanon, sy spesifieke godsbeskouing en dwalinge oor Christus, maar is ons heeltemal bevry van die gees van Marcionisme (wat ‘n valse teenstelling/dualisme maak tussen die God van die OT en die God van die NT, tussen geregtigheid en genade, tussen die profesie van die OT en die vervulling in die NT, ens.) ?

Maak ons nie maar baie maal, ten minste in die praktyk ook ‘n valse teenstelling tussen:

1. Die ‘wrede god’ van die OT teenoor die ‘liefdevolle’ god van die NT ?

2. Die ‘ongenaakbare god’ van die OT deur die uitverkiesing, teenoor die ‘genadige god’ wat almal liefhet in die NT ?

3. Die ‘god van die OT’ wat net die Jode red, teenoor die ‘universalistiese jesus’ wat almal (kop-vir-kop) red in die NT ?

4. Deur te beweer: die OT is ‘n ‘Joodse boek’ en vir hulle alleen (Die Psalms sing bloot van menslike konings?), teenoor die NT is ‘n ‘Christelike’ boek (… en daarom moet ons die Joodse Psalms ‘Christelik en Messiaans’ maak, dw.s. herinterpreteer) ?

5. En, die OT is die tyd van redding deur werke, die NT is die tyd van redding uit genade deur die geloof ?

En, wat die valse dualismes van Marcion betref, d.w.s. die valse teenstelling tussen natuur en genade, asof eersgenoemde sleg is en die laasgenoemde goed:

1. In die OT het dit bloot oor ‘n aardse koninkryk gegaan, in die NT gaan dit nou net oor die geestelike koninkryk (die hemel).

2. In die OT het hul volgens God se wette gelewe, in die NT lewe ons nou net deur die Gees (los van die wet) ?

3. In die OT was volke en groep en tale en kulture in diens van God belangrike dinge, in die NT gaan dit net oor of my ‘hartjie’ aan jesus behoort (of ek hemel toe gaan = individualisme) ?

4. Die OT mense het geglo in ‘n ‘letterlike skepping’, maar nou in die NT weet ons dit moet slegs geestelik verstaan word, allegories verklaar word (bv. Gen.1-3) [“Dit gaan nie oor of die Here hierdie fisiese, tyd/plek kosmos geskape het nie, maar bloot of ons ‘geestelik’ glo dat Hy ‘n skepper is” D.w.s. God stel net in die ‘geestelike’ dinge belang, nie die fisika en kosmos nie].

5. Die OT is vol mites en histories onbetroubaar en feilbaar, die NT is betroubaar en onfeilbaar want dit gaan ‘net’ oor verlossingsake.

Maar, dan ook op ‘n eties-morele terrein, veral hier, is ons tye en geslagte, baie kerke en teoloë deurdrenk van die marcionistiese gees, in bewerings soos volg:

1. In die OT tyd, die ‘primitiewe’ tyd was om (baie) kinders te kry belangrik, maar in die NT nie meer nie, ons moet nou ‘verantwoordelik’ wees.

2. In die OT het God egskeiding gehaat, maar in die NT vergewe hy alles, akkomodeer Hy alles en verdra Hy alles (d.w.s. God straf en tug nie meer nie).

3. In die OT het God ge-eis dat alle konings en regters van die aarde hul moet bekeer, Hom moet dien en aanbid in alles, ook hul wetgewing (Ps.2; 33:8; 147; Pred.12:13,14), maar in die NT het mense en volke  menseregte verkry wat hul beskerm om elkeen hul eie gode te dien en self god te wees deur hul eie wette uit te dink.

4. In die OT sing die Psalms op vele plekke dat nie net individue nie, maar volke Hom moet loof en prys (Ps.117), maar in die NT is elkeen geregtig om te glo en te doen soos hy/sy/dit wil.

5. In die OT was (bv) aborsie-moord en homoseksualisme ‘n gruwel, maar in die NT tyd is dit nie meer ‘n gruwel nie.

6. In die OT moes die gelowiges God aanbid soos Hy beveel, in die NT kan ons Hom aanbid soos ons wil, solank ons bedoelings net goed is (ons moet nie ‘wetties’ wees nie).

7. In die OT tyd het dit gegaan oor waarheid en ware leringe, in die NT gaan dit net oor ‘liefde en verdraagsaamheid’, moenie so ‘rigied’ wees nie.

8. “As iets nie ook in die NT geskrywe staan nie, maar slegs in die OT, dan is dit nie waar nie en geld nie meer vandag nie (die ‘what-would-jesus-do’ kulte).”

9. En ja, in die OT het God ‘n bepaalde skeppingsordening vir man en vrou gehad: gelyk in waarde en wese, maar verskillend in rol/taak/ampte; in die NT val dit alles weg, en is man en vrou nou absoluut gelyk, d.w.s.  ook in rol/taak en ampte. Jesus het die vrou en man bevry van enige natuurlike, skeppingsgegewe onderskeid, absoluut geen meer ‘diskriminasie’ in die NT tyd nie.  Marcion ‘practised what he preached’:

“The early Gnostic well known to church history students named Marcion was excommunicated from the church in A.D. 150. He then established his own church in which he appointed women as bishops and priests. In the Valentinian Gnosticism, women functioned as teachers, evangelists, healers, priests, perhaps as bishops. This Movement in the church to put women into roles of spiritual leadership is simply reflective of this same kind of religious attitude.”

Om die laaste punt te illustreer, hoe die gees van marcionisme (‘n valse teenstelling tussen die leer van die OT en die NT oor die man en vrou se rolle en take; asook ‘n valse teenstelling tussen natuur [man en vrou wees] en genade [redding in Christus], wys ek u op die artikel in die Beeld (2011-05-26) van prof. Adrio König,[1] onder die opskrif:

Onderdane wat slaafs is taboe (sic)

Konklusie: die gnostieke, marcionisties-dualistiese dwalinge van die eerste eeue, is nog lewendig, baie lewendig in die kerke vandag.  Die Here het in sy raad en wysheid bepaal dat liefdevolle leierskap en gesag aan die man sal behoort wat aan die vereistes van die Skrif moet voldoen.  Daar is ‘fisiese’ en ‘geestelike’ vereistes, ‘natuur én genade’ vereistes, soos ons dit lees bv.in 1 Kor.11:2,3; 14:34-40; Ef.5:21-33; 1 Tim.2:11-15, 1 Tim.3; Tit.1, ens. Die ‘evangeliese marcionistiese feministe’ (König en kie) stel die genade teenoor die natuur, as hul beweer dit gaan net oor ‘geestelike vereistes’ en nie ‘natuurlike vereistes’ nie.  Nee, dit is albei, soos die Vader van die OT en NT dit bepaal het, en soos sy Seun dit bevestig het.”

Vir die volledige artikel, waarin ook gewys word hoe die marcionistiese hermeneutiek werksaam is in die VIDA debat:

Marcion, VIDA en Marcionisme vandag

“The words of Scripture are not ours to tamper with as we please. In the second century, Marcion tried to remove from Scripture all the sections he disagreed with. The Jehovah’s Witnesses have a special translation that changes a few key words to suit their doctrine. Now we have an NRSV that does a very similar thing in order to eliminate “masculine language” from thousands of verses of Scripture. When it does this, it unnecessarily distorts the meaning of the Word of God. And so do the other gender-neutral versions (CEV, ncv, NIVI, and NLT) that follow its precedent.” – Wayne Grudem

Sien ook: Know Your Heretics: Marcion

5 thoughts on “Marcion, VIDA en Marcionisme vandag

Add yours

  1. Hier is ‘n voorbeeld van ‘n gay ‘marcionisties-evolusionistiese’ hermeneutiek:

    “Jay Bakker holds to an evolutionary theology. In Fall to Grace, he argues that there is an evolutionary theology within the Bible and that the character of God changes from the Old Testament to the New. Bakker credits author Brian D. McLaren with the argument that the Bible reveals “a trajectory that points inexorably from judgment and punishment in the distant past through time toward forgiveness and all-encompassing love.” Bakker argues against “trying to maintain scriptural consistency” and proclaims that we are “not stuck with the angry God encountered in the Old Testament (and, yes, in some places in the New Testament).”

    Sien die volledige artikel, “The Church and the ‘Clobber Scriptures’ — The Bible on Homosexuality”, hier: http://bit.ly/lyenhL

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: