Die Pous, Arminianisme en vir Wie het Christus gesterwe ?

In aansluiting by die vorige inskrywing (Die NG Kerk, Rome en die Wêreldkerk gedagte) sien die nuutste uitsprake van die Pous hier:

Pope Francis says atheists can do good and go to heaven too!

Die nuwe Pous het gesê:

“Francis explained himself, “The Lord created us in His image and likeness, and we are the image of the Lord, and He does good and all of us have this commandment at heart, do good and do not do evil. All of us. ‘But, Father, this is not Catholic! He cannot do good.’ Yes, he can… “The Lord has redeemed all of us, all of us, with the Blood of Christ, all of us, not just Catholics. Everyone! ‘Father, the atheists?’ Even the atheists. Everyone!” We must meet one another doing good. ‘But I don’t believe, Father, I am an atheist!’ But do good: we will meet one another there.”

Die Katolieke webblad verduidelik sy woorde as volg:

“Pope Francis has good news for atheists. Jesus died and was raised for them as well. His redemptive embrace was for all, not just a chosen few.The choice to accept its reach is our own. The Holy Father was not teaching anything new. In fact, this hope that all who do not yet know God are not only capable of doing good – but will progress toward that knowledge of God by doing good – is ancient. The Church wants all men and women to be saved.   …. Father James Martin, a Jesuit priest, told the Huffington Post, “Pope Francis is saying, more clearly than ever before, that Christ offered himself as a sacrifice for everyone.”

Hierin stem die Pous en Arminiane saam: Christus het vir alle mense, kop-vir-kop gesterwe.  Nou hang dit net af van die mens of hy gered gaan word, vir die Katoliek moet die mens dan net goeie werke bydoen by Christus se verlossing en dan is jy gered, dus Christus plus jou eie ‘goeie’ werke. By die Arminiaan moet jy net ‘glo’,’n ‘keuse’ uitoefen, ‘glo’ as ‘n werk wat die mens dan moet doen, dus Christus plus ek wat glo = redding.

Daarteenoor leer die Skrif dat Christus alleen vir die uitverkorenes gesterwe het, vir alle soorte uitverkore mense, klein en groot, jonk en oud, mans en vrouens onder elke volk, stam en nasie, in wie die Here ‘n welbehae het. Daarom moet die Evangelie verkondig word aan alle volke en mense sodat sy uitverkorenes tot geloof en bekering kan kom orals, soos ons bely in Dordtse Leerreëls 2:5,

“Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.”

Kyk wat leer die Skrif teenoor die Pousdom en die Arminianisme:

 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep  12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.  13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. – Rom.9

NGB artikel 22 (die regverdiging deur die geloof) wys op die rol en plek van geloof:

… Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hý reken ons sy hele verdienste toe en ook al die heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry.”

NGB art.24 wys op die regte plek van goeie werke in die lewe van die gelowige:

“Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die Woord van God en deur die werking van die Heilige Gees, dat die geloof hom wedergebore laat word en tot ‘n nuwe mens maak, hom ‘n nuwe lewe laat lei en hom van die verslawing van die sonde bevry. Daarom is daar geen sprake van dat hierdie regverdigmakende geloof die mens vir ‘n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie, maar slegs uit liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis. Dit is daarom onmoontlik dat hierdie geloof niks in die mens tot stand sou bring nie; ons praat mos nie van ‘n dooie geloof nie maar van wat die Skrif noem ‘n geloof wat tot dade oorgaan (Gal 5:6), wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke wat deur God in sy Woord beveel het.

Hierdie werke is, as hulle uit die goeie wortel van die geloof voortspruit, goed en vir God welgevallig omdat hulle almal deur sy genade geheilig is. Tog geld hierdie werke nie vir ons regverdiging nie, want ons is in die geloof geregverdig nog voordat ons goeie werke doen. Hulle sou anders mos nie goed kon wees nie, net so min as die vrug van ‘n boom goed kan wees voordat die boom self goed is.

Ons doen dus die goeie werke, maar nie om iets te verdien nie – wat sou ons tog kon verdien?

Veeleer is ons goeie werke wat ons doen, aan God verskuldig, terwyl Hy aan ons niks verskuldig is nie, aangesien dit Hy is wat in ons werk. Hy maak ons gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Phi 2:13). Laat ons daarom let op wat geskrywe staan: “…wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen” (Luk 17:10). Tog wil ons nie ontken dat God die goeie werke beloon nie, maar dit is deur sy genade dat Hy sy gawes bekroon. Verder, al doen ons ook goeie werke, maak ons dit glad nie die grond van ons saligheid nie, want ons kan geen werk doen wat nie deur ons sondige natuur besmet en ook strafwaardig is nie. En al kon ons ook één goeie werk lewer, is die herinnering aan net een sonde vir God genoeg om dit te verwerp. Op hierdie manier sou ons altyd in twyfel verkeer, heen en weer geslinger sonder enige sekerheid en ons arme gewete sou altyd gekwel word as dit nie op die verdienste van die lyding en sterwe van ons Verlosser steun nie.”

Geloof is ‘n geskenk van God, nie ‘n werk van die mens nie, dit is deel van verlossing wat ons ontvang uit genade, nie iets wat bygevoeg kan word sodat ons gered kan word nie:

8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;  9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.  10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. – Ef.2

Heidelbergse Kategismus:

Vraag 61: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?

Antwoord: Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is (a). En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie (b).

(a) 1Co 1:30; 1Co 2:2. (b) 1Jo 5:10.

Goeie werke uit dankbaarheid is die vrug van ons verlossing, nie voorwaarde tot ons verlossing nie:

Vraag 64: Maar maak hierdie leer nie mense onverskillig en roekeloos nie?

Antwoord: Nee, want dit is onmoontlik dat ‘n mens wat deur ‘n ware geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie (a).

(a) Mat 7:18; Joh 15:5.

Sien hierdie artikel oor vir wie Christus gesterwe het: Vir wie het Christus gesterwe ?

“Wanneer die Skrif dus, veral in die NT, leer dat Christus vir die sonde van die (hele) ‘wêreld’ gesterwe het (bv.Joh.3:16; 1 Joh.2:2), dan dui dit daarop dat God sy gelowiges wat Hy uitverkies het, onder alle volke het (Matt.28:19), en nie net meer onder Israel soos in die OT bedeling nie (sien die woorde in Handelinge 10:36, waar dit juis daaroor gaan dat die Here nie net kinders onder die Joodse volk het nie, maar ook onder die nie-Joodse volke: “… deur Jesus Christus – Hy is die Here van almal”, d.w.s. almal wat Hy uitverkies het onder al die volke, Matt.28:19).

Dus ‘alle’ beteken bv. alle soorte mense, of mense van alle volke, maar nie elkeen kop vir kop nie. Die Here red wel die hele wêreld, maar die hele wêreld in sy uitverkorenes/gelowiges. Ons moet die Skrif dus organies-verbondsmatig lees, en nie individualisties-arminiaans nie, anders gaan ons daarin eindig dat, soos br.Skea dit stel, skrifgedeeltes verkeerd ‘ge-interpreteer’ en verstaan word, en dit alles mekaar weerspreek.”

In die Dordtse Leerreëls, hoofstuk 2:8 bely ons as volg in navolging van die Skrif:

“Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.

Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis—waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het—uit elke stam, volk, geslag en taal hulle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het.

Verder dat Hy hulle van al hulle sondes—sowel die erfsonde as die werklike sonde wat na en voor die geloof begaan is—deur sy bloed sal reinig. Ten slotte dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.”

Sien ook: For Whom dit Christ Die ?

Bestudeer gerus die volgende deeglike bron oor hierdie hele saak:  Saved by Grace

John Owen wys dat dit volgens die Skrif onmoontlik is dat Christus vir alle mense (kop-vir-kop) gesterwe het:

FOR WHO DID CHRIST DIE?

John Owen


The Father imposed His wrath due unto, and the Son underwent punishment for, either:

  1. All the sins of all men.
  2. All the sins of some men, or
  3. Some of the sins of all men.

In which case it may be said:

  1. That if the last be true, all men have some sins to answer for, and so, none are saved.
  2. That if the second be true, then Christ, in their stead suffered for all the sins of all the elect in the whole world, and this is the truth.
  3. But if the first be the case, why are not all men free from the punishment due unto their sins?

You answer, “Because of unbelief.”

I ask, Is this unbelief a sin, or is it not? If it be, then Christ suffered the punishment due unto it, or He did not. If He did, why must that hinder them more than their other sins for which He died? If He did not, He did not die for all their sins!”

14 thoughts on “Die Pous, Arminianisme en vir Wie het Christus gesterwe ?

Add yours

  1. Dis nie net die Pous en Armiers wat die hart van die Evangelie uitruk nie.

    Ben du Toit het tydens sy tugondersoek beweer geloof is nie noodwendig nodig vir redding nie – en Nelus Niemandt het toe beweer dat sy teologie “binne die raamwerk van die NG Kerk” val.

    Die huidige leierskap van die NG Kerk verwerp dus ook die Reformasie.

    Dankie vir hierdie artikel!

    Wynand

  2. Die uitverkiesingsleer van die Calviniste verteenwoordig geensens dit wat die vroeere ‘reformers’ geglo het nie. Die genade deel van die Calvinistiese geloof – die ekstreme houding dat mens nie God se liefde kan antwoord nie tensy God jou dit maak doen nie, is nie Bybels nie, maar mens uitgedinkte afleidings wat regtig nie eens sin maak nie. Die Bybel vertel van n liefdevolle God Wie Liefde is en wat Hy gedoen het om ons te verlos en wat Hy vir ons se hoe ons verlos kan word – dit is deur geloof in Christus en Hy red ons sonder twyfel wanneer ons in Chrisus glo soos die Bybel dit leer. Lees gerus “What love is this” Calvinism’s Misrepresentation of God, geskryf deur Dave Hunt. Dit kan in SA bestel word by Julie Leo, tel 011 393 3897 of by http://www.thebereancall.org . Groete in Christus, Catherina Hayden

      1. Nogal n lywige lys. Mag ek vra of jy ooit Dave Hunt se boek gelees het? Meeste mense wat gal braak oor Dave se skrywes het nooit eens sy skrywes gelees of na sy boodskappe geluister nie. Hulle gaan op hoorsê. Dave se boek is baie sorgvuldig nagevors, baie deeglik seker gemaak wat sê die Skrif en uitstekend gedokumenteer. Voorwaar n werk wat aanbeveel kan word van iemand wat God en Sy Woord innig lief het.

      2. Ek het nie Hunt se boek gelees nie. Jy is meer as welkom om sy argumente vir my op te som, ek luister graag en sal dan daarop antwoord.

        Al daardie persone in die ‘lywige lys’ is kinders van God wat sy Woord ook innig liefhet, deeglike navorsing gedoen het van Hunt se boeke en die onderwerp, so ek vertrou hulle goeie oordeel.

  3. Ek het net een probleem… Wat beteken Joh.3:16 dan? “Want so lief het God die _wêreld_ …” Meer nog, wat maak ons met die herhaaldelike oproepe tot bekering? Dit praat nie van ‘n “wag tot ek die gawe van bekering ontvang (indien ek uitverkies is)” nie, maar roep alle mense oral nou tot bekering. Wat maak ons dan met 1 Tim.2:3-5 “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,” ? of “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”? Ek dink dat beide Arminianisme en die Claviniste net ‘n gedeeltelike waarheid beet het en daarom so van mekaar verskil… sola scriptura!

    1. Lees die hele Joh.3:16, so ook verse 17-21 en 3:35,36. So ook Jesus se woorde in Joh.17:9, waar Hy dit duidelik stel dat Hy juis nie vir die hele wêreld bid nie, maar vir ‘die wat U My gegee het’.

      Alle mense word opgeroep tot geloof en bekering, en ons weet nie wie al die uitverkorenes is nie, daarom verkondig ons die evangelie aan almal, sodat hulle wat deur God uitverkore is tot geloof sal kom kragtens sy genadige liefde.

      1 Tim.2:3-5 beteken nie alle mense kop vir kop nie, maar alle soorte mense soos die konteks juis aandui, sien verse 1,2 wat jy nie genoem het nie. As God werklik wou hê dat elke mens gered word, dan sou daar nie ‘n hel gewees het nie en almal sou in die hemel gewees het. Sien Ps.115:3 en 135:6.

      Wat 2 Pe 3:9 betref, wys dit op al die ‘geliefdes’ en ‘geheiligdes’ wat nog tot geloof sal kom, tot die laaste dag, nie op elke mens nie, anders sou dit beteken dat die wederkoms nooit sou kon plaasvind nie, want dan sou die Here moes wag tot letterlik ‘almal tot bekering sou kom’ wat natuurlik nooit gebeur het in die verlede of in die toekoms sal gebeur nie.

      Dit is juis die probleem met die arminiaanse god, dit maak DIE MENS GOD en van die ware God ‘n mens wat moet aanpas en inval by die mens se behoeftes en keuses en wille.

      Lees gerus hierdie artikel vir bybelse denke oor die onderwerp: http://www.trinityfoundation.org/journal.php?id=28

  4. Daar is nie n ‘reply’ opsie op jou beantwoording van my ‘reply’ nie, nou plaas ek my beantwoording hier :). Dankie vir die uitnodiging om Dave se boek vir jou op te som. Dis egter nie haalbaar nie, want Calvinisme is so ingewikkeld en gekompliseerd. Dave se werk is so deeglik en omvattend want die onderwerp noodsaak dit en daarby kan hy nie net dinge uit sy duim suig nie. Hy het in die Skrifte gaan kyk of wat Calvinisme voorstaan in die Skrif is. Hy het die relevante Skrifte ook in die boek gedokumenteer saam met sy deeglike dokumentasie van hoekom Calvinisme God en Sy liefde misverteenwoordig. Die beste is om die boek self te lees met n oop Bybel langs jou. Hoop dit help.

    1. As jy nie in ‘n paar sinne Hunt se kritiek kan saam vat nie, dan beteken dit jy verstaan nie sy argumente nie, en dalk nog minder Calvinisme ?

      Dit is nie Calvinisme wat ingewikkeld en gekompliseerd is nie, maar Hunt se verdraaiings daarvan, so ek neem jou nie kwalik dat jy nie sin kan maak daarvan in ‘n paar sinne nie.

      Catherinah, ek sal dit vir jou makliker maak. Gaan lees die Dortse Leerreëls as samevatting van die Calvinistiese verlossingsleer, en wys my uit die Skrif waar daardie belydenis verkeerd is, ek luister graag. Hier kan jy dit gaan lees:

      http://www.prca.org/cd_index.html

      Spurgeon vat die saak goed saam:

      “[T]here is no such thing as preaching Christ and Him crucified, unless we preach what nowadays is called Calvinism. It is a nickname to call it Calvinism; Calvinism is the gospel, and nothing else. I do not believe we can preach the gospel, if we do not preach justification by faith, without works; nor unless we preach the sovereignty of God in His dispensation of grace; nor unless we exalt the electing, unchangeable, eternal, immutable, conquering love of Jehovah; nor do I think we can preach the gospel, unless we base it upon the special and particular redemption of His elect and chosen people which Christ wrought out upon the cross; nor can I comprehend a gospel which lets saints fall away after they are called, and suffers the children of God to be burned in the fires of damnation.”

      1. Dankie vir die geleentheid om hier iets te kon skryf. Ek wil nie in n argument betrokke raak nie. Omdat ek Dave se boek gelees het en weet hoe lank die relase altyd is tussen Calviniste en nie-calviniste (jou meetsnoer van dat ek nie Calvinsme kan verstaan nie omdat ek nie dave se boek in n paar sinne kan saamvat nie, maak nie vir my sin nie) het ek Dave se boek genoem sodat die wat belangstel dit kan lees. Ek kan jou verseker Dave het nie Calvinisme verdraai nie. Die Dordse leerreels het my nog nooit beindruk nie, inteendeel dit het as kind altyd vir my so wrang en lelik geklink teen God se Waarheid. Arme Spurgeon het soms goed klei getrap om sy Calvinisme met die Woord te versoen, maar wat hy nie in sy leeftyd kon regkry nie. Daar is genoeg bronne vir mense om dit na te gaan as hulle wil. Dankie weereens vir n geleentheid om iets te kon skryf op jou blok.

      2. Catharinah, jy is enige tyd welkom om jou mening hier te plaas.

        Die feit dat ek dalk sterk oortuig is dat calvinisme (reg verstaan) die waarheid van God se Woord die mees getroue navolg en nie arminianisme nie, beteken nie ek is nie oop vir oortuiging en vir verdere gesprek nie. Daarom dat ek juis vra vir enige argumente vir dit wat jy sterk in glo.

        Met respek, dit help nie om in gesprekvoering bloot net stellings te maak soos bv. ‘Ek kan jou verseker Dave het nie Calvinisme verdraai nie’, en dan te dink mens moet dit bloot aanvaar omdat jy so sê nie. Jy bedoel dit dalk goed, maar so gaan niemand oortuig word van jou saak nie. Jy moet dit bewys deur sy saak kortliks te stel, argumente te voer waarom calvinisme verkeerd is, en dan kan ons in gesprek bepaal of hy die ware calvinisme weergee of ‘n verdraaiing daarvan.

        Maar ek hoor wat jy sê, jy stel nie eintlik in so ‘n gesprek belang nie, jy wou net Hunt as ‘n bron deurgee, so dankie daarvoor. As ek dalk eendag ‘n artikel spesifiek oor Hunt se sienings wil skryf, sal sy boek my eerste bron wees.

        Ek het ook ‘n boek wat hy en James White (calvinus) saam geskryf het en mekaar debatteer, wat op my leeslysie is:

        “Debating Calvinism: five points, two views”

        Jammer oor jou negatiwiteit oor die DL, maar ja, so gaan ons paaie uitmekaar, dit is soos ‘n kreasionis en evolusionis wat mekaar nooit in die middel sal kan vind nie. Vir jou is die DL ‘wrang en lelik’, vir my is die arminianisme en Hunt se teologie ‘wrang en lelik’. Die waarheid wat bely word in die DL is vir my as armsalige sondaar ‘n groot troos en bevryding, maar laat ons dit daar laat, dankie vir jou belangstelling hier, goed gaan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: