Kerke vind mekaar oor die regverdigingsleer, maar nie vir Luther en die Reformasie nie ?

KERKE VIND MEKAAR OOR DIE REGVERDIGINGSLEER, MAAR NIE VIR LUTHER EN DIE REFORMASIE NIE ?

Verder, ek is nie die enigste een, of die eerste een, wat gesê het dat geloof alleen maak ons regverdig nie. Daar was Ambrosius, Augustinus en baie ander wat dit voor my al gesê het.” Luther

In die Kerk e-bode van 6 Julie 2017 word berig oor “gereformeerdes en Rooms-Katolieke (wat) eindelik die strydbyl oor die regverdigingsleer begrawe. Dit het gebeur tydens ‘n indrukwekkende, hoogs simboliese erediens op Woensdagoggend 5 Julie in die stadskerk in Wittenberg, dieselfde stad waar die vader van die Hervorming, Martin Luther, sy 95 stellings op 31 Oktober 1517 teen die deur vasgespyker het.”

Sien die volledige artikel hier:

Kerke vind mekaar oor die regverdigingsleer

(sien ook hier: Catholic and Reformed Churches mark ecumenical “milestone”)

Daar word verder beweer: “Hiermee is ‘n wesentlike teologiese verskil tussen Protestante en Rooms-Katolieke uit die weg geruim deurdat laasgenoemdes in wese die Protestantse oortuiging oor die regverdigingsleer aanvaar het.”

Maar is dit werklik so, of is dit eerder dat sommige Protestante deur die eeue die leer oor die regverdigingsleer volgens die Skrif so begin afwater het dat dit maklik was vir Rome om dit nou te aanvaar ?

Ds. Frikkie Mulder skryf op sy facebook oor hierdie saak:

“Wie kan onthou dat ek vroeër genoem het dat hoe nader ons aan 31 Oktober 2017 beweeg, hoe meer gaan die misleiding toeneem? Ek dank die Here dat die kerk waarvan ek ‘n lidmaat is níé aan die “Wêreld Gemeenskap van Gereformeerde Kerke” behoort nie. Die “Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke” (Engels: ICRC) daarenteen, is Skrifgefundeerd én Gereformeerd. Ek twyfel báíe sterk dat die Gereformeerde kerk in Duitsland waarna daar verwys word waarlik “baie konserwatief” is, juis omdat hierdie “Gesamentlike Verklaring” weer-en-weer dubbelslagtig oor die leer van regverdiging spreek. Die Vatikaan het in ‘n verklaring na die ondertekening in 1999 dinge duidelik aan sy lede gestel dat die reformatoriese leer van SIMUL IUSTUS ET PECCATOR – tegelykertyd geregverdig én ‘n sondaar, níé deur Rome aanvaar word níé. En dít was juis die hárt van die Reformasie. Mag die HERE sy kinders teen die misleiding van die pousdom bewaar!”

Luther se kritiek teen hierdie dwalende samekoms van 5 Julie by Wittenberg, sou waarskynlik in een sin saamgevat of gevra kon word, veral vir hulle wat meen hulle is navolgers van die Hervorming:

Waar is die “sola” (alleen) ?

Ons word geregverdig uit genade alleen, deur Christus alleen, deur die geloof alleen, sonder enige werke of bydrae van ons kant af.

Dit is die verskil tussen die ware en valse regverdigingsleer.

Tussen die ware Evangelie en die valse ‘evangelie’.

Tussen die Reformasie en Rome.

“So halten wir nun dafür, daß der Mensch gerecht werde ohne des Gesetzes Werke, allein durch den Glauben.” (Rom. 3:28 LUO)

“Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.” (Rom. 3:28 A53)

“Therefore we conclude that a man is justified by faith without the deeds of the law.” (Rom. 3:28 KJG)

En ja, ek weet van die eeuelange strydpunt oor Luther se “allein” wat streng gesproke nie in die oorspronklike Grieks eksplisiet staan nie, en ek is heel rustig en tevrede om dit nie daar ‘in te vertaal nie’.

En tog, is dit presies wat Rom.3:28 ons wil leer, en die res van die Skrif in sy geheel gelees, naamlik ‘sonder = alleen (Grks: choris)’:

alleen deur die geloof, ‘sonder’ enige van ons werke

alleen uit genade, ‘sonder’ ons samewerking

alleen deur Christus. ‘sonder’ die Pous of enige mens se bemiddeling.

“…terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (Gal. 2:16 A53)

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God (Ef. 2:8-10 A53)

Luther wou dit wat eintlik reeds duidelik was in Rom.3:28 én die res van die Skrif, nog duideliker maak met sy vertaling, hy wou nog meer eksplisiet stel wat reeds inherent en wesentlik daar was van die begin af, en wat die Reformatiore, danksy ‘n kragtige werking van die Gees herontdek het, teenoor die Roomse dwaling van ‘n “plus” teenoor die “sola”.

Sien gerus hierdie artikel oor  Luther se sola (‘alleen’):

Luther add the word ‘alone’ to Romans 3:28?

Mag die Here die ware kinders van die sola’s van die Skrif, en van die Reformasie wat die Skrif gevolg het, wysheid en insig gee om die geeste te onderskei in ons tye, veral in hierdie spesifieke Reformasie 500 jaar (1517-2017).

Sien ook die volgende bronne (boeke en artikels) oor hierdie poging om die die Reformasie en Rome bymekaar uit te bring, asook ander bronne oor die erge dwalinge van die Rooms Katolieke Kerk:

Lutherse radio bediening: The Joint Declaration of the Doctrine of Justification

Are we Together?: A Protestant analyzes Roman Catholicism

Rome about Justification and Salvation

The Reformation’s Conflict with Rome: Why it must continue

Vergelyking tussen die Bybelse waarheid en die Rooms Katolieke Kerk

Die regverdigingsleer en Rome se antwoord daarop

Die Pous, Arminianisme en vir wie het Christus gesterwe?

Bring hulde aan Christus, nie die Pous nie

Die NGK, Rome en die Wêreldkerk gedagte

Die saligverklaring van JP II

2 thoughts on “Kerke vind mekaar oor die regverdigingsleer, maar nie vir Luther en die Reformasie nie ?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: