Ongeag hoe moeilik en swaar dit mag gaan, die gelowige sal danksy God se genade in Christus deur die geloof aanhou lewe (Hab.2:4; Rom.1:16,17). Sien hierdie opmerking van Totius,
“Die woord roeping klink soos krygsmusiek in die ore van die Gereformeerde belyer. Krygsmusiek dien om die stryder in ‘n opgewekte en strydlustige stemming te bring of om hom, as hy moeg en moedeloos is, tot vernude aanval aan te wakker.
U is geroep, u is ‘n geroepene, u het ‘n roeping ontvang — dit was onder ons vaders en ook onder ons altyd die klanke waarmee hulle mekaar aangevuur het en met vrolike moed verder te gaan.
Die lieflingsklank, die opbeurende geluid van die vaders was dit. Wie, wat ook maar net ‘n bietjie in die ou geskrifte lyk, kan dit betwyfel?
Maar is dit ook ons s’n?
Ja, ook ons s’n?
… Die Pelagiaan, Remonstrant en Metodis het ‘n keuse, maar die Gereformeerde het ‘n roeping.”
Sien die volledige artikel hier: Roeping en Toekoms
Leave a Reply