Posted by: proregno | October 10, 2014

Rapture and Left Behind fever ? – Die Leer van die Einddinge

left behind picture

Met die onlangse gebeure in die Midde-Ooste, en ‘n film wat weer deur Hollywood gaan verskyn oor die ‘wegraping’, is dit nodig om weer toegerus te wees met kennis en liefde om kerklidmate tot rustigheid te bring as die wegraping koors dalk weer uitbreek en al die gevolge wat dit gaan hê.

Hier is ‘n paar bronne om te raadpleeg oor die saak (u is welkom om enige ander bronne aan te beveel).

1. Chiliasme – terme en verduidelikings

2. Will Christians be secretly Raptured (Will Christian be Left Behind?)

3. An Examination of Dispensationalism

4. Why I left Scofieldism

5. Understanding Dispensationalism

Hierdie is ‘n baie behulpsame boek om gesprek te bevorder tussen verbondsteologie en dispensationele teologie.

Die skrywer stel dit as volg:

“Numerous books have been written in an attempt to show that dispensationalism is either right or wrong. Those books have their place. The Bibliography has a sampling of them. In this book, however, I take a different approach , exploring ways that can be found to have profitable dialogue and to advance our understanding. I believe dialogue is possible in principle even between “hardline” representatives of dispensational theology and equally “hardline” representatives of its principal rival, covenantal theology.

Until now, “hardline” representatives have been tempted to regard people in the opposite camp as unenlightened. The opposing views seem so absurd that it is easy to make fun of them or become angry and cease even to talk with people in the opposite camp. If you, dear reader, consider the opposite position absurd, let me assure you that people within that position consider your position equally absurd. In this book we attempt to shed light on this conflict.”

6. Meer as Oorwinnaars (‘n Verklaring van die boek Openbaring)

7. The End? – Finding Hope in the Millenial Maze

Die Leer van die Laaste Dinge

dr. J.G Feenstra

1. Die Leer van die duisendjarige vrederyk (chiliasme)

Die leer van die duisendjarige vrederyk (chiliasme, afgelei van die Griekse woord vir duisend) het uit die heidendom (die parsisme of ou Persiese godsdiens) via die Jodedom, wat ook vashou aan ‘n aardse vrederyk van die Messias, in die ChristelikeKerk gekom.

Dit is voorgestaan deur enkele van die kerkvaders en deur talle ketters en sektes soos die Wederdopers, Darbiste, Etiese ens. Hulle verskil egter ook onderling in baie opsigte. In hoofsaak hou hulle aan twee dinge vas.

Eerstens dat daar ‘n tweërlei wederkoms van Christus is. Christus kom dan eers om sy ryk hier op aarde op te rig en regeer dan hier op aarde duisend jaar lank. Daarna word Satan vir ‘n kort tydjie losgelaat en dan kom Christus weer vir die tweede maal.

Tweedens leer hulle dat daar twee opstandinge sal plaasvind. Eers sal die gestorwe heiliges opstaan om duisend jaar lank saam met Christus te regeer; later vind dan die tweede opstanding van alle afgestorwenes plaas.

Voorstanders van hierdie leer beroep hulle op talle Ou-Testamentiese profesieë, wat hulle heeltemal letterlik opneem, terwyl hulle Israel nie wil sien as die tipe van die Kerk van Christus nie. As Skriftuurplekke noem hulle onder andere: Esegiël 47,48; Jesaja 11:4; Joël 3:17; Matt. 23:37-39; Rom. 11:19-21 en veral Openb. 20: 1–8.

Die Bybel leer egter nêrens van ‘n dubbelde wederkoms van Christus nie, en ook nie dat daar twee opstandinge sal wees nie. Lees maar Joh. 5:28-29; Matt. 25:31-46; Matt. 16:27; 1 Kor. 15:51; Hand. 24:25. In 1 Thessalonicense 4:16 word ook nie ‘n dubbelde opstanding geleer nie. Daar staan: “Dié wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan, daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word. . ..” Dit beteken net dat dié wat in Christus ontslaap het, eers sal opstaan en dan die ander en daarna word al die gelowiges in heerlikheid opgeneem.

Met ander woorde, dié wat nog in die lewe is as Christus weerkom, sal dié wat alreeds ontslaap het hoegenaamd nie vóór wees nie (1 Thess. 4:15).

Daar is dus maar net één opstanding. Ons kan dit met die volgende vergelyking beter verduidelik. Die Bybel praat van die eerste dood wat plaasvind as ons te sterwe kom en liggaam en siel geskei word. Dan is daar ook die tweede dood (Openb.20:14) wanneer liggaam en siel in die ewige verdoemenis gewerp word. Die eerste opstanding is wanneer die siel opstaan uit die dood van sonde; die tweede wanneer liggaam en siel weer verenig word om die ewige heerlikheid in te gaan.

Die Bybel leer ook nêrens dat daar ‘n herstel sal wees van die Ou-Testamentiese tempeldiens nie. Die diens van die skaduwees is vir altyd verby; toe Christus aan die kruis gesterwe het, het God die voorhangsel van die tempel in twee geskeur. (Vgl. Kol. 2: 16, 17; Heb. 10:14; Gal. 5:4; Matt. 5:7; Joh. 14:6; Hand. 2:12 en ook art. 25 van die Ned. Geloofsbelydenis).

Israel is sonder twyfel ‘n wondervolk wat altyd geweldig baie invloed uitgeoefen het, maar ook deur baie gehaat is. Die Sionisme egter is meer van ‘n Joods-nasionale as van ‘n godsdienstige karakter. Daarom is die sending onder die Jode van groot belang en sal dit ook vrugte hê. Maar die Bybel leer nie dat daar ‘n grootskaalse Jode-bekering sal plaasvind nie. Wel word geleer dat baie van hulle tot bekering sal kom. As die volheid van die heidene ingegaan het, sal ook baie uit Israel bekeer word sodat die kern behoue bly (Rom. 11:25-26).

In die geval van Openbaring moet ons ook rekening hou met die getalle-simboliek.

Ons kan die getalle nie letterlik opneem nie; getalle soos 3, 4, 7, 12, 144, 666, 1000. In Openb. 20 word ook nie gespreek oor ‘n ryk nie maar oor die binding van Satan en die regering van die gelowiges saam met Christus. Satan is gebind sodat hy die heidenvolkere as sulks nie meer kan opsweep teen die volk van die Here nie.

Vóór Christus se koms in die vlees het die heidendom op aarde geheers; ná Sy koms egter is baie volkere gekersten sodat die Christendom in meer as een opsig die leiding gekry het. Openbaring 20 spreek ook nie van ‘n aardse ryk nie, omdat Johannes die siele sien van diegene wat onthoof is (vs. 4 [Openb. 20:4]). Hulle siele is verlos; dit is die eerste opstanding (vs. 5 [Openb. 20:5]). Oor hulle het die tweede dood geen mag nie (vs. 6 [Openb. 20:6]). Satan is dus gebind om die volke as geheel nie meer te verlei nie (vs. 1- 3 [Openb. 20:1-3]). Die siele van die verlostes leef om saam met Christus te regeer; dit vang aan met hulle sterwe en dit duur 1000 jaar lank, dit wil sê 10 x 10 x 10 wat die hoogste volheid uitdruk; die héle Nuwe Testamentiese bedéling. Teen die einde van hierdie tydperk sal die volkere weer wegsink in volslae heidendom; God sal hulle oorgee aan die mag van die Satan (vs.7–10 [Openb. 20:7-10]). Dan word Satan losgemaak en kry hy besondere mag op aarde. Die vroeëre Christenvolkere word teruggebring en sal beswyk (vs. 8, 9 [Openb. 20:8-9]). Die getroue oorblyfsel sal vervolg word, maar dan kom Christus op die wolke van die hemel. Hy gryp in (vs. 9 [Openb. 20:9]) en sal oordeel oor lewende en dode. Die duiwel en sy helpers sal gewerp word in die poel van vuur en swawel.

Die chiliasme is sinnelik van aard en miskén die geestelike agtergronde terwyl dit die enige soenoffer van Christus loën.

2. Die Antichris

Die Bybel handel oor die Antichris in 2 Thes. 2:3, 4 en in 1 Joh. 2:18–22. Hy is die felste vyand van Christus wat opkom uit die groot afval van God en sy Kerk. Miskien sal dit ‘n geweldige staatsalmag wees wat uitgeoefen word deur één persoon, ‘n diktator, die Antichris, die mens van sonde, die seun van die verderf.

Hy sal hom téénoor God stel en hom bo God verhef terwyl hy homself as ‘n god sal laat vereer en verheerlik. Dan sal hy geweldige tekens en wondere doen en die Christene wat sy merkteken nie dra nie, vervolg en verdruk. Aan sy volgelinge gee hy ‘n teken: aan die voorhoof (die denkers) en aan hul regterhand (die arbeiders).

Ons moet onderskeid maak tussen die antichristelike mag enersyds, wat telkens tot openbaring kom en die Kerk van die Here teëstaan, en andersyds die antichristene wat voorlopers is van die Antichris wat ten slotte kom. Die resultaat van die antichristelike magte sal wees dat die antichris kom in wie ons die beliggaming vind van alles wat antichristelik is.

Christus sal hom egter oorwin en werp in die poel wat brand met vuur en swawel.

3. Die wederkoms van Christus

Aan die wederkoms van die Here gaan vooraf die tekens van die tye, die signale van Sy koms. Hy het self daaroor gespreek in Matt. 24, 25 en maak daarin onderskeid tussen die kosmiese, sedelike, maatskaplike en geestelike tekens. Oorloë, aardbewings, pessiektes, hongersnode, toename in ongeregtigheid, prediking van die Evangelie oor die hele wêreld.

Dit is opmerklik dat hierdie tekens dwarsdeur die eeue plaasgevind het. Op die wyserplaat van my horlosie is daar lettertekens waaroor sowel die lang as die kort wyser gaan, eersgenoemde vinnig, laasgenoemde langsaam. Ten opsigte van die tekens van die tye sien ons alleen hoe die lang wyser beweeg en weet nie hoe ver die korte is nie. Die Vader reël die uurwerk en Hy weet wanneer die groot dag sal aanbreek, hoe ver die kort wysertjie gevorder het. En wanneer die getal van die uitverkorenes dan volledig is, sal Christus weerkom. Dan is die graan ryp en ook die onkruid en kan die oes ingesamel word (Openb. 14:14, 15).

Daardie dag sal kom soos ‘n dief in die nag; ons weet nie wanneer dit sal wees nie.

Dan sal die Vader sy Seun stuur en kom Christus liggaamlik en sigbaar (Hand. 1:11; Openb. 1:7; Luk. 21:27). Hy sal kom met groot krag en heerlikheid (Matt. 24:30; Matt. 25:31; Kol. 3:4; 2 Thess. 1:7; Titus 2:13). Hy sal omring wees deur sy heilige engele (Matt. 16:27; Matt. 25:31; Matt. 24:31) en ook die gelowiges wat al in die hemel is, kom saam met hom (1 Thess. 3:13; 2 Thess. 1:10; Judas 1:14). Christus is dan die Regter wat sal oordeel. Hy was eenmaal vir ons in die gerig van God, maar sal nou Self oordeel (Joh. 5:22; Hand. 17:31; 10:42). Hy sal alles herskep sodat daar ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe mensheid sal wees (2 Petrus 3:7; 3:10). Dan sal almal voor sy regterstoel verskyn: rykes en armes, oues en jonges, geleerdes en eenvoudiges (2 Kor. 5:10).

Al die dode sal opgewek word (1 Kor. 6:13; 15:42–47]. Sondag 22 H. Kat.). ‘n Aardse liggaam is gesaai, ‘n hemelse liggaam sal opgewek word. Hulle is identies en tog verskillend soos die geval is met die papie en die vlinder. Dan sal die maag en die voedsel tot niet gemaak wees (1 Kor. 6:13) en sal daar geen huwelike, geen seksuele verhoudinge meer wees nie. (Markus 12:25).

Met die skepping van Adam het die bloedsomloop begin; God het uit een bloed die hele menslike geslag gemaak. Eenmaal egter moet by elke mens die bloedstroom eindig, die opstandingsliggaam is sonder bloed, sonder polslag en dan eet en drink ons nie meer nie. Tans is ons liggaam nog soos ‘n horlosie wat opgewen moet word, maar eenmaal sal dit wees soos ‘n elektriese horlosie; dan leef ons in gemeenskap met Christus en deur Hom met die Drie-enige God.

Almal wat gesterwe het, sal uit die aarde verrys en die siele sal verenig word met die liggame waarin hulle op aarde geleef het. En hulle wat dan nog lewe, sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink – in plaas van ‘n natuurlike liggaam ontvang hulle dan ‘n geestelike liggaam (1 Kor. 15:44, 51–54).

Dan sal die boeke geopen word; die boeke van Gods Alwetenheid en van ons gewete (Dan. 7:10; Dan. 3:16). Dan sal die geskiedenisrolle afgedraai word sodat ons sal sien en hoor alles wat gebeur het. Niemand sal dit kan ontken nie. Maar Gode sy dank, dan word ook die boek van die lewe geopen waarin die name van die uitverkorenes staan. Dan sal ons die onmisbaarheid van Christus sien wat vir ons sondeskuld betaal het.

Die gedagte aan die oordeel is verskriklik vir die goddelose en vir die Bose. Dan sal God sy wraak openbaar. Vreeslik sal dit wees om te val in die hande van die lewende God. Hulle sal veral gestraf word vanweë al die onreg wat hulle die vromes aangedoen het. Hulle sal gepynig word in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Die Bybel noem die hel vóór die oordeelsdag die gevangenis, maar na die oordeelsdag heet dit die poel van vuur en swawel. Die hel is die plek van die buitenste duisternis waar die wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Die uitverkorenes sal met eer en heerlikheid gekroon word. Alle roem is uitgesluit.

Hulle sal die kroon van die lewe ontvang. Dit sal bekend word dat hulle saak die saak van God is. Die nuwe Jerusalem sal neerdaal op die herskape nuwe aarde. Die eer en heerlikheid van die nasies sal daar ingebring word. Dan sal God alleen verheerlik word. In die verbond van die verlossing, die Vrederaad, het die Vader die uitverkorenes aan die Seun gegee en die Heilige Gees sal hulle in Christus inlyf.

Nou sal ons die vervulling van die vrederaad sien. Die Heilige Gees sal al die uitverkorenes saam met die herskape heelal neem en die Kerk as ‘n rein bruid sonder vlek of rimpel aan die Seun gee. Dan gaan die Seun en die Heilige Gees saam met hierdie nuwe mensheid, wat herskape is vir sy profetiese, priesterlike en koninklike taak, tot die Vader.

En dan sal die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, alles en in almal wees!


Responses

  1. Blessings. http://textsincontext.wordpress.com/2013/05/11/second-coming-rapture-vs-scripture-christian/

  2. Ek plaas hier ook ‘n skrywe wat ek per epos ontvang het:

    Beste medechristen,

    Is het Gods wil dat we als christenen eigenlijk het oudtestamentische Loofhuttenfeest moeten gaan vieren?

    Deze vraag (met wat andere woorden: ‘Ben ik gek als ik …?’) legde Tjitske Volkerink via de microfoon van Groot Nieuws Radio op 11 oktober voor aan drie sprekers, waarvan twee (Richard Vos en Esther Noordermeer) de spits afbeten en die de vraag volmondig met ‘ja’ beantwoordden. Als christenen brengen zij jaarlijks het Loofhuttenfeest in de praktijk. Zij vinden dat dit feest als onderdeel van Gods instellingen in de Thora voor het volk Israël, nu ook door de Kerk en de christenen zou moeten worden gevierd.

    De derde spreker was dr. Jos Strengholt. Hij is medeondertekenaar van onze Open Brief aan Nederlandse christenen over Israël in 2012, http://strengholt.blogspot.nl/2012/09/open-brief-over-israel-aan-nederlandse.html Hier volgt een -met zijn toestemming licht aangevulde- weergave van zijn commentaar.

    Strengholt, sprekend vanuit een zendingssituatie in Egypte, kan niet meegaan met de wens om het oudtestamentische Loofhuttenfeest in de Kerk en bij de christenen te introduceren. Op zich zou het Loofhuttenfeest kunnen worden gechristianiseerd evenals gebeurd is met het Paasfeest en het Pinksterfeest. Maar dat is iets anders dan het imiteren van de feesten zoals die door hedendaagse Joden worden gevierd. Als Strengholt in Israël of in een andere Joodse omgeving zou wonen, waar de Thora wordt gelezen, zou hij uit missionaire overwegingen er niets op tegen hebben met Joodse buren het Loofhuttenfeest mee te vieren. Maar door de voorgestelde introductie van het Loofhuttenfeest in een niet-joods milieu zoals het seculiere Nederland of het islamitische Egypte, zou de Kerk zich eerder onnodig vervreemden van de mensen. Het gaat om Jezus en om niets en niemand anders. Jezus Christus staat niet tegenover de Thora en Hij is ook niet een aanvulling op de Thora. Maar alle wetten, feesten, geschiedenissen, en poëzie van het Oude Testament hebben door hun vervuld-zijn in Hem hun diepste en eigenlijke betekenis ontvangen. Ze zijn opgenomen in wat God bedoelt met het zenden van Zijn Zoon.

    Het opleggen van die wetten en feesten aan de Kerk en de christenen wekt de suggestie dat men aan Jezus niet genoeg heeft. Dit betekent een terugval in de situatie van vóór de menswording van Christus. De oudtestamentische schaduw van Christus wordt weer actueel gemaakt terwijl Christus zelf al als het lichaam gekomen is. De apostel Paulus waarschuwt tegen zo’n terugkeren naar de ‘zwakke en arme grondbeginselen, die men weer van voren af aan wil gaan dienen’ (Gal. 4:9-10). Met betrekking tot bijvoorbeeld het invoeren van het Loofhuttenfeest beklemtoont Paulus dat het zich houden aan ‘een feestdag, een nieuwe maan of de sabbatten’ (Kol. 2:16) gebaseerd is op voorschriften waaraan christenen met en in Christus gestorven dienen te zijn. Hij noemt zulke bepalingen ook wel de ‘grondbeginselen van de wereld’ (Kol. 2:20). Ze zijn ‘zonder enige waarde in Gods ogen en dienen tot verzadiging van het vlees’ (Kol.2:23).

    Op het Loofhuttenfeest werd water naar de tempel gedragen en op het altaar gestort, symbool van de Geest voor het lessen van de dorst naar God (vgl. Jes.12:3). In Johannes 7 is Jezus zelf aanwezig op het Loofhuttenfeest in Jeruzalem. Juist daar en dan richt Hij de aandacht op zichzelf: ‘Als iemand dorst heeft, laat hij tot Mij komen en drinken’ (:37). Bij Hem vinden we redding, niet bij de tempel of bij een bevorderen van de oudtestamentische feesten. Als Johannes het Loofhuttenfeest noemt, spreekt hij nadrukkelijk van ‘het feest van de Joden’(:2). Die feesten had God alleen aan het volk Israël gegeven, als voorafschaduwing of voorafbeelding van Messias Jezus, de God-mens die als Redder naar de wereld zou komen.

    Het invoeren van het oudtestamentische Loofhuttenfeest verzet zich niet alleen tegen de Schrift. Het komt ook voort uit de misplaatste gedachte dat de kerkgeschiedenis vanaf kort na Pinksteren in Handelingen 2 tot nu één grote zwarte bladzijde is en dat de christelijke theologie een totale revisie nodig heeft.

    Click hier voor het interview:

    https://www.grootnieuwsradio.nl/k/n663/news/view/64943/42521/ben-ik-gek-als-ik-de-joodse-feesten-vier.html

    6.34 Richard Vos

    27.10 Esther Noordermeer

    41.05 Jos Strengholt

    Met vriendelijke groet,
    Steven Paas sr


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: