Hy is egter baie lief vir hulle wie se Bybels stof opgaar, of wie se Bybel Sondae in die kerk agterbly om in die week stof op te gaar …..
Lees gerus die volgende artikel, wat spesifiek vir predikers geskryf is, maar net so geld vir alle gelowiges en ampsdraers: Bible Ignorance
“In the church today, man’s words are quickly eclipsing God’s words. This is true particularly in our hymns (i.e., we don’t sing Psalms anymore) and preaching, but also especially in the pastoral prayer. If we (ministers) could just remove “just” from our pastoral prayers and instead have Scripture-saturated prayers we might actually get God to do something and inspire a sense of reverence and awe in our worship.”
Die gevaar is altyd daar dat ons so besig kan raak met selfs goeie dinge, dat ons nie by die Here van alle dinge uitkom nie, by Hom wat spreek deur sy Woord en Gees, in liefde tot ons, sy kinders.
En ja, baiekeer gaan dit juis swaar met ons, moet die Here ons tugtig sodat ons tyd vir Hom sal maak, om na sy stem te luister. En sy stem is nie om stil te sit en te wag vir ‘n ‘innerlike gevoel’, bonatuurlike teken of weerligstraal of stem uit die hemel nie.
Sy stem is sy Gees wat deur sy Woord spreek, die Bybel. Die geloof word gewerk deur die lewende getroue verkondig van sy Woord, die Evangelie, en word versterk deur die bediening van die sakramente (HK Sondag 25). Geen nuwe profesieë, visioene of mense idees, kerse en tierlantyntjies nie.
So, as jy dalk al vergeet het om dageliks Bybel te lees (Ps.1:2), of dit nog nooit gereeld gedoen het nie, maak tyd …. vandag is die dag, nou (Hebr.3:15). Soek die huis van die Here op waar sy Woord nog verkondig word, tydig en ontydig (2 Tim.4:1,2), waar die Here deur en volgens sy Woord sentraal staan (Op.1-3), en nie een of ander social gospel of menseregte idees nie (2 Tim.4:3,4).
Stof weer jou Bybel af, en vra in gebed dat die Here Hom opnuut aan jou sal openbaar deur sy Woord en Gees (Joh.6:37). Dit is die ongelowiges wat nog tekens soek (Matt.13:39) nadat die Teken reeds gekom het en alles volbring het (Joh.19:30), ook vir wat ons moet weet en glo om gered te word en tot sy eer te lewe (Hebr.1:1,2; sien ook NGB artikels 2 tot 7). Die gelowige is daarom tevrede met elke Woord wat geopenbaar is (Matt.4:4; Lukas 16:29-31; 2 Tim.3;16,17).
Hier is ‘n paar voorstelle vir Bybel lees en Bybelstudie: Bybel leesplanne
“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.” – Psalm 119:18.
Leave a Reply