Dr. Attie Bogaards (GK Rooiwal) skryf:
Beste broeders en susters,
Vandag het ek baie besondere nuus.
Die Versamelde Werke van Totius kan afgelaai word van die PDF-afdeling van my tuisblad (http://www.enigstetroos.org/pdf.htm, kyk onder ‘Leer’ vir ‘Versamelde Werke)
Dit staan onder 4. Leer en die verkorte skakel is http://enigstetroos.org/pdf.htm (soek ‘Versamelde Werke’ of ‘Totius’)
Dit is die Versamelde Werke van 1960, dus nie die uitgawe van Tafelberg nie. Op laasgenoemde is daar kopiereg en Tafelberg wou nie toestemming gee om dit te skandeer nie.
Die lêer is baie groot: 335 MB. Dit is gezip.
Hierdie groot werk het ons te danke aan br Willem Swanepoel van GK Wilropark en br Freek Kruger van GK Bet-el. Willem het die skandering gedoen en Freek het sy kosbare stel beskikbaar gestel.
Dit was ‘n yslike groot werk. Br Freek se kosbare stel stel moes heeltemal uitmekaar gehaal word. Omdat die ou boeke se bladsye dikker is as die nuwe boeke van vandag, het omtrent elke 10e bladsy vasgehaak.
Uiteindelik is die werk egter nou klaar. Dit kan alreeds gebruik word. Dit moet nog ge-OCR word en mense wat dit kan doen, kan my of Willem gerus kontak.
Baie dankie aan br Willem en br Freek vir die wonderlike werk.
Mag dit van groot nut vir die kerk van die Here wees.
Met hartlike broedergroete,
attie@enigstetroos.org
ns. Baie baie dankie vir Attie en Willem vir die groot werk wat hulle vir ons doen om ou werke weer vir die kerkvolk beskikbaar te stel, dit word baie waardeer.
Sien ook hier vir nog artikels van en oor Totius.