Preek: Jakobus 1:12-18 Beproewings lei tot die lewe, versoekings tot die dood

BEPROEWINGS LEI TOT DIE LEWE,

VERSOEKINGS LEI TOT DIE DOOD

Skriflesing: Gen.31-13:; Matt.4:1-11; Jakobus 1:12-18

Preekteks: Jakobus 1:12-18

Die preek (asook die res van die Jakobus-reeks) kan hier geluister word:

Jakobus 1:12-18 (gaan na: 2015-03-15)

(Nota: Ek het in die verlede al my preke vanaf, Jak.2:14 tot 5:20, reeds hier op my blog geplaas. Ek is besig om Jak.1:1-2:13 se preke ook hier plaas.)

Preeknotas (die preeknotas stem nie presies ooreen met die audio preke nie, aangesien die preek gelewer is by beide GK Carletonville en GK Bet-el, waar dit in toepassing kan verskil):

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Salig, geseënd is julle:

– as julle volhard as diensknegte van Christus in die verstrooiing

– as jul dit as louter vreugde ag om in allerhande beproewinge te val

– as jul in die geloof wysheid van God bid sonder om te twyfel, sodat jul staande bly

– as julle roem op julle hoogheid in Christus, en jul geringheid in julleself erken

Hierdie saligheid van die Here se kinders word in vers 12 saamgevat

as opsomming van verse 1-11,

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. 

Elkeen wat staande bly midde die beproewinge, toetsinge,

elkeen wat volhard tot die einde toe (soos Jesus dit stel in Mark 13:13)

sal die kroon van die lewe ontvang.

En hierdie kroon is die ewige lewe, ewige geluksaligheid.

Atlete ontvang ‘n kroon na ‘n wedloop, vandag is dit ‘n medalje,

omdat hul die wedloop voltooi en gewen het.

Vir die gelowige, omdat hy volhard het in die geloof tot die einde,

nie sy geloof verloën het en God se gebooie verag het in

swaarkry tye nie, ongeag sy staat of omstandighede in hierdie lewe, v.9-11.

Ja, dit is nie dat die gelowige die kroon verdien het uit homself nie,

want die beloning wat ons ontvang vir die volharding in die geloof,

is ook net uit genade, soos die Teks ook aandui:

saliges, v.12 = bevoorregtes wat die Here se teiken van sy goddelike guns en goedheid is (wat die woord beteken), geestelike rykdom in Christus (bergrede)

  • die kroon is belowe vir die wat Hom liefhet, dus ‘n geskenk wat hul ontvang
  • in vers 17,18 sal ons ook later sien waar hierdie kroon vandaan kom, dat dit ‘n geskenk van die wedergeboorte is wat God in ons werk.

DUS, in die weg van volharding ontvang hul die kroon, Op.2:10,

Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

(Paulus in 2 Tim.4:8,  8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.)

Ons belydenis stel dit as volg in v/a 63 Sondag 24,

  1. Vr. Hoe? Verdien ons goeie werke niks nie, terwyl God hulle tog in hierdie en in die toekomende lewe wil beloon? Antw. Hierdie beloning word nie uit verdienste gegee nie, maar uit genade (a). Luk. 17:10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

So ons sien in verse 1-12 dat die Here die lewe skenk uit genade, vir elkeen

wat in die beproewinge volhard tot die einde toe.

Maar nou, geliefdes, daar is ’n groot aanslag teen ons, teen die diensknegte

van die Here, dat die beproewinge sal oorgaan in versoekinge wat tot die sonde en dood lei.

Daar is ’n groot aanslag dat die kind van God sal vergeet van die kroon,

van die Here se beloftes, vir wie Hy liefhet, v.12.

En daardie aanslag is spesifiek dat ons die Here dan nie wil ken as ’n goeie God nie, maar sien dat dit Hy is wat ons verlei tot die sonde,

en dat ons nie meer Hom alleen sal vertrou nie,

en nie in die geloof bid vir hulp en redding in groot tye van beproefdheid nie.

En dit is waaroor verse 13 tot 18 gaan:

Jakobus wys ons in hierdie verse op  2 baie belangrike sake,

om ons staande te laat bly in die geloof, om as sy diensknegte te volhard

tot die einde, in hierdie lewe van verstrooing:

1. Dit is nie die Here wat ons versoek tot sonde nie, maar dat dit ons eie sondige begeertes is wat ons daartoe verlei, en v.13-15 

2. Waar die uitkoms, redding vandaan kom as ons versoek word v.17,18

Hierdie saak is van groot erns, vir ons saligheid, maar ook hoe ons elke dag lewe, daarom die vermanende woorde van vers 16, dat ons nie hieroor moet dwaal nie, anders is dit vernietigend vir ons geloof en lewe vir Hom.

1. Dit is nie die Here wat ons versoek nie, maar ons eie sondige begeertes

Uit v.13 se eerste woorde, kan ons aflei dat dit juis die aanklag was in Jakobus

se tyd, maar seker vandag ook, ja: 

– as die Here almagtig oor alles is, 

– oor my lewe beskik (mense, dinge en omstandighede),

– as dit Hy is wat allerlei beproewinge oor my bring, Hy bepaal dit …

dan is dit mos Hy wat my in die sonde lei om verkeerd doen, te sondig,

dan is dit Hy wat my versoek om te sondig.  … ek is onskuldig …. ?

Ja, dit is presies wat Adam en Eva geredeneer het daar in die tuin:

– Adam se die skuld is: die vrou wat U my gegee het, Gen.3:12

– Vrou se die skuld is die slang het my bedrieg (dus iemand of iets anders), v.13

Is dit nie maar ook baiemaal so in ons lewens nie ?

– die vrou of man wat U vir my gegee het …

– die kinders wat U my gegee het …

– die gemeente/ouderlinge/predikant wat U gegee het …

– my kollegas/werk en lands se omstandighede wat U gegee het ….

Ja, dit is die Here wat my eintlik versoek om te sondig,

verlei om kwaad te doen ….

En nou antwoord Jakobus daarop, deur eerstens daarop te wys,

DIT KAN NIE, want dit is teen die karakter van God, sy wesenseienskappe,

dit is onmoontlik, en daarom kan Hyself ook geen mens versoek nie.

Want God kan deur die kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

God is in sy wese, soos vers 17 dit stel, lig en daar is geen duisternis in Hom nie,

En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. – 1 Joh.1:5

Hy kan nie sondig of verkeerd doen nie, Hy kan nie verlei en mislei om verkeerd te doen nie, en daarom kan Hy ook nie mense kwaadwillig mislei en verlei om te sondig nie.

Ja, God beproef die mens, die Here toets die mens om te sien wie Hom liefhet en wil dien, maar Hy versoek nie die mens, Hy het dit nie ten doel om die mens te mislei om te sondig nie.

Adam en Eva is getoets, Hy het Israel getoets, Hy toets Christus in sy mensheid daar in die woestyn, Hy toets sy diensknegte wat in die verstrooiing is, maar Hy versoek en mislei ons nie om te sondig, om die beproewing te laat oorgaan in ‘n versoeking nie.

Beproewinge vorm die kind van God, slyp die kind van God ten goede,

versoekinge is daar om te verlei en te mislei tot sonde en vernietiging.

Waar kom die versoeking dan vandaan ?

Dit sien ons daar in vers 14 en 15.

Dit kom vanuit ons eie begeerlikheid, ons eie sondige harte, ons eie welluste.

Gen.3:6,  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 

Vanuit die sondige hart en begeertes (luste) kom die versoeking om te sondig,

ons word daardeur weggesleep en verlok,

Die beelde vanuit die visvangs wat gebruik word:

– een of ander oortreding, verkeerde begeerte word vir ons voorgehou

as goed … dit is die lokaas om daaraan oor te gee,

en as ons die begeerte koester en toelaat,

dan word ons daardeur meegesleur soos ‘n vis wat ‘n hoek gebyt het ….

En Paulus personifiseer die pad wat versoeking in ons lewens bewandel,

daar in v.15, konsepsie – geboorte – grootword en einde van ‘n mens:

stap 1: die begeerlikheid word aanvaar, daar word oorgee daarvoor in die denke = ontvang = konsepsie wat plaasgevind het, … toe sien sy dat dit goed was Gen.6a

stap 2: geboorte = baar dit sonde = en sy het geneem Gen.3:6b

stap 3: dan word die sonde groot = tot volle ontwikkeling, volharding in die sonde, = en sy gee vir haar man Gen.3:6c

stap 4: die dood, die ewige dood = toe gaan hulle oë oop, v7. die dood tree in.

Soos Rom.6:23 dit stel: Want die loon vir die sonde is die dood

HIER IS ‘N VERSKRIKLIKE BELANGRIKE TEKSGEDEELTE, VERS 13-16,

God beproef die mens, maar die mens word versoek deur sy eie sonde 

Nie mense, omstandighede en dinge laat my sondig nie, EK sondig, ek is skuldig !

Dit is ‘n baie belangrike boodskap teen die valse leringe, dwalinge, v.16 wat die skuld van myself wil wegskuif na ander.

Waarmee begin die Heidelbergse Kategismus ?

Ja, met my sonde en ellende !

As jy nie daar begin in jou lewe nie,

gaan jy verbitterd raak en aanhou skuld aanskuif,

en wegskuif en nooit by die antwoord, verlossing uitkom nie.

 

Ons weet nou duidelik hieruit v.13-16, maar ook die res van die Skrif,

ons eie lewenservaring, dat ek nie myself kan red van die versoeking nie.

As mense in sonde ontvang en gebore word … v.14,

daardeur weggesleep en verlok word …. soos visse aan ‘n hoek …

onkeerbaar oppad na die dood, die hel.

As ons in die tuin van Eden was, sou ons ook geval het, sou ons ook

weggesleep en verlok gewees het deur die sonde.

En as iemand vandag anders beweer, is dit net weereens ‘n getuienis

van sy sondeverlorenheid, oneerlikheid en gevallenheid.

Maar, as ek weet hoe werk die sonde,

dan kan ek nou juis uitroep na verlossing en hulp,

midde die beproewinge,

sodat dit nie in ‘n sondige versoeking oorgaan waarin ek gewoond raak, volhard  en dan vir ewige verlore gaan nie.

Wat is dan die antwoord op die versoekinge van my sondige hart ?

Wat is die antwoord as ek beproef word en wil neig tot die sonde ?

Wat is dan die hoop vir ons om nie vir die sondige begeerlikheid,

te val nie, en vas te hou aan die kroon van die lewe ?

Die antwoord geliefdes,

gee Jakobus in vers 17 en 18, en dan brei hy verder uit daarop wat dit

dan konkreet vir ons lewens beteken, v.19-27.

Die antwoord vir ons, vir elke mens, vir die verlore mensdom,

is wat ons lees daar in die begin van vers 17,

Ons redding, alees wat goed is kom van ‘n goeie God,

wat elke goeie gawe gee vir sy kinders.

Saamgevat in die woorde wat ons gesing het in Ps.25:4, die beryming,

God is goed in al sy handel en sy pad is enkel reg ….

Sonde, binne my, ek is skuldig

Maar God is goed, buite myself.

Hy is lig, so ons het sy lig nodig om ons te red van onsself,

ons versoekinge en ons begeerlikhede

Hy is onveranderbaar goed, daar is geen verandering by Hom

teenoor ons nie: geen “lief, nie lief nie, lief, nie lief nie” speletjie nie.

Nee, die Here is nie soos ons baiemaal dubbelhartig, twyfelagtig nie, v.7,8

HY IS WAARLIK VIR ONS GOED EN WIL DIE GOEIE VIR ONS !

AL DIE BEPROEWINGE IS SY LIEFDE OM ONS TE VORM TEN GOEDE!

En daarom is sy wil, vers 18, ons wedergeboorte deur die woord van die waarheid,

Sy wil is ons redding, DAT HY ONS VOORTBRING, HERSKEP, red van onsself, en ons sonde,  hoe ?

Deur die woord van die waarheid, wat wys op die hele Woord,

1 Pe.2:23 ev, want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 

maar dan in die besonder op die Evangelie van Jesus Christus,

op Christus as die Woord Homself,

HY is die sleutel tot ons oorwinning oor die versoekinge,

‘n wedergebore hart, denke en verstand wat in Christus hoe langer hoe meer,

die oorwinning behaal.

En Christus het as tweede ADAM dit vir ons en in ons plek gedoen het,

daar in die woestyn wat ons gelees het in Matt.4,

HY het kom doen wat die eerste Adam, ek en u nie kon doen nie,

DEUR DIE VERSOEKING TE WEERSTAAN, SY HELE LEWE LANK

GEHOORSAAM TE WEES TOT DIE DOOD TOE OM DIE KROON TE ONTVANG

VIR ONS sodat ons hoe langer hoe meer die oorwinning kan behaal,

deur sy Woord en Gees: DAAR STAAN GESKRYWE !

Die woord van die waarheid!

Dat die woord van die waarheid my wederbaar as eersteling van sy skepsele,

die beeld kom van die eerste oes in die OT wat wys dit is afgesonder aan die Here, maar ook as voorsmaak van wat gaan volg, die volle oes. Rom.8:19-23

Dus, deur die wedergeboorte deur die Woord word ek in staat gestel,

om nee vir die sondige begeertes te sê, nee vir die sonde, die wereld en die Satan, nee vir my eie sondige begeertes, nee vir die dood EN JA VIR DIE KROON VAN DIE LEWE, JA VIR DIE HERE, JA VIR GOD WAT GOED IS VIR MY.

Daarom geliefdes, onthou altyd:

Beproewinge lei tot die lewe, versoekinge tot die dood as ons daarvoor toegee. Alleen in die Woord in Christus kan ons oorwin.

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: