HIERDIE KIND VAN U
deur dr. JD Du Toit (Totius)
“Maar daar kan ‘n tweede rede gevind word vir die weglating van die woordjie “U”. Dít: daar is nie meer met die genadeverbond gereken nie. Hulle kon hulle nie meer voorstel dat ‘n kind wat nog nie bewus kan glo nie, ook ‘n kind van God genoem mag word nie. Ons kinders, so het hulle tog eintlik gedink, verskil by hulle geboorte nie veel van die heidenkinders nie. Daar kom eers by die bekering verskil.”
Ds. J. A. du Plessis vra vir ons:
“Sal u my inlig oor die volgende vraag: In sommige uitgawes van die Doopformulier staan in die voorgebed ‘dat U hierdie kind genadiglik wil aansien’, en in die uitgawe van dr. Kuyper: ‘dat U hierdie kind van U genadiglik wil aansien’.
(1) Is daar verskil met die oog op die inlywing in die verbond van die genade?
(2) Watter een is die korrekte lesing?”
Dit is goed dat die br. hierdie saak aanroer. Wysiging van die oorspronklike formulier het gewoonlik gepaard gegaan met ‘n verslapping van die genadeverbond.
Dat die lesing – “hierdie kind van U” – van die uitgawe van prof. Rutgers, met medewerking van drr. Kuyper en Bavinck, die regte is, glo ons is ‘n uitgemaakte saak. Prof. Rutgers het die uitgawe van 1611 met die opmerkings van die Dordtse Sinode noukeurig laat herdruk en het daarmee metterdaad die offisiële teks gegee, soos deur prof. H.H. Kuyper skitterend aangetoon is in sy strydskrif teen prof. M.A. Goosen, getiteld: De authentieke tekst der lithurgische schriften (Höveker en Wormser, 1901).
Vandaar dat dr. Wielenga reg gehad het om in sy Doopsformulier te skryf (sien die nota hier onder oor dr. Wielenga se belangrike boek wat weer beskikbaar is – slc):
“Die kerkrade moet dus toesien dat die predikante hierdie uitgawe op die kansel gebruik.”
Wat nou die punt in kwessie betref, kan twee redes opgegee word vir die weglating van die woordjie “U”.
Die eerste kry ons in die aantekening van prof. Rutgers. Hy sê:
“In die offisiële teks staan hier aan die kant aangeteken: of hierdie kinders, ter herinnering daaraan dat hier, en in die orige deel van die gebed, die enkelvoud soms in die meervoud verander moet word. Omdat net dit die bedoeling is, het die weglating van die voornaamwoord U (wat in die uitgawes van die 16de eeu gestaan het) in hierdie kant-tekening natuurlik geen betekenis nie; en daar kan allermins daaruit afgelei word dat hierdie voornaamwoord as daar meer kinders is, weggelaat moet word. In die gangbare redaksie wat ruim 2½ eeue bestaan, is die meervoud in die teks opgeneem; en daarby het die voornaamwoord U heeltemal weggeval.”
Vir die lesing “hierdie kind” het hulle dus in die plek gestel die in die kant aangetekende “hierdie kinders” en die U eenvoudig weggelaat. En so is reeds eeue lank die verkeerde lesing in swang.
Maar daar kan ‘n tweede rede gevind word vir die weglating van die woordjie “U”. Dít: daar is nie meer met die genadeverbond gereken nie. Hulle kon hulle nie meer voorstel dat ‘n kind wat nog nie bewus kan glo nie, ook ‘n kind van God genoem mag word nie. Ons kinders, so het hulle tog eintlik gedink, verskil by hulle geboorte nie veel van die heidenkinders nie. Daar kom eers by die bekering verskil.
Dat by so ‘n beskouing die betrokke uitdrukking in die voorgebed gehinder het, is maklik te verstaan. As ‘n ouer nie met sy hele hart die verbondsleer omhels nie, kan hy nie tot God vir sy kind bid as: “hierdie kind van U” nie.
Hieromtrent skryf dr. Wielenga dié skone woorde:
“Hierdie kind van U staan daar. En daardie klein voornaamwoordjie sou ons nie graag wil mis nie. Dit is nie ‘n goeie teken dat hierdie U nou al so ‘n lang tyd uit die meeste uitgawes weggelaat is nie, terwyl dit in die uitgawes van die 16de eeu deurgaans daar gestaan het. Wie in die verbondsgedagte leef, voel dat hierdie U hier pas, en is bly dat hy dit hier mag bid.
“Die kind waarvoor die gebed in die gemeente opgaan, is nie die-selfde as die heidenkind nie. Hy is gebore op die terrein van die Woord, op die erf van die verbond, en daarom het hy ‘n betreklike reg op die doop.
“By die bespreking van die kinderdoop het ons gewys op die klag van die Here teenoor sy volk: Julle het my kinders gevat en hulle vir die Molog geoffer.
“As God die kinders van Oud-Israel sy kinders genoem het, sou Nieu-Israel, wat immers hoër staan, dan nie kan sê: Wil hierdie kind van U genadiglik aansien nie?
“Natuurlik beslis hierdie woord U nie oor die inwendige staat van die bepaalde kind nie. Daarmee word nie gesê dat die gemeente uit-spraak lewer of hierdie spesiale kind tot die ewige lewe uitverkies is nie.
“Wanneer dit die kinders van die gelowiges in die algemeen betref, dan weet en glo, ja, dank die gemeente dat God hulle tot lewende lidmate van Christus aangeneem het, maar van ‘n bepaalde kind mag en kan die gemeente nie sê: Hy is uitverkore nie. Hy kan tog ook ‘n Esau wees.
“Maar, met hierdie beperking vooropgestel, moet aan die ander kant vermaan word om die woord U in sy volle rykdom te laat geld. Dit is ‘n beroep op wat in die formulier voorafgegaan het in daardie heerlike pleidooi vir die kinderdoop. Dit is ‘n herinnering aan, ‘n samevatting van alles wat gesê is om die onderskeid tussen verbonds-kind en heidenkind in die lig te stel.
“Hierdie kind van U wil dus sê: Die kind vir wie U gesê het: Ek sal vir jou ‘n God wees. Van wie Petrus getuig het: Die belofte kom jou toe. Vir wie Christus sy priesterlike hande seënend opgelê het.”
Mag ons deur hierdie aanhaling opnuut die aandag van ons lesers vestig op hierdie belangrike boek, waarin elke woord van die formulier verduidelik en in sy oorspronklike krag herstel word. Die lees daarvan sal ‘n kragtige waarskuwing wees teen die gewoonte wat in ander kerke in ons land heers om nie alleen woorde nie maar ook hele sinne en gedeeltes uit hierdie kosbare aktestuk van ons vaders weg te laat.
Bron: Het Kerkblad, 1 September 1907.
______________________________
Totius haal in hierdie artikel met goedkeuring en aanbeveling aan uit dr. B. Wielenga se standaardwerk oor die doopsformulier:
Ons Doopsformulier (Nederlands)
Hierdie boek is ook onlangs vertaal in Engels deur die RFPA:
From the author’s preface: “The ardent desire of my heart is that by the publication of this writing many people reading this work learn to regard baptism more purely, appreciate it more warmly, and more zealously plead the covenantal promises on behalf of believers and their children, before the throne of him who calls himself I Am That I Am.”
Sien ook hierdie artikel:
The Importance of the Reformed Baptism Form
“It is also intensely practical, considering such matters as whether the officiating minister should sprinkle once or three times; whether it is proper to make of the administration of the sacrament an occasion for the gathering of relatives and friends; and, more significantly, whether parents and church are to regard and rear the baptized children of believers as regenerated, saved children of God, or as unsaved “little vipers”—in which (latter) case, of course, no rearing is possible.”
Die kinders van gelowiges, gedoop of ongedoop, is heilig (1 Kor 7:14, DL 1/17). Indien hulle in hulle kinderjare weggeneem word, dws te sterwe kom, is hulle uitverkies en verlos. Hulle is God se kinders. Ons moet hulle doop omdat hulle God se kinders is, soos die Doopformulier dit met die woorde ‘van U’ betuig. Die Doopformulier se^ verder dat sulke kinders ‘AS lidmate van sy gemeente behoort gedoop te wees’. Hulle is lidmate van Christus se gemeente kragtens God se genadeverbond wat Hy uit loutere genade in Christus met hulle ouers opgerig het, dws hulle is lidmate van Christus se gemeente van die oomblik van hulle ontvangenis af.
Dankie Neels, jy klink goed Kuyperiaans ! 😉