Die lesings van dr. Byl wat hy in Pretoria gehou het (5 en 7 Maart) is hier onder beskikbaar. Die volledige sprekerstoer se inligting kan hier gelees word:
Dr. John Byl sprekerstoer in Pretoria en Potchefstroom
Hier is dr. Byl se verslag van sy sprekerstoer hier in Afrika:
Lectures in Zambia and South Africa
Lesing by GK Wonderboompoort (verslag deur Francois van Deventer)
Dit is ‘n minder besige byenes as gewoonlik. Dit is Saterdag en dit is tyd om Prof John Byl by die lughawe op te laai. Sy vliegtuig is ‘n halfuur vroeg. Alles verloop seepglad en ons hoef nie lank te wag nie, want dr Byl het slegs handbagasie.
Prof Byl kom besoek Afrika om toesprake te kom lewer oor Weerspreek die Wetenskap die Bybel, Die Gereformeerde Wêreldbeskouing en Oorspronge, en Die leer van Wiskunde uit ‘n Christelike oogpunt. Hy het opgetree in Lusaka, Pretoria en Potchefstroom. Hy is in Den Haag in Nederland gebore in 1949 en het as jongeling na Kanada geëmigreer. Hy het sy BSc in Wiskunde aan die Universiteit van British Colombia in 1969 verwerf en sy PhD in Sterrekunde in 1973. Hy is tans ‘n afgetrede professor van Trinity Western Universiteit waar hy in 1978 begin het en die hoof van Wiskundige Wetenskappe geword het in 1980 en sy volle professorraatskap in 1985. Hy het verskeie studies oor Sterrekunde, Fisika en Wiskunde gepubliseer. Onlangs het sy fokus verskuif na die Filosofiese en Teologiese aspekte rakende Wiskunde, Fisika en Kosmologie en gelei tot die publikasie van die boeke: God and Cosmos: A Christian View of Time, Space and the Universe; The Devine Challenge: On Matter, Mind, Math and Meaning; How should Christian Approach Origins? Hy is gelukkig getroud en die vader van ses kinders en 8 kleinkinders. Hy is ‘n aktiewe lidmaat van die Kanadese Gereformeerde Kerke en dien as ‘n ouderling.
Die besoek was sinvol en die opkoms was heel goed gewees. Die inhoud van die lesings was baie goed en het heelwat stof tot nadenke vir ons gelaat… selfs ook vir die enkele ewolusioniste wat die lesings bygewoon het.
Hier is die lesing van dr. Byl wat by GK Wonderboompoort (en GK Carletonville) gehou is:
Does scientific evidence contradict the Bible?
MP3 opname: Dr. John Byl
2. Lesings by AROS
Hierdie was die program by Aros: dr. John Byl lesings
Die lesings kan hier gekyk word:
Teaching Math for a Christian Perspective
The Reformed Worldview and Origins
Leave a Reply