Die SARK verklaring, Benoni, 6-8 Junie 2017

DIE SARK VERKLARING, Benoni, 6-8 Junie 2017 

“This Triennial Conference was graced by the presence of the representative of the World Council of Churches (WCC), the Archbishop Emeritus Anders Wejryd from Sweden, President of the WCC for Europe; the Africa President of the WCC, Prof Mary-Anne Plaatjies-Huffel …”

Hierdie SARK konferensie en verklaring is van belang vir gereformeerde gelowiges, nie net weens die dwalinge wat hiermee saamgaan nie, maar omdat daar by die SARK se webblad staan onder ‘members‘:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Observer)

Hier het ek reeds geskryf oor die GKSA se hartseer pogings om deel te wil word van die SARK/WRK bewegings:

GKSA SINODE 2012: Die GKSA en die SARK/WRK

Die nuutste verklaring van die SARK, na hul 6-8 Junie konferensie, kan hier gelees word:

Statement of the 2017 Triennial National Conference of the South African Council of Churches, Benoni, June 6 – 8, 2017

Wat kenmerkend is van hierdie verklaring (en die teologie van die SARK/WRK), is dat die suiwere Evangelie van Christus nêrens gehoor word nie, niks van sonde – verlossing – dankbaarheid (soos ons volgens die Skrif in HK Sondag 1 bely) nie, ongeag al die verse wat aangehaal word.

Volgens die SARK is die grootste krisis in ons land nie:

  • dat ons land (en baie kerke) hul rug gedraai het op God Drie-enig as die enigste ware Here nie,
  • dat sy Woord nie die onfeilbare standaard van die hele lewe is nie, ook nie vir die samelewing nie,
  • dat intergeloof en godsdiensgelykheid verkondig word nie,
  • dat die HERE Here gelyk gestel word aan valse godsdienste nie,
  • dat die Here se Naam orals misbruik word nie,
  • dat die ware Evangelie van redding deur Christus alleen verwerp word nie,
  • dat aborsie-moord deur ons leiers gewettig is nie,
  • dat homoseksuele huwelik gewettig is nie, ens.

Nee, SA se grootste probleem is bloot polities-ekonomiese krisisse, en pres. Zuma.

Die wesentlike probleem van SA is nie geestelik en teologies nie, is nie die sondeval, en die sondes van harte waaraan ons almal skuldig is en ons van moet bekeer nie.  Daar is geen verootmoediging oor die Here se eer en sy Woord wat vertrap en verag word deur openlike en blatante oortredings van die Tien Gebooie nie.

Die SARK is bloot ontsteld omdat hul aardse skatte so vermors word deur pres. Zuma, dat Mammon so moet ‘ly’ onder die magsmisbruik en vermorsing van die huidige regime.

En daarom vra hul vir ‘n politiese oplossing vir wat hul meen bloot ‘n polities-ekonomiese probleem is: vervang een humanistiese leier/kabinet met ‘n ander humanistiese een.

Geen oproep na die Evangelie, na Koning Jesus as enigste Verlosser en Koning vir alle mense nie, geen oproep terug na God se Woord en Wet vir ons tye nie (Ps.2:10-12).

Die paar Skrifgedeeltes wat wel gebruik word, word bloot gebruik of misbruik en verdraai as ‘n christelike sousie oor die ‘social gospel – liberation theology’ agenda.

Dat Christus se agenda nie sentraal staan nie, maar ‘n politieke agenda, en dat die doel niks anders is as maatskaplike politieke drukgroep nie, word bevestig deur die volgende:

  1. Die Rooms Katolieke kerk is ook welkom, dit terwyl baie van daardie sogenaamde lidkerke hierdie jaar die 500-jarige herdenking van die Reformasie hou, wat juis gebreek het met die RKK ?
  2. Hier is meer inligting oor ‘Father Lapsey‘ wat die oordenking gelei het, wat nie bekend is as ‘n prediker van Jesus se Geregtigheid nie (NGB art.22,23), maar bekend is vir ‘social justice activism’ en die trotse draer is van “the Cuban Friendship Medal by the Cuban Council of State”.
  3. Wat bedoel die SARK met stellings soos “The Conference resolved that churches must take up the struggle against gender based violence in earnest. Including addressing the sinfulness in this regard through the language, culture and practices in churches that may inspire and engender patriarchy and the reducing of the human dignity of women” en “gender prejudices’?  Ja, natuurlik, enige geweld bloot op grond van ras, geslag of geloof is verkeerd, maar sluit hierdie gelaaide woorde dalk in dat die SACC die homoseksuele agenda bevorder, en dat kerke wat glo die besondere ampte is alleen vir geroepe gelowige mans, en wat glo dat homoseksualisme is sonde, deel van die probleem is wat aangespreek moet word ?
  4.   En sinne soos “economic transformation that includes the vexed land question”, beteken dit die gedwonge sosialistiese herverdeling van grond, in stryd met die bybelse siening van eienaarskap en vrye handel ?
  5. Die SARK haal verskillende bybel verse aan vir hul social-gospel (bv.1 Kon.14:16; Jer.32:15; Esg.34:2-5), maar vermeld niks daarvan dat die volk van die Here juis gestraf is omdat hul ander gode begin aanbid het en nie die enigste ware Here nie, en dat hul afgedwaal het van sy goeie regverdige wette. Verder het die ware profete juis terug geroep tot bekering na die enigste God en sy Woord, spesifiek sy Wet (Neh.1:5-11; Neh.8; Jes.5:20-24; Jer.6:3-16, Dan.9) maar die SARK roep terug na humanisme en menseregte, “a new concensus on national values”.
  6. Die SACC se bevrydingsteologie en ‘social gospel’ kom die sterkste na vore in die laaste stelling: “The SACC is committed to realize the pastoral mandate with God’s help; to pray and work for the restoration (1 Pet 5:10 -11) of the violated social structures and address the mismanagement of the nation’s resources. Thus in this context the church should restore hope in a hopeless and broken society.” (beklemtoning bygevoeg).  Petrus, deur die Gees van God wys in sy brief dat die antwoord op alle mense, ook ons land se ellende, en ware ‘restoration’ is die Evangelie van Christus, die Woord van God wat menseharte verander, sien 1 Pe.1:17-25. Soos mense verander deur die Evangelie, gesinne, kerke, gemeenskappe, volke, ens, verander hul lewens en optredes teenoor mekaar en in die gemeenskap. Kerke is geroep om die Evangelie te verkondig, nie politieke agendas soos die SARK/WRK voorstaan nie. Die verandering van ‘social structures’ of ‘education’ of wat ookal gaan ons nie red of wesentlik verander nie, alleen die Evangelie van Christus wat lei tot heiligmaking deur die Gees, volgens sy Woord. En dan handhaaf Petrus die Here se skeppingsordeninge, o.a. man en vrou se rol (1 Pe.3:1-7), en dat diensknegte moet hard werk en bid, nie rewolusionêr strukture wil opstandig omver werp nie, of drukgroepe te vorm nie (1 Pe.2:18-25). Petrus verwerp ook die wil van die heidene – onder andere die sodomie agenda – (1 Pe.4:1-7), en versterk die ware kerk van Christus om te ly ter wille van die Evangelie (nie ter wille van politieke en ekonomiese bevrydingsbewegings nie, al gaan die wêreld politiek en geld gebruik om gelowiges te vervolg).

Lees gerus hierdie artikel van dr. Lester DeKoster om die onderliggende politieke ideologie van die SARK/WRK te verstaan, “redding deur politieke rewolusie en strukture te verander”, nie mense se harte nie:

Is liberation theology Christian?

“Is, then, Liberation Theology “Christian”?
Not if “Christian” means what the Bible, the Church, the creeds and nineteen centuries of tradition teach that it means. No, indeed! LT is not “Christian,” nor is it liberating, nor is it theology; and its handling of the Bible betrays a shocking absence of moral and intellectual integrity. It is long past time that all those who have a concern for the Word, for the Church, and for the real redemption of mankind took a long look at LT and examined its deceits. The tawdry theological garb in which LT masquerades sheer Marxism need fool no one who cares to see, as with the eyes of the child in the fable, that this late-born emperor of “reflection” wears tawdry Marxist hand-me-downs, and ill-fitting ones at that!”

Sien ook sy boek oor die onderwerp hier:

Liberation Theology: The Church’s Future Shock

Ek gaan ook nie weer alles herhaal wat reeds geskryf is oor al die dwalinge van die SARK/WRK nie, maar wys u op die volgende bronne wat dit reeds aandui:

NG Kerk word weer deel van die WRK

“Jesus het gesê: Gaan dan heen, maak dissipels van die nasies, doop hulle in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle geleer het.

Duidelik is Jesus se opdrag te ouderwets vir die WRK. Moslems en Jode moet geleer word om goeie Moslems en Jode te wees. Jesus het ‘n ligte mistykie gemaak – miskien omdat Hy uit ‘n premoderne kultuur gekom het?”

Gospel Defense League artikels (soek ‘SACC/WCC’)

“…. The South African Council of Churches’ (SACC) post-apartheid orientation has been towards inter-faith. In 1990, their first visible multi-religious event was the “National Inter-Faith Conference on Religion-State Relations” which included its “Sixth Desmond Tutu Peace Lecture.”

… The assembled clergy were pleased to be offered such a partnership.  They decided to set up an inter-faith committee headed by the General Secretary of the South African Council of Churches, to assist the Government with poverty relief and AIDS programmes. But is this the task of the Church?  If Churches enter into such co-operation, will they be able to maintain their Biblical witness?  Hardly.  They will be forced into inter-faith relations, harnessed to the policies of an atheist state, and pulled into the ‘socialist’ camp.  Their Christian energies which are so urgently needed for evangelism and mission will be spent in furthering secular causes and serving a secular god.

Transformation of society” is the great watchword of “World Mission.” It is not the renewal of the human heart as effected by the saving work of Christ. But Jesus did not come to restructure systems. He came to save sinners! The World Council of Churches then (with its sub-councils such as the SACC) has led the Church astray, for by claiming that Christ is inherent in unbelievers, that these are saved without knowing Him, and that His Spirit is guiding them, is blasphemy. It has weakened and disturbed both Church and society. ”

NGK word deel van die WRK en wat dit vir die GKSA beteken?

“In 1976 het die GKSA se Sinode besluit om met die GKN sustersbande te verbreek, juis oor sake soos Skrifgesag (Kuitert se verwerping van die historisiteit van die eerste hoofstukke in Genesis), leerstellige dwalinge (Wiersinga se algemene versoeningsleer), vroue in die besondere ampte, homoseksualisme, samewerking met vrysinnige bewegings soos die WRK, ens (sien die Sinode-Handelinge van 1970/73/76).

En, almal of heelwat van hierdie sake word huidiglik deur die WCRC/WRK en die CRCNA goedgekeur of met liefde en sorg geakkomodeer.

Dieselfde tendens sien ons oor die jare ook by die GKSA, “the daughter is rapidly ‘catching up’ with it’s mother and sister(s)’. Al hoe meer artikels in kerklike tydskrifte, hier en daar ‘n teoloog wat uit die kas begin klim teen die historiese betroubaarheid van Gen.1-3, evolusie wat al meer geakkomodeer word, vroue diakonesse wat toegelaat word, die soeke na lidmaatskap met die WRK-lid, die SARK (net-net afgestem tydens die 2009 Sinode).”

Die GKSA en die SARK/WRK werkstuk

“Ek het hierdie dokument saamgestel nadat dit aan my bekend geword het dat die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika besluit het om aansoek te doen by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) vir lidmaatskap.

Ek het reeds in 1996 navorsing oor die SARK en die Wêreld-Raad van Kerke gedoen nadat ek deur Dr Ed Cain van Signposts gevra was om ‘n lesing oor die SARK by ‘n NG Gemeente in Petrus Steyn te lewer.

Aangesien daar reeds 10 jaar verloop het sedert ek die navorsing oor die SARK gepubliseer het in Kerkeenheid en die WRK/SARK, het ek dit dan nodig geag om hierdie inligting by te werk met meer onlangse inligting.

Hierdie dokument is dan ‘n resultaat van die navorsing wat ek die afgelope 6 maande gedoen het.

Mag dit tot nut wees vir ons HERE Jesus Christus se kerk in Suid-Afrika.

Francois van Deventer

Pretoria

Mei 2007″

The Mission of the Church? Making sense of Social Justice

“The authors contend that determining the mission of the church “is the most confusing, most discussed, most energizing, and most potentially divisive issue in the evangelical church today” (p. 25).  Scot McKnight claims that recent interest in social justice, or what he calls missional “represents the biggest shift in evangelicalism in the last century” (p. 142).  I believe these men are correct.  Much ink has been spilled of late promoting the social agenda and a good book challenging missional thinking—drawing us back to Scripture to carefully analyze such thinking—was needed.  This is that book.  It is well done, carefully researched, scripturally based and extremely practical.  It is also written by the right men.  Both DeYoung and Gilbert are highly respected by the young, Reformed, and restless crowd that is most likely to swallow the missional agenda without much reflection.  If nothing else, What Is the Mission of the Church? should give evangelical Christians reasons to pause and reconsider where they are headed.”

One thought on “Die SARK verklaring, Benoni, 6-8 Junie 2017

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: